02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

“Volgens my mening kan die administratiefreg meer besonderlik omskryf word as

daardie deel van die publieke reg wat die funksionering van die owerheid as sodanig

reël in die tweërlei soort regsverhoudings waarin dit by die uitoefening van sy funksie

te staan kan kom, naamlik, enersyds teenoor privaat persone en andersyds die

verskillende owerheidsorgane teenoor mekaar. Dit is veral owerheidsoptrede teenoor

die individu wat by die administratiewe reg op die voorgrond tree, want die regsreëling

van hierdie ongelyke magsverhouding is die sentrale probleem van die

administratiewe reg in die regstaat.” 261

Volgens Wiechers kan die administratiefreg soos volg beskryf word :

“Administratiefreg is daardie deel van die publiekreg wat die organisasie,

bevoegdhede en optredes van die staatsadministrasie reël. In hierdie omskrywing is

daar drie elemente wat beklemtoon moet word : eerstens, dat administratiefreg deel

van die publiekreg in ʼn staat uitmaak, tweedens, dat hierdie regsvertakking die

organisasie, bevoegdhede en optredes van die staatsadministrasie reël en derdens,

dat die staatsadministrasie die toepassingsgebied (sic) van dié regsvertakking

uitmaak.” 262

114

Wiechers se definisie is sekerlik die mees algemene; daarom ook dat die aspekte wat deur

Garner, Hawke en Raubenheimer beklemtoon word, hierby ingelees kan word. Om ʼn

omvattende definisie daar te stel, blyk egter problematies te wees. Wiechers maak nie

voorsiening vir gevalle waar die staatsadministrasie per se nie betrokke is nie. Die reëls

van die administratiefreg word in toenemende mate aangewend ten einde ook optredes

van vrywillige verenigings en groepe te beheer. 263

Daar bestaan egter ʼn verwantskap tussen konstitusionele reg en die administratiefreg, wat

al twee vertakkinge van die publiekreg is. Konstitusionele reg verskil in wese nie veel van

die administratiefreg nie. Beide se bronne is dieselfde en het te doen met die funksies van

die staat. Konstitusionele reg het ook te doen met die organisasie en funksie van die

regering, terwyl dit rustend verkeer, terwyl die administratiefreg homself bemoei met die

organisasie en funksies van die regering in beweging.

Administratiefreg is nie ʼn geïsoleerde aspek van die publiekreg nie. Die algemene

beginsels onderliggend aan die administratiefreg word afgelei vanuit die konstitusionele

reg.

Konstitusionele reg moet verder beskou word as die hoeksteen van enige regsisteem. Dit

verskaf die beginsels en prosedures vir die totstandkoming van ʼn regering.

261 Raubenheimer, 1961:1.

262 Wiechers, 1984:20.

263 Voorbeelde waarin die reëls so toegepas is, is onder andere Jockey Club of South Africa v Transvaal Racing Club 1959(1) SA 441 (A); Turner v Jockey

Club of South Africa 1974(3) SA 633 (A); Theron v Ring van Wellington van die N.G. Sendingkerk 1976(2) SA 1 (A). Dit is veral die reëls van natuurlike

geregtigheid uit die kader van die administratiefreg wat dikwels buite die staatsorganisasie toegepas word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!