02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

212 Boulle et al, 1989:174.

213 1961(2) SA 587 (A) op 602.

214 1979(4) SA 793 (T).

215 1981(1) SA 187 (A).

Boulle, Harris en Hoexter beskryf hierdie oorheersing van die oppergesag as een

van die uitstaande kenmerke van die Suid-Afrikaanse konstitusionele

geskiedenis. 212 Die resultaat was dat die howe gekniehalter was deur die

beperkings wat daar deur die parlement op hulle geplaas was. In ʼn opvolgende

gedeelte, sal veral aandag geskenk word aan veiligheidswetgewing en die

sogenaamde “ouster clauses”.

In 1961 het regter Holmes hom soos volg uitgelaat in die saak van Minister of the

Interior v Lockhat :

“.. that the group areas programme was a ‘colossal social experiment’, the

discriminatory effect of which was inevitable (and by implication that this was

just too bad for those affected by it, since the will of parliament could not be

questioned.” 213

Ongeveer twintig jaar later het die hof in die saak van S v Adams214 , S v Werner215 verseg om te bevind dat die wetgewing rakende die groepsgebied so onredelik was

dat dit inderdaad ongeldig was, nieteenstaande die feit dat die persone wat deur die

wetgewing benadeel is, geen ander alternatiewe akkommodasie kon vind nie.

Daar moet, wat bogemelde betref, in gedagte gehou word, dat dit vermeld is in die

vorige afdeling dat redelikheid nog nie ten volle ontwikkel het as ʼn afsonderlike

hersieningsgrond nie. Die toenmalige regering het in sy wysheid besluit om

onafhanklike tuislande te skep. Hierdie was ʼn poging om selfbeskikking te verleen

en ʼn eie regeringstelsel te skep vir diegene wat nie tuisgebring kon word binne Suid-

Afrika se eie politieke bestel nie.

Apartheid kon egter nie die oplossing bied vir Suid-Afrika se konstitusionele

probleme nie. Die platform was derhalwe geskep om meer aandag te bestee aan

die totstandkoming van ʼn Grondwet. Die eerste stappe word in 1979 geneem en

kort hierna volg die Drie-kamerparlement, wat ook voorsiening gemaak het vir die

verteenwoordiging van Indiërs en Kleurlinge.

Die 1983-Grondwet het die lig gesien, sonder ʼn Handves van Menseregte. Hierna

het die regering ʼn noodtoestand met veiligheidswetgewing, wat veral “ouster

clauses” bevat het, afgekondig. Uitsprake van die howe, wie se

hersieningsbevoegdheid rakende veiligheidswetgewing uitgesluit was, het skerp

onder kritiek deurgeloop. Terselfdertyd het akademici begin om die daarstelling van

ʼn grondwet te propageer. Verskeie konsep-grondwette het uit alle oorde na vore

getree.

96

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!