Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Inhoud • Contents

BELANGRIK • IMPORTANT

Hierdie .pdf is interaktief opgestel om navigasie

daarvan te vergemaklik. Klik op die bladsy nommer

in die inhoudsopgawe, op bladsy 2, om by die artikel

uit te kom. Om terug te keer na die inhoudsopgawe

klik op die woorde (in rooi) ‘Inhoud • Contents’. Die

sleutel ‘Page Up’ of ‘Page down’ word gebruik om

van een blad na ’n ander te wissel. Druk die ‘Esc’

sleutel om skerm te herset.

This is an interactive .pdf document. Click on a

page number in the contents list, on page 2, to

jump to that article, to return to the contents page,

simply click on the words ‘Inhoud • Contents’ (in

red). Use the Page Up or Page Down keys to move

from page to page. Press the Esc key to reset the

computer screen.

Artikels wat eksklusief vir OVK geskryf is, kan

aan die redakteur voorgelê word. Voorkeur

sal gegee word aan aktuele artikels. English

material welcome.

Menings wat in artikels uitgespreek word, verteenwoordig

nie noodwendig die mening van

die maatskappy nie.

1

VOORBLAD • COVER

JUNIE / JUNE 2008

Hierdie pragtige betonbrûe is die trots van Bethulie. Die ontsaglike

pad- en treinbrug oor die Gariep (voorblad) is 1.2 kilometer lank, en die

ander een, die hoë treinbrug (sien binne-agterblad), is by Bethulie, kort

onder kant die dorpsdam se wal. Beide is gebou in die laat sestigerjare,

om saam te loop met die bou van die Gariepdam. (Sien bladsy 37)

These beautiful concrete bridges are the pride of Bethulie. The

enormous combined road and rail way bridge over the Gariep (front

page) is 1.2 kilometre long, and the other one, the high concrete

railway bridge (see inside back page), is at Bethulie, close to the wall

of the town dam. Both were built in the late 1960’s at the time when

the Gariepdam was built. (See page 37)

Uitgewers • Publishers

OVK Bedryf Bpk, Posbus / P.O. Box 96 Ladybrand 9745

19 Dan Pienaar Street /-straat 19, Ladybrand

Redakteur • Editor

M.C. Fourie (Sien bladsy 11)

Posbus / P.O Box 96, Ladybrand 9745,Tel: (051) 923 4500

Faks/Fax: (051) 923 4736 • Sel/Cel: 082 823 0198

e-pos/e-mail: mcf@ovk.co.za
UIT DIE WOORD 3

REDAKSIONEEL 4

VERHAAL VAN DIE OU STAALBRUG OOR DIE CALEDON 9

STAALMEESTER TUSSEN ROUXVILLE EN SMITHFIELD 10

CHRIS JOOSTE, NUWE REDAKTEUR 11

NEW HOLLAND T7000-REEKS TREKKERS 12

VERHAAL VAN DIE WELBEDACHTDAM IN DIE CALEDON 13

NOORDOOS-VRYSTATERS HOU VLEIS BEESINLIGTINGSDAE 20

ABOUT A POSITIVE FRAME OF MIND... 21

OVK / VRYSTAAT LANDBOU JONGBOER-INLIGTINGSDAG 23

DORMERTELERS SE DAG OP GOEDEHOOP, EDENBURG 25

DIE WONDER VAN VOERMOL SUPERLAMKORRELS 26

AGRI OOS-KAAP HOU KONFERENSIE TE ALIWAL-NOORD 27

SA WÊRELD BOERBOKSKOU IN BLOEMFONTEIN 28

BETHULIE MAAK HARTE OOP VIR NAAS VAN STRAATEN 29

TOYOTA EN OVK VERKEN OOS-LESOTHO 30

SANDSTONE ESTATE BIED KUIERGELEENTHEID AAN 31

ARLINGTON SE JAARLIKSE INLIGTINGSDAG 32

SA VLEISMERINO KAMPIOENSKAPPE 32

VRYSTAATSE JONGBOERE HOU KONGRES 33

INHOUD • CONTENTS

2

LAPPIE VAN MENSEHARE SE VERHAAL 34

OU ENGELSE VERKYKER, STIL GETUIE UIT OORLOG 35

DEWETSDORP HOU SKOU 36

IN MEMORIAM 37

VRYSTAAT LANDBOU GROET VIR LULLU DE JAGER 39

KORINGKULTIVARAANBEVELINGS: NEEM KENNIS 40

KANON VAN DER MERWE 41

GRAAN SA HOU VERGADERING 43

VERSEKER JOU WEIVELD TEEN BRAND 45

CHOOSE LIFE, NOT TOBACCO 48

VERANDERLIKES BINNE DIE EKOSISTEEM 49

SMITHFIELD SE OVK-HANDELSTAK KRY NUWE PAKSTOOR 51

2008 TAX SEASON TIMELINES AND CHANGES 51

KLOP HOË INSETKOSTE MET AANPASBARE NGUNI’S 52

JAN LODEWYCKX, NUWE LANDBOUKUNDIGE 53

DIE STAALBRUG OOR DIE RIETRIVIER BY JACOBSDAL 54

ATTIE VAN ZYL 55

STEFAN OBERHOLZER 56

DIE HUMAN BEEFMASTER STOET 57

DUURSTE BUL NÓG IN SA 58
UIT DIE WOORD

Jona: Suid-Afrika het christene nodig wat

oor die Nineve-brug sal loop

Die gebeure in Zimbabwe en die re ge ring se hantering daarvan,

saai groot onrus onder blanke Suid-Afrikaners. Verder is die

gesprek oor grondverde ling ’n groot bron van kommer onder

boere. ’n Mens hoor dikwels in gesprek ke dat die kloof tussen

swart en wit tans baie groter is as wat dit ooit was in die

apartheidsjare. Selfs in die kerk beleef ’n mens dat christene

dit moeilik vind om by die fi siese en geestelike nood van swart

en bruin mense betrokke te raak. Hoewel dit nooit goedgepraat

kan word nie, is dit nie moeilik om hierdie gevoelens van selfs

christene te verstaan nie. Vir my as christen en herder van

God se skape bly die groot vraag egter altyd, wat sê God vir

ons. Hy toon beslis baie begrip vir ons gevoelens. Ons God is

nie naïef en blind nie. Hy verstaan ons verhaal, maar wat sal

verander in ons denke en optrede as Hy die outeur word van

ons verhaal? Die vraag is wat wil God deur óns doen in hierdie

stukkende land?

Die Boek Jona trek na my mening ’n paar sterk lyne vir die

omstandighede van ons tyd. In die Boek Jona lees ons van ’n

God wat sy onwillige profeet stuur na Israel se grootste vyand

om aan hulle verlossing te gaan verkondig. Ons lees ook van

die innerlike stryd wat Jona beleef. Hy worstel met God se

opdrag omdat Nineve juis ’n simbool was van Assirië wat

Israel vreeslik sleg behandel het. Die boodskap van verlossing

kom hulle nie toe nie, so voel en dink Jona. Hy probeer vlug,

maar God haal hom in.

3

Watter boodskap het dit vir ons as christene in die nuwe Suid

Afrika? Eerstens kan ons verstaan as sommige van ons “Jonagevoelens”

beleef. Die sleg wat sommige blankes beleef is

nie ongegrond nie. Die Zimbabwe-situasie maak soms spoke

wakker en verder help die geweld en baie ander ontstellende

berigte nie om rus in gemoedere te skep nie. God vra egter van

ons om juis die boodskap van die evangelie aan ons “vyande”

te demonstreer en te verkondig. Suid-Afrika het christene

nodig wat in hierdie dae eerlik God se wil soek en vrede en

versoening demonstreer. Dit is natuurlik om gevoelens van

aversie of teësin te hê, maar christene behoort anders op te

tree as wat algemeen verwag word.

Die enigste hoop wat ons in hierdie land het, is dat mense se

harte deur die evangelie aangeraak sal word. Ons as christene

dra hierdie skat. As ons dit van die “Nineviete” weerhou omdat

ons die hele tyd op die slegte konsentreer en toelaat dat dit ons

juis van hulle onttrek, sal die genesende salf nooit by die won de

uitkom nie. God wou nie net vir Nineve red nie, God wou ook

vir Jona bevry. As ons toelaat dat ons swartgallig word en ons

onttrek van die stukkende Suid-Afrika, is ons gevangenes en

moet ons ook soos Jona bevry word. Die gesprek in die Boek

Jona het nooit gegaan oor hoe sleg Nineve was nie, almal het dit

geweet. Die Boek handel oor die profeet wat dit moeilik vind

om sy eie gevoelens eenkant te sit en God se verlossing te gaan

verkondig. God kan ons help om ons gevoelens eenkant te sit

en God se genesende salf in stukkende wonde te laat tuiskom. Contents

’n Laaste persoonlike woord aan MC Fourie wat oor jare

hierdie boek van OVK bestuur het. Hy was na my mening ’n

“bekeerde” Jona, wat graag ’n positiewe boodskap beklemtoon

het. Hy was nooit naïef positief nie, maar sy positiewe in- Inhoud
Contents • Inhoud

gesteldheid vloei vanuit sy geloof in God wat mense met op die Christelike weg, op ’n manlike manier. Vandag, in

potensiaal geskep het. OVK en sy boere sê graag dankie vir ons land soos ook wêreldwyd, is daar meer mans wat soos

jou betrokkenheid met die boeregemeenskap deur hierdie boek vrouens wil wees, met maniertjies en met klere en praat wyses,

oor die jare. Dit het ons almal verryk. Dankie dat jy, anders as ens. Kyk net bietjie hoe skeef is die spulletjie wêreldwyd al

Jona, oor die Nineve-brug geloop het om die boodskap van ver- op alle terreine, selfs in besonder by opvoedingsplekke waar

lossing te demonstreer. – Dr. Danie Kleynhans mense rigting moet kry vir die lewe. En oral is dit oënskynlik

REDAKSIONEEL / EDITORIAL

aanvaarbaar. Die basiese goed in gesinne en gemeenskappe

moet reg wees, anders trek dinge op vele terreine maklik

Oor Angus Buchan, sy fl iek, die samekomste, skeef!

en geloof sake. En oor boerdery midde-in die

natuur. Die fl iek “Faith like potatoes” oor Angus Buchan

Maar, na alles gesê en bedink is, moet boere tog asseblief

net nie boer en hul praktyke inrig soos Angus met sy

aartappels die keer gedoen het nie! Want dan is misoeste

het Suid-Afrikaners almal diep getref. Angus se boodskap en uitverkopings hulle voorland. Buchan was kinderlik

en sy verhaal het boere se geloof en vertroue in die toekoms gelowig en God was hom genadig daardie keer, maar niemand

met God aan die stuur daar van bevestig en versterk. Boere hét moet tog ooit God se genade só opneem dat gedink word

nog altyd daardie geloof gehad en dra dit saam met hulle. Die Hy is op ’n manier aanspreeklik vir gesoekte uitkomste nie!

groot saamtrekke in Natal, oorkant die Vaalrivier en elders het (Let wel, ons sê glad nie Angus was so nie). Die natuur, met

die toewyding, bewustheid van en positiwiteit oor Godsgenade sikliese weerpatrone en verskynsels van nat, droog, winde,

baie versterk en mense opnuut gerig op wat werklik saak maak blitse en stiltes, alles waarbinne boere en hul boerderye hulle

in die lewe – hulle gesinsrolle en geloofslewe. Mens aanvaar bevind, is ’n ontsaglike stuk van God se skepping binne Sy

dat almal op ’n manier ook ’n betrokkenheid en toewyding in almag. Binne boerdery moet almal inbuig en aanpas daarby

hul plaaslike kringe met hul geloof- en kerklike lewe het, en om sukses te kan behaal. En steeds dán, selfs met praktyke

dit ook daar sal voortsit en uitbou. Want geestelike integriteit mooi in pas met die seisoene in die natuur, moet boere steeds

is daar ewe belangrik, daar waar spitwerk alledaags in die in kinderlike afhanklikheid en vertroue aan God se voete

akker stil-stil gestalte moet vind.

vir Sy genade kom aansit. Pasop!, God bepaal die seisoene

Die duidelike defi niëring van mans en vrouens se onder- waarby ons moet aanpas, en ons kan nie sommer iets doen en

skeie rolle binne gesinne en in samelewings is een van dan die Voorsienigheid aanspreeklik maak vir sukses nie. Al

Angus se waardevolste beklemtonings in sy boodskap. Dis is dit in vroom gebed en toewyding. As Hy in sy almagtige

soos God dit bedoel het, elkeen gedefi nieerd anders, uniek. voorsienigheid, in pas met sy langtermynpatrone, daardie

Die man, hoof en leier van die huis, moet ’n ware vader wees, noodsaaklike reën terughou is almal en alles met een slag

4
planke toe. Want insetkoste vir aartappels is enorm ruimer as

dié van byvoorbeeld ’n eenvoudige hawer-aanplanting wat

misluk. Een mislukking kan ’n doodskoot wees. Immer steeds

dikteer Hy die seisoene, en jy moet oordeel om te doen of nie.

Boere maak hul bestaan binne ’n natuurwetenskaplike

wêreld van natuurpatrone en weersiklusse en hulle moet

getrou by bewese praktyke binne gevestigde riglyne

bly wat oor jare oorwegend sukses verteenwoordig, uitgesorteer

deur waarneming, kennis, ondervinding en

ook wetenskaplike studies. Boere het in die natuur en vanuit

Bybelse opdrag van “beheer en heers oor die aarde” geleer,

soos landbounavorsers en landboukundiges ook, medereisigers

op die landboupad. Hoor hoe praat God se woord oor dit alles.

In Job 28: 26 staan “toe Hy vir die reën reëls gemaak het.” Die

hele Job 38 praat oor God se bepalende krag oor die natuur, en

verder sê Psalm 74: 17 “U wat aan die son en maan hulle plek

gegee het, U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het;

somer en winter is die werk van u hand.”

Oor die gouras, ook genoem lesibas, van

die swart mense. Soos belowe het ons hulle toe in

Lesotho gaan soek, en gekry. Ek was vroeg-Mei bevoorreg

om deel van ’n Toyota en OVK-span te wees wat met 4x4dubbelkajuitbakkies

oor drie wonderlike dae die ongereptheid

van die hoë berge en diep ravyne van Oos-Lesotho naby

Oxbow gaan verken het. ’n Besoek aan die wêreldbekende

“Letseng Diamantmyn”, ’n enorme oopgroefmyn in Lesotho,

was die fokuspunt van die besoek (sien bladsy 30). Daar naby,

by Tlaeng-pas, gaan jy die berge oor op 3251 meter bo seevlak.

Daar rond lê die laaste spierwit sneeu sommer nog dik en

5

stewig behoue, beskerm deur die ysige koue, en die yskoue

bergwinde. Met die bergpaadjies sak (of klim) jy daar sommer

binne ’n paar kilometers 1000 meter in hoogte. Geen trekker

sal dit daar maak nie (oor die landjies se skuinstes; sal omval),

’n donkie en ’n basterbees maak dit net-net. En daar, in die diep

onherbergsame diepte van die Khubelu rivier, sytak van die

Senqu (verder stroomaf bekend as die Gariep), is hy toe gekry.

Hier’s ons sketse uit Desember 2007 se boekie oor hoe hy lyk:

(Sien bl 3 van die OVK boek)

En hier’s ’n ware een in die hand van ’n goura-kunstenaar:

(Sien bl 3 van die OVK boek)

Die goura is Lesotho se nasionale musiekinstrument, die enigste

mondgeblaasde snaarinstrument ter wêreld, eeue lank al

deel van Suid-Afrika.

Nou weet almal.

Totsiens aan OVKaners en ander lesers. Een

of ander tyd moet elkeen groet, en ek groet julle nou. Op 60. Dis

wanneer ons diensjare by OVK eindig. Landbouvoorligting

was my lewe lank ’n interessante werkterrein wat baie bevrediging

meegebring het, met beide die natuurwetenskappe

en die menswetenskappe daar binne-in. Joernalistiek, deur

nuus briewe aan die boeregemeenskap, was altyd deel van

landbouvoorligters se wêreld, en dit het die laaste jare bietjie

sterker na vore gekom met my noue betrokkenheid by OVK

se boekie. (Ons landbouminister sê nou die dag sy wil sommer Contents

gou 7000 “extension offi cers” aanstel oor daar te min van

hulle is. Sy bedoel eintlik “admin offi cers”, mense wat fakse

kan stuur en vorms kan invul. Ons sal tog met haar in die

gerig moet tree, want sy is oningelig en verward oor ’n rêrige Inhoud
landbouvoorligter (“extension offi cer”) se taak, en hoe moet

die dunvelliges onder ons mense dan nou voel?)

Om naby boere te leef, en in hulle angs, risiko’s en vertroue

te deel, was baie vervullend. Dit was ’n voorreg om deel te kon

hê aan gesprekke en besinning oor boerderyplanne, praktyke,

verhoudinge, toekomsplanne, drome, frustrasies, toevertroude

vertroulikhede, ens. Maar ook ’n groot verantwoordelikheid.

In Desember 1971 het ek toegetree op hierdie pad. Hier en

daar was daar frustrasies, maar dit het met verloop van tyd

sagter geword na gelang ek beter begrip en insig gekry het

en sekere goed van mense en hulle aard begin verstaan het.

Elke mens wil op ’n eie manier bietjie erken en gereken word,

en hoe maklik haak jy nie by ’n boer aan as jy dit weet nie!

En waar is daar ’n lekkerder gesonder humor as dié van ’n

boermens. (So hier en daar is daar wel ’n kru rakker, maar ons

bedoel eintlik mos darem die baie ander.)

Suid-Afrikaanse boere is van die heel beste mensemateriaal

ter wêreld! Want hulle is lief vir die bodem, en hulle werk

elke dag met die Skepping se boustene. Hulle is kunstenaars –

mense met DNA-kwassies in hul hande wat deur hul keuses in

parings pragdiere kan teel, en ook deur hul kundigheid, kennis

en goeie oordeel mooi, waardevolle oeste help skep in belang

van die mensdom. Vriendelike, intelligente, standvastige, beginselvaste,

kundige, opgevoede, ordentlike, nederige mense van

hoë integriteit. Daar is oor die algemeen baie min twakke in

die landbou. As jy sewe-en-dertig jaar tussen die boere geleef

het, en opgelet het in die klas, kon jy alles sien wat te sien

is. Elke tweede mens in dorpe of stede is ook eintlik binnein

maar ’n boer, en dit kom opvallend uit wanneer jy hulle

6

skilletjies afkrap. Gaan kyk maar rond by Nampo en praat met

hulle. Boere-adel. Meeste.

Daar is egter ook ’n paar onnodig dwarsbeneuktes onder

hulle. Opvallend is daar ook sommiges wat wil styl wys en

dan maklik beledigend (selfs bedrieglik) teenoor medemense

is, teen medeboere en ook koöperasie- en ander soorte amptenare.

Amper of dit ’n toegeëiende reg is om so te wees.

Gelukkig is hulle min, maar hulle moet weet almal in hulle

gemeenskappe, hulle medeboere ook, ken hulle en hulle

maniertjies en hulle word nie juis geag daaroor nie. Baie van

diesulkes het geil ontvang met hulle toetrede tot boerdery, en

baie geld en baie goed in mense se hande het ’n manier om

hulle soms onlekker te maak. Is ook so buite die landbou.

Hier en daar is selfs liggewig-boere ook so! Dwars. Wil ook

seker saamspeel met die oënskynlik waardige onwaardige

swaargewigte. Die landbou se Meulenaar, wat mense slyp en

sagmaak en gladmaak deur stampe en stote en swaarkrytye,

sal hulle vroeër of later regkry, want baie min ontglip Hom

op die lang duur. So hulle sál regkom, sommiges vat net

bietjie langer. Mense in die landbou moet intussen begrip hê

vir hulle, en mooi werk met hulle. (Vanuit die binnekring van

OVK se direksie is ’n mooi en toepaslike sê-ding gebore, “jy

moet oppas vir bors-uitstoot, want dan val jou broek af!”) Hoe

presies toepaslik is dit dan nie ook hiér nie!

Landbou-ontwikkeling: Dit was ’n groot voorreg om sedert

1985 deel van die pragtige Oos-Vrystaatse gebied te kon wees – Contents

aanvanklik as bestuurder: landbou-ontwikkeling by Ladybrand

Koöperasie, en sedert die totstandkoming van OVK in 1993

as bestuurder: skakeling en voorligting. Die gebied was tóe

skielik sommer veel groter, verspreid oor drie provinsies, ’n be- Inhoud
sondere mooi en diverse omgewing van besondere potensiaal,

sy mense daarby ingesluit. Die redakteurskap van OVK Nuus

/ News was van die begin af ’n aparte taak binne my groter

pos.

Joernalistieke pad. Die joernalistieke grense waarbinne

OVK Nuus / News kon beweeg was baie ruim en ek waardeer

die direksie en hoofbestuur se vertroue baie. Daar’s selde beperkinge

op my inisiatiewe en belangstellings geplaas en ek is

toegelaat om met allerlei soorte nuus en gebeurtenisse te roei

wat ek gereken het opwindend en interessant vir boere behoort

te wees, dikwels van wyd uiteenlopende aard. Vir hierdie wye

ruimte en lojale steun, opreg dankie! OVK se hoofbestuur is

die redaksionele komitee en hulle bydrae deur vraagtekens

hier en daar, en ook notas, waarskuwings, aanbevelings en

suggesties oor inhoud, aangebring op proewe van die boekie,

was altyd waardevol om rigting en balans daaraan te help

gee. ’n Samesteller van so ’n soort boekie se visie is dikwels

verduister deur sy eie belangstellings en vooroordele, en ook

deur sy lewensdrif en entoesiasme. ’n Mens is baie kwesbaar

teen sy eie eienskappe en voorkeure. Daarom is ander se insig

en advies onontbeerlik in die noodsaaklike sif- en skaafproses

om die fi nale inhoud gebalanseerd te vestig en af te rond.

Om sedert 1993 saam met OVK-kollegas te deel in die opwin

ding van ’n ontwikkelende jong landboumaatskappy

was lekker. En om kwartaalliks deur die boekie nuus van

die maatskappy, nuusberigte en verhale oor en van boere en

gebeure aan medeboere te bring, was baie bevredigend. Ons

wil glo dat dit oor die jare, saam met die ander inisiatiewe,

’n bydrae gemaak het om die OVK-kultuur van samesyn,

er ken ning en aanvaarding van mense teenoor mense, en ’n Inhoud • Contents

7

eendragtigheid in belang van mekaar en die maatskappy as

familie, te vestig en uit te bou.

Elke mens het ’n storie. Hoe jammer meeste se stories, of

nuus goedjies, sal nooit op papier kom nie. Want dit sal ewe

goed en lekker kan wees as enigiets van ander mense wat wel

al êrens verskyn het. Mense het ’n verantwoordelikheid om

iets van hulle unieke lewenspad op papier vir hulle nageslag

na te laat. Gaan begin sommer nou daarmee, want jou storie

is uniek en jy’s ’n uiters belangrike skakel in jou nageslag se

lewensketting!

Dankie. Baie dankie aan almal wat my pad gekruis het

– bestuurspersoneel van verskaffermaatskappye, advertensiemaat

skappye se vriendelike en medewerkende personeel,

gra fi ka huise se mense, redakteurs en personeel van ander

tyd skrifte en koerante, kundiges en spesialiste in sekere landboubedrywe,

lede van boereverenigings, stoetboere, men se

van telersgenootskappe, skoubesture, kollegas, historici,

sterk landbouleiers, openbare fi gure en ook skrywers. Noem

maar op. Ook aan die leraars wat oor die jare kosbare bydraes

in “Uit die Woord” gemaak het.

’n Spesiale dankie aan die paar grafi ka-mense wat oor die

jare gehelp het om OVK Nuus / News se gedrukte teks

mooi te maak en af te rond. Onder andere was daar Susan

Kymdell van Sentrale Pers, Ficksburg, Vicky van Vuuren

van Dreyer Drukkers, Eric Hüsselmann (’n wyse alleenloper,

denker, fi losoof en grafi ka-meester van ’n besondere soort,

’n vertroueling wat telkens kwartaalliks vars en ywerig saam

koersgevat het met nuwe inhoud na ’n nuwe eindproduk toe,

“’n praktiserende pessimis”, in sy eie woorde, maar ’n man
vol lekker humor), Ansie Coetzer en Michelle Reynecke (en

ook die vloerpersoneel) van Handisa Drukkers, en dan oor

die laaste jare, Roné Viljoen van Artsmart in Bloemfontein

(sien bladsy 2), ’n besondere en waardevolle spanmaat in

die proses, uiters professioneel en lekker erg kleinserig oor

gehalte. Klas. Wat ’n kosbare bondgenootskap van vriende

en meelopers het die Voorsienigheid my nie gegun nie!

Dankie ook aan al die kollegas en kennisse van die destydse

Departement Landbou Tegniese Dienste (meeste sekerlik

nou al aan die ouer kant), die LNR, Suidwes Landbou en ook

van al die ander koöperasies en landboumaatskappye in die

bedryf. Groot en opregte waardering teenoor die direksie en

hoofbestuur van OVK wat die maatskappy van die begin af

bekwaam, toegewyd en met insig suksesvol bestuur het en

sodoende die ruimte geskep het waarbinne ons die boekie

met vertroue kon bedryf.

Dankie aan my kollegas vir begrip en verdraagsaamheid

teenoor my mistastings en foute – hulle is darem nooit anders

as bona fi de gepleeg nie! ’n Baie groot dankie aan hulle en

alle ander OVKaners oor die laaste 23 jaar vir ’n baie kosbare

persoonlike erfporsie van familieskap.

Vorentoe. My vrou, Ronél, hou einde 2008 op met skoolhou

(DV), na lange jare se toewyding. Sedert ons ontmoeting

in 1968 en troue in 1971 ken en verdra sy al my swaktes,

strewes en nuuskierige woelighede. Ons het baie vreugde in

ons onderskeie beroepe ervaar en is dankbaar vir gespaarde

gesondheid en vir geleenthede om te kon werk. Ons wil

beide graag nog diens bly lewer binne die ekonomies aktiewe

samelewing, maar tog ook bietjie dink en maak soos Kris

8

Kristofferson en Rita Coolidge jare terug oor goed en spoed

in een van sy vroeëre liedjies, “Slow Down”, gesing het:

“I said slow down and live, my friend, Take

time to understand, The things you hope to

win, Before your journey’s end, Slow down

and try to do, The things that’s right for you,

You know the soul you save could be your

own;

Albert Abernathy never spent a foolish dime,

Rising at the crack of dawn and working

overtime, You know, he never told me how

much happiness he found, Yesterday we laid

him in the finest grave in town.

Little Sally Tremble is a Music City Queen, You

can see her picture now on every magazine,

Sally’s come a long way from the life she left

behind, She’s had six gold records and been

married seven times!

By alle mense sit die belangrikste spiere tussen die ore en

ons sal graag wil bybly, bly belangstel, bly dinge ervaar,

plekke sien en die beste maak van die sowat 30 jaar wat oor

is, menslik gesproke, DV. Die laaste vyf mag dalk bietjie

stram wees. ’n Nuwe fase wink en ons sal hom gewis probeer

opwindend maak!

Baie dankie aan almal op ons pad – vir oorsien en verdraagsaamheid,

en ook vir die baie liefde en aanvaarding wat ons

Inhoud • Contents
so oorvloedig ontvang het. Ons wens aan elkeen besondere

voor spoed, vreugde en vervulling, en ook Gods seën toe.

Vriendelike groete / Kind regards

DIE VERHAAL VAN DIE OU

STAALBRUG OOR DIE CALEDON BY

COMMISSIEDRIFT TUSSEN ROUXVILLE

EN SMITHFIELD (1884 – 1958)

In die tye voor 1884 was die pont by Commissiedrift in die

Cale donrivier tussen Rouxville en Smithfi eld van die pro minentste

oorgange oor die Caledonrivier. In die 1860’s het die

pont aan ’n sekere mnr. James Lloyd behoort. Die vinnige en

wilde rivier was dikwels maar ’n probleem vir die pont en dit

het selfs ook op ’n keer gesink.

“My lewensfi losofi e

werk so – die genot wat ek put uit dit

wat ek doen wat vir my lekker is, is

dubbeld soveel werd as die salaris wat

ek kry vir die werk wat ek doen en wat

vir my ’n pyn in die agterent is”

– Org Hamman van Aliwal-Noord,

gewere-man, deesdae van Nylstroom

9

Om ’n idee te gee van die verkeer by die pont rapporteer ons die

volgende detail van die periode 15 Oktober tot 12 November

1884, die getalle in hakies: Karre en spaaiders met vier perde

(7), karre en spaaiders met twee perde (60), perdewaens (6),

beeste of grootvee (41), kleinvee (2992), perderuiters (46),

gelaaide bokwaens (60), leë bokwaens (20), voetgangers (26),

ontvangste £65/6/4 (65 pond 6 sjielings en 4 pennies)

Op ’n tyd, voor die brug gebou is, het ’n sekere Hugo Com -

missiedrift besit en hy het ook die pont bestuur. Die pont

is met osse getrek. Hy was erg oor ’n dop en het sy bamboes

sweepstok se agterkant uitgehol en sy dop daarin gegooi

sodat sy vrou nie daarvan moet weet nie. Af en toe was dit

dan maar net sweep in die lug. Sy vrou het tog uiteindelik

daarvan uitgevind! Saans het hy die holtetjie volgemaak, en

dan is dit met ’n kurkprop toegemaak, reg vir die volgende

dag! (Verwysing: My Vrystaat, sy politiek, sy mense” deur

Kosie Pansegrouw)

In September 1881 is ’n begin gemaak om die brug by Commissiedrift

te bou. Daar is deeglike werk gedoen en die heuglike

inwydingsgeleentheid van die brug was op 14 Oktober

1884. Die openingsplegtigheid is deur president Brand

waargeneem, vergesel van sy vrou en twee dogters. Daar

was baie feestelikhede die voorgaande dae op Smithfi eld en

die 14de is almal toe brug toe. Daar was ’n ereboog met die

woorde “Welkom”, en die groep wat die president vergesel

het is met 64 waens en ander rytuie daarheen. Lady Brand het

die brug geopen. ’n Glinsterende bottel “Monopo” is met ’n

hamer van hout en staal, wat met die bou gebruik is, gebreek.

Inhoud • Contents
(Verwysing: Die ge skiedenis van Smith fi eld en die Cale donri

vierdistrik 1819 - 1952), deur A. Prins loo, On der wyser.

Gedruk: N.G. Sen ding pers, Bloemfontein 1955)

SO HET HIERDIE OU STAALMEESTER

TUSSEN ROUXVILLE EN SMITHFIELD

OP SY DAG GELYK...

Die enkelbaan staalbrug oor die Caledon tus sen Rouxville

en Smithfi eld wat in 1958 deur die huidige betonbrug by die

plaas Waterford vervang is. Die brug is in 1959 deur Lesotho

se regering aangekoop, afgebreek en in Lesotho oor die Gariep

tussen Mohaleshoek en Quting opgerig.

EN SO LYK DIESELFDE STAATMAKER

STEEDS VAN DAG NOG, IN LESOTHO

Die soeke na die Commissiedriftbrug se nuwe staan plek in

Lesotho het ons uiteindelik na Sydney Townsend van Zastron

gelei, en hy het geweet! Op 23 Junie is ons toe Lesotho in, oor

die Telebrug. En daar naby, in die suide van Lesotho oor die

Gariep, ’n klein entjie stroomop vanaf die nuwe betonbrug,

het hy vir ons gewag.

Sydney Townsend het op die plaas Mag haleen, Zastron by

die Maghaleenbrug grootgeword, die oudste kind. Hulle was

drie broers en ’n suster. Presies by daar die brug verander die

naam van die Makhalengrivier en word dit Kornetspruit aan

die Suid-Afrikaanse kant. Sy pa het die plaas in 1936 gekoop.

Sydney is in 1937 gebore en hy’t op hierdie plaas grootgeword.

(Sy pa was Ivor Townsend. Hy was op Stellenbosch en het vir

10

die WP, Grens en Natal rugby gespeel, vleuel. In 1932 was hy

’n Junior Springbok.) Sydney het in Queenstown skoolgegaan,

sy vrou Bunny Hamer van Lesotho ook, en hulle is later

getroud. Hulle het lang jare op Maghaleen geboer, maar met

hulle kinders groot en elkeen op ’n eie koers, het hulle in 1992

die plaas verkoop en het hy by BKB se werwingskantoor in

Zastron betrokke geraak. Hy praat Sotho uitstekend, en dit is

van groot waarde in sy werk.

In daardie vroeër jare was daar ’n lewendige Engelse gemeenskap

in Lesotho, sosiaal baie bedrywig. Daar was heelwat

sake- en ander bedrywighede – skole, kerke hospitale, landbouvoorligters,

dokterspraktyke, kleinhandelaars, soos Frasers,

ens. Ook sport van allerlei soorte, met krieket veral prominent.

Dorpe soos Quting, Mohaleshoek en Mafeteng het altyd

onderling meegeding. Daar is selfs teen plekke soos Maseru

meegeding. Interessant – die krieket-Springbok, Peter Heine,

was van Wepener, en hy was een van hulle teestanders. Hy het

daardie tyd vir Mafeteng gespeel. Sydney het selfs Lesotho in

krieket verteenwoordig in ’n wedstryd teen Swaziland.

In 1953 is hy as jong seun met ’n pont oor die Gariep, net daar

waar die staalbrug staan, om krieket vir Mohaleshoek teen

Quting te gaan speel. In 1956 is hy weer daar oor, weer agter

krieket teen Quting aan, maar die keer per boot aangesien die

pont ’n tydjie tevore gesink het. Dit was met die terugtog van

daardie uitstappie dat Alan Higgs (wyle Alan, van Richmond,

Zastron, later van Richmond, Hobhouse, Dohne stoetboer) met

’n krieketkolf help roei het en die boot aanhoudend skeefgestoot

het – wat die swart bootsman natuurlik baie ontstel het!

Inhoud • Contents
Hiermee sluit ons dan die verhaal van Commissiedrift

se brug fi naal af. Belangstellendes wat vir hom wil gaan

kuier kan my skakel by 082 823 0198 – Berig: MC Fourie

CHRIS JOOSTE IS OVK NUUS / NEWS

SE NUWE REDAKTEUR

Chris Jooste neem vanaf 1 Augustus 2008 die leisels oor as

redakteur van OVK Nuus/News. Ons stel hom nou graag aan

ons lesers bekend:

• Chris het in 1971 aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein

gematrikuleer.

• Hy is getroud met Esmé van der Merwe van Phillipstown.

Esmé werk by ’n reken meestersfi rma, Niël Pienaar en medewerkers,

in Bloemfontein.

• Vanuit hul huwelik is drie dogters gebore: Chrisna (25)

werk by die Universiteit van die Vrystaat en studeer nog

nagraads in die rigting Politieke Wetenskap en Frans.

Marina (22) is ’n onderwyseres en is besig met nagraadse

studie in remediërende onderwys. Sanli (19) is ’n

eerstejaarstudent in Drama. Sy sing en het al aan ’n aantal

produksies en konserte soos onder andere Rapport se Sing

jou Taal deelgeneem.

• Na skool het Chris aan die Universiteit van die Vrystaat

gestu deer en die grade BA, BA Hons in Staatsleer en MA

in Staatsleer behaal.

• In 1978 het hy by Die Volksblad as verslaggewer begin

werk en daarna vertaler geword. Hy was ’n jaar lank vertaler

voor hy ’n sub geword het. (Subs is die mense wat

11

bladuitleg, taalversorging en herskryf van berigte doen).

Daarna was hy hoofsub van die Bylaekantoor van Die

Volksblad, en toe hoof van hierdie kantoor. Van daar af het

hy in die “stuurkas” gewerk waar die koerant se inhoud

bepaal word. Buiten hierdie werk het hy soms afgelos as

Motorredakteur van Die Volks blad en het by tye ook in die

Sportkantoor gewerk.

• In 1996 is hy na Landbouweekblad as Streekredakteur

van die Vrystaat en Noord-Kaap, ’n pos wat hy al die ja re

met onderskeiding beklee het totdat hy vanaf 1 Mei 2008

by OVK diens aanvaar het. Deur sy interessante artikels

en foto’s in Land bouweekblad het OVKaners dus in der

waar heid lankal reeds op ’n manier met Chris se werk te

doene gekry, maar met sy nuwe ver antwoordelikheid as

redakteur van OVK Nuus / News sal daar beslis voortaan

’n nouer verbintenis met ons mense wees.

• Chris ry graag fi ets vir oefening. Hy het al nege Argusfi

etswedrenne voltooi, maar ver kies deesdae bergfi etsry

bo die teerpaaie. Hy hou ook baie van fotografi e en het al

pryse met van sy goeie foto’s gewen.

Namens alle OVKaners heet ons Chris en sy gesin graag

hartlik welkom in die OVK-familie. Dis duidelik dat hy die

joernalistieke wêreld deeglik ken en geniet, en in besonder

dan ook die leefwêreld van die boere. Ons wens hom alle

sterkte en sukses, en ook baie vreugde en plesier, tussen OVK

se boere toe.

Let wel, alle lede, lesers en adverteerders, vir enigiets rakende

OVK Nuus / News skakel Chris asseblief in die toekoms. Sy

kontakbesonderhede is as volg:

Inhoud • Contents
Telefoon: 051-9234723 / Faks: 051-9234736 /

Selfoon: 083 460 3749 / E-pos: chrisj@ovk.co.za

NEW HOLLAND T7000-REEKS

TREKKERS

Die nuwe reeks New Holland T7000 Trekkers is gedurende

2007 aan die Suid-Afrikaanse landbouers bekend gestel. Die

reeks bestaan uit vier modelle naamlik die T7030 van 123 kW,

T7040 met 134 kW, T7050 wat 145 kW uitsit en die T7060

van 157 kW.

Hierdie nuutontwerpte trekkers is toegerus met ’n nuwe 6.73

liter New Holland enjin. ’n “Common Rail”-brandstofstelsel

word gebruik. Die stelsel beheer die inspuiters elektronies

en ’n baie hoë druk word gebruik om die diesel in die verbrandingskamer

in te spuit. Dit lei tot beter ontbranding en

verseker dat optimum kraguitset vir elke brandstofeenheid

ontwikkel word.

Vier kleppe per suier verbeter brandstofverspreiding en lugvloei

in die verbrandingskamer, wat verder help met beter

brandstofverbranding en gevolglik beter brandstof-ekonomie.

Met die brandstof wat elektronies beheer word, is dit ook

moontlik om die krag van die masjien met tot 26 kW te verhoog

deur ’n enjin-beheerstelsel. Hierdie verbetering kan slegs geskied

vanaf 10de rat (vervoer ratte) of as die kragaftakker

gebruik word.

Die trekkers word toegerus met ’n 18-spoed kragratwisselingratkas.

Dit kan vooraf geprogrammeer word sodat die trekker

12

outomaties die mees effektiewe rat sal inskakel. Dit verseker

dat die trekker op die mees doeltreffende manier funksioneer,

deur die optimale kombinasie van spoed, kraguitset en brandstofverbruik

te verseker.

Die kragaftakker se spoed kan verander word vanaf 540 o.p.m.

ekonomies, na 1000 o.p.m. om ’n wye reeks kragmasjinerie en

implemente te kan hanteer. Die kragaftakker skakel outomaties

in en uit as die implemente opgelig of laat sak word.

“Supersteer” is opsioneel op alle modelle. Hierdie sisteem help

om die draaisirkel van die trekker met tot 30% te verminder.

Die gevolg is dat tydbesparings van tot 8% gemaak kan word

in die draaie in vergelyking met ander produkte op die mark.

Die trekkers is ook toegerus met ’n omdraai-hulpstelsels.

Dit beteken dat die boer sekere funksies in die rekenaar

kan insleutel, wat herhaaldelik gedoen moet word, wanneer

gedraai word by die wenakker. Die werk sal dan outomaties

deur die trekker gedoen word. Tot 30 funksies, soos die inen-uitskakel

van die vierwieldryf, ewenaarslot, optel en sak

van die implement en ratskakeling ensovoorts kan hierdeur

beheer word. Hierdie funksies word geaktiveer deur slegs een

skakelaar te druk as daar in of uit die land beweeg word.

Die doelwit van die rekenaars in die trekkers, is eerstens om

die trekker te beskerm en tweedens om die operateur te help

om die maksimum produktiwiteit te behaal met die werk wat

gedoen moet word. Dit verseker dus beter brandstofverbruik

en ekonomiese afhandeling van die werk.

Die trekkers is ook toegerus met ’n hidrouliese pomp met

’n reuse lewering van 217 liters olie per minuut, wat bydra

Inhoud • Contents
daartoe dat die trekkers met swaar gesleepte implemente kan

werk. Dit verleen genoegsame verstelvermoë op die eksterne

hidrou liese silinders en implemente se toebehore, sodat

reaksietyd optimaal verstel kan word en effektiewe werking

van die implemente verseker kan word.

Ander kenmerke van die reeks sluit in:

Die geraasvlakke binne die ruim kajuit is ook verlaag na 69,6

db. Dit is 21% laer as enige van die konkurente.

Daarbenewens is die kajuit uiters luuks en geriefl ik gemaak

vir die gemak van die operateur.

Om die kroon te plaas op prima-reeks trekkers is die eenhede

reeds voorberei om met presisie-boerdery implemente te kan

werk.

New Holland Suid-Afrika het ’n groot handelaarsnetwerk vir

die ondersteuning van die kwaliteit trekkers wat deur hulle

versprei en bemark word.

Om op te som: Die nuwe T7000 trekkers van New Holland,

is ’n nuwe generasie trekker wat optimale werkverrigting na

’n nuwe vlak voer. Kan u nog bekostig om met die Tweede

Wêreldoorlog se tegnologie te boer – en ook die dieselrekening

wat daarmee saamgaan?

The greatest secret to winning shared

thinking is having the right people

around the table – John C. Maxwell

13

DIE TRAGIESE VERHAAL VAN DIE

WELBEDACHTDAM IN DIE CALEDON IN

WEPENER

Verkeerde politieke besluit in die laat 1960’s plaas

dam op verkeerde plek met verkeerde, baie duur,

gevolge!

Die tyd om die hartseerverhaal van die toegeslikte Welbedachtdam

in die Caledon tussen Wepener en Smithfi eld te

skryf het nou gekom. Die nagevolge van die verkeerdgeplaaste

damwal in die rivier het die boeregemeenskap en plaaslike

ekonomie swaar getref – Wepener-distrik en sy boere, baie

plaaswerkers, besighede op die dorp, en uiteindelik ook die

geldkas van die RSA. Dit is onmoontlik om die omvang van

die koste-effekte, verliese en skadebeheermaatreëls oor jare in

syfers te probeer omskryf, maar die prys daarvan is ontsaglik

groot. En daar is geen einde daarvan in sig nie.

Dit was ’n laat Novembermiddag laasjaar toe Kosie Pan segrouw

(90) van Rouxville my bel. Die Suidoos-Vrystaat is sy

gebied, hy ken sy mense en die geskiedenis goed en hy dra ’n

besondere liefde en passie vir alles daarvan saam met hom.

Toe hy begin praat was dit duidelik hier’s ’n ding wat swaar

op sy hart lê en dat dit baie belangrik is dat ons dit moet reg sê

soos dit is – die verhaal van die verkeerdgeplaasde damwal in

die Caledonrivier.

Inhoud • Contents
(Laat ons net ’n oomblik hier talm, want baie van die

jonger geslag ken hom moontlik nie, so ons som gou

op. Hy is ’n veteraan politikus, op sy dag Nasionale

Party LPR (Lid van die Provinsiale Raad, vir Rouxville,

en ook parlementslid (Lid van die Volksraad) vir die

Smithfi eld-kiesafdeling, kommissaris-generaal van

die Suid-Sotho Volkseenheid te Qwa-Qwa, direkteur

van etlike maatskappye, baanbreker vir die Suid-

Afri kaanse Saalperdvereniging in die veertigerjare,

’n lojale Rouxville-boer (nou nog aktief!), pa van

Koos Pansegrouw van Paulsfontein, veemedisyneverteenwoordiger,

vrolike aankondiger by skoue, ens.,

einste “Kleinkoos” soos baie boere hom ken. (Sien

verder ook bladsy 15 in die OVK boek)

Ons het sy verhaal oor die Welbedachtdam aangestip en op

19 Februarie 2008 het hy en Hendrik Jordaan spesiaal van

Rouxville af gereis en het ons al die plekke in Wepener saam

besoek sodat alles reg verstaan moes word. Hy’t saamgestap

om daardie ideale keep tussen die twee skerp rante op Rohallion

uit te wys, presies daar waar die dam eintlik ge bou moes

wees. Daarna is die Welbedactdam besoek, die omgewing

by die wal en ook stroom-op waar die toeslikking so erg is.

Daar’s ook by Wepener se begraafplaas aangedoen om ’n paar

grafstene te gaan deurblaai agter ou bekendes en herinne ringe

aan. Lord Fraser Gastehuis is ook besoek, daardie statige

pragtige eertydse woning van Lord Fraser van Lonsdale,

die blinde Engelsman, stigter en eienaar van Frasers, die

14

baanbrekermaatskappy vir die kleinhandel in Lesotho. Fraser

was destyds ’n vriend en vertroueling van hom.

Die telefoongesprek laas November het só geloop: “Jong,

die Welbedachtdam sit heeltemal op die verkeerde plek, en sy

storie moet in die OVK-boekie geskryf word sodat ons mense

kan weet daarvan. ’n Komitee van 19 kundiges, waarvan

ek ook deel was, het destyds baie moeite gedoen met ’n ondersoek

na ’n dam. Op grondige feite en korrekte inligting het

ons besluit die dam moet op Rohallion, die grensplaas teen

Lesotho, gebou word. Die plek daar is uitstekend geskik vir

die doel, dis hoogliggend in die noordelike deel van Wepener,

’n ideale plek. Die skerp inkeping daar is ideaal vir kosteeffektiewe

bouwerk, en die water sou vryelik en kosteloos kon

vloei na Bloemfontein. Ons komitee van kundiges het alles

ondersoek en Rohallion is as die regte bouplek vir die dam

op grondige feite gekies. ’n Politieke besluit op kabinetsvlak

het egter hierdie keuse ongedaan gemaak, en uiteindelik het

die dam verrys waar hy vandag is, by Welbedacht. Dis die

verkeerde plek en die groot klomp slegte en duur gevolge is

onherroeplik deel van ons geskiedenis.”

“Onder ons 19 komiteelede wat die posisie vir die damwal

ondersoek het was daar, onder andere, I.P.J. du Plessis, hoof

van Glen, en ander vakkundiges, en ook ander ondersteunende

paneellede, onder andere ook Hans Swanepoel (van Daspoort,

Dewetsdorp). Vanaf Rohallion sou die water onder gravitasie

maklik Bloemfontein toe geloop het, sonder enige pompkoste!

Daar was destyds nie goeie gesindhede tussen Lesotho

en SA nie en met die water wat in ’n gebied sou opgestoot

het, deels in Lesotho en deels in SA, was daar implikasies

Inhoud • Contents
oor onderhandelinge en ook moontlik voordele aan Lesotho

waarvoor die Nasionale Party-leierskap nie geneë was nie. ’n

Kabinetsbesluit is dus in 1968 geneem wat bepaal het dat die

dam eerder sowat 25 km verder stroomaf vanaf Rohallion, in

die laerliggende gedeelte van Wepener, gebou moes word.”

“Tydens die openingseremonie op 2 April 1975 het ek as

destydse volksraadslid die wonderli ke struktuur aangeprys,

maar ook onomwonde gesê ‘die dam is op die verkeerde

plek gemaak en hy sal toeslik, maar ek sal dit seker nie in

my leeftyd sien nie.’ En nou sien en ervaar ek dit wel. Wat ’n

jammerte.”

Wanneer die totale prentjie bekyk word kristalliseer

die volgende effekte en nagevolge uit:

• Daar is ongeveer 31 boere geraak (óf volledig uitgekoop

of ten dele) vir die damkom-gebiede van die Welbedachtdam

(25 boere betrokke) en later die Knellpoort-dam nader

aan Wepener (6 boere betrokke), laasgenoemde ’n dam wat

noodwendig op ’n later tydstip gebou is om te red wat besig

was om verlore te gaan of te misluk by Welbedacht, en ook

om die stelsel aan te vul.

Die oprigtingkoste van die Knellpoortdam is natuurlik ook

op die rekening te plaas van die verkeerde besluit oor die

bou van die Welbedachtdam, maar hierdie dam het darem,

in positiewe sin, ’n realistiese toekomsverwagting en is

derhalwe waardevol. Hy slik ook nie juis toe nie, want

sy opvangsgebied is ’n gesonde veldbedekte gebied waar

verantwoordelik geboer word. Hierdie besondere dam is in

1988 digby die Caledon in Rietspruit, ’n sytak stroomop

15

vanaf Welbedachtdam, aanvullend tot die Welbedachtdamskema

gebou. In pas met die beplanning is water oor die

afgelope jare by Tienfontein vanuit die Welbedachtdam

oorgepomp na die Knellpoortdam, maar as gevolg van die

toeslikking speel die Welbedachtdam nie eintlik nou meer

’n besonder positiewe, bydraende rol nie, want die oorpomp

van water na Knellpoortdam geskied grootliks net wanneer

die Caledon in vloed is.

• Meeste van hierdie geraakte boere het die gebied verlaat en

die plase, of dele daarvan, het onder die water-area verlore

gegaan. Dele van die plase is egter ook weer saamgroepeer

en as ‘nuwe’ plase aangebied vir aankope deur boere met

verdienstelike voorleggings. Feit bly, bruikbare be sproei -

ingslande en ook potensiële lande, is uit produksie geskakel.

• Die Jim Fouché-brug oor die Caledon, stroom-op vanaf

Welbedacht, is in 1958 gebou en dit het destyds ’n vry hoogte

van 18 meter vanaf die riviervlak tot op die ryvlak gehad.

Hy is nou volledig toegeslik. ’n Nuwe brug het redelik

onlangs onvermydelik en baie dringend nodig geword, en

hy word nou sowat 80 meter stroomop daarvan gebou. Dit

is ’n ongeloofl ike stuk ingenieurswerk, ’n sieraad in eie reg,

maar ook iets onnodig indien die dam destyds te Rohallion

gebou was. Tesame met die padverstellings en -opgradering

is die koste van hierdie projek meer as R100 miljoen.

• Die Welbedachtdam se toeslikking en die ge volglike wateropdamming

terugwaarts stroomop vanaf die wal het toenemend

veroorsaak dat die water vanuit Sandspruit, ’n

oostelike sytak vanuit Lesotho wat deur Wepener vloei,

Inhoud • Contents
ten tye van vloede nie by die Caledon se water kan aansluit

nie en derhalwe geweldig hoog begin opdam het binne-in

Wepener. Gevolglik het ’n groot deel van die suid-oostelike

woongebied in Wepener ’n groot vloedrisiko-gebied ge raak

en kan dit in werklikheid as ‘vernietig’ be skou word. Ongeveer

30% van die dorp se huise en erwe, in die gebied

algemeen bekend as “Klein Wepener” aan die suid-ooste

kant, is gevolglik in die periode ongeveer tussen 1992 en

1996, na die vloed van 1988 en ook ander kleiner vloede,

deur Departement Waterwese in ’n onderhandelingsproses

uitge koop en die eienaars is vergoed. Hierdie erge impak

van ontvolking, tesame met die leemte gelaat deur boere

wat uit die dam-gebied weg is, het meegebring dat die dorp

se hele struktuur, en ook die bevolkingstruktuur, opgebreek

is. Gevolglik is besighede in die dorp wesenlik benadeel.

• Om die Welbedachtdam se water vanuit die laerliggende

ge bied van Wepener-distrik in Bloemfontein te kry moet

dit noodwendig gepomp word. Dit verteenwoordig ’n

nim mereindigende, onvermydelike en deurlopend groeiende

bedryfskoste, met die omvang daarvan onbeheerbaar

– hoof saaklik elektrisiteitskoste van Eskom, maar ook

instandhoudingskoste van die strukture in die stelsel.

• Met die toegeslikte Jim Fouché-brug ’n tyd lank nou al uiters

kwesbaar vir oorstromings tydens reëntye, word padverkeer

noodwendig via Wepener, en dan verder oor die ou enkelbaan

staalbrug by Jammerdrif, herlei. Aangesien dié wonderlike

ou brug nie destyds beplan was vir hoë trokke en

hul swaar vragte nie, is die boogstrukture van die brug met

verloop van tyd almal fl enters gery. Gelukkig staan die

ou ysterman steeds sterk, al is dit selfs sonder sy boonste

16

boogstukke. Ons vertrou net hy sal weer herstel kan word,

want hy’s ’n prag stuk. Daardie spesifi eke soort ysterwerk

van die boë is gewis nie meer maklik te kry nie, maar Mike

Slabbert en Grace Mentz-hulle van Departement Paaie in

Bloemfontein het baie passie vir dié ou brûe en hulle sal

seker darem ’n plan kan maak.

• ’n Waardevolle pluspunt is darem gewis die feit dat die

Welbedachtdam voorkom het dat die slik wat nou in Wepener

lê in die Gariepdam beland het. Mens sal seker met reg kan

sê Rohallion sou teen hierdie tyd weliswaar ook grootliks

toegeslik gewees het. Die res van die distrik sou egter steeds

op hierdie tydstip grootliks onaangetas gewees het, met

ongeveer 30 jaar se waardevolle produksie agter die rug, en

met die gemeenskapskoopkrag van dorp en distrik behoue.

DIE TOEKOMS?

• Die verdere vernietiging van die Welbedachtdam sal

voort gaan deur afgevoerde slik deur vinnigvloeiende reënwater

vanuit Lesotho. Lesotho se ontblote, vertrapte veld

en skuinstes sal nooit beter word nie en kan net verder

versleg. Die verwoestende kommunale boerderystelsel is

daar in bedryf, ’n sisteem waarbinne slegs gemeenskapen

kultuurnorme van veebesit geld en geen grond- en natuurbewaringsnorme

’n plek het nie. Daaronder word

altyd te veel vee aangehou en van weidingsbestuur is daar

geen sprake nie. Hierdie hoë veegetalle, wat “rykdom” of Contents

“waardigheid” vir die eienaars verteenwoordig, verwoes

die bodem pro-aktief, die maerste beeste word wintertyd

weg geslag of begrawe, en die slik van die aarde vloei

Wel bedachtdam toe! Dis hier, soos ook landswyd, ’n on- Inhoud
oorkomelike hartseer teenoor die bodem waarvoor geen

oplossing bestaan nie. Die bietjie slik vanuit die Oos-

Vrystaat is minimaal. Dieselfde verwoestende praktyke as

in Lesotho word op dorpsmeente en in ander leefgebiede

onder die kommunale stelsel in die RSA gepleeg.

• Onder groeiende getalle sal Bloemfontein se waterbehoeftes

bly toeneem, en die Caledon (en die netjiese natuurlike keep

tussen die rante by Rohallion) sal altyd iets wees waarna

gekyk sal word vir ’n moontlike oplossing. Die meriete van

’n dam by Rohallion is steeds volledig daar, want sy ideale

ligging en sy voordelige hoogte, relatief tot Bloemfontein,

is ’n gegewe. Die water is daar, die plek is daar, die behoefte

is daar. En die Welbedachtdam se tyd loop uit!

• Indien ’n dam by Rohallion ooit vorentoe sou realiseer, en

sy waters vloei na Bloemfontein, sal dit saam met die Knellpoortdam

’n gawe stelsel van watervoorsiening vir Bloemfontein

wees. Die Welbedachtdam kan dan rustig verder

toeslik en deel van die geskiedenis raak, in wese ’n besondere

groot stuk grondbewaringswerk. (In die terminologie van

die destydse Departement Landboutegniese Dienste sou

gepraat kon word van “’n mooi, massiewe meerdere grondbewaringswerk

teen gronderosie.”) Hoewel ’n dam by Rohallion

watervloede wel sal stuit en afvloei sal beheer sal dit

waarskynlik tog raadsaam en nodig wees om die langtermyn

effek van verdere toeslikking van die Welbedachtdam, en

die sywaartse uitstoting van vloedwaters na die sykante toe

daar, te ondersoek. Want so iets sal waarskynlik tog wel

met verloop van tyd plaasvind en sal ook ’n impak op die

omgewing hê. Waarskynlik sal die opblaas van ’n stuk wal

vir ’n vloeiroete die aangewese ding wees.

17

Baie dankie aan elkeen wat op een of ander wyse gehelp het,

of deel gehad het aan ons besoek in Wepener en die plekke

ter sprake. Dankie ook aan die volgende persone vir oop

gesprekke waarin ons kon deel en ook vir inligting en menings

en perspektiewe tydens die gesprekke: Roelf Jacobs van

Mentorskraal, Wepener, Ben Jacobs, vroeër van Mentorskraal,

nou van Bloemfontein, Johan le Roux, voormalige administrasieingenieur

van Departement Water wese, van Bloemfontein,

Vaughn Victor, van die plase Rohallion en Aanvang, Wepener

(waar ons besoek kon afl ê), Kobus Oosthuizen, Ceylon,

Wepener, Annemarie Groenewald van Hofmansrus, Wepener,

Gerrie Coetzee, van Wepener Drukkery, en in besonder Kosie

Pansegrouw en Hendrik Jordaan van Rouxville wat spesiaal

soveel moeite gedoen het.

IETS MEER OOR KOSIE PANSEGROUW

Dit pas dat ons ’n oomblik stilstaan by hierdie kleurryke

man van Rouxville. Hy het ’n besondere rol op vele terreine

in die geskiedenis van die Suidoos-Vrystaat, en ook die

RSA, gespeel. Hy is op 23 April 1918 gebore en het in 1934

matriek geskryf. Daarna is hy na Pretoria Universiteit vir

landboustudies, maar sy belangstelling in die politiek het hom

egter gou teruggeneem Rouxville toe, voor hy sy studies kon

voltooi. Van die begin af was hy hart en siel in die politiek.

Op 3 Februarie 1942 is hy op Hermanus met Natalia Fick Contents

getroud. Sy is aan die Hugenote Universiteitkollege te Wellington

opgelei. Na haar opleiding het sy ’n pos as huishoudkunde

onderwyseres by die Huishoudskool in Zas tron

aanvaar. Dit was juis in daardie tyd dat hulle paaie ge kruis het. Inhoud
Na ’n politieke loopbaan as LPR (Lid van die Provinsiale

Raad) vir die kiesafdeling Rouxville sedert 1954 en as LV

(Lid van die Volksraad) vir die kiesafdeling Smithfi eld sedert

1964, is hy op 1 Oktober 1975 aangestel as Kommissaris-

Generaal van die Suid-Sotho Volkseenheid, en is hulle na

Qwa-Qwa. Op 9 November 1983 het hy sy laaste openbare

taak gedoen as Kommissaris-generaal van die Suid-Sotho

Volkseenheid. Hy was toe 65. Hoofminister Kenneth Mopeli

het hom baie aangeprys, maar in besonder ook vir Natalia – vir

haar stylvolheid, puik onthale en ondersteuning. Die volgende

kinders is uit hulle huwelik gebore: Jacobus Gustavus (“Koos”)

gebore 25.12.1942, Corneil gebore 7.7.1948, Johan Fick gebore

1.6.1951 en Jacobus Stephanus gebore 24.6.1953.

Sy pa was ’n gemeenskapsleier, ook tussen die boere. Hy het

in ’n moeilike tyd, in 1931, LPR vir Rouxville geword, en was

dit tot 1943.

Kosie was altyd hartstogtelik lief vir perde en het op 5 sy eer ste

perd gekry. Selfs as volksraadslid in die Kaap het hy ’n perd

gehad wat by Milnerton, by ’n perdevriend van hom, Jan Schep,

se stalle gestaan het. Hy het gereeld gaan ry, onder andere langs

die see tot by Bloubergstrand, en ook selfs vele kere oor die

vlei by Sir De Villiers Graaff (destydse leier van die opposisie,

die Verenigde Party) se plaas. Hy het ook in Qwa-Qwa ’n perd

gehad en het dikwels van hul woning by Phuthaditjhaba af ritte

van etlike ure na omliggende plekke onderneem.

Hy gesels lekker oor perde se plek in SA oor die

jare. Ons staan graag ’n oomblik stil by die geskiedenis

van perde in SA wat hom so na aan die

hart gelê het.

18

Op 19 jarige ouderdom, in Mei 1937, het hy sy eerste stoethings

van die bekende boereleier en perdeliefhebber, Claude Orpen

van New England, Barkly-Oos, gekoop, ’n perd wat geteel is

vanuit die eerste Amerikaanse saalperde wat hy jare tevore

ingevoer het. Deur sy inisiatief is die Ryperd Telersvereniging

van SA en Rhodesiës gestig. Hierdie vereniging het ’n groot

bydrae tot die herstel en heropbou van perde in die RSA

gemaak.

Na die Angloboere-oorlog het die perdestapel in SA in ’n

ernstige toestand van verval en verwaarlosing geraak en wou

hy dit weer help opbou.

In April 1652 is die eerste perde in SA in Saldanha afgelaai

en in 1653 het ’n verdere vier gevolg. Een was ’n pragtige

hings, maar dié is egter deur leeus verskeur. Hierdie eerste

perde was vanuit die Ooste afkomstig, warmbloedperde uit

Java. Daar is verbasend baie moeite gedoen om perde van

hoë gehalte in te voer. Teen 1778 is ’n hele klompie puik

perde ingebring vanuit Suid-Amerika. Stoetperde is ook

vanuit Persië ingevoer en in 1782 het 8 volbloedhingste uit

Engeland hier aangeland. In dieselfde jaar het 5 stoetperde

uit Boston in die VSA hier aangekom. In 1807, tydens die

Napoleontiese oorloë, is twee Franse skepe buitgemaak met

onder andere ’n aantal baie waardevolle teelperde aan boord,

’n uiters waardevolle vrag. In 1814 het Lord Charles Somerset Contents

goewerneur aan die Kaap geword, ’n groot perdeliefhebber en

kenner. Op sy beurt het hy ook ’n klompie perde ingevoer, van

die bestes. ’n Verbetering was al sigbaar in die perdestapel en

geleidelik het al meer perde die land binnegekom. Inhoud
Suid-Afrika se perde het wêreldbekend geword. Tydens

die Krimoorlog, in die middel 1800’s het die Cape Horse

geweldig indruk gemaak. In die “Charge of the light brigade”

was dit manne wat op Kaapse perde gery het wat beter gevaar

het. Die bestes onder hulle was weer op perde wat met ’n “P”

gebrandmerk was. Dit was die brandmerk van ’n Pienaar van

die Hantam in Colesberg!

Skelmstreke het egter ook kop uitgesteek. Swak perde is

vanuit Europa hier teen duur pryse aan mense afgesmeer en dit

het daartoe gelei dat belangstelling later getaan het. Teen die

tyd van die Angloboere-oorlog was die perde nie meer op so

’n hoë standaard nie, maar die boere het egter hul heel bestes

slagveld toe gevat. Na die Angloboere-oorlog het belangstelling

in perde verder getaan, veral onder die invloed van

motors wat as nuwigheid die land begin binnekom het.

“In die tyd toe ek in perde begin belangstel het was perde se

gehalte redelik aan die swak kant, en belangstelling in hulle

was ook swak. ’n Paar telers het die gevaar van agteruitgang

egter raakgesien en probeer red, onder andere Claude Orpen

van New England, Barkly-Oos. In 1916 en weer in 1922 het hy

twee suksesvolle Amerikaanse saalperde ingevoer. In 1934 het

Fanie Fouché van Constantia, Rouxvillle, ’n top Ame ri kaanse

saalperd ingevoer. Sy saalperdstoet het later wê reldbekendheid

bereik. Net die bestes was goed genoeg. Hy het mense ook baie

van perde geleer. Op ’n keer het hy die droomperd “Edgeview

King” ingevoer wat ’n geweldige indruk op kenners gemaak

het. Dit het die geesdrif opnuut aangesteek onder die

perdeboere. My eerste perd is in 1937 van Orpen gekoop.

Orpen het ’n geweldige invloed op my lewe uitgeoefen. Deur

19

sy invloed het ek in Mei 1938 ’n brief aan Farmers Weekly

geskryf waarin ek gepleit het vir die stigting van ’n vereniging

waarin perdetelers en perdeliefhebbers ge orga niseerd kon

optree, iets soortgelyk aan die bekende “American Saddle

Horse Breeders Association.” Op Rouxville het mnr. Paton

McDonald (jongste broer van mev. Lettie Fouché, ons latere

Staatspresidentsvrou), my raakgeloop en gelukgewens met

die brief. Dit het my geweldig aangespoor. Op 27 Maart 1940

het ek weer ’n brief geskryf, ’n volle bladsy in die Farmers

Weekly, met foto’s en al. Hierdie keer is wyd daarvan notisie

geneem. Die reaksie op die brief was pragtig. Op 10 Mei

1940 is die stigtersvergadering van ons Ryperdvereniging te

Colesberg gehou. Meer as 80 telers het dit bygewoon. Mnr.

Oswald Turner van The Ridges, Somerset-Oos is toe as

voorsitter en ek as sekretaris gekies.”

“Die Tweede Wêreldoorlog was daardie tyd egter aan die gang

en eers op 21 November 1942 kon weer ’n groot saamtrek van

perdemanne in die Clarendonsaal in Bloemfontein gehou word.

By daardie geleentheid is fi naal beslag aan die vereniging gegee.

Daar is hard gewerk, perdedae is gehou en beoordelaarskursusse

en eksamens is aangebied. Ek kon my heerlik uitleef in my

belangstellingsveld, en het my vertroud gemaak met die fynste

vereistes en kennis van perdeteelt. As gevolg van dit alles het

ek jarelank as beoordelaar dwarsoor SA opgetree. Op 23 April

1982 is ek genooi om ’n gedenksteen ter ere aan die perd op

Bethulie te onthul, ’n besondere heuglike gebeurtenis omdat Contents

dit ook op my verjaarsdag gebeur het. Die beeld is deur Laura •

Rautenbach in opdrag van die Rapportryers gemaak.”

“Terug na ander goed: Ons wortels in Rouxville lê diep. My

oupa was saam met generaal Jan Hendrik Olivier toe hy op 22 Inhoud
November 1899 deur Rouxville met sy burgers getrek het om

die Engelse Mag in Molteno te gaan aanval. Oorkant die Oranje

het my oupa Pansegrouw toe die rang van kommandant van die

koloniale burgers ontvang. Die Slag van Stormberg het eindelik

op 10 Desember 1899 plaasgevind. My oupa is later saam met

generaal Marthinus Prinsloo by Surrender Hill, tussen Clarens

en Fouriesburg, gevange geneem. As gevolg van ’n breuk is hy

toe na ’n kamp by Tokai in die Kaap gestuur in plaas van, soos

sy broers, na Ceylon. Maar hierdie is stories vir ’n ander keer.”

Namens alle OVKaners groot waardering aan Oom Kosie

en Tant Natalia vir hul besondere bydraes oor soveel jare,

veral aan die Vrystaat en sy mense. “Ons wens vir julle

mooi en sagte dae toe op die pad vorentoe!”

NOORDOOS-VRYSTATERS HOU UITSTEKENDE

VLEIS BEESINLIGTINGSDAE, IN STEYNSRUS EN

IN VENTERSBURG

STEYNSRUS SE DAG BY RIAAN CROUS

(BONSMARAS) EN PIET HUMAN

(BEEFMASTERS)

Op 3 Junie het die manne vroegdag reggestaan by Riaan Crous

(DIV Bonsmaras) om te leer van Ashley Whitfi eld, teler van

Kroon stad, wat gesels het oor positiewe eienskappe wat gesoek Dave het gesels oor alle aspekte tersake by suksesvolle teling

word in die teling van Bonsmaras. Elke ding is prakties in die van skape en beeste. Hy het in besonder uitgewys watter effekte Contents •

veilingsring uitgewys en bespreek. Charl Hunlun, redakteur selfs klein foutjies in die proses gemaak kan word en wat groot

van SA Stud Breeder, het ook ’n praatjie oor weidingstelsels negatiewe effekte meebring. Voeding en ook gesondheidsaspekte

gegee en spesifi ek die benadering van Dr Arno Moore-hulle,

waar 1/3 van ’n plaas ’n volle jaar rus kry, toegelig. Inhoud

20

Daarna is die boere na Piet Human se plaas Rietkuil om verder

te gaan leer en luister. Dr. Hannes Dreyer van Vrede het gesels

oor veld bultoetse en Veldbul SA, ’n koördinerende liggaam wat

beheer uit oefen oor veldbultoetse. Vervolgens het Dr. Pierre van

Rooyen, hoof bestuurder van SA Stamboek in Bloemfontein,

oor die waarde wat stoetbulle tot kuddes kan toevoeg, sowel

by kommersiële as stoet kuddes, gesels. Vervolgens het Herman

Labuschagne van SA Stam boek prakties gedemonstreer waarna

telers moet soek in bulle vir spesifi eke doelwitte. Hy het verwys

na eienskappe wat in die Stam boekkatalogus aangetoon word. Dit

is ook prakties in die ring uitgewys.

Daarna is lekker saamgeëet en gesellig verder gekuier.

VLEISBEESDAG BY GAWIE EN FRIK

ROUX EN HULLE DRAKENSBERGERS

VAN KALK FONTEIN, VENTERSBURG

TREK WYE BELANGSTELLING

Net die volgende dag, op 4 Junie, was dit die Ventersburgers,

en die omstreke se mense se beurt om op die plaas Kalkfontein

van Gawie (“Rouxtjie”) en Frik Roux na die bekende veearts

van Pfi zer, Dr. Dave Midgley, te gaan luister en leer. Wat ’n

heerlike en leersame gesprek was dit nie!

is aangespreek. Hierdie twee fasette se invloed op vrugbaarheid

en uiteindelike besettingssyfers is in detail bespreek.
Gawie het ’n paar Drakensbergerbulle in ’n Fase C toets daar

by die sentrum op sy plaas en die besoekers het ook na hule

gaan kyk. Die bulletjies vertoon al baie goed hoewel hulle nog

aan die begin van die toets is.

Hartlik geluk met hierdie twee uitstaande dae! Sulke inisiatiewe

is uiters waardevol en help om die belangstelling in die

plattelandse gemeenskappe skerp en wakker te hou. Sien die

advertensies op bladsye 25 en 74 in die OVK boek.

ABOUT A POSITIVE FRAME OF MIND

... AND CONSCIENCE ALWAYS GOING

WITH IT

“Please understand there is no depression in this house

and we are not interested in the possibilities of defeat,

they do not exist’’ – The words are Queen Victoria’s from

the South African War (1899 -1902), but they served Winston

Churchill just as well (in the 2nd World War). In the cabinet

meeting room this was a sign that Churchill had placed there

facing the seats in which the chiefs of the army, navy and air

force sat. (Reference: Internet)

(Generally speaking this saying, as such, is good and ac ceptable

– but the motives, the ways of doing, the integrity and the

conscience going with it – about right and wrong – always have

to be weighed because they determine its merit. And in the great

Anglo Boer War (1999 - 1902), at the end of Queen Victoria’s

memorable reign of 65 years (1837 - 1902), nothing about that

war was honourable for her and her victory – Editor)

The statistics about that war speak for themselves.

Sources vary slightly on exact casualty fi gures, but

21

that does not matter much when you look at the big

picture.

(1) From the internet: (http://www.rfc-rnas-raf-register.org.

uk/Boer%20War%20Casualties.htm): “The British Army

in the Anglo Boer War South Africa, 11 October 1899 - 31

May 1902”: “There are discrepancies in the Casualty fi gures

between the Offi cial History and those recorded in ‘The

Times’ Vol VII, whose fi gures are shown in brackets. British

Forces: Killed in Action or Died of Wounds: 7,582 including

712 offi cers (7,894; 706 offi cers). Died of Disease: 13,139

including 406 offi cers (13,250; 339 offi cers). Total Deaths:

20,721 (21,942, includes accidental deaths). All enquiries

should be made to DAVID J. BARNES c/o 148 Parkinson

Street, Burnley, Lancashire, England BB11 3LL

(2) Information from “The Boer War” by Thomas

Pakenham:

• The most humiliating war for Britain between 1815 and

1914 (approximately 450000 British soldiers fi ghting in

SA, with some 100000 casualties, the Boers fi ghting about

90000.) According to the British Department of War 400346

horses, mules and donkies were spent (used)

• A long and costly war (two years and nine months) costing

more than £200 million

Contents

• Bloodiest (at least 22000 Englishmen killed, 12000 non •

whites, 7000 Boers)

• Survivors returned to burnt down farms and demolished

homesteads, with millions of cattle, horses and sheep killed. Inhoud
Contrary to Pakenham’s fi gure on the number of Boer

soldiers in the war (about 90000) the offi cial fi gure of the

War Museum of the two Boer Republics at the Womens’

Memorial in Bloemfontein stands at about 66000, of which

at any stage a far lower number was actively involved. This

was mainly as a result of ill discipline (men coming and

going to their farms) and, especially in the later stages of

the war, the declined number of available men as a result

of them being caught and removed as prisoners of war.

(References: • Johan van Zyl, War Museum of the two Boer

Republics at the Womens’ Memorial in Bloemfontein) • Exact

details from: “Anglo-boer War a chronology” by Pieter G.

Cloete, printed in 2000 by J.P. van der Walt en Seuns.

• The British Government spending most of the promised £3

million to Boers at Vereeniging on hensoppers, with outlanders

and loyalists receiving about £10 million

• The biggest and most irreplaceable loss and tragedy: the

death of 28000 women and children in concentration camps

due to famine, diseases, transgression, and hardships. This

is probably in the long run the most devastating effect on

the population. (The generally accepted fi gure in SA for

women and children dead in the concentration camps, as

stated at the Womens’ Memorial, Bloemfontein, is 26471,

27000 rounded upwards. According to Johan van Zyl

of the offi ce at the War Museum of the Boer Republics

in Bloemfontein this fi gure is probably lower than the

actual fi gure because in many cases more than one body

22

was buried in one grave, and the administration and

documentation was not always done well.)

According to a census of 1897 the population fi gure of

the two republics (Transvaal and the Free State), at that

stage, was 340000 persons. The projected population from

the 27000 lost women and children today, more than a

hundred years later, (should they have been able to live

on and produce offspring), calculated by the Von Maltitzpopulation

formula, would have been about 3 million

people. (Reference: Johan van Zyl, War Museum of the two

Boer Republics at the Womens’ Memorial in Bloemfontein)

Tel: 051 447 3447.

To think that this enormously dear price had to be paid for

England just to have a little bit more gold, money and wealth!

England, at that stage was an immensely wealthy, infl uential

world country controlling a large portion of the world. And

South Africa is still paying today, because the effects of

having such a portion of good breeding stock ripped out of the

fl ock and destroyed 106 years ago still echo today, and will

forever in the future. With that the demographic balance in SA

suddenly changed greatly. This distortion of the South African

population is a lifelong legacy of the British.

In those years, when Rudyard Kipling was a war correspondent

for England, South Africa’s men fought for a future in SA for

their children, and the mothers and children faced and tried to

survive the deadly concentration camps, against all odds. They

had nowhere else to go. There was simply nothing else to do.

Inhoud • Contents
The Boer War, according to Rudyard Kipling, taught the

British “no end of a lesson”... over 20,000 British Troops were

laid to rest in the heat and dust of the South African veldt, with

another 22,829 being wounded.

Compared to the valuable “IFs” in Kipling’s

famous poem, the “Asse” in Afrikaans are the

same, and a few more can be added in the South

African context.

In two separate editions of OVK Nuus / News

(in 2003 and 2007) we published this epic, very

worthy poem, “IF”, written by Rudyard Kipling.

Below is an Afrikaans version written by Kobus

Oosthuizen of Ceylon, Wepener, based on

Kipling’s poem, but with a few small adaptations.

After his children started asking questions about

a framed “IF” of Kipling that he had in his house,

Kobus thought and worked a bit on the contents

to have something, based on that poem, in

Afrikaans – all of this happening between 1995

and 2003. Eventually he fi nalised it in 2003. In

the family they had a few discussions about the

values and norms embedded in the contents,

and at the end this was the result.

– Report: MC Fourie

23

OVK en VRYSTAAT LANDBOU se

Jongboer-inligtingsdag 2008

Alle jong boere 35 jaar en jonger, hartlik welkom!

Alles gebeur op 18 Julie 2008

Te “Big Willie”, Pantserskool, Tempe, Bloemfontein

Sprekers: Claude Möller, Manie Botha, Peter Milton

VIR BESONDERHEDE, KONTAK:

Julle OVK-handelstakbestuurder

Willa Green / Tel 051 4444609 /

Sel 082 3880088 / willa@vslandbou.co.za

Veronica de Waal / Tel 051-9234512 / hoofbestuur@ovk.co.za

Laugh at yourself, but don’t

ever aim your doubt at yourself.

Be bold. When you embark for

strange places, don’t leave any

of yourself safely on shore. Have

the nerve to go into unexplored

territory” – ALAN ALDA

Inhoud • Contents
AS - (Is nie altyd verbrande hout

Soms is dit die spil waarom alles draai, en dus ons behoud)

As jy kan kophou as almal kop verloor

en boonop jou blameer daarvoor

As jy kan bly glo in jouself as ander in jou twyfel

sonder om oorversekerd te wees of te huigel

As jy kan wag en moedhou

onder geduld se beheer

As jy sonder om daaraan deel te neem

’n aanslag van leuens kan trotseer

As jy mense se minagting en haat kan hanteer

en nie met haatdraendheid daarop reageer

As jy beterweterigheid kan verloën

en met jou lewe gepaste nederigheid betoon

As jy ’n belediging kan ignoreer

en nooit iemand anders sal verkleineer

As jy kan droom en idealiseer

sonder dat drome jou lewe beheer

As jy kan soek na die waarheid

met die wete arbeid adel bring ook klaarheid

As daar deur verdraaiing en geknoei

gepoog word om jou lewe te versuur

As jy jou beste bedoelings en die waarheid

se kwaadwillige verwringing kan verduur

As jy sien hoe dit wat vir jou kosbaar is

aan skerwe spat

As jy daarna kan buig en met oorgawe

jou juk kan vat

As jy selfs met verslete gereedskap oor kan bou

al is dit met ’n hart wat rou

As jy vir beide Ramp en Voorspoed met dieselfde ontsag kan

begroet wanneer jy hulle op jou lewenspad ontmoet

As jy in besigheid ’n kans kan waag met die hoop om te slaag

al weet jy dat jy baie kan verloor

As jy dan sonder om jou te verknies of te kla oor die verlies

opstaan om van nuuts af aan te voor

As jy jouself kan motiveer om meer te doen as jou deel

al is dit vir ander lankal te veel

As jy met ’n doel voor oë kan volhard en regop bly staan

deur gehoorsaam te wees aan die stem wat sê “Hou aan”

As jy na uitnemendheid kan streef

terwyl jy met die massas saam oorleef

As jy bevoorreg is en met hoë aansien bekroon

maar steeds die kleine en nederige met agting beloon

As beide vriend en vyand

nie in staat is om jou hart te breek

As jy na klein en groot kan luister en elke mens kan ag

vir dit wat in hom steek

As jy kan vergewe en vergeet

sonder om elke misstap oor en oor te meet

As jy kan doen wat reg is

as die regter weg is

As jy waarlik lief kan hê soos dit hoort

met jou lewensanker in die hemel – onverstoord

As jy jou tong kan beheer

en andere sag met wysheid begeester

As jy dit alles kan bemeester

sal jy jou aardse rol vervul met suiwer akkoord

Dan het jy gegroei my kind

dan eers word jy waarlik vol wasse en “groot”!

– KOBUS OOSTHUIZEN, Ceylon, Wepener

24

Inhoud • Contents
DORMERTELERS HOU PUIK DAG OP

GOEDEHOOP, EDENBURG

Besondere vleisskaapras opnuut in kollig

geplaas, trek wye belangstelling

Tydens die Dormer telersvereniging se jaarvergadering het Dr.

Johan Smit toestemming gevra om ’n Dormer-inligtingsdag

te hou. Dit was die beginpunt en onder inisiatief van Smit en

Theuns Barnard, beide Dormertelers van Edenburg, is hierdie

besondere dag gereël, ’n dag wat uitsluitend om Dormers

gewentel het.

Op 11 Maart het hierdie uitstekende Dormer inligtingdag toe

op Goedehoop van Johan Smit gestalte gekry. Erika Hanekom,

top teler en Dormer-kenner, het vanaf Malmesbury gekom

om in die verrigtinge te deel. Theuns-hulle het ook pragdiere

uitgestal en almal kon kyk en vat en voel aan die mooi diere.

Die program het om drie puik bydraes gewentel, saam met die

vertoning van diere:

● Erika Hanekom het ’n puik bydrae gemaak met ’n praatjie oor

die Dormerras en sy eienskappe. Elke eienskap is duidelik

uit gespel, en sy het ook prakties gedemonstreer en gewys

wat nagestreef moet word in die teling van ’n rasgetroue

dier. Sy het ook ’n ram geskeer om te demonstreer hoe dit

vir ’n skou gedoen moet word. Die manne het maar net

gestaan en kyk, en haar vernuf en bekwaamheid waardeer.

(Erika en haar man, Pieter, het sedert die sestigerjare hulle

doelgerig met die teling van top Dormers bemoei en die soet

smaak van sukses geproe deur etlike SA kampioene te teel.

25

Pieter het haar in 1993 ontval, maar sy het voortgegaan en

die stoet verder uitgebou. Dit was ’n lewenstaak vir haar,

“iets waaraan ek my hele lewe gewy het.”

● Theuns Barnard se gesprek met die boere was oor hoe om

’n ram uit te soek vir jou doel – vir stoetteling, opgradering

van jou kudde of vir kruisteling. Sy ondervinding en kennis

het duidelik uitgestaan en hy het alles mooi prakties en verstaanbaar

gemaak.

● Giepie Calldo van CMW het met sy kenmerkende entoesiasme

die bestuur en die bedryf van ’n skaapkudde bespreek.

Giepie is ewe entoesiasties oor hierdie mooi ras as oor merino’s

– ’n ras wat netjies by merino’s kan inskakel met

kruisteling vir vetlamproduksie. Giepie het al die klein jakkalsies

wat sukses in bestuur kniehalter uitgelig en praktiese

wenke gegee om dit te vermy en om bestuur reg toe te pas.

Hierdie pragtige geleentheid is geskep om die ras te bevorder, en

dis uitnemend reggekry. Theuns is ’n beoordelaar en ook senior

keurder van die ras, en was ook al voorsitter van die Sentraal

Oranje Dormer Klub. Johan Smit was ook al voorsitter van

die Sentraal Oranje Dormer Klub en verskeie termyne visevoorsitter

an die Dormer Raad. Beide teel jare al top Dormers.

Erika was ook vir baie jare lid van die raad, en op ’n tydstip ook

al vise-voorsitter.

Die belangstelling was groot en ongeveer 140 besoekers het

van ver af kom deel in die inligting – van distrikte so wyd

as Victoria-Wes, Jacobsdal, Molteno, Fouriesburg, Ficksburg,

Ladybrand, Doug las, Kimberley, Brandfort, Bethulie, Trompsburg,

Spring fontein, Reddersburg, Philippolis, Petrusburg

Inhoud • Contents
selfs vanaf Brits! Hoe lekker was dit nie daar nie, so rustig

onder die groot tent. Niks van ’n gejaag nie, alles só lekker

en leersaam, skaapboere bymekaar. Daar was heelwat

entoesiastiese borge, OVK ook onder hulle.

Belangstellendes kan enige tyd skakel: Johan Smit (bedags

by 051-7431307 en saans 082-8077874) en Theuns Barnard

(051-7431565 of 079-5113920).

Hartlik geluk Theuns en Johan met ’n baie besondere dag.

Julle het gewis die Dormers opnuut netjies en volledig in die

kollig geplaas.

DIE WONDER VAN VOERMOL

SUPERLAMKORRELS

Nelius Rossouw, Voermol Voere, Queenstown

(082 297 7214 & neliusros@vodamail.co.za)

Die probleem waarmee die meeste skaapboere wor stel, is

dat daar nie genoeg aangeplante weiding (groenvoer) vir

lammerooie en die afronding van speenlammers is nie. Die

onkoste om meer weiding aan te plant, is hoog en daar is meestal

ander be perkende faktore ook. Lammers neem gewoonlik lank

om op aangeplante weiding af te rond en die regte vetheidsgraad

te bereik. Voldoende lekinname is gewoonlik ook ’n probleem.

Dr. Jasper Coetzee het hierdie probleme, wat op groenweiding

ondervind word, aangespreek deur Voermol Superlamkorrels

(V17425) te ont wikkel. Met die aanvulling van Voermol

Superlamkorrels kan speenlammers vinniger op groenvoer

afgerond word en sodoende bly daar genoeg groenvoer vir die

lammerooie oor.

26

Voermol Superlamkorrels is ’n klaargemengde, ureumvryeaan

vulling in korrelvorm om vermorsing te beperk. Die hoë

melasse-inhoud verseker dat die produk smaaklik is en voldoende

inname bewerkstellig word. Voermol Superlamkorrels voorsien

hoë vlakke van deurvloeiproteïen wat essensiële aminosure

ver skaf wat spiergroei versnel en wat voeromsetting bevorder.

Die hoë vlakke van deurvloeiproteïen verseker dat die meeste

massatoename in die vorm van spiergroei plaasvind.

Voermol Superlamkorrels bevat ’n ionofoor wat die afbreking

van weidingsproteïen beperk en energiebenutting verhoog. Volgens

dr. Jasper Coetzee kan ’n ionofoor groei met tot 18% verhoog

en dit help ook om koksidiose te beperk. Die gesamentlike

gebruik van ’n ionofoor en ’n oorinplantaat kan die groeitempo

met tot 30% verhoog weens die siner gistiese werking. Die hoë

vlakke van energie in Voermol Superlamkorrels verseker dat dit

afronding versnel en dat voldoende vet aangesit word.

In proewe wat in Barkly-Oos op volop, groen en aktief-groeien de

korog- en rogweiding gedoen is, is groeitempo’s (GDT) behaal

wat vergelykbaar is met dié in voerkrale. Die GDT’s het van

310 - 367g per dag gewissel terwyl kruisraslammers se groei

so hoog as 405g/dag was. Die diere is 42 tot 60 dae vinniger

afgerond en A2- en A3-graderings is behaal. Oorinplant ate is

gebruik.

Die massatoename op groenweiding is goedkoper as dié in ’n

voer kraal aangesien weiding goedkoper is as voerkraalrantsoe ne.

Lammers vreet 1 - 1.5% van lig gaams massa van die aanvulling

op groenweiding terwyl die ooreenstemmende inname van die

voerkraalrantsoen 3.5 - 4.5% van liggaamsmassa is. Op groen

weiding is daar egter geen voerkraalfasiliteite nodig nie.

Inhoud • Contents
Daar is egter sekere faktore waaraan aandag geskenk moet

word om Voermol Superlamkorrels optimaal te benut. ’n Hoë

groeitempo word verseker deur ’n digte stand, volop aktief-groeiende,

smaaklike en groen, blaarryke weiding van hoë gehalte.

Die beste respons word verkry in periode van maksimum weidingsgroei.

Volgens dr. Jasper Coetzee word ’n hoër groei tempo

op groen koring as op groen hawerweiding gekry.

Luke Bell van die plaas Boshofskraal in die Dordrecht-distrik

het in 2007 Merinolammers op droëland stoelraaigras en korog

afgerond. Aangesien dit ’n droë, koue winter was, het die weiding

agteruitgegaan, maar hy was steeds in staat om sy lammerooie

op die weiding te laat lam aangesien sy speenlammers vinniger

op Voermol Superlamkorrels afgerond is. Hy het die lammers

vanaf 30 kg tot 44 kg gevoer teen ’n inname van 200 - 300g per

dag vir 60 dae. Ten spyte van die feit dat hy nie oorinplantate

gebruik het nie, en die agteruitgang van die weiding, het hy

steeds GDT’s van 200 - 300g per dag behaal. Al die lammers het

A2- en A3-gradering behaal.

Gesonde lammers met ’n groot karkas en ’n massa van 28 - 32kg

vaar beter. ’n Geskikte oorinplantaat soos Ralgro of Zeraplix

kan groei met tot 22% verhoog. Voermol Superlamkorrels kan

ad lib. aan diere gevoer word aangesien hulle selde meer as

500g per dag vreet. Die kwaliteit van die weiding is die grootste

bepalende faktor wat die sukses van die gebruik van Voermol

Superlamkorrels op groen weiding gaan bepaal.

AGRI OOS-KAAP HOU KONFERENSIE

TE ALIWAL-NOORD

27

Swart ekonomiese bemagtiging toegelig en bespreek

Op 25 April 2008 het sowat 70 boere van die dorpe bin ne

die Ekhuhlamba Munisipaliteitsgebied te Aliwal-Noord

saam getrek vir ’n vergadering oor SEB. Jakkie van Zyl, dagbe

stuurslid van Agri Oos-Kaap het leiding in die reëlings

geneem en twee puik sprekers bekom vir die geleentheid

naamlik Annelize Crosby, parlementêre verteenwoordiger van

Agri SA, en Deon van der Ross, bestuurder: SEB, van OVK.

Deon het die SEB-telkaart in detail met die boere behandel en

alles duidelik uitgespel, in besonder die geleenthede daarbinne,

maar ook die slaggate. Annelize Crosby het die omgewing en

uiteenlopende politieke sentimente geskets waarbinne daar op

parlementêre vlak gedebatteer word en hulle werkbenadering

en inisiatiewe omskryf ten einde insig en begrip vir die boere

se saak daar te bring.

Dit was ’n voorreg vir OVK om die sprekers te borg.

SALVO CAPITAL

Salvo Capital is ’n fi nansiële dienstemaatskappy wat vanuit

Bloemfontein kliënte regoor die land van kwaliteit fi nansiële

advies voorsien. Salvo Capital se kwaliteit en vlak van kundig

heid wat deur effektiewe dienslewering na kliënte se

portefeuljes gekanaliseer word onderskei hulle van ander welContents

vaartbestuurders. Salvo Capital bly daagliks in voeling met

die plaaslike en internasionale markte. Gevolglik word die

skommelings binne hierdie markte aktief binne portefeuljes

bestuur wat moontlike risiko verminder. Inhoud
’n Unieke eienskap van Salvo Capital is die bestuur van ’n

spesialis effektetrust naamlik die “Salvo Flexible Fund of

Funds”. Sedert die saamstel van hierdie fonds is infl asie konstant

uitpresteer. Huidiglik is hierdie fonds onder die top tien

fondse in sy sektor in Suid- Afrika.

Salvo Capital bied ook aan kliënte oplossings ten opsigte van

risiko bestuur. Finansiële beplanners doen ’n volledige analise

voordat ’n unieke plan vir elke kliënt voorgestel word wat sy

of haar behoeftes die beste sal aanspreek. Ons lewer ook, met

groot sukses, konsultasie en advies rakende aftreefondse van

verskeie maatskappye in Suid Afrika.

Salvo Capital se visie is om ten alle tye akkurate en relevante

fi nansiële advies te gee, dus is ’n groot deel van die maatskappy

se fokus op vernuwing, navorsing en ontwikkeling. ’n Voorbeeld

van laasgenoemde is die nuwe beleggings oplossing

in Valuta handel waar beleggers die geleentheid gebied

word om voordeel uit die wisselende vlakke van buitelandse

geldeenhede te trek.

Salvo Capital bied fi nansiële oplossings aan kliënte met ’n

groot klem op persoonlike diens. Ons doel is om nie net ons

kliënte se welvaart te bestuur en te bewaar nie, maar ook om

dit met die nodige verantwoordelikheid en kundigheid te

vermeerder.

Besoek ons gerus by ons kantore in Bloemfontein of skakel

ons enige tyd vir navrae. Ons webtuiste kan ook besoek word

by www.salvocapital.com vir meer inligting. Salvo Capital,

Hierdie was die 4de internasionale skou. Die vorige drie is Contents •

op Upington gehou. Die skou gaan volgende jaar weer op

Upington gehou word. Die telersvereniging bestaan uit 320

jou persoonlike welvaartbestuurder! Inhoud

28

BOERBOKTELERS SKOU HUL

PRAGDIERE OP DIE SA WÊRELD-

BOERBOKSKOU IN BLOEMFONTEIN

Groot dele van OVK is boerbokwêreld. Was

heerlik om in dié skou te deel

Van 29 April tot 1 Mei 2008 het Suid-Afrika en Namibië se

boerboktelers hul kampioenskappe in Bloemfontein gehou en

die aand van 1 Mei, tydens ’n heerlike dinee, is die wenpryse

aan presteerders oorhandig. Daar’s heerlik saamgekuier en

bokstories gesels. Die beste boerbokke in die wêreld was hier

te sien en hul base is trotse, bekwame boere!

Is daar ’n lekkerder reuk as ’n boerbok s’n? Ruik so aards, en

as jy hulle oë sien, en hulle maniertjies, die voorvoetjie wat

trap-trap, die tongetjie wat lek-lek en die grommerige stem

uit die kele, dan sien jy sommer die wil tot ’n uiters driftige

lewe binne-in hulle. Dit straal uit alles van hulle uit! Kan

mens nie hulle reuk in ’n aerosol vir jou kar kry nie? (Net

om die perspektief darem vir die dorpenaars reg te stel – daar

is natuurlik tog ’n effense wildheid daarin wat maak dat nie

almal ewe erg is daaroor nie! Is maar net soos by mense – nie

almal hou van dieselfde reuke nie).

lede – en is met 3 telersgenootskappe onder een dak, naamlik

SA Boerbok, Kalahari Red en Savanna.
Die skou is uitstekend ondersteun. Daar is 1070 bokke by die

skou deur 55 vertoners afgelaai. Die drie rasse het in hulle eie

klasse gekompeteer. Die beoordelaars was: Vir SA Boerbok:

Dirk Louw, Stephanus Malan, Lukas Burger / Vir Kalahari

Red: Izak Vorster, Kobus Lötter / Vir Savanna: Theuns Botha

en Johan Maritz.

Hartlik geluk aan al die vertoners dat julle julle pragtige diere

met mekaar kom deel het. Dit was baie lekker om deel aan

julle verrigtinge te kon hê. OVK bly loop die pad graag saam

met julle.

Kontak besonderhede: SA Boerboktelersvereniging

Botterblomstraat 5, Middelburg Oos-Kaap, 5900

Tel/faks: 049-8424411, Epos: boerbok@adsactive.com

Webtuiste: www.boerboksa.co.za

BETHULIE MAAK HARTE EN HANDE

OOP VIR NAAS VAN STRAATEN

Hou gemeenskapsfees, spitbraai 6 skape, alles vir

die Naas van Straaten-fonds

Op Sondag 14 Junie 2008 het Bethulie se Klub 101 ’n topklas

gemeenskapsete aangebied. Ses skape is gespitbraai, ondersteun

deur baie wors en heerlike bykosse. Hierdie ini siatief

was volledig ten bate van die Naas van Straaten-fonds. Die

steun vanuit die gemeenskap was uitstekend en uiteindelik

is R14960 ingesamel. Daar is 260 etekaartjies verkoop, en

verder was daar aanvullende skenkings vanuit die gemeenskap

tot die fonds. Die bestuur van Klub 101 bestaan uit Junior

Jacobs, voorsitter, Helene Calitz, sekretaresse, Mark Frewen,

29

ondervoorsitter, en Christel Jacobs, tesouriere. Vir hierdie

waardevolle inisiatief van Klub 101 was daar net die hoogste

lof vanuit die gemeenskap.

Naas was OVK se handelstakbestuurder te Bethulie. Ongeveer

vier maande gelede was hy in ’n ernstige ongeluk met ’n

vierwielmotorfi ets betrokke wat hom met bloeding op al vier

die breinlobbe, en verder ook bloeding op die breinstam, gelaat

het. Hy was lank in ’n diep koma en is nou in ’n rehabilitasiefase

met fi soterapeutiese ondersteuning. Daar is nog ’n lang

pad voor, maar hy toon mooi tekens van vordering.

Klub 101 is ’n plaaslike organisasie in Bethulie wat hom ten

doel stel om vanuit die gemeenskap vir die gemeenskap diens

te lewer en inisiatiewe te neem om gesonde skakeling en samewerking

tussen alle lede van die gemeenskap uit te bou. Die

klub het dan ook met hierdie geleentheid ’n spesiale Klub

101-pet aan Naas geskenk, saam met die opbrengs. Naas is ’n

ywerige petversamelaar en dit was baie spesiaal en lekker om

so iets ekstra vir hom te doen. Naas gaan nou tuis by sy ouers

in Molteno verder aansterk.

TOMMY EN ALET VAN STRAATEN SÊ DANKIE

Naas van Straaten se ouers, Tommy en Alet, van Molteno, sê

graag hiermee opreg dankie aan die gemeenskap van Bethulie

vir hierdie wonderlike fondsinsameling en ook vir die

welwillendheid en ondersteuning daarmee saam. Ook vir die

ondersteuning en liefde wat Naas en Elizma altyd ervaar het

van die gemeenskap. Verder sê hulle ook graag dankie aan

alle OVK-kollegas van Naas wat so getrou gaan kuier het,

altyd navraag gedoen het en ook in hul gebede vir Naas en

Inhoud • Contents
sy familie aan ons Hemelse Vader opgedra het. “Vir ons as

familie was dit ’n groot troos en onderskraging”

Namens alle OVKaners, ons beste wense vir

volkome herstel aan Naas. “Jy is vir ons almal

baie spesiaal” – Redakteur

VROUE LANDBOUVERENIGING VAN

DIE OOS-KAAP HOU KONFERENSIE IN

JAMESTOWN, 4 - 6 MAART 2008

Plaaslike vroue hang uit en maak dit ’n baie

be sondere geleentheid

Vanjaar was dit die Jamestown-vroue se beurt om die vrouens

van die Noordoos-Kaapse distrikte te ontvang tydens

hul jaarlikse kongres wat daar gehou is. Slegs 11 lede van

Jamestown het hierdie konferensie aangebied. Die tema was

“MAAK ’N VERSKIL”, en alle gesprekke en voordragte het

daarom gehandel. Tydens die aandfunksie is oorkondes aan

Casper en Mona Nel oorhandig vir ’n hele lewe wat gewy is

aan die gemeenskap van Jamestown. Knopies is ook oorhandig

aan Joy van Biljon vir 55 jaar lidmaatskap (Jamestown) en

Baby Cloete, vir 60 jaar lidmaatskap (Molteno).

Christell Venter (051-6410791, 082-7850497) of Ilse van Vuuren

(051 - 6410943, 076-6428819) kan geskakel word vir meer

inligting. – Berig MC Fourie

30

TOYOTA EN OVK VERKEN DIE STEIL

HOOGTES EN DIEP RAVYNE VAN

OOS-LESOTHO MET VIERTREK

DUBBELKAJUITE

Besoek ook Letseng Diamantmyn – ’n

massiewe oopgroefmyn, bedrywig op twee

Kimberliet-pype digby mekaar

Letseng Diamantmyn van Lesotho se bestuur het onlangs ’n

hartlike uitnodiging aan Toyota gerig om bietjie by hulle te

gaan kuier, daar in die diep bergbinneland waar daar bykans

nie meer hoër hoogtes beskikbaar is as waar hulle is nie, en

dit koud word! Dis ’n bitter yskoue wêreld met stormwinde

en erge sneeuvalle, ’n plek waar temperature van selfs tot

minus 28 grade Celcius al aangeteken is en dit soms dae lank

trotseer moet word. En waar die ligte voertuie wat vir die mynbedrywighede

gebruik word net Toyotas is. Dis ’n rowwe plek

en net die heel taaiste bakkies en voertuie maak dit daar, en

ook net die taaistes onder die mense. Met ons besoek, begin

Mei, het die sneeu nog sommer styf en stewig teen die skadukante

van die rotse gelê. Die wind het die Sondag met ons

terugreis stormsterk gewaai, en by ’n uitklimplek by ’n hoë Contents •

spits, toe die koue stormwind ons rêrig slaan, wou ons dood

van die ysigheid! Die 4x4’s was drie dubbelkajuit 3liter D -

4D’s, ’n 4 liter petrol Hilux en ’n 4500 Landcruiser. Almal

wenners. Besondere voertuie. Betroubaar. Sterk. Inhoud
Oor drie wonderlike dae is die ongereptheid van die hoë berge

en diep ravyne van Oos-Lesotho naby Oxbow verken en is die

wêreldbekende “Letseng Diamantmyn” besoek, ’n enorme wêreld

bekende oopgroefmyn. By Tlaeng-pas op pad daarheen,

nie ver weg nie en naby die bekende Afriski ski-oord, gaan jy

die berge oor op 3251 meter bo seevlak.

Ons oornagplekke was chalets, 14 kilometers weg van die mynwerf

af, diep berg-af aan die oewer van die Khubelurivier. Die

Saterdag het ons ’n roete oor 114 moeilike kilometers gery, die

oggend eers riviergebied op terug myn toe en die middag weer

stroom-af saam met die Khubelu in die rigting van Thaba Tseka.

Die rivier is by talle plekke oorgesteek, plekke erg diep nogal, en

teen die steiltes en skuinstes was die klippe en moeilike terrein

goeie uitdagings vir die bakkies. Die rygoed was skitterend,

en hulle het die toets uitstekend geslaag. Dit is baie duidelik

hoekom jy in Lesotho soveel Toyotas kry, allerlei soorte van

hulle. Hulle’s taai en kan bykans alles vat! Dis hoekom.

Ons was die Saterdagmiddag darem betyds terug by die

mynkantien, vir ’n dop en ’n coke en ’n gesellige kuier saam

met die myners en ander personeel. En om rugby te kyk, Super

14. Ounag was dit toe weer bergaf, slaapplek toe.

Die vreedsaamheid en rustigheid, die stilte en die vrien delikheid

van die Sothos met hul donkietjies en beeste was besonder

opvallend. Maar selfs ook daar het baie van die beeswagtertjies

ook selfone in die hand en op die ore! Met komberse, kieries

en al op die klippe. Selfs hier het die tegnologie die ongerepte

wêreld en sy mense ingehaal!

31

OVK bemark hierdie taai Toyota’s by

hul agentskappe te Ficksburg en Ladybrand.

Tel: 051 933 2381 (Ficksburg) en

051 923 4752 (Ladybrand)

SANDSTONE ESTATE BIED WEER

PUIK KUIERGELEENTHEID OM DIE

OU GOED AAN

Wonderlike nostalgie vind gestalte op

Hoekfontein, Ficksburg

Die week van 9 tot 13 April is weer vanjaar deeglik deur baie

entoesiastiese kuiergaste uit die stad, eintlik sommer van orals

af, benut om die nostalgie van stoomtreine en ou voertuie

en dinge te Sandstone Estate se pragplaas, Hoekfontein, in

Ficksburg te besoek. En sommer ook om saam met vriende te

kuier en alles net te geniet. Klassieke militêre voertuie is ook

vertoon. Die foto’s sê alles.

Die swier en stylvolheid van passasierswaens aan die treine van

weleer was uit ’n ander wêreld. Wêreldklas!

Integrity is so perishable in the

summer months of success

– Vanessa Redgrave –

Inhoud • Contents
ARLINGTON SE JAARLIKSE

INLIGTINGSDAG WAS GROOT EN GOED

Belangstelling groei steeds en gemeenskap is

baie betrokke!

Vanjaar was Arlington Boerevereninging se groot jaarlikse

inligtingsdag op 16 April. Tipies aan die gevestigde patroon

was daar weer uitstekende aktuele lesings deur land boukun

diges op hulle spesialis-terreine in die landbou, en dis

opgevolg deur ’n besigtiging in die lande van mielie- en

sonneblomproefaanplantings asook trekker- en implementedemonstrasies

in die lande. Etlike make is tentoongestel en

prakties getoets, bekyk en beleef. Netjies. En laatmiddag

was dit ’n saamkuier en saameet by die landbousaal om

die verrigtinge mooi af te sluit. Die tema van die dag was

“Ekonomies volhoubare landbou in die globale wêreld”

en Dr. Kobus Loubser, hoofbestuurder van Graan SA het

sy insiggewende praatjie mooi daarby ingepas. Hy het ontwikkelinge

en tendense in verskillende lande toegelig, met

China en Indië prominent betrokke, en ook die volgende

aanhaling beklemtoon: “How to do things today to make a

better tomorrow, because the future belongs to those who

make the hard decisions today.” Hy het ook beklemtoon

dat daar plaaslik geen beskerming vir die boer is nie en dat

boere hulle moet verbind tot aanpassing en ingeligtheid, en

dus dinamies en aanpasbaar moet leef. Randolf Meyer van

“Advanced nutrients” het die waarde van hulle goeie produkte

toegelig en Kobus Burger van Enviro Group het oor die details

en die groot waarde van presisieboerdery gesels.

32

SA VLEISMERINO KAMPIOENSKAPPE 12

TOT 14 MAART 2008 IN BLOEMFONTEIN

GROOT SUKSES

Kampioene word gekroon, gehalte is besonder

hoog, en die ras se toekoms lyk kerngesond!

SA Vleismerino’s se toekoms wink blink, want met die kampioenskappe

wat van 12 tot 14 Maart by die Bloemfonteinse

skouterrein gehou is was die belangstelling en entoesiasme

aansteeklik lekker en die skape van ’n puik gehalte. OVK

het meegedoen en die vertonersdinee die aand van 12 Maart

geborg.

Have the courage to say no. Have the

courage to face the truth. Do the right

thing because it is right. These are the

magic keys to living your

life with integrity”

– W. CLEMENT STONE

(American best selling Author and Founder of

Combined Insurance Co

(now a part of Aon Corp.), 1902-2002)

Inhoud • Contents
VRYSTAATSE JONGBOERE HOU

KONGRES

OVK belê stewig in die jong boere, daar was puik

sprekers, en die jonges praat kopstukke

Die Vrystaatse jongboere-kongres van 2008 van 17 en 18

April te Ilanga Estate was ’n mooi geleentheid en OVK

was ’n stewige borg vir die geleentheid. JP Landman en Dr.

Mohammed Karaan het die ekonomie en staatkundige en

demo grafi ese fasette van SA uitgelig en bespreek, terwyl

Ernst Yssel van Marquard ’n terugblik op die laaste 25 jaar

in die landbou gegooi, en op ’n paar wesenlike veranderinge

gefokus het.

Die fi naliste in die jongboer van die jaar-kompetisie was

netjiese manne, elkeen ’n wenner-boer in eie reg, en elkeen

ook ’n ambassadeur vir die boerderybedryf. Vrouens en al. Die

aand voor die kongres (die 17de), tydens die kongresdinee, is

J B van den Berg van Bothaville toe as die wenner van die

Jongboerkompetsie aangewys. Namens alle OVKaners hartlik

geluk aan JB, en sy vrou Cornél, en ook sy ouers, Japie en Alet

van den Berg.

Die ander fi naliste boer almal in distrikte waar OVK ook

betrokke is en ons is saam met hulle families en plaaslike

gemeenskappe trots op hulle. Hierdie jong boere hou die beeld

van die boerderybedryf in hulle boerderye en in hulle boerderygemeenskappe

hoog. Ons hartlike gelukwense dan ook

aan Roelf en Wilmarie Jacobs van Mentorskraal, Wepener,

33

Gideon en Maryna Lamprecht van Sameloop, Lindley en

Hannes en Sarita Swanepoel van Memoria, Senekal.

Baie van hierdie kongresgangers gaan ook deel hê aan die

gesamentlike Jongboeredag van OVK en Vrystaat Landbou

wat op 18 Julie 2008 by Pantserskool, Tempe, aangebied gaan

word, en ons sien julle graag daar. Almal is baie welkom!

Verwys voorblad en binne-agterblad:

INLIGTING OOR DIE TWEE GROOT

BRÛE BY BETHULIE

Ons kon die planne van beide hierdie brûe by “Transnet Freight

Rail Bridge Offi ce” se kantore in Johannesburg opspoor (Spoorweë

se brugafdeling). Vanuit hierdie planne is die volgende

interessante inligting bekom:

Die Hennie Steyn-brug oor die Gariep:

- Dit is ’n gekombineerde pad- en spoorlyn-brug.

- Totale lengte is 1.2 kilometer, die langste brug in die RSA.

- Die brug bestaan uit 26 boë van 39.64 meter elk (130 voet) en 25

pilare. ’n Dubbelbaan pad gaan oor hom, sowel as ’n treinspoor.

- Die planne van die brug is op 28 Junie 1965 afgeteken.

- Die totale hoeveelheid beton gebruik in die brug: 119920

kubieke meter (156849 kubieke jaarts), met ’n massa van

287808 ton (1 kubieke meter = 2.4 ton).

Die treinbrug by Bethulie, onderkant die dorpsdam:

- Die lengte van die brug is ongeveer 250 meter.

- Die brug bestaan uit 8 boë van 31.39 meter uit mekaar (tussen

die middelpunte van die pilare), die boë as sulks 28.34 meter

wyd (93 voet).

Inhoud • Contents
- Daar is ’n enkele treinspoor bo-oor, maar daar is ook voorsiening

op die pilare gemaak vir die vestiging van ’n ekstra spoorlyn.

- Die planne vir die brug is afgeteken op 15 Maart 1965.

- Die spoorlyn oor die brug loop teen ’n helling en ook met ’n boog.

- Die totale hoeveelheid beton gebruik in die brug: 8685 ku bieke

meter (11359 kubieke jaarts), met ’n massa van 20844 ton (1

kubieke meter = 2.4 ton). (Vergelykenderwys is dit onge veer

7.2% van die beton gebruik in die Hennie Steyn-brug).

Die ontwerp en bou van beide brûe is gedoen deur die SA

Spoorweë en Hawens. Die puik bouwerk van hierdie departement

staan lands wyd in die RSA verspreid as monu men te

van uitnemendheid van wêreldklas ingenieurs en bou spanne,

onlosmaaklik deel van ’n trotse verlede van ’n puik spoornetwerk.

Met padvervoer deesdae meer prominent, verteenwoordig hulle

’n verbygegane era.

Groot waardering aan Albé Vos en Peet Visagie van Transnet,

Johannesburg vir hulle vriendelike samewerking en vir inligting

oor die planne van die onderskeie brûe. – Berig: MC Fourie

AL OVK SE AFDELINGS DEEL ’N AAND

MET HUL KLIËNTE OM DANKIE TE SÊ

VIR STEUN DIE AFGELOPE JAAR

Die aand van 7 Maart het Ficksburg se gemeenskap lekker saam

vleisgebraai en feesgevier, en saam met OVK terugwaarts gekyk

na ’n suksesvolle 2007. Die Kersiefeessaal is goedgunstig deur

Johan du Toit, die Kersiefeeskomitee se voorsitter en ook OVK

se plaaslike versekeringsman, vir die doel beskikbaar gestel. Al

OVK se afdelings was betrokke by die reëlings van die aand

– ’n heerlike feestelike geleentheid van saamkuier.

34

HERINNERINGS- OF BYBELLAPPIE

VAN MENSEHARE SE UITSONDERLIKE

VERHAAL

Gevat tydens afbrand van ’n plaashuis in ABO,

later teruggestuur vanuit Skotland

Jan van Biljon van Viljoenskroon se SA Kampioene-bloed van

SA Vleismerino’s loop dik in OVKaners se kuddes, en Trix van

Biljon is Jan se woelwater vrou. Hulle is al amper eie familie, by

wyse van spreke. Die kort verhaal gaan om Trix se oumagrootjie

Helena Dorothea Serfontein (1847 -1998) van wie se hare so ’n

lappie gemaak is, en wat tydens die Angloboere-oorlog, tydens

die afbrand van die Serfonteins se opstal op Turfdraai, Boshof,

deur ’n Skotse Gordon geneem is. In 1903 het die Gordons die

lappie te ruggestuur na die landdros te Boshof en so het dit weer

in die oorlede vrou se man se hande beland. Die briefi e, vol

deernis en ordentlikheid, spreek vanself.

PANNAR BIED PUIK SOMERGEWAS-

DEMONSTRASIEDAG OP 13/3 TE

KROONSTAD AAN

Indrukke van gehalte, netheid, presiesheid,

integriteit, slaan vas

In hierdie 50ste bestaanjaar van Pannar was daar ’n tydjie

gelede ’n groot feestelikheid te Greytown. Soos boere ook al

van hierdie saadmaatskappy geleer het, was al hulle somergewasdemonstrasiedae

vanjaar weer eens ’n uitstal venster vir

Inhoud • Contents
’n maatskappy wat geleidelik ’n stewige reputasie van gehalte,

toewyding en integriteit in die Suid-Afrikaanse landbou gevestig

het. Die Kroonstad-dag by Tattie Crause-hulle het presies

mooi by die patroon ingepas – die aanplantings was netjies,

die aanbiedinge by die stoppunte baie goed, en die bekende

ekonoom, Dr. Roelof Botha, het almal in die groot tent lekker

wawyd wakker en opgewonde gehou met sy vinnige gesels en

skerp humor toe hy as hoofspreker die vloer gevat het.

OU ENGELSE VERKYKER, STIL GETUIE

VAN ’N VREEMDE VERHAAL UIT DIE

ANGLOBOERE-OORLOG

Van tragedie en hartseer, ook van

lewens ervaring en lotsbestemming

Hierdie verhaal gaan om ’n besondere Engelse verkyker van

’n jong Engelse soldaat, Thomas Brown Junior, wat tydens

die Angloboere-oorlog te Mequatlingsnek, tussen Excelsior

en Clocolan, gesneuwel het. Rondom hierdie verkyker het

uiteindelik ’n interessante stuk geskiedenis ontwikkel van

vy an delike vreemdelinge van twee vastelande, duisende kilo

meters verwyderd van mekaar, wat uiteindelik jarelange

vriende geword het. Philippie Olivier (80), Ladybrander van

geboorte, woon die laaste klompie jare op Excelsior, en die

verkyker se verhaal is diep ingeweef in sy familiegeskiedenis

in. Hier is die verhaal van daardie besondere Engelse verkykertjie,

en van die mense waaraan hy verbind was.

In ’n kort briefi e omskryf Philippie die verhaal as volg: “Hier

is die storie van die verkyker. Ek het die verkyker van my

35

oupa, Jan van Zyl, ontvang (Johan Petrus van Zyl, 1882 -

1963). Hulle het in Ladybrand op die plaas Mont Blanc op

Viervoetberg, naby Modderpoort, gewoon. Gedurende die

Angloboere-oorlog was hy ’n penkop in die Oos-Vrystaat, ’n

jongman van ongeveer 18. Hy en vier ander penkoppe was ’n

keer op ’n verkenning-sending in die gebied tussen Excelsior

en Clocolan, naby die plaas Mequatlingsnek. Dit was daardie

tyd die plaas van Dr. Waltman. Hulle het een nag in ’n klipkraal

oornag en ’n paar Engelse het op hulle afgekom. In die vinnige

oor en weer skietery het twee Engelse soldate gesneuwel en die

penkoppe is toe vinnig op hul perde en het weggejaag.

Met hul aankoms by die kommando het die kommandant

gevra wat van die gesneuweldes geword het. In die harwar

tydens die skermutseling was daar natuurlik geen geleentheid

om die soldate te begrawe nie, en die kommandant het hulle

toe beveel om die volgende dag terug te gaan en die lyke te

gaan begrawe. Met die omdraai van een van die lyke is hierdie

verkyker toe onder hom ontdek. Die twee Tommies is toe in

vlak grafte daar begrawe.

’n Hele ruk na die oorlog al verby was het my oupa die verkyker

mooi bekyk en toe die verkyker na die betrokke fi rma in

Engeland, waarvan die naam daarop ingegraveer was, gestuur.

Die inskripsie op die verkyker lees as volg: “Presented to

Thomas Brown Junior on his departure for South Africa. From

his fellow workmen at Bass’s.”

Contents

Na ’n hele paar jaar was die verkyker weer terug by my oupa

deur die pos, saam met ’n brief van Brown se suster. Sy skryf

toe daarin dat my oupa die verkyker moet hou, en vra toe

ook of sy na Suid-Afrika kan kom sodat sy kan help dat haar Inhoud
oer herbegrawe kan word. Uiteindelik het sy toe per boot in

Kaapstad aangekom en is verder per trein tot op Modderpoort

waar my oupa haar met ’n perdekar gaan haal het. Brown is toe

herbegrawe in die begraafplaas vir Engelse soldate in Clocolan.

Soos ek dit het moes dit teen ongeveer 1916 gewees het.

Die suster wou toe ook graag sien hoe dit in Kimberley lyk. My

oupa en ouma is toe saam met haar per trein na Kimberley. Met

die kuier daar, by my oupa se broer Pieter, ontmoet die suster

toe ’n jongman en na ’n tyd is hulle toe ook getroud. Hulle het

in Kimberley distrik gevestig en het enduit daar geboer.

DEWETSDORP HOU SKOU

Bereik nuwe hoogtes, en die skou is die

grootste nóg!

Laasjaar het Dewetsdorp Studiegroep hul mondigwording

gevier, op 21, en dit lyk of hulle daarmee petrol gekry het vir

die toekoms. Want die plaaslike skou – hulle inisiatief van jare

gelede wat hulle sedertdien jaarliks getrou aanbied en uitbou – se

kurwe loop steeds opwaarts. Vanjaar was daar 700 inskrywings

vir skape en 280 vir beeste, die meeste in die geskiedenis! Saam

daarmee groei die belangstelling en die besoekersgetalle en die

lekkerte van die samesyn. Hartlik geluk, Dewetsdorp!

Reflective thinking turns

experience into insight

– John C. Maxwell –

36

BELANGRIKE NUUS VAN KLIËNTE-

FINANSIERING / IMPORTANT NEWS

FROM CLIENT FINANCING

RENTEKOERS

AFWAGTINGSREKENINGFASILITEIT

Soos u bewus is, bestaan daar ’n fasiliteit by OVK, soos

goedgekeur deur die direksie, bekend as ’n afwag tingsrekening.

Die doel van die rekening is om ’n rekening te skep

waarop ’n aandeelhouer ’n bedrag kan inbetaal waar op die lid

rente verdien en waarvan die saldo aangewend kan word om

aankope van die aandeelhouer by OVK, te vereffen.

Die Direksie het goedgekeur dat die rentekoers wat op die

rekening verdien word, wysig vanaf die primabankkoers van

ABSA bank soos van tyd tot tyd vasgestel minus 3.5% per

jaar na die primabankkoers van ABSA bank soos van tyd tot

tyd vasgestel min 3% per jaar. Tans 12.5%.

Sou u belangstel om van die fasiliteit gebruik te maak, kontak

die bestuurder: Kliëntefi nansiering, Mnr Bertie van Zyl of die

naaste kliëntefi nansieringsbestuurder.

SUSPENCE ACCOUNT FACILITY

As you are aware a facility known as a suspense account Contents •

facility, as approved by the board, is available to share holders.

The purpose of this facility is to create an account into which

a shareholder can deposit an amount which earns interest, and

can be used to settle purchases by the shareholder at OVK. Inhoud
The existing interest rate earned on the account is presently

the prime rate charged by ABSA bank, as determined from

time to time less 3.5% per annum. The Board has approved

that the interest rate applicable to the account, be amended to

the prime rate charged by ABSA bank, as determined from to

time, less 3% per annum. Presently 12.5%.

Should you be interested in making use of this facility, kindly

contact the manager: Client Financing, Mr. Bertie Van Zyl, or

the nearest client fi nancing manager.

OPGESTEL/COMPILED: PB DIPPENAAR

DORDRECHT-BOERE BESOEK OVK

SE WESSTREEK

Agt Dordrechters, vanuit die noordelike hoë berg gebied by

Clanville, het van 6 tot 8 Mei ’n interessante toer na plekke

in OVK se wesstreek onderneem. Die Vanderkloofdam en

ook besproeiingsboerderye in Petrusville is besoek, en daar

is gesien en gehoor hoe word op groot skaal met water, en

mielies en koring, gewerk. OVK se Gariep abattoir te Strydenburg

was ’n verdere stoppunt, vir ’n uitgebreide vergeselde

toer deur hierdie wonderlike, moderne slagplek, waar vier

dierespesies geslag kan word en waar die puik standaarde op

uitvoerstandaard is.

Rina Wiid van Doornbult, Hopetown het uit haar pad ge gaan om

die groepie al die besienswaardighede vanuit die Angloboereoorlog

by Oranjerivierstasie, die blokhuis by Groot rivier,

en verder die konsentrasiekampterrein, kampkerk hof en die

museum op hul plaas Doornbult te wys. Wat ’n ervaring om die

hartseerverhaal vanuit daardie tyd so te sien en te beleef. Rina

37

is ’n bekwame en deeglike toergids en sy het haar passie vir die

bewaring van items uit daardie tyd en die feitelike boek stawing

van die gebeure vanuit daardie geskiedenis in dade omgesit. Om

artefakte uit die kampgebied te versamel is belangrik, maar ewe

so is dan ook die ordening en boekstawing van feitelike inligting

vir die nageslag, en vir geskiedenis-navorsers. Belangstellendes

kan haar skakel by 053 203 3810, Sel 083 727 5124.

Die toer is voortgesit met ’n besoek aan OVK se netjiese,

mo derne graansilo te Oranjerivierstasie en is afgesluit met ’n

besoek aan Andries en Jacques Pienaar van Klipplaatsfontein,

Colesberg se Mega Merino stoet. Die Pienaars het moeite gedoen

om die besoek lekker en leersaam te maak en het hulle

benadering in die boerdery, en met die stoet, omvattend met die

boere bespreek. Hulle het ook hul skape gewys en bespreek,

kampioenskapwenners op nasionale vlak, pragdiere.

OVK het hierdie toer vir die boere gereël, maar ook vir die

betrokke OVK-personeel wat ook die groep vergesel het, was

dit ewe heerlik om alles saam so te ervaar, en te deel in die

entoesiasme en opwinding by al die plekke en dinge.

IN MEMORIAM

Jacques Moll (1943-2008)

Hiermee huldig ons graag die nagedagtenis aan een van OVK

se groot seuns, Jacques Moll, ’n besondere gemeenskapsleier

in Ficksburg en ’n toegewyde gesinsman. Selfs in die groot Contents

landbou-arena van die RSA het sy leier skap en kwaliteit as

innoverende boer uit gestaan. Hy het nie net as teler van topgehalte

Jerseys besondere hoogtes be reik nie, maar ook as

saaiboer uitstaande prestasies behaal, hoofsaaklik met mielies, Inhoud
koring en sonneblomme – die laaste jare saam met sy jongste

seun, Xavier. Hy en Jacques (Jnr) het ook ’n paar jaar gelede

met Boran beeste begin boer en embrios van uit Kenia ingevoer.

Uitstekende sukses se is dan ook al met hierdie vertakking

behaal.

Sy wetenskaplike benadering en nougeset heid om die regte

praktyke reg en tydig te doen, en om selfs die kleinste detail

met sorg te benader het daartoe gelei dat die soet vrugte van

sukses met top-opbrengste binne Mollshoop Boerdery jarelank

ge smaak kon word. Hy was uitgesproke daaroor dat hy sy heil

en sy lig en wysheid by die Here ge soek en ook gekry het.

Baie ander boere het ook gelet op sy besondere voorbeeld en

het baie van hom geleer, en hy was altyd baie toeganklik en

bereid om sy kennis en insig met ander te deel.

Hy kon op die punt af en goed beredeneerd enigiets met enigeen

bespreek en hierdeur het hy baie vir ander beteken. As

OVK-direkteur was hierdie eienskap ’n besondere stuk mondering

wat van hom ’n baie waardevolle spanmaat gemaak

het. Hy het onbeskroomd sy Christenskap uitgeleef en sterk

leiding in die gemeenskap geneem.

KORTLIKS JACQUES SE PAD VAN KLEINTYD AF:

Jacques Moll is 7 Julie 1943 in Kaapstad gebore. Op vierjarige

ouderdom het sy ouers, Koos en Eliza, na Bloemfontein getrek

en in 1954 het die gesin na die plaas Stolberg in Ficksburg

verhuis – Eliza se erfplaas, so tussen al die Von Maltitze.

Jacques het sy skoolloopbaan op Ficksburg voortgesit waar

hy dan ook gematrikuleer het. Op skool het hy as ’n kranige

atleet en rugbyspeler uitgeblink. Na skool het hy aan die

38

Universiteit van die Oranje-Vrystaat verder gaan studeer en

die honneursgraad in Landbou-ekonomie, en ook ’n onderwysdiploma,

verwerf.

Na universiteit was hy ’n onderwyser aan die Anna Scheepers

Huishoudskool in Tweespruit waar hy Biologie gegee het. In

daardie tyd het hy by die Oelrich-gesin op Oelrietta, Tweespruit,

ingewoon. Daarna het hy ’n tyd lank as verslaggewer vir

Farmers’ Weekly gewerk voordat hy saam met sy ouers op

Stolberg begin boer het. Hy het as leierboer uitgestaan en was

vir etlike jare direkteur van Ficksburg Koöperasie Bpk, en

later ook van OVK. Hy was ook ’n direkteur van Sentraoes

en het ook op die skoolraad van Ficksburg Laerskool en ook

Ficksburg Hoërskool gedien, o.a. ook as voorsitter.

Jacques is in 24 April 1971 met Genene Roux van Clocolan

getroud en twee seuns is uit die huwelik gebore – Jacques in

1972 en Xavier in 1974.

Vanuit die kort notas wat elke kind, en ook Genene, na sy

dood gemaak het, en wat hulle met die kerkgangers tydens die

roudiens met sy begrafnis gedeel het, was dit duidelik dat met

Jacques se wegval die intieme gesinskring ’n geliefde en baie

besondere steunpilaar verloor het. Almal wat deel was van sy

pad is diep deur sy oorlye geraak, want hy het ook goeie betekenis

tot die lewe vir ander mense toegevoeg.

Contents

Namens alle OVKaners ons innige mee gevoel aan Tant

Eli za, Genene, Jacques en Linda, Xavier en Martie, en

die ses kleinkinders. – Redakteur Inhoud
JACQUES MOLL (JR.) IS 2008 SE

VRYSTAATSE SUIWELBOER VAN DIE

JAAR VIR 2008

Jacques Moll (jr.), met sy Jerseystoet, is van jaar weer as

die LNR se Meestersuiwelboer van die Jaar vir die Vrystaat

aangewys. Hy het dié gesogte toekenning ook in 2007 ontvang.

Jacques kon ongelukkig nie self die geleentheid bywoon nie

en Han nes Pretorius, ’n vriend, het die tro fee namens hom

ont vang. Hy ding nou verder teen wen ners van die an der

provinsies mee om die titel van na sionale Meester sui welboer.

BESTUURSKOMITEELEDE VAN

VRYSTAAT LANDBOU – VAN BAIE JARE

– GROET VIR LULLU DE JAGER

Boereleiers van wyd en syd kuier saam,

glim lag en skaterlag oor ervaringe

Kort voor Lullu de Jager fi naal afgetree het, het voormalige

lede van Vrystaat Landbou se bestuurskomitee by die Oudstudenteklub

bymekaargekom en ’n middagete en tyd saam

met hom spandeer. Daar’s besin oor tye terug se geleenthede

en insidente, en ook lekker oor sommige goed gelag. Maar

daar is ook dankie gesê vir ’n samesyn met een van Vrystaat

Landbou se grotes oor baie jare wat uiteindelik na ’n leeftyd

van diens en toewyding aan die Vrystaatse boe regemeenskap

die tuig op 68 neergelê het – Lullu de Jager.

39

Hiermee dan ook van alle OVKaners se kant af ’n opregte

dankie aan Lullu vir sy onbaatsugtige en toegewyde diens aan

die boere. Sy voorbeeld en vriendelikheid was besonders en

dit was altyd lekker om sy pad te kruis. Kyk hoe lekker was

die manne se samesyn daardie dag.

DIE VRYSTAATSE VROUELANDBOU-

UNIE BEDERF HUL BORGE

Sê op ’n spesiale manier dankie, en

kuier saam een aand

Die vroue van die VVLU het onlangs baie moeite gedoen en

tydens ’n aandfunksie te Ilanga Estate hul borge baie bedank

vir hul ondersteuning en meelewing deur die jaar. As een van

die borge was OVK se mense ook die aand daar. Dit is ’n groot

plesier om deel van die Vrystaatse vrouens se bedrywighede

te wees, en hulle kan vir seker weet, OVK wil graag deel van

hulle toekomsplanne bly.

OVK BORG DIE SUID-VRYSTAAT

PLATTELANDSE RUGBY SPAN VIR

LAERSKOLE BY DIE MINI CRAVENWEEK

Span presteer toe ook uitstekend en wen

twee van sy vier wedstryde!

Contents

Met ’n stewige borgskap vir hierdie plattelandse spannetjie

het OVK ’n waardevolle daad by sy ander dienste in belang

van die boere en die platteland gevoeg. Vir OVK is landbou

sy besigheid, en die platteland van uiterste belang, en juis Inhoud
daarom was daar geen huiwering toe hy vir ’n borgskap genader

is nie.

Die oorhandigingsgeleentheid van die truie, broekies en an der

uitrusting aan die kinders by die Protea Hotel in Bloem fontein

was ’n heerlike uithanggeleentheid, op 21 Mei. Die or ganiseerders

het selfs Dr. Derek Coetzee, spandokter en spin dokter

(vir motivering en teen spier pyne) van die wêreldkampioen

Spring bokspan van 2007, gekry om die mannetjies en hul le

ouers en grootouers reg te kry vir die toernooi. En was dit nie

lekker om hom so lekker saam te beleef nie. G’n wonder hulle

het toe sommer ook goed gevaar nie!

SMITHFIELD SE BIBBERFEES WAS ’N

LEKKER HERFSFEES – VOL VAN BAIE

DINGE EN PLESIER!

Gemeenskap baie betrokke, en besoekers

kom van heinde en verre

Vanjaar was 24 Mei die Bibberfees-dag van die Smithfi elders.

Daar was baie aktiwiteite. Die stalletjies in een van die

drie groot tente was lekker om by aan te doen terwyl die

skeerkompetisie en -demonstrasies by ’n tweede tent aan die

gang was, en mooi vrouens met mooi klere hulle stappe gestap

het in die derde tent. By hierdie tent was daar ook ’n plekkie

vir ’n dop en ’n koeldrank teen die dors.

Die kunstenaars het ook ’n waardevolle bydrae

tot die fees gemaak met uitstallings by “The Red

Barn” in die dorp.

40

Koringkultivaraanbevelings:

Neem kennis

Die amptelike Koringkultivaraanbevelings word op die jaarlikse

werkwinkel van die Nasionale Kultivarwerk groep, waarop alle

teel maatskappye, asook Universiteite en Departemente

van Landbou verteenwoordig word, voor gelê en goedgekeur.

Hierdie riglyne word wyd ver sprei onder produsente via die

“Produksiehandleiding vir die Somerreënvalgebied” wat vanjaar

in die eerste week van April versend is.

Die verskille in die kultivarlyste wat in Maart se uit gawe van OVK

Nuus verskyn het en die “amptelike” aanbevelings is soos volg:

Die volgende kultivars is reeds deur hulle eienaars aan die

mark onttrek: SST 363 (onttrek in 2003), ST 983 en SST 367

(onttrek in 2004), PAN 3191 en PAN 3235 (onttrek in 2007)

Die volgende, nuwer kultivars moet in die lyste ingesluit

word: SST 935, SST 322, PAN 3144, PAN 3118, PAN 3120,

Komati, Matlabas

Verwysing: Willem Kilian, Kleingraaninstituut

Ons sal voortaan, volledigheids- en orde-onthalwe, anders

as in die verlede toe die lyste met maatskappyverteenwoordigers

uitgesorteer is, met die Nasionale Kultivarkomitee

saamwerk in die samestelling daarvan – Redakteur

Inhoud • Contents
OVK OPEN WEER KLIËNTEFINAN-

SIERINGSKANTOOR TE CRADOCK

Behoefte is aangespreek, boere word

uitgenooi om behoeftes te kom bespreek

Na deeglike oorweging het OVK besluit om weer ’n kliën te -

fi nansieringskantoor in Cradock te vestig en is hy dan ook al

mooi aan die gang. Die kantoor staan onder be stuursbeheer

van Julius Ball, bygestaan deur Erica Pros ser as assistente.

Alle lede in OVK se suidstreek word dan hiermee hartlik

uitgenooi om hulle behoeftes met Julius te gaan bespreek.

Daar sal al tyd koffi e en ’n vriendelike glim lag wees!

CRADOCK VERSEKERINGSKANTOOR

AANGEWYS AS OVK SE VERSE-

KERINGSKANTOOR VAN DIE JAAR

Presteer uitmuntend met uitstekende diens,

gesonde groei en onderskrywing

OVK se Cradock versekeringskantoor het die afgelope fi nansië

le jaar uitnemend presteer en op al hulle dienster reine

goed ge vaar, naamlik met oesversekering en ook korttermynversekering.

Die kantoor bedien die distrikte van Cradock,

Hofmeyr, Middelburg en Graaff-Reinet. Adriaan Coetzee en

Monica Erasmus is aan die stuur van sake en hulle nooi graag

alle OVKaners, en ook ander belangstellendes, hartlik uit om te

enige tyd die kantoor te besoek of hulle te skakel vir kwotasies.

Hul le deure staan altyd oop en hulle is vriendelike mense.

41

Skakel die kantoor (Monica) by 048-8811690 of vir Adriaan by

selfoon 082-8500642.

KANON VAN DER MERWE WAS OP ’N

EIESOORTIGE MANIER SPESIAAL IN DIE

LAND BOUWÊRELD VAN DIE VRYSTAAT

Kanon van der Merwe het meeste van sy laaste jare op Clocolan

gewoon, waar hy ’n karakter van ’n besondere soort

was. En hy’t nogal gehou daarvan om bietjie anders te

wees – hy was nie sommer net nie! In sy lewe het hy ver

paaie geloop en diep spore in bewaringsboerdery en in die

landbouvoorligtingswêreld getrap. Teen die einde van sy pad

– in Clocolan hoofsaaklik, maar ook ’n tydjie op Soutpan

en Brandfort – het osteoporose hom bykans volledig laat

wegkwyn tot ’n baie klein stukkie mens. Sy optrede was

soms koddig en vreemd, veral vir die wat hom nie verstaan

het nie, maar Kanon het hy gebly. Onblusbaar. Die skrywer

Dolf van Niekerk het ’n stukkie uit sy kindertyd so mooi

toegelig – sien verderaan.

Ons paaie het in 1972 gekruis, binne Departement Landboutegniese

Dienste. Hy was daardie tyd ’n beheerteg nikus

by Departement Landbou Tegniese Dienste te Glen, ’n

verantwoordelike toesighoudende pos oor grond bewa ringstegnici

wat opmeet- en beplanningswerk op plase in die

Vrystaatstreek gedoen het. Hierdie subspesie mens was altyd

goudwerd, maar hulle het nou bykans verdwyn. Hy het my

ver tel hoe hy daardie eerste stootskraper bestuur het waarmee

Inhoud • Contents
die eerste grondbewaringswerke in Suid Afrika op Tempel hof

in Ficksburg gedoen is. Hy was ook intens betrokke by ander

groot grondbewaringswerke en ook opleiding van tegnici binne

die landboudepartement. Latertyd, in die negentiger- en

ook in die twintighonderds het hy ’n aantal jare op Clocolan

ge woon en het hy deel van hierdie leefwêreld geraak. Hy was

altyd baie lojaal teenoor OVK.

Hier is Dolf van Niekerk se storie oor sy skooldae

saam met Kanon van der Merwe op Edenburg, spesiaal

vir ons geskryf:

Priester word Kanon

Deur Dolf van Niekerk

Die ware oorsprong van sy eerste bynaam lê in die

newels van die klipskool se geskiedenis. Miskien

oor die asketiese gesig, benerig met donker oë

wat ver kyk. Daarby ’n stadige, waardige stap soos

iemand wat hom gedurig binne ’n plegtige oomblik

bevind. Priester, of Pries. Ek en sy jongste broer

was vriende, en hy was ietwat van ’n geheim vir ons

albei. Maar in die skool se eerste rugbyspan had hy

geen geheime nie, behalwe vir sy opponente wat

hy met systappe en verskuilde aangeë in die lug

laat gryp het.

Een skemeraand nadat hy gehoor het dat hy matriek

goed geslaag het, sit ek en sy broer op hulle huis

42

se stoep toe hy daar aankom. Sy gesig stroewer

as ge woonlik. Hy loop ver by sonder om iets te sê.

Maar ons hoor hoe hy met sy ma praat. “Dit was

die laaste probeerslag, Ma. Niemand wil my help

nie. Niemand het geld nie, tot die rykes ook nie. Ek

kan sien hoe lieg hulle. Buitendien, wat wil ek nou

eintlik op universiteit gaan maak?”

Hy skryf hom by die Land boukollege Glen in vir ’n diplomakursus

in grond bewaring. Sy duikprestasies

in die Modder rivier besorg aan hom ’n nuwe bynaam:

Kanon. Ka non van der Merwe. Hy raak betrokke

by Tempelhof, die pionier-bewaringsplaas

naby Ficksburg waaroor ek ’n radiovervolgverhaal

in die jaar van die Fees van die Grond skryf, min

wetende dat Kanon die teg nikus was wat aan die

bewaringswerke gestalte gegee het.

Ons paaie het slegs enke le kere weer gekruis, maar

van sy aanwesigheid op Glen en onder bewaringsboere,

was ek baie bewus. ’n Jaar of wat voor sy

dood had ons een aand ’n lang tele foongesprek

oor gedeelde herinneringe. Hy was byna uitgelate,

anders as wat ek van Priester van Edenburg sou

verwag.

Maar toe onthou ek: hy is Kanon.

Inhoud • Contents
GRAAN SA HOU VERGADERING OP

VANDERKLOOF

Spel toestande in bemarking uit, lig hul

inisiatiewe toe, verkeer gesellig met die

pro dusente

Op 27 Februarie 2008 het graanprodusente met Graan SA

se mense op Vanderkloof vergadering gehou en aktuele

sake van die bedryf bespreek. Hierdie boere produseer hul

graan oorwegend met besproeiingswater vanuit die Gariep

en Rietrivier. Die lewen dige belangstelling het duidelik

beklemtoon dat graansake hulle erns is en dat hulle graag

luister na die manne binne-in die bedryf.

OVK BORG ’N SOKKERSPAN UIT EIE

GELEDERE VAN FICKSBURG

Speel puik, wen Metropolitan liga sommer

in hul eerste jaar

Vanjaar het ’n sokkerspan in Ficksburg spontaan op eie inisiatief

vanuit die geledere van OVK se werkers by verskillende

af delings verrys. Die passie en entoesiasme is hoog, en hulle

was van die begin af lekker skerp op hulle snykant. Toe OVK

hulle boonop verder ondersteun met ’n borgskap van truie en

broeke was daar geen keer nie. Die gevolg was uiteindelik

’n uitstekende seisoen en ook ’n wen van die beker in die

Metropolitan liga! Hierdie liga be staan uit spanne van die dorpe

Ficksburg, Clocolan, Marquard, Senekal en Fouriesburg.

43

Hartlik geluk aan die span. Julle het OVK se naam mooi hoog

gehou. OVK soek niks anders nie as net julle beste, elke keer,

altyd.

GRAAN SA BIED TREKKERKURSUS

TE LADYBRAND AAN

Boere leer om ’n enjin uitmekaar te

maak, reg te maak, weer toe te maak

Graan SA se werktuigkundige opleidingsbeampte het onlangs

’n weeklange trekkerkursus te Ladybrand aangebied en ’n

aantal opgewonde, entoesiastiese opkomende boere het kom

leer. Hulle het ’n trekkerenjin volledig uitmekaar gehaal

en teen die end van die kursus het hy weer geloop! Elke

kursusganger was dit eens, hierdie was ’n onontbeerlike en

waardevolle kursus op hulle landboupad.

KUDDEKOMPETISIE IN TROMPSBURG

ERG LEWENDIG

Pragdiere van etlike skaaprasse al deel van

die geleentheid, en ander dinge ook!

Vir jare lank hou Trompsburg se Boere-unie al kud de kompetisies.

Vanjaar het ’n klomp entoesiastiese jong manne die

leisels oorgeneem, en watter groot sukses was die dag nie! Die Contents

wolskaap inskrywings het met 10 groepe tot ’n totaal van 38

groepe gestyg en uitstallers vir dames en boerdery uitstallers

was teenwoordig. Dan word daar nog glad nie van ’n totaal

van 26 borge gepraat nie. Inhoud
Reeds van baie vroeg af het die reuk van koffi e en pannekoek

die lug gevul, en dit ten spyte daarvan dat dit Trompsburg se

beurt vir beurtkrag was. Die jong ma’s van die Stoute Kabouter

Kleuterskool moes heeldag bontstaan om die manne (en vroue)

se mae gevul te hou en het hul uitstekend van hul taak gekwyt.

Die dag het egter oor die skaap-uitstallings gegaan. Van heinde

en verre het skaaptelers gekom om hul skape uit te stal. Gawie

van Heerden het vanaf Victoria-Wes gekom om ’n ram uit te

stal en sy ramme te bemark. Hy was ook ’n borg van die dag,

en amper al die wenners het al van sy teelmateriaal gebruik

gemaak. Daar was ook Dormers vanaf Venterstad (Jan Harm

van Wyk), en merino’s van Joklin Merino stoet. Beeste is

ten toon gestel en Central Vet van Bloemfontein het verskeie

boerderydinge uitgestal, en het ook van die pryse geborg. Jan

Alexander het ’n groep van 4 Dormer lammers ten toon gestel

en belangstellendes kon raai wat die gemiddelde gewig van

die vier lammers was. Die gemiddelde gewig was 63,7kg (ses

maande oud) en Arno en Anphia van der Walt was die naaste

skatters. Hulle het onderskeidelik 63kg en 64kg geraai. ’n

Demonstrasie van sae is ook deur Bestbier Sawmills gehou.

Hierdie soort saag kan baie dik stompe in ’n ommesientjie in

balke saag.

’n Damesprogram is aangebied en ’n groot aantal vroue het

by Hilda Faber, ’n kunstenaar van Bloemfontein geleer om

keramiek kruise te maak. Elke vrou het haar eie kruis versier,

en Hilda Faber neem dit dan terug na Bloemfontein waar sy

dit gaan glasuur en bak.

Nadat die beoordeling voltooi was en terwyl die punte opgetel

en geverifi eer is, het mnr. Eddie Archer, wat onlangs die wêreld-

44

skeerrekord in Australië help beoordeel het, ’n skyfi everto ning

oor sy ervarings in Australië met die skou-gangers gedeel. Die

landbouers daar werk met geen ander hulp as die van die gesin

nie. Die gemiddelde skaapboerdery daar bestaan uit nagenoeg

10000 skape. Dit word met die mini mum mannekrag hanteer,

omdat die wolboere daar uit stekende hanteringsfasiliteite het.

In Suid-Afrika boer wolboere ongeveer vier tot ses persent

rente op hul kapitaal uit, maar in Australië sukkel die boere om

by 2% uit te kom. Die wêreld-skeerrekord staan op 466 merino

ooie in 8 ure en 513 Merino ooi in 9 ure. Dwayne Black hou

laasgenoemde rekord, asook beide rekords vir lammers, wat op

570 me rino lammers in 8 ure en 664 merino lammers in 9 ure

staan. Eddie Jones (wat die Springbokke help slyp het vir die

Wêreldbeker) het Dwayne Black se uithouvermoë getoets en

bevind sy uithouvermoë is 25% beter as die beste Australiese

rugbyspelers s’n!

In die stoet afdeling van die Dorpers het Francois Botha

skoonskip gemaak en amper al die pryse gewen. Vir die

groepe het hy eerste tot derde prys verower en vir die enkel

ooie het hy eerste en tweede prys gekry, met Dawid van

der Merwe van Edenburg in die derde plek. In die kudde

afdeling was SRJ Familie Trust in die eerste plek met Dawid

van der Merwe tweede en derde. Die Dorper afdeling is

beoordeel deur Wickus Cronje wat binnekort die Dorper

wêreldkampioenskappe in Upington gaan beoordeel.

Daar was ook ’n slaglamkompetisie. Die beste vleislam Contents

aan die hak is gewen deur C.J. Grobbelaar. Hierdie lam het

’n totaal van 99,94 punte uit ’n moontlike 100 punte gekry.

Hierdie lam was ongelukkig nie vir besigtiging beskikbaar

nie. Hierdie karkas word tans soos goud opgepas en gaan Inhoud
innekort na die Royalskou. Indien hierdie karkas daar ook

goed beoordeel word, kan hy later vanjaar aan die Suid

Afrikaanse Kampioenskappe aan die Rand gaan deelneem.

Die Dormer afdeling is gewen deur die Calldo boerdery van

Laingsburg. Die Döhne Merino afdeling is gewen deur Rudi en

Zach van Zyl, albei nog leerlinge aan die Hoër Landbouskool

Marlow op Cradock, met Abe Roux in die tweede plek. By die

Letelle skape was Hendrik Botha die wenner en Basie Grobbelaar

in die tweede plek. Hendrik Botha was ook die wenner in ’n

gelukstrekking vir ’n paar Rossi stewels, geborg deur Central

Vet. Wat die Merino’s betref het die uitslae in die kudde afdeling

as volg daar uitgesien. In die vyfde plek was Louis van Zyl,

Pieto Louw van Jagersfontein was vierde, Ernst van Rooyen

van Edenburg in die derde plek, C.J. Grobbelaar was tweede en

Frans Alexander, verlede jaar se wenner, het weer so gemaak.

In die stoet afdeling was Heuningkrans Merino’s van Smithfi

eld in die derde plek, Piet Louw, Swartkoppies, Jagersfontein

was tweede en Freddie en Erik Alexander van Korthoek,

Trompsburg die wenner.

Die reëlingskomitee, be staande uit Johan Botha (voorsitter),

Danie Louw, Louis Kotze, W.J. Botha, Erik Alexander en

Heleen Botha (sekretaresse) kan baie trots voel op ’n uiters

suk sesvolle dag. Ons sien uit na ’n nog groter en beter kuddekompetisie

vir volgende jaar.

“Laughter is the shortest distance

between two people” – Victor Borge

45

VERSEKER JOU WEIVELD TEEN BRAND

Johan van den Berg, Santam Agri,

Bloemfontein

Die werklike waarde van weiding

Brand kan weiveld binne ’n ommesientjie ver nietig en groot

skade en ontwrigting veroorsaak. ’n Mens is nie altyd bewus

van die werklike waarde van weiding nie totdat voer gekoop

moet word om weiding te vervang. ’n Gemiddelde grootvee

eenheid benodig tussen 10kg en 12kg droë materiaal daagliks

om lewensprosesse te kan handhaaf. Indien net 10kg voer

daagliks per grootvee eenheid aangekoop moet word, kan

dit met huidige voerkoste tussen R400 en R600 per maand

beloop. Oor 12 maande kan dit meer wees as die waarde van

die dier. Wat is die geld- of vervangingswaarde van weiding?

Indien die drakrag in die orde van 10ha per grootvee is (1.7ha

per kleinvee-eenheid) en die waarde van ’n kommersiële

grootvee-eenheid is R5000, dan kan die waarde van een

hek taar se weiding ongeveer R500 per jaar wees. Indien die

drakrag byvoorbeeld 5 ha per grootvee eenheid is, is die

waarde aansienlik hoër en kan dit in die orde van R1000 per

hektaar per jaar beloop.

Op ’n plaas van 1000ha met ’n drakrag van 10ha per grootvee

eenheid, kan die weidingswaarde ongeveer R500 000 wees. Contents •

Weidingsverliese as gevolg van brand is meer waarskynlik na

afl oop van goeie reëns wat die tydperke van goeie toestande

waarop die veeboer moet kapitaliseer, ernstig erodeer. Dit is

gewoonlik ook spaarkampe waar meer brandbare materiaal Inhoud
teenwoordig is wat die hoogste risiko loop om af te brand. In die

geval van droogte, vloede en afbrand van weiding veroorsaak

dit ’n fi nansiële skok met lang nagevolge. Kuddebestuur word

ook erg nadelig beïnvloed.

Brandversekering van weiveld

Weiding is die hulpbron wat ekstensiewe veeboerdery

moontlik maak. Beskadiging van weiding deur brand het ’n

korttermyn maar ook ’n langer termyn impak. Herstelvermoë

nadat reën voorgekom het word tot ’n groot mate bepaal deur

die bestuur van die weiding direk nadat die skade plaasgevind

het. Hierdie periode is vir die boer ’n krisistydperk waar daar

aan die een kant kos vir die diere voorsien moet word maar

aan die ander kant herstel van weiding moet plaasvind om

langer termyn skade te voorkom.

Santam se unieke brandversekeringsproduk stel die veeboer

nou in staat om direk nadat ’n brand sy weiding vernietig

het, fi nansieel in staat te kan wees om sy vee van die veld

te kan onttrek en voeding vir sy diere te kan koop om veldherstel

toe te laat. Versekering word dus gekoop om die langtermynweidingswaarde

of weidingskapasiteit te verseker.

Die veeboer het die keuse om met die uitneem van die polis

na gelang van sy behoefte en sy tipe veld, self te besluit vir

watter periode (skadeloosstellingsperiode) hy sy veld wil laat

herstel na ’n brand. Hy is egter vir ’n volle 12 maande (met die

uitsondering van die eerste 7 dae) gedek teen brandskade.

Keuse van herstelperiode

(skadeloosstellingsperiode)

• 3 maande

46

• 6 maande

• 9 maande

• 12 maande

Neem ’n voorbeeld: Die veeboer neem die Brand op Weiveld

versekering op 1 Junie uit en besluit op ’n skade loosstel

lingsperiode van 6 maande. Indien ’n brand sou voorkom

in die periode vanaf 8 Junie in die huidige jaar tot

31 Mei in die daaropvolgende jaar, kan hy 6 maande se

weidingsvervangingswaarde eis op die afgebrande gedeelte.

Dit wil sê die boer is vir ’n periode van 12 maande verseker

dat indien ’n brand sou voorkom, hy die gekose periode (6

maande) se weidingsvervangingswaarde kan eis vir die afgebrande

oppervlakte om voer te koop of die geld na goed dunke

te kan gebruik.

Wat kos die versekering?

Neem ’n voorbeeld van ’n plaas van 1000ha in die Zastron distrik

met ’n langtermyn drakrag van 6ha per grootvee eenheid.

Indien die waarde van ’n kommersiële grootvee eenheid geneem

word as R5000, dan is die versekerde waarde van die weiding

op die plaas vir die volle jaar ongeveer R833 333. Indien daar

’n 6 maande skadeloosstellingsperiode (herstel periode) gekies

word met die uitneem van die polis, is die waarde van die ses

maande se weiding dus die helfte, R416 667.

Die premiekoers vir Zastron is 1.1% wat beteken dat ’n volle Contents

jaar se dekking met ’n 6 maande skadeloosstellingsperiode

(herstel periode) vir die hele plaas van 1000ha dan R4583.33

(BTW uitgesluit) of R4.58 per hektaar per jaar gaan kos.

Indien die hele plaas sou afbrand sou die eis dus R416 667 Inhoud
- R20 833.33 (bybetaling) = R395 834 wees. Dit beteken dat

op die plaas van 1000ha met ’n drakrag van 6ha per grootvee

eenheid, die boer dus 167 grootvee-eenhede kan aanhou. Dus

is daar R395 834 beskikbaar om vir 166 grootvee eenhede vir

6 maande kos te koop. Dit werk uit op ongeveer R13 per

dag per grootvee eenheid wat beskikbaar is. Indien daar 3 kg

mielies teen R2/kg en 7kg hooi teen R1/kg aangekoop word,

sal dit ongeveer R13 kos. Teruggewerk na kleinvee eenhede

kan daar teoreties ongeveer 1000 kleinvee eenhede aangehou

word (1 grootvee eenheid is ongeveer gelyk aan 6 kleinvee

eenhede). Dit beteken dat daar ongeveer R2.17 per dag per

kleinvee eenheid beskikbaar is vir 6 maande. Dit kan 0.5 kg

mielies en 1 kg hooi per dag per kleinvee eenheid koop.

Dus behoort die bedrag wat geëis kan word baie naby aan die

bedrag te wees wat benodig word.

Die voordele wat brandversekering van weiveld

vir die veeboer inhou

• Kontant is vinnig beskikbaar vir voeraankope om afgebrande

weiding te vervang

• Optimum veldherstel word moontlik gemaak

• Belastingvoordele: Premies is belasting aftrekbaar

• Kuddebestuur word nie nadelig beïnvloed nie.

• Geld kan vir ander doeleindes ook gebruik word en nie

nood wendig om voer te koop nie.

Waar is “Brand op Weiveld” versekering

beskikbaar?

Die “Brand op Weiveld”-versekeringsproduk, asook inligting

rondom die produk, is by u plaaslike OVK-versekeringskan-

47

toor asook u plaaslike of enige Santam Agri kantoor beskikbaar.

Daar kan ook kontak gemaak word met die Santam Agri

hoofkantoor in Bloemfontein.

Onthou dat u ook u vee teen brand en weerlig kan verseker.

Vir verdere inligting kan Johan van den Berg, Bestuurder

Besig heidsontwikkeling Santam Agri, of Hanjo Fourie, Area

bestuurder Santam Agri, gekontak word:

Epos: johan.vandenberg@santam.co.za / Tel: 051 407 3089

Sel: 082 374 4692 Of Epos: hanjo.fourie@santam.co.za /

Sel: 082 3710773

“The most wasted day of all is

that on which we have

not laughed” – Nicolas Chamfort

THERE IS NO MORE NOBLE

OCCUPATION IN THE

WORLD THAN TO ASSIST

ANOTHER HUMAN BEING –

TO HELP SOMEONE SUCCEED

– Alan Loy McGinnis –

Inhoud • Contents
DORDRECHTERS HOU VELDSKOUDAG –

NABY ROSSOUW, HOOG IN DIE BERGE

Kuddekompetisie lok puik skape vanuit

groot gebied, en die boere kuier saam

Dit was trietsig, reënerig en koud, vanjaar daar langs die

spruitjie by Frans Slabbert op Avondson die 30ste Mei. Maar

die boere het gekom met hulle bakkies en hulle mooi skape.

En die vrouens het almal se harte en hulle binnevoerings

warm gehou met pannekoek en koffi e en allerlei ander lekker

eetgoed. Dit was ook vir OVK aangenaam om deel daaraan

te kon hê, so tussen die vriendelike Oos-Kapenaars. Hierdie

inisiatiewe is só waardevol vir die gemeenskap.

NEW FACE AT PANNAR GREYTOWN

Christin English joined Pannar Seed’s Marketing Department

in February 2008. Following her com pletion of BA (Hons)

Politics (cum laude) and a BA Journalism at the University of

Johannesburg, Christin worked for the Student Affairs division

of the University, before joining Pannar.

Big thinkers are specialists in

creating positive forward-looking,

optimistic pictures in their own minds

and in the minds of others

– David J. Swartz –

48

MEDIA RELEASE FROM THE CANCER

ASSOCIATION OF SOUTH AFRICA (CANSA)

26 MAY 2008

CHOOSE LIFE, NOT TOBACCO

BE SMART, NEVER START.

This is the message from the Cancer Association of South

Africa (CANSA) for its anti-tobacco campaign in May leading

up to World No Tobacco Day on 31 May. This year’s theme

is Youth Against Tobacco, so CANSA encourages all young

people to be smart and never start this deadly habit in any

shape or form. Avoid cigarettes, snus, snuff, hookah pipes and

hubbly bubbly.

Smoking is not cool. It makes you stink and feel sick. Smoking

puts so many poisons in your body that you could get these

nasty diseases:

Many cancers (eg lung, throat, mouth, tongue, bladder, cervix,

pancreas, kidney, stomach), Heart attacks, Strokes, Blood

vessel disease, Emphysema, Chronic bronchitis, Peptic ulcers,

Impotence. If you don’t die from tobacco, you are likely to be

very ill for many years, fi ghting for your breath.

Stop second-hand smoke. Even if you don’t smoke, breathing

in someone else’s smoke is dangerous too. A non-smoker

sitting in a smoke fi lled room for 8 hours will breathe as

many cancer-causing chemicals as if he or she had smoked

36 cigarettes.

Inhoud • Contents
Tobacco and second-hand smoke contain over 4 500 chemicals.

Smoke from the burning end of a cigarette has more poisons

than smoke inhaled by the smoker. Some of these poisons

include acetone (in paint stripper), naphthalene (in mothballs),

butane (in lighter fl uid), arsenic (in ant poison), ammonia (in

toilet cleaner), phenol (in disinfectant) and carbon monoxide

(in exhaust fumes).

Children who breathe second-hand smoke are more likely to

get colds, allergies, asthma, middle ear infections, and “glue

ear”, which is the most common cause of deafness in children.

Exposure to second-hand smoke and smoking while pregnant

are both linked to miscarriage, low birth weight and stillborn

births. Babies who breathe in second-hand smoke have a

higher risk of Sudden Infant Death Syndrome (SIDS).

Push for a smoke-free South Africa!

• Strive to make your home, school, workplace and

community smoke-free.

• Get a group of friends together to sign a pledge that you

will never smoke.

• Support the Anti-Tobacco Laws and report those who

break them.

• Don’t allow smokers to smoke around you or in your

home.

• If you live with smokers, set up a place outside where

they can smoke, and help them quit.

For more information call CANSA toll free on 0800 22

66 22 or see www.cansa.org.za

49

NATUURLIKE VELD

VERANDERLIKES BINNE DIE

EKOSISTEEM MET SPESIALE

VERWYSING NA DIE SUURVELD

GEDEELTES VAN DIE OVK GEBIED

– Dr. Mias van der Westhuizen, Vrystaat Provinsiale

Departement van Landbou

Privaatsak X01, Glen 9360. E-Pos: mias@glen.agric.za

INLEIDING: Natuurlike veld is ’n dina miese sisteem wat

onderhewig is aan gedurige ver anderings as gevolg van

verskillende faktore wat daarop inwerk. Hierdie veranderings

beïn vloed nie net die produktiwiteit van veld nie, maar dit

kan ook die winsgewindheid van boerdery beïnvloed. Die

effek van veranderings op die weidingekosisteem moet dus

deur boere verstaan en bestuur word om te verseker dat beide

plante en diere die grootste voordeel daaruit kan trek en ook

om te verseker dat ons natuurlike veld nie verswak nie. ’n

Kennis van die basiese beginsels van die ekologie moet as

basis dien vir optimale hulpbronbenutting. Die eenheid, of

gebied waarin plantekologie funksioneer, staan bekend as die

weidingekosisteem. ’n Plaas kan dus gesien word as ’n weidingekosisteem

waarbinne die ekologiese interaksies tussen

plante, diere en die omgewing plaasvind.

Die weidingekosisteem kan ingedeel word in drie hoof komponente

naamlik insette, energievloei en uitsette (Figuur 1).

Inhoud • Contents
UITSETTE

DIEREPRODUKSIE VELDVERANDERING

- VERBETERING

- DEGRADASIE

- EROSIE

ENERGIE-

VERLIESE

ENERGIEVLOEI

DIERE

PLANTEGROEI

SON KLIMAAT GROND

INSETTE

Figuur 1: Diagramatiese voorstelling van die

weidingekosisteem

ONT-

BINDING

50

1. Insette

Die insette in die weidingekosisteem is sonligenergie, klimaat

en grond. Klimaat en spesifi ek reënval is die dryfkrag van die

sisteem. Vog bepaal die omvang en duur van die biologiese

aktiwiteit van die sisteem en sodoende die produktiwiteit van

die weidingekosisteem.

2. Energievloei

Energie vloei deur opeenvolgende trofi ese peile van die sisteem

en word nie hersirkuleer nie. Plantegroei vorm die kern

van die sisteem. Dit voorsien voedsel aan die diere, beskerm die

grond en is die hoofbron van organiese materie wat die fi siese

en chemiese vrugbaarheid van die grond beïnvloed asook die

omvang van mikrobe-aktiwiteit. Nadat die vogbalans herstel

het, is plante die belangrikste primêre produseerders. Die diere

as verbruikers voorsien noodsaaklike produkte vir die mens se

voortbestaan.

3. Uitsette

Daar is basies twee uitsette naamlik diereproduksie en veldveranderings.

Verliese a.g.v. degradasie en erosie moet so

laag as moontlik gehou word om maksimum uitsette in diere

produksie te verseker. Die boer as bestuurder van die

ekosisteem, moet sorg dat die veld in ’n gesonde toestand is,

sodat maksimale hoeveelheid energie na die diere toe oor gedra

kan word. Indien veld oorbewei word, is die energie aanvraag

vanaf die diere hoër as wat die veld kan produseer met die

gevolg dat degradasie van veld plaasvind.

Sien fi guur 1, links (Diagramatiese voorstelling van die weiding

ekosisteem.)

Inhoud • Contents
Die erkenning en handhawing van die balans binne die eko sisteem

behoort die basiese uitgangspunt in die instandhouding,

verbetering en benutting van die weidingekosisteem te wees.

Plantegroei in ewewig is ’n dinamiese sisteem m.a.w. dit is

gedurig onderhewig aan veranderings a.g.v. veldbestuur praktyke

en variërende klimaattoestande. Die feit dat veld uit ’n

verskeidenheid van plante bestaan, wat elkeen verskillend

op beweiding en klimaatveranderings reageer, verhoog die

stabiliteit van die weidingekosisteem.

SMITHFIELD SE OVK-HANDELSTAK KRY

NUWE PAKSTOOR

’n Groot waardevolle tree vorentoe

vir die gemeenskap

Die handelstak op Smithfi eld het van die begin af mank gegaan

aan genoegsame en bruikbare pakstoorruimte. Die personeel

en die boere het maar die beste gemaak van dit wat daar was,

en het ook selfs van stoorruimte elders in die dorp gebruik

gemaak. Maar dit was lastig en oneffektief. Hulle vasbyt was

uiteindelik die moeite werd, en in 2007 is ’n pragtige nuwe

pakstoor gebou en op 27 Maart 2008 is dit amptelik geopen.

Hierdie noodsaaklike ontwikkeling is reeds besig om vrugte af

te werp aangesien genoegsame voorraad van lekke, voere, ens.,

nou gemaklik en veilig geberg kan word en die administrasie

en hantering daarvan vir almal sommer baie beter en makliker

is. Hierdie fasiliteit beklemtoon net weer die verbintenis van

OVK om in die platteland en sy mense te belê in erkenning

daarvan dat sy heil in die landbou, en nêrens anders nie, lê.

51

2008 TAX SEASON TIMELINES

AND CHANGES

(Gert Nel – Tax Director & Hesna Rheeder – Senior

Tax Manager of PricewaterhouseCoopers)

The Finance Minister Trevor Manual launched the SARS

2008 Filing Season on 15 May 2008.

PAYE process

The process of employers deducting and paying over tax on

behalf of em ployees (annual PAYE reconciliation process)

formed the cornerstone of the Personal Income Tax process.

SARS reformed the PAYE reconciliation pro cess for the 2008

year to improve the effectiveness of the interaction between

employers and SARS. New forms and a more streamlined

reconciliation pro cess have been introduced. A key re quire ment

of the new process will be that employers reconcile their PAYE

payments to SARS upfront which will improve the quality of

the data and allow SARS to pre-populate in formation into the

tax returns before they are sent to taxpayers.

2008 TIMELINE FOR EMPLOYERS

1 July 2008:

Filing Season for employers start

EMP501 (Employees Tax Reconciliation form) available

SARS payroll software available

29 August 2008:

Deadline for submission of PAYE reconciliation

Personal Income Tax Return

Inhoud • Contents
Taxpayers will have to request their 2008 tax returns either

through a toll free number, by visiting their nearest branch of

through eFiling. The two income tax returns (IT12S and IT12C)

introduced last year will be merged into a single income tax

return for individuals. Taxpayers earning up to R120,000 per

annum who have a single employer and no additional income

or deductions to declare will not be required to submit an

income tax return.

2008 TIMELINE FOR INDIVIDUALS

1 September 2008:

Filing Season for individuals start

21 November 2008:

Deadline for submission of manual returns

23 January 2009:

Deadline for submission of electronic returns (eFiling)

Other Tax Season timelines

TRUSTS

19 December 2008

Deadline for submission of manual returns

20 February 2009

Deadline for submission of electronic returns (eFiling)

EXEMPT ENTITIES AND COMPANIES

Deadline for submission of returns:

12 months after fi nancial year end

CONTACT DETAILS:

Hesna Rheeder: Tel: 051 503 4100, Fax: 051 503 4399

Email: hesna.rheeder@za.pwc.com

52

Gert Nel: Tel: 051 503 4100, Fax: 051 503 4399

Email: gert.nel@za.pwc.com

PricewaterhouseCoopers (www.pwc.com) provides industryfocused

assurance, tax and advisory services to build public

trust and enhance value for its clients and their stakeholders.

More than 146,000 people in 150 countries across our network

share their thinking, experience and solutions to develop fresh

perspectives and practical advice.

“PricewaterhouseCoopers” refers to the network of member

fi rms of PricewaterhouseCoopers International Limited, each

of which is a separate and independent legal entity.

KLOP HOË INSETKOSTE MET

AANPASBARE NGUNI’S

Hulle trek opnuut aandag nou dat die

koste-tang knyp!

Pryse van alle inset-items in boerdery klim kommerwekkend

– vanaf saaiboerderye tot selfs dié van beesboere. Hierdie

scenario beklemtoon opnuut die verskil tussen ’n geldmaakbees

en ’n geldkos-bees. Die geharde, vrugbare Nguni’s gaan

beslis in die toekoms toenemend in die kollig wees, want telers

raak al meer bewus van hulle waarde.

’n Groep van 10 Nguni stoetboere uit die Suid- en Suidoos-

Vrystaat, het in 2007 ’n produksiegroep, die Caledon Nguni

Telers, gestig wat ten doel het om jaarliks produksieveilings

aan te bied waartydens die beste teelmateriaal vir stoet- en

kommersiële boere beskikbaar gestel word. Binne hierdie

Inhoud • Contents
groep word met van die heel beste bloed in die land geboer. Die

betrokke telers is Jaco Smith en Henk Truter (Dewetsdorp),

Philip Swanepoel en Peter Templeton (Zastron), George

Theron (Reddersburg), Jaap Mostert (Bainsvlei), Hannes Haasbroek

(Bethulie), Frikkie Senekal (Smithfi eld) en Adriaan

Lamprecht (Ladybrand en Smithfi eld). Die diere word ekstensief

op die veld geboer.

Nguni’s is ’n vroegryp ras wat gemaklik op 24 maande kan

begin kalf en wat klein kalwers van ongeveer 25 kg met

geboorte lewer. As suiwer ras produseer hulle uitstekend,

maar hulle kruis ook ewe uitstekend met ander rasse. Hierdie

besondere Afrika-beesras rond uitstekend op die veld af, en dit

is een rede waarom sy gewildheid so toeneem. Vir dié wat dalk

nie weet nie – die Nguni’s is die ras met die tweede meeste

geregistreerde diere, en die meeste geregistreerde telers by

SA Stamboek in die land! In veldbultoetse op die veld vaar

die bulle uitstekend. Stewig bo-gemiddeld. Nie net is die ras

vroegryp nie, die diere het ’n uitstekende hoë vleis : beenverhouding,

en hulle is uitstaande goeie veldbenutters.

Die telersgroep nooi graag almal hartlik uit na hul tweede

produksieveiling op Woensdag, 29 Oktober 2008 te Jimmy

Roos Skool, Dewetsdorp. Hier is nou die geleentheid om top

genetiese materiaal te bekom.

Vir nadere besonderhede, skakel Henk Truter by

082-5709455). Sien ook die advertensie vir verdere

kon taknommers.

53

JAN LODEWYCKX IS OVK SE NUWE

LANDBOUKUNDIGE TE FICKSBURG,

VANAF 1 JULIE 2008

OVK het onlangs ’n nuwe tree vorentoe gegee deur die

aanstelling van ’n landboukundige, Jan Lodewyckx van die

LNR te Potchefstroom, vir die noordelike OVK-gebied. Ons

stel Jan dan hier mee graag aan ons lede bekend.

• Jan Willem Lodewyckx is op 14 Augustus 1956 te Vredefort

gebore, die oudste van drie kinders van Ben en Louis

Lodewyckx van die plaas Doornhoek, Ottosdal.

• Hy het aan Laerskool Ottosdal skoolgegaan en daarna

aan die Hoërskool Sannieshof, waar hy dan ook in 1974

gematrikuleer het.

• Na skool het hy sy weermagopleiding in 1975 en 1976

deurloop.

• Van 1977 tot 1978 het hy aan die Technikon Pretoria studeer

waar hy dan ook in 1978 sy Nasionale Diploma in Landbou

verwerf het.

• Van 1978 het hy op Doornhoek, Ottosdal geboer, met mielies,

sonneblomme en grondbone, skape en beeste.

• In 1995 het hulle die plaas verkoop en het Jan diens te

Potchefstroon by die LNR as Senior Tegnikus, met die

werkterrein mielies, grondbone, sonneblomme, soja bone,

droë bone, lupiene, canola, akkerbone, koring en gars aan vaar.

In daardie tyd was hy ’n senior taksateur vir Sentraoes.

Inhoud • Contents
• In 1997 verwerf hy status as Sansor Inspekteur vir sojabone,

sonneblomme en grondbone.

• In 1999 verwerf hy die kwalifi kasie as gradeerder vir

PPECB Gradering. Dit is ’n nasionale instansie, gebaseer

te Grabouw, wat uitvoere van landbouprodukte beheer.

• In 2002 het hy ’n kortkursus in risikobestuur aan die UOVS

deurloop.

• In 2005 het hy die AVCASA Gewasbeskermingskursus van

die Landbou en Veeartsenykundige Chemikalieë Vereniging

van SA geslaag.

• Jan is getroud met Linda Rykaard van Ventersdorp, en

hulle het drie kinders: Hardus (20), wat aan die PUK op

Potchefstroom studeer, en ’n tweeling, JW en Corné (18),

in standerd 9.

Hartlik welkom aan die Lodewyckxs in die OVK-familie!

– Redakteur (Lede kan vir Jan skakel by 051 933 2381.)

DIE STAALBRUG OOR DIE RIETRIVIER

BY JACOBSDAL WAS OOK ’N

WONDERLIKE OU YSTER!

Puik struktuur afgetakel na dit in on bruik

geraak het

Al wat oor is van hierdie besondere brug oor die Rietrivier is die

pragtige sandsteenklip-pilare wat ongestoord elke jaar tydens

die somerreëns die aanslae van vloede van die Rietrivier vat,

sonder probleme. Die netjiese brughoofde teen die kante is

nou besig om te verweer onder die aanslag van boomwortels,

54

maar die pilare makeer niks. Volgens mev. Gudrun Snyman,

vroeër van Jacobsdal landbouskool, is die klippe van hierdie

pilare destyds vanaf Ladybrand bekom!

Uit die Jacobsdal Gedenkboek van 1960 kom die volgende

inligting: “ Die behoefte aan ’n brug oor die Rietrivier is baie

lank al gevoel. In 1899 is daar ’n begin met die bou van die

brug gemaak. Die ingenieur was ene Garrett. Ongelukkig was

nog net die pilare klaar toe die Driejarige Oorlog voorlopig

’n einde daaraan gemaak het” (bladsy 11). Die bou van die

brug oor die Rietrivier is ook nou (in 1904) weer hervat Die

ingenieurs was mnre. Watson en Herman. Die brug is in 1906

voltooi en die amptelike ingebruikname is deur die agerende

luitenant-goewerneur waargeneem. Die aand was daar ’n

dinee en dans waarvoor die kaartjie £1/1/0 stuk gekos het (een

pond een sjieling en 0 pennies). Vir sy verblyf hier het die

hoë besoeker en sy gevolg vier kamers in die hotel tot hulle

beskikking gehad” (bladsy 20 in OVK boek).

GRAAN SA, OVK EN ANDER

ROLSPELERS KONFEREER AS

MEDEWERKERS VIR SEB-PROJEKTE

VIR 2008 / 2009

Samewerking maak sin, duidelike roldefi niëring

vergroot impak en effektiwiteit

Graan SA, Santam Agri, Pannar en ook ander rol spelers het onlangs

weer saam met OVK te Ladybrand verga der om te besin

oor die same werkingsprojekte met opkomende boere wat vir die

Inhoud • Contents
komende jaar aandag moet kry. Van die sake wat onder die loep

was, was onder andere ’n vars groep nu weling boere wat met

steun op koers gesit sal word op die kommersiële landboupad.

ATTIE VAN ZYL,

hoofbestuurder: handel en meganisasie

van OVK tree af

Groot rolspeler binne OVK se suksesvolle be trokkenheid

en toewyding kom van die laat 1960’s af

Attie van Zyl, hoofbestuurder: handel en meganisasie het einde

Maart 2008 by OVK afgetree na jare van waardevolle diens,

strekkende oor ’n periode van af 18 Februarie 1969 tot 31

Maart 2008. Hy is op 1 Maart 1948 te Excelsior gebore waar

hy ook sy skoolloopbaan in 1966 voltooi het. Na 9 maande se

weermagdiensplig het hy saam sy pa in Excelsior geboer tot

Februarie 1969. Op 15 De sember 1973 het hy Maxie Gilpen

van Bloemfontein getrou en uit hulle huwelik is vier dogters

gebore, Lizelle, Marinda, Nadia en Audrey.

Op 18 Februarie 1969 het hy diens as takassistent by Ladybrand

Koöperasie se handelstak te Excelsior aanvaar. Vanaf 1 Januarie

1975 is hy bevorder tot asssistant takbestuurder te

Ladybrand en vanaf 1 Januarie 1981 verder bevorder tot

takbestuurder te Wepener. Vir ’n kort rukkkie van 14 maande,

vanaf 1 Mei 1983 tot 30 Junie 1984 het hy weggebreek en by

Protea meubelwinkel op Ficksburg gaan werk. Op 2 Julie 1984

is die Van Zyl gesin weer terug Ladybrand toe waar hy weer

die pos van handelstakbestuurder te Ladybrand opgeneem

het. Vanaf 1 Maart 1990 is hy bevorder tot hoofaankoper

55

by die hoofkantoor te Ladybrand en het hy ook ’n kursus in

aankoopsbestuur aan die Universiteit van Pretoria voltooi.

Met die amalgamasie van die koöperasies van Ladybrand, Ficksburg

en Clocolan in 1993 en die meegaande totstandko ming van

OVK is hy bevorder tot handelsbestuurder: noord (Clocolan,

Ficksburg, Rosendal en Fouriesburg). Vanaf 1 Desember 1993

is hy bevorder tot streekshandelsbestuurder: suid. Gedurende

1995 het hy die Bestuursontwikkelingsprogram (BOP) aan die

UOVS deurloop, maar kon as gevolg van werksverpligtinge

nie die fi nale eksamen afl ê nie. Vanaf 1 Januarie 1997 het

At tie op die bestuurskomitee van OVK begin dien. Vanaf

1 April 1998 is hy bevorder tot handelsbestuurder: suid, en

vanaf 1 April 2002 verder bevorder tot handelsbestuurder:

suid & veevoere. Vanaf 1 Oktober 2002 was daar ’n verdere

bevordering tot senior bestuurder: handel en meganisasie te

hoofkantoor, Ladybrand. Hierdie posbenaming is later omvorm

tot assistent hoofbestuurder: handel en meganisasie.

Vanaf 1 Junie 2004 is hy bevorder tot hoofbestuurder: handel

en meganisasie en hierdie pos het hy tot en met sy aftrede op

31 Maart 2008 met onderskeiding beklee.

Namens almal in OVK sê ons graag aan Attie dankie en ook

hartlik geluk met ’n suksesvolle en waardevolle pad wat hy in

belang van OVK afgelê het. Sy toewyding, hardwerkendheid

en verantwoordelikheidsin was deur sy lewe ’n besondere

kenmerk.

Ons beste wense aan hom en Maxie vir ’n geseënde en

gelukkige aftrede. Ons weet hulle is gesinsmense wat hulle

kinders en kleinkinders baie geniet en ons vertrou dat hulle

baie geseënde en gesonde jare saam sal beleef.

Inhoud • Contents
STEFAN OBERHOLZER,

hoofbestuurder: graan en ny werhede

van OVK word verder bevorder tot hoofbestuurder:

bedryf

Neem ook verdere verantwoordelikhede

van han del en meganisasie oor

Met Attie van Zyl se aftrede teen einde Maart 2008, het sy

verantwoordelikhede ten op sigte van handel en megani sasie

addisioneel op die skou ers van Stefan Oberholzer ge val. So

’n wye toedeling van ver antwoordelikhede na een man mag

wenkbroue laat lig, want hy het reeds graan en nywerhede op

sy vurk. Binne OVK se bestuurstruktuur is daar egter ’n puik

onderbou van bekwame afdelingsbestuurders asook ’n uiters

effek tie we bestuursinligtingstelsel, en dit maak so iets moontlik.

Iets meer oor Stefan se pad tot nou toe:

Hy is op 10 Januarie 1971 te Roodepoort gebore en het op

’n plaas in Aberfeldy grootgeword. In 1988 het hy aan Paul

Erasmus Hoërskool in Senekal gematrikuleer. Terwyl hy sy ’n

rekenmeestersklerkskap deurloop het, het hy deeltyds aan Unisa

studeer en die grade B.Compt en B.Compt Honneurs behaal.

Stefan het op 1 Julie 1995 diens by OVK as handelsrekenmeester

aanvaar en met verloop van tyd het bevorderings gevolg:

• Op 1 Maart 1996 as administratiewe bestuurder: bedryf

• Op 1 Februarie 1998 as hoofbestuursassistent

• Op 1 Mei 1998 as bestuurder: nywerhede

56

• Op 1 Julie 1998 as bestuurder: graan

• Op 1 April 2002 as senior bestuurder: graan & nywerhede

• Op 1 Julie 2004 as hoofbestuurder: graan & nywerhede

• Op 1 April 2008 as hoofbestuurder: bedryf

Stefan gesels so oor sy wortels en sy belangstellings: “My

pa was ’n boer en my ma ’n onderwyseres. Ek het ook twee

broers, een in die polisie en die ander een boer in Ficksburg.

Ons het ook ’n suster wat in Nieu-Seeland onderwys gee.”

“Ek het vier Comrades Marathons voltooi en geniet dit baie om

te reis. So het ek al Australië, Nieu-Seeland, Spanje, Portugal,

Frankryk, België en Amerika gesien. Ek het ’n tydjie gelede ’n

plaas in Ficksburg gekoop, en geniet die wegbreek daarheen

ongeloofl ik, want dit is waar my batterye herlaai word. Ek hou

baie van uitdagings en hou ook daarvan om hard te werk en

te presteer. OVK is vir my baie belangrik en is deel van my

passie in die lewe.”

Binne OVK het ons oor die jare dié jongman se drif en entoesiasme

duidelik raakgesien en sê ons graag dan hiermee

namens alle OVKaners hartlik geluk aan Stefan. Ons beste

wense vergesel hom vir verdere vervulling en sukses op sy pad

en ons weet dat hy ten volle en met groot verantwoordelikheid

OVK se belange sal uitdra in belang van al die aandeelhouers.

Creativity comes from trust. Trust

your instincts. And never hope more

than you work – Rita Mae Brown

Inhoud • Contents
DIE HUMAN BEEFMASTER STOET

In 1995 het Piet en Marika Human van Delarina, Steynsrus,

hul Beefmaster Stoet begin met beeste wat hulle by Reenen

Ranch in Marquard gaan koop het. Voor daardie tyd, sedert

Piet in 1975 op Delarina, Steynsrus begin boer het, het hy met

melkbeeste, koring en mielies geboer. Na 1995 het die fokus

vol op die Beefmasters geval en het hulle deur doelgerigte

seleksie vinnige en stewige teelvordering gemaak. Die Human

Beefmasterstoet is tans een van die beste stoeterye in die land –

met geharde, veld-aangepaste, funksioneel doeltreffende diere.

Benadering: Fase D toetse word op die veld gedoen met slegs

’n onderhoudlek in die winter en ’n fosfaatlek in die somer.

Dr. Hannes Dreyer van Veldbul SA word as adviseur in hierdie

kudde gebruik. Die LNR is betrokke en sluit die toetse af ten

einde die data amptelik vas te lê. Die keuring van bulle en verse

word deur Linton Vermaak van Irene gedoen – op bouvorm,

maar ook op grond van produksiesyfers. Die data word deur

Stamboek gehou. Bulle wat slaag word op twee jaar ouderdom

op kommersiële Beefmaster koeie gebruik, die volgende winter

afgerond en dan as drie jaar oud bulle verkoop.

Om bulle se kompeteerbaarheid in die mark te toets word

die bulle na ’n veldbulklub gestuur om teen ander bulle te

kompeteer. Sedert 2003 kompeteer Human Beefmasters binne

die veldbulklub van Vrede, en hulle presteer uitstekend, met

wenner (beste groei in 2003 en 2005), ook wenner van titel

“beste teler in die klub in 2004 en 2007”, al 10 bulle slaag

groeitoets in 2006, en een bul is die beste groeier in die toets.

57

In 2008 se veldbultoetse het die stoet die tweede beste bul op

veldgroei opgelewer, en ook die tweede beste bul op bouvorm.

Human Beefmaster was vanjaar die Beefmaster stoet wat

die langste ononderbroke tyd aan die veldbultoets deelneem.

Hierdie toewyding en gerigtheid op verbetering en vordering

is in belang van die stoet, maar in besonder in belang van die

kopers van hierdie topklas diere.

Human Beefmaster se veiling is vanjaar op 29 Julie 2008 om

11h00 op Rietkuil, Steynsrus. Die aanbod is 30 stoetbulle (van

3 jaar), 160 dragtige kommersiële verse (van 3 jaar) en 40 koeie

(dragtig, kommersieel). Elite Afslaers hanteer die veiling.

“Ons sien julle graag daar” – Piet en Marika Human (082-

4178981 & 056-4710879)

THE DIFFICULTY LIES

NOT SO MUCH IN

DEVELOPING NEW

IDEAS AS IN ESCAPING

FROM THE OLD ONES

– John Maynard Keyes (Economist, 5 June

1883, Cambridge, England - 21 April 1946,

Tilton, East Sussex, England)

( He also once said that it is better to be vaguely

right than precisely wrong )

Inhoud • Contents
DUURSTE BUL NÓG IN SA, HAAL SY

PRYS IN OVK-GEBIED, IN EXCELSIOR

Veiling was by Circle C – veilingskompleks,

en sy pa staan nog by Circle-C

Hierdie besondere bul, Koning (TLM 05-26), van Eloff Muller

van Mosselbaai, is onlangs deur ’n sindikaat van ses lede vir

die soliede bedrag van R900000 gekoop, die duurste prys

nóg vir ’n vleisbeesbul in SA se geskiedenis. Die gemiddelde

pryse behaal was R81612 per bul (vir die 34 bulle) en R49640

per vroulike dier (50 stuks) op die veiling. Circle-C Ranch

behoort aan die mede-eienaars Kevin Cloete en Pieter van der

Walt. Hulle is ook die base van Koning se pa, Buffel. Ons het

sommer hier beide seun en pa op die foto’s, en ook vir Pieter.

Belang stellendes kan met Pieter oor die interessante Boranne

gesels by 083-2558665 en 051 973 7068 (kantoor)

Six essential qualities

that are the key to

success: Sincerity,

personal integrity,

humility, courtesy,

wisdom, charity

– William Menninger –

58

LEARN, EARN, RETURN

these are the three phases of life

– Jack Balousek

(... wh en you think unselfi shly

and invest in oth ers , you

gain th e opp ort unity to

create a legacy that will

outlive you)

– JOHN C. MAXWELL –

You can’t use up creativity.

The more you use, the

more you have

– MYA ANGELOU

Inhoud • Contents