02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

100

omdat die hersieningsbevoegdheid van die howe aan bande gelê is om nie te

bevind dat die regulasies óf vaag óf betekenisloos was nie.

Akademici het baie kommentaar gelewer. Die uitspraak van die appèlhof in Omar v

Minister of Law and Order227 is beskou as ʼn waterskeidingsaak. Die uitspraak het

terug beweeg van ʼn verpligte judisiële aktivisme na ʼn konserwatiewe judisiële

positivisme. Die Omar-beslissing is gevolg deur sake soos Staatspresident v United

Democratic Front228 en Staatspresident v Release Mandela Campaign229 .

Veral die UDF-beslissing het veel kritiek ontlok. Eerstens het die uitspraak die

toesighouersrol wat die howe besit, totaal ingeperk, om as waghond op te tree oor

owerheidsoptrede. Tweedens is ons regsinstellings se statuur aangetas. Dit het

waarde verleen aan diegene se argumente dat die howe en die voorsittende

beamptes in Suid-Afrika maar net ʼn spreekbuis vir die regering was. Judisiële

beamptes met ʼn gewete moes eerder bedank. 230 Derdens het die uitspraak

gepeuter met vasstaande regsbeginsels.

Dit was derhalwe duidelik dat veral die uitleg en uitsprake rakende

veiligheidswetgewing groot ongemak in regsgeledere meegebring het. Die uitsprake

het ook verrykende nadelige gevolge vir die administratiefreg meegebring. Kon die

uitspraak die administratiefreg in twee kampe verdeel, naamlik enersyds

veiligheidswetgewing wat ag slaan op die vryheid en regte van Suid-Afrikaners

onderworpe aan staats- en polisiebevoegdhede, en andersyds administratiefreg wat

hondelisensies, die uitreik van handelslisensies en dissiplinêre stappe deur

professionele verenigings hanteer.

Die probleem met die veiligheidswetgewing was nie soseer die wye bevoegdhede

wat dit aan die staat in sy uitvoerende hoedanigheid verleen het nie, maar eerder

die feit dat optrede van amptenare nie deur die howe onder die vergrootglas geplaas

kon word nie. Amptenary het derhalwe carte blanche gehad om op te tree soos

hulle wou, veral onder die dekmantel van veiligheidswetgewing.

Appèlregter Grosskopf stel dit soos volg in Makhasa v Minister of Law and Order

Lebowa Government231 as hy Lebowa se indemniteitswetgewing bespreek :

“.. such a statute drastically alters the fundamental relationship between, on the

one hand, the state and its servants, and on the other hand, the members of

227 1987(3)SA 859 (A).

228 1988(4)SA 830 (A).

229 1988(4)SA 903 (A).

230 Die argument is aanvanklik deur Wacks geopper, en hieruit het ontstaan die sogenaamde “Wack’s/Dugard debat” (In antwoord op Wacks, sien Dugard,

1984:287). Dit is interessant om op te let, dat met die Omar-beslissing ingedagte, Professor Dugard, wie aanvallig gestaan het teenoor die bedanking van

regters in die debat, die volgende skryf “However, if Omar is a warning of judicial policy from Bloemfontein, and if it is followed by similar judgements, as

was Rossouw NO V Sachs 1964(1) SA 290(C) – the position of a ‘moral judge’ – the judge omitted to doing justice in accordance with the traditions of the

common law, may become untenable”. Indien die Appèlafdeling optree ooreenkomstig die siening wat deur Prof. Wacks gehuldig word, sal die enigste

opsie vir die eerbare regter wees om te bedank. Die Omar-beslissing ondersteun die siening van Prof. Wacks.

231 1988(3) SA 701 (A) op 723.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!