se Jongboer

se Jongboer se Jongboer

02.05.2013 Views

Johan Mouton Landboudienste 40 Benut oesreste tot die vee se voordeel Met die stroopproses goed op dreef is daar nou heelwat ruvoer vir die vee op die gestroopte lande beskikbaar. Johan Mouton van Senwes Landboudienste bespreek die waarde van oesresbenutting en gee raad teen moontlike gevare vir die vee. Oesreste vul ‘n wesenlike gaping in die meeste gemengde boerderye se voervloei. Hoewel dit ‘n goeie ruvoerbron is, het dit eiesoortige bestuursuitdagings. Hoeveel kos is daar? Die oesreste word uit die graan sowel as stoppelfraksie opgemaak. Hierdie verhouding bepaal die kwaliteit van die reste. Van die vernaamste faktore wat die opbrengs en kwaliteit van oesreste beïnvloed is die tipe stroper, kultivar en verwering. Aan die stroper en kultivar kan ons nie veel doen nie, maar die beste diereprestasie word verkry deur so vinnig moontlik ná die stroopproses die land te laat bewei. Vir die saaiboere wat nie laat bewei nie geld dieselfde beginsel wanneer dit gaan om die organiese materiaal in die grond terug te plaas. Esterhuyse (1990) vind dat die grootste komponent van die blaarfraksie wat diere benut in elk geval binne vier weke verlore gaan as gevolg van windverwering wat op onbenutte lande plaasvind. Vir organiese materiaalbewaring moet lande dus so vinnig moontlik na stroping gesny word. ‘n Duimreël wat goed werk is dat daar vir die vee ‘n halfton benutbare materiaal is vir elke ton graan gestroop. ‘n Bees benut twaalf kilogram per dag en ‘n skaap twee kilogram, wat verder ‘n eenvoudige Vir elke ton mielies gestroop, is daar minstens ‘n halfton benutbare materiaal vir die vee. berekening is om te doen. Hou in gedagte dat die weiding se kwaliteit drasties verlaag ná die eerste vier weke van beweiding wat vanself spreek dat aanwending met produksiegroepe moet geskied. Room die weiding af met hoë produseerders voor en droë diere agter. Maak seker jou stroper is goed ingestel. Daar is nadat koppe opgetel is gevind dat die pitfraksie wissel tussen 100 kg en 500 kg afhangende van stropertipe en instelling. Dit Tabel 1: Leksamestellings vir die voorkoming van asidose. Bestanddeel Asidoselek Produksielek Sout 30 20 Koeksoda 10 5 Voerkalk 50 15 Ureum 8 Mielie- of Molassemeel 50 Blomswael 1 2

landbou in praktyk beteken dat daar vyf keer meer kos vir die vee met een stroper as met ‘n ander is, of ‘n verlies van R200/hektaar teen ‘n mielieprys van R400/ton! Wat is die gevare? Siektetoestande wat tydens oesresbenutting kan voorkom is pasteurella omdat die diere onder stres gaan met koue nagte en ‘n hoë koolhidraatdieet. Tweedens kan bloednier voorkom, waarvoor net soos vir pasteurella geënt kan word. ‘n Ander stresverwante toestand wat kan voorkom by veral lammers is koksidiose wat wel behandelbaar is. Moet ook nie verras wees as lammerooie wat op oesreste aangepas word, haarwurm kry nie. Die grootste probleem wat sekerlik voorkom met oesresbenutting is asidose, oftewel suurpens. Die oorsaak is die skielike hoë graandieet wat die rumen pH vinnig laat daal, met ‘n dooie skaap as die eindresultaat. Die behandeling is dieselfde soos in die vorige Senwester oor weimielies bespreek. Hier is weer die hoofpunte vir voorkoming: • Pas skape geleidelik oor sewe dae aan met tot 500 gram mielies per dag voordat hulle op die lande gejaag word. • Moenie honger diere op die lande jaag nie. • Gebruik ‘n buffer in jou lek. Daar is kommersiële lek beskikbaar met buffers in maar as jy self meng kan koeksoda as buffer gebruik word. Tabel 1 gee voorbeelde van lekke wat gebruik kan word. In ‘n selfmenglek is die teikeninname tien gram koeksoda per dier per dag. Wees versigtig vir te hoë innames en moenie die koeksoda in die water gooi nie. • Indien jy wel diere met suurpens het, kan twee eetlepels koeksoda in 200 ml water opgelos en ingegee word. Dit is terselfdertyd sommer voorkomend vir pasteurella. Mielies het ‘n ongunstige kalium/fosfor verhouding vir ‘n herkouer se behoefte. Dit word gewoonlik waargeneem by koeie wat gedurende die laat winter op die oesreste begin kalf en melkkoors ontwikkel. Die voorkoming van die toestand is om die verhouding in die dier se dieet reg te stel. Voerkalk is ‘n uitstekende kaliumbron hiervoor. Die lekke soos getoon in Tabel 1 maak reeds voorsiening vir die probleem. Opsommend Om oesresbenutting te vergemaklik, moet die volgende in gedagte gehou word: • Elke ton graan produseer ‘n halfton benutbare materiaal. • Benut met produksiegroepe. • Ent teen siektes. • Pas diere geleidelik aan. • Benut asidose-lekke. Navrae Vir enige navrae oor oesresbenutting of die bostaande skakel gerus vir Johan Mouton by (056) 212-2291 of 083 278 7746. Verwysings Esterhuyse CD, M.Sc. (Agric) U.P., 1990. Die Voedingspotensiaal van somergraanoesreste vir wolskape op die Oos-Transvaalse Hoëveld. Esterhuyse CD, 1996. Vorderingsverslag, Nooitgedacht L.O.S., In Vitro bepaling van geskikte buffers vir die voorkoming van asidose. Moore A & Muller M, 1995. Persoonlike mededeling: reaksie van lammers op verskillende proteïenbronne tydens oesresbenutting. DIE “NUWE” VOERMOL SB 100 Selfs beter as ooit Ulrich Müller, Tegniese Bestuurder Voermol SB 100 het hom oor die jare deeglik bewys as ‘n koste-effektiewe voerkraalkonsentraat waarmee speenkalwers doeltreffend afgerond kan word. Die eenvoudige meng- en voerinstruksies verseker dat boere op klein- en grootskaal kalwers suksesvol kan voer. Speenkalwers kan selfs op veldweiding in ‘n klein kamp afgerond word. Onder sekere toestande in ‘n voerkraal, kan selfs heel mielies gevoer word, wat voerkostes verder verlaag. Die veelsydigheid van SB 100 bevestig verder sy sukses deurdat rantsoene vir jong speenkalwers, kruipvoerrantsoene, “backgrounding”-mengsels, uitgroei van bulle en vele meer suksesvol op die plaas vermeng kan word. In die nuwe SB 100-formule is die proteïen verhoog en die kwaliteit verbeter. Verder is die opname van sommige minerale in die produk verbeter deur gebruik te maak van organiese spoorminerale. Hierdie veranderinge het die produk heelwat verbeter. Verbeterde groei (GDT) en uitslagpersentasies is behaal met die Nuwe SB 100. Dit beteken verhoogde winste van tot 20 % in die voerkraal. Tabelle 1 en 2 gee die menginstruksies vir Voermol SB 100. Tabel 1 Volledige voere Hierdie menginstruksies is vir volledige voere en moet ad libitum voorsien word. Geen addisionele ruvoer is nodig nie. Rantsoen Aanvangs Groei Afrond+Zilmax Massa van kalf < 250 kg 250 – 380 kg 380 – 420 kg kg kg kg kg kg kg Voermol SB 100 100 (V4498) 100 150 150 175 175 Voermol HPK 36 50 (V8097) 50 – – – – Voermol Zilmol (V16978) – – – – 80 80 Mieliekuilvoer (nat) 200 – 300 – 400 – Mieliemeel 400 450 600 600 600 670 Hooi 80 120 50 120 – 100 Totaal 830 720 1 100 870 1 255 1 025 Droë materiaal (%) 75.0 87.9 73.1 87.6 70.4 87.3 Geskatte voerinname* (kg) 7 6 11 9 14 12 * Gemiddelde voerinname soos verwag oor die rantsoenperiode. Tabel 2 Voermolstelsel Onderstaande menginstruksies is vir die kragvoergedeelte van die rantsoen. Voer onderstaande mengsel ad libitum tesame met hooi apart en ad lib. Voerstelsel Voermolstelsel Beginmassa < 250 kg > 250 kg van kalf kg kg Voermol SB 100 200 200 Voermol HPK 36 50 – Mieliemeel * 750 800 Totaal 1 000 1000 * Vir speenkalwers kan heel mielies gebruik word. Tindrum 4/218

landbou in praktyk

beteken dat daar vyf keer meer kos vir die vee met een

stroper as met ‘n ander is, of ‘n verlies van R200/hektaar

teen ‘n mielieprys van R400/ton!

Wat is die gevare?

Siektetoestande wat tydens oesresbenutting kan voorkom

is pasteurella omdat die diere onder stres gaan met koue

nagte en ‘n hoë koolhidraatdieet. Tweedens kan bloednier

voorkom, waarvoor net soos vir pasteurella geënt kan

word. ‘n Ander stresverwante toestand wat kan voorkom

by veral lammers is koksidiose wat wel behandelbaar is.

Moet ook nie verras wees as lammerooie wat op oesreste

aangepas word, haarwurm kry nie.

Die grootste probleem wat sekerlik voorkom met oesresbenutting

is asidose, oftewel suurpens. Die oorsaak is

die skielike hoë graandieet wat die rumen pH vinnig laat

daal, met ‘n dooie skaap as die eindresultaat. Die behandeling

is dieselfde soos in die vorige Senwester oor weimielies

bespreek. Hier is weer die hoofpunte vir voorkoming:

• Pas skape geleidelik oor sewe dae aan met tot 500 gram

mielies per dag voordat hulle op die lande gejaag word.

• Moenie honger diere op die lande jaag nie.

• Gebruik ‘n buffer in jou lek. Daar is kommersiële lek

beskikbaar met buffers in maar as jy self meng kan

koeksoda as buffer gebruik word. Tabel 1 gee voorbeelde

van lekke wat gebruik kan word. In ‘n selfmenglek

is die teikeninname tien gram koeksoda per dier per

dag. Wees versigtig vir te hoë innames en moenie die

koeksoda in die water gooi nie.

• Indien jy wel diere met suurpens het, kan twee eetlepels

koeksoda in 200 ml water opgelos en ingegee word. Dit

is terselfdertyd sommer voorkomend vir pasteurella.

Mielies het ‘n ongunstige kalium/fosfor verhouding vir ‘n

herkouer se behoefte. Dit word gewoonlik waargeneem

by koeie wat gedurende die laat winter op die oesreste

begin kalf en melkkoors ontwikkel. Die voorkoming van

die toestand is om die verhouding in die dier se dieet reg

te stel. Voerkalk is ‘n uitstekende kaliumbron hiervoor. Die

lekke soos getoon in Tabel 1 maak reeds voorsiening vir

die probleem.

Opsommend

Om oesresbenutting te vergemaklik, moet die volgende in

gedagte gehou word:

• Elke ton graan produseer ‘n halfton benutbare materiaal.

• Benut met produksiegroepe.

• Ent teen siektes.

• Pas diere geleidelik aan.

• Benut asidose-lekke.

Navrae

Vir enige navrae oor oesresbenutting of die bostaande

skakel gerus vir Johan Mouton by (056) 212-2291 of 083

278 7746.

Verwysings

Esterhuyse CD, M.Sc. (Agric) U.P., 1990. Die Voedingspotensiaal van

somergraanoesreste vir wolskape op die Oos-Transvaalse Hoëveld.

Esterhuyse CD, 1996. Vorderingsverslag, Nooitgedacht L.O.S., In Vitro

bepaling van geskikte buffers vir die voorkoming van asidose.

Moore A & Muller M, 1995. Persoonlike mededeling: reaksie van lammers

op verskillende proteïenbronne tydens oesresbenutting.

DIE “NUWE”

VOERMOL SB 100

Selfs beter as ooit

Ulrich Müller, Tegniese Bestuurder

Voermol SB 100 het hom oor die jare deeglik bewys as ‘n

koste-effektiewe voerkraalkonsentraat waarmee speenkalwers

doeltreffend afgerond kan word.

Die eenvoudige meng- en voerinstruksies verseker dat boere

op klein- en grootskaal kalwers suksesvol kan voer.

Speenkalwers kan selfs op veldweiding in ‘n klein kamp

afgerond word. Onder sekere toestande in ‘n voerkraal, kan

selfs heel mielies gevoer word, wat voerkostes verder verlaag.

Die veelsydigheid van SB 100 bevestig verder sy sukses

deurdat rantsoene vir jong speenkalwers, kruipvoerrantsoene,

“backgrounding”-mengsels, uitgroei van bulle en vele meer

suksesvol op die plaas vermeng kan word.

In die nuwe SB 100-formule is die proteïen verhoog en

die kwaliteit verbeter. Verder is die opname van sommige

minerale in die produk verbeter deur gebruik te maak

van organiese spoorminerale. Hierdie veranderinge het die

produk heelwat verbeter. Verbeterde groei (GDT) en

uitslagpersentasies is behaal met die Nuwe SB 100. Dit

beteken verhoogde winste van tot 20 % in die voerkraal.

Tabelle 1 en 2 gee die menginstruksies vir Voermol SB 100.

Tabel 1 Volledige voere

Hierdie menginstruksies is vir volledige voere en moet ad

libitum voorsien word. Geen addisionele ruvoer is nodig nie.

Rantsoen Aanvangs Groei Afrond+Zilmax

Massa van kalf < 250 kg 250 – 380 kg 380 – 420 kg

kg kg kg kg kg kg

Voermol SB 100 100

(V4498)

100 150 150 175 175

Voermol HPK 36 50

(V8097)

50 – – – –

Voermol Zilmol

(V16978)

– – – – 80 80

Mieliekuilvoer

(nat)

200 – 300 – 400 –

Mieliemeel 400 450 600 600 600 670

Hooi 80 120 50 120 – 100

Totaal 830 720 1 100 870 1 255 1 025

Droë materiaal

75.0 87.9 73.1 87.6 70.4 87.3

Geskatte

voerinname* (kg)

7 6 11 9 14 12

* Gemiddelde voerinname soos verwag oor die

rantsoenperiode.

Tabel 2 Voermolstelsel

Onderstaande menginstruksies is vir die kragvoergedeelte

van die rantsoen. Voer onderstaande mengsel ad libitum

tesame met hooi apart en ad lib.

Voerstelsel Voermolstelsel

Beginmassa < 250 kg > 250 kg

van kalf kg kg

Voermol

SB 100

200 200

Voermol

HPK 36

50 –

Mieliemeel * 750 800

Totaal 1 000 1000

* Vir speenkalwers kan heel

mielies gebruik word.

Tindrum 4/218

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!