se Jongboer

se Jongboer se Jongboer

02.05.2013 Views

profiel Andries Els is lief vir sy grond en hy ken sy plaas. Koringaanplantings vorm 20% van Andries se boerdery – hierdie koring is in Mei geplant. Senwester, Julie 2005 23

22 ⊳ begroting saam met die bankbestuurder op te stel. Ten spyte van die skommelings in die graanpryse het Valentia se omset gestyg. Ken jou plaas en benut jou hulpbronne Andries definieer sukses in boerdery as die handhawing van optimale en winsgewende produksie oor die lang termyn. Dit is ook sy visie vir sy eie boerdery. Hy wil onder meer met vogbestuur, presisieboerdery en Safex ‘n volhoubare en winsgewende graanproduksie bewerkstellig. Om dit in die lang termyn te bereik, beteken dit op die kort termyn dat die opbrengs van sy produk moet verbeter. Hiervoor gebruik hy die hulpmiddele tot sy beskikking. Andries het na ‘n deeglike paar tegniese gesprekke met Senwes se Presisieboerdery- en Akkerbouafdelings, sy eerste stap na presisieboerdery met ‘n opbrengsmonitor geneem. Op die uitslae van die monitor het hy redelike variasie in sy grond gesien en besluit om die grond te laat karteer. Hy het die opbrengsmonitordata en die grondfisiese eienskappe met mekaar vergelyk en kon hy selfs verskillende scenario’s antisipeer om in alle gevalle sy grond optimaal te kan benut. Hy sorg vir goeie vogbewaring en sy grond word op ‘n 200 meter ruitpatroon gekarteer. Hy doen ook regstellings aan die grond deur Andries hou daarvan om self te stroop; as jy hom soek, sal jy hom in ‘sy kantoor’ kry – in die stroperkajuit. kalk, fosfaat en kalium byvoegings te maak. Andries is van mening dat ‘n mens tot ‘n 15% opbrengsverhoging met presisieboerdery-hulpmiddels kan bewerkstellig. Die uitgawes van presisieboerdery sien hy as ‘n bateuitgawe en hy herinner dat die kostes daaraan verbonde egter gelykstaande is aan net een derde van jou kunsmisrekening. Die werklike waarde lê vir Andries egter in die feit dat hy sy plaas en grond al hoe beter leer ken en hy leer hoe om dit optimaal te kan benut. Om hierdie rede doen hy ook baie navorsing op sy plaas. Daar word gereeld proewe gedoen tussen verskillende kultivars, onkruiddoders en bemestingspyle. Dit word gemonitor en kontroles word uitgestroop met ‘n oesmonitor om opbrengsverskille noukeurig vas te stel. Wanneer strooptyd aanbreek, stroop Andries ook graag self, want dan kan hy eerstehands sien waar foute lê en waar hy kan verbeter. Hulpbronbewaring is vir Andries ook baie belangrik. Hy konsentreer sterk op wisselbou- en wisselweidingspraktyke. Veesuipings word op spesifieke plekke geplaas om erosie te verhoed. “Ek rip op die ry om verdigtingslae te breek en te verhoed dat erosie in sandgrond voorkom,” verduidelik Andries. Neem self beheer Andries neem verder beheer oor sy boerdery deur nie alle besluite aan ‘n graanmakelaar oor te laat nie. Hy het ‘n makelaarseksamen afgelê en hou self ook die marktendense dop. Wanneer hy produksiebesluite neem, neem hy die verwagte prys, insetkoste, moontlike risiko’s, gewaskennis en uitbreidingsmoontlikhede in ag. Hy gebruik die internet en media vir markinligting en vir werklike bemarking gebruik hy Senwes, vooruitkontrakte en Safex vir verskansing. Hy verskans ‘n derde voor en tydens planttyd, ‘n derde tydens die midsomergedeelte en ‘n derde tydens strooptyd. By die veekomponent in sy boerdery kyk hy na veilingsverslae en weeklikse abattoirsverslae om op hoogte van marktendense te bly. Sy beeste word nie verkoop voordat hulle nie markgereed is om direk na die slagpale of eindverbruiker te gaan nie. Hy voeg só waarde tot produksie op die plaas toe. Wees doelgerig en beplan Verder bestuur die Else hul plaas met doelgerigte doeltreffendheid. Die loopkoste en werkkrag van hul voertuie, implemente en toerusting word noukeurig dopgehou. Andries kyk na die wisselkoers en wanneer ‘n goeie Die jong Els-gesin op Valentia. Van links is klein Alida, Andries en Rize-Mari sit op mamma Marizé se skoot.

profiel

Andries Els is lief vir sy grond en hy ken sy plaas. Koringaanplantings vorm 20% van Andries se boerdery – hierdie koring is in

Mei geplant.

Senwester, Julie 2005

23

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!