Groot vraag na aangepaste ramme - gwk

Groot vraag na aangepaste ramme - gwk Groot vraag na aangepaste ramme - gwk

02.05.2013 Views

Uit Piet se pen . . . Agterblad Hendrik is terug . . . E k stop in die woonbuurt. Op die karavaan voor my staan groot geskryf “OPGE- SUKKEL”. Duidelik in swart hoofletters. Volgens die aanwysings moet ou Hendrik se hut hier naby wees. `n Kind kom nader. Ja, hy ken vir oupa Hendrik. Hy draf sommer vooruit om my te wys. Ek verkyk my aan die onderdele waarmee Hendrik se hut aanmekaargesit is: `n Ou staaldeur vorm die een hoek van die huis. Beslis die sterkste gedeelte. Verder is dit `n laslappie-kombinasie van stukkies sinkplaat, karton en ou voersakke. Vensters is geensins nodig nie – die sinke het genoeg gate. Boop die dak lê `n erg verroeste elektriese tweeplaatstofie en `n ou TV. Die seun roep na binne en Hendrik maak sy verskyning. Die ou is baie bly om my te sien. “Nou hoekom kom Meneer nou eers hier aan?” is sy eerste woorde. Ek het al voor Kersfees `n boodskap plaas toe gestuur vir `n skroppie.” (Hy is lus vir gesels.) “Meneer sien, ek het mos aansoek gedoen vir spesioen (pensioen). Dit moet nou enige tyd kom. Intussen moet ek kriewel om aan die lewe te bly. Die lewe in die dorp is bedroef, Meneer.” Hendrik erken dat hy so `n bietjie suurwyn gevat het. “Sien meneer daai sinkhuis daar anderkant? Dit is nou ons sjebien. Daar kry jy álles, met `n duidelike klem op die alles. Ons twee kan sommer nóú gaan, sodat Meneer self kan sien. Bier, brandewyn, suurwyn, vaalwyn, huiswyn en boom is pure goete wat jy daar kry.” Die ou wil dadelik klim, maar moet net eers gou by sy vrou uitkom. Sy het by haar niggie in Hupstoot (die ander 64 woonbuurt) gaan kuier. “Kan ek hom nie gou soontoe vat nie?” vra hy. “Jy moet net ordentlik ry. Los daai stoutgeit en moenie dat die bakkie so grawe nie, taaiers is duur,” berispe hy my. Hy kom staan by die ruit en vra saggies agter sy hand of ek hom nie met `n 100 Randtjie wil help nie. Hy moet dit vir die vrou los om haar net stil te kry. “Nee, hy kom alleen plaas toe, sy dae van vrouens wat om sy ore kerm is verby.” Die vraag vir geld was te wagte. Ek trap mooi om die lening tydelik uit te stel. Ons kom ooreen dat hy sy dingetjies afhandel en dan kom laai ek hom en bring sy R100 saam. Skuins na twee stop ek vir die oplaai. Die ou is op sy pos, maar nou baie meer gewyn. Sy eerste vraag is of ek die R100 gebring het. Hy hoop net nie dit is `n vaste noot nie, want hy moet nog gou by “OPGESUKKEL” `n ietsie gaan koop. Ek wys hom die vaste noot. Hy erken dit is maar beter so, want met groot note kan jy nie daar koop nie. Die mense is te skelm by die uitkeer. Tussen sy goed merk ek die erg gehawende stofie. Volgens hom werk die stoof nog. Die TV op die dak dink hy is dood. Hy laai `n vrag komberse. Lyk of hy lank wil bly. By die oorhandiging van die R100 verduidelik hy my dat die geld maklik vyf dae sal hou. Hy weet nou al hoe ou Kaaitjie dit gaan spandeer. Vir die volgende drie dae gaan sy elke dag `n halwe bottel suurwyn koop. Donderdag miskien `n bietjie broodmeel en Vrydag `n R2-sakkie ertappels. Verder worry hy nie, hy kom nou eers weer voor die end van die maand huis toe. Voordat ons ry wys hy my `n gat in sy sinkhuis. “Ek is tronk toe oor daai gat, Meneer. My niggie het my kan wyn daardeur gesteel.” Hy beduie presies hoe groot die kan was. “Ek koos (kon) net een blikkie uitgooi, toes my kan besem skoon weg.” Hy vryf met sy hand dwars oor sy mond. ”Gesteel meneer! Hoe-hoe, toe is ek oproerig. Gelukkig het ek my kettie by my en toe moet sy wêreld pak (weghardloop)”. “Meneer sien, ek dra hom sommer so met die klippe teen daai kalkbult uit.” Hy wys in die rigting van die bult. “Dwarsdeur die pillebome (prosopis). Nee, sy moes kriewel om voor te kom.” Hy wys met sy hande hoe hy die rekke uitgetrek en gekorrel het. “Dit is al geweer wat ek het. Vir hom het jy mos nie `n liksens nodig nie.” “Meneer ek skiet nog so, toe stop die poelieste langs my. Probleme meneer, groot probleme! Nie lat ek rêrig skrik nie. Hul maniere ken ek al. Jy moet net nie vastrap as hulle jou wil laai nie. Trap vas en jou kop gaan hard klap voor teen die poliesvan se bak. Nee Meneer, die mense is rou in hierdie plek!” Op die plaas aangekom het die ou nog `n bekentenis om te maak. “Meneer, ek kan nog sommer lank vir jou werk, maar jy moet weet ek het stadig geword. Ek hoor die mense wil nou R150 per dag hê, maar ek sal dit nie vra nie. Nee, ek weet mos jy sal mooi na my kyk.” Hy vertel verder hoe ons twee kleintyd saam baaisiekel gery het. “Toe werk ek maar hoeka vir jou pa. Vir Japie moes ek in die stootkar rondstoot. Sjoe, julle was stout!” Hendrik lag uit sy maag. “Julle word voor my groot . . .”

Kontak die graan- verkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan. BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885 DOUGLAS Hendrikus Keulder 082 888 6295 Ig Pretorius 082 906 1672 HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676 LUCKHOFF Willie Pretorius 082 881 1120 MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736 PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Ficksburg Esperansza van der Walt 082 805 9911 GWK Graan . . . innoverende bemarking GWK Graan vestig gerusstelling en vertroue by ons produsente deur die gehalte graan- bemarking en graanhanterings dienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK Graan is dit die produsent wat saakmaak! GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou- waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid. innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445 www.gwk.co.za 65

Uit Piet se pen . . . Agterblad

Hendrik is terug . . .

E k stop in die woonbuurt.

Op die karavaan voor my

staan groot geskryf “OPGE-

SUKKEL”. Duidelik in swart hoofletters.

Volgens die aanwysings moet ou

Hendrik se hut hier naby wees.

`n Kind kom nader. Ja, hy ken vir

oupa Hendrik. Hy draf sommer

vooruit om my te wys. Ek verkyk my

aan die onderdele waarmee Hendrik

se hut aanmekaargesit is: `n Ou

staaldeur vorm die een hoek van

die huis. Beslis die sterkste gedeelte.

Verder is dit `n laslappie-kombinasie

van stukkies sinkplaat, karton en ou

voersakke. Vensters is geensins nodig

nie – die sinke het genoeg gate. Boop

die dak lê `n erg verroeste elektriese

tweeplaatstofie en `n ou TV.

Die seun roep na binne en Hendrik

maak sy verskyning. Die ou is baie bly

om my te sien. “Nou hoekom kom

Meneer nou eers hier aan?” is sy

eerste woorde. Ek het al voor Kersfees

`n boodskap plaas toe gestuur

vir `n skroppie.” (Hy is lus vir gesels.)

“Meneer sien, ek het mos aansoek

gedoen vir spesioen (pensioen). Dit

moet nou enige tyd kom. Intussen

moet ek kriewel om aan die lewe te

bly. Die lewe in die dorp is bedroef,

Meneer.”

Hendrik erken dat hy so `n bietjie

suurwyn gevat het. “Sien meneer daai

sinkhuis daar anderkant? Dit is nou

ons sjebien. Daar kry jy álles, met `n

duidelike klem op die alles. Ons twee

kan sommer nóú gaan, sodat Meneer

self kan sien. Bier, brandewyn,

suurwyn, vaalwyn, huiswyn en boom

is pure goete wat jy daar kry.”

Die ou wil dadelik klim, maar moet

net eers gou by sy vrou uitkom. Sy het

by haar niggie in Hupstoot (die ander

64

woonbuurt) gaan kuier.

“Kan ek hom nie gou soontoe vat

nie?” vra hy. “Jy moet net ordentlik ry.

Los daai stoutgeit en moenie dat die

bakkie so grawe nie, taaiers is duur,”

berispe hy my.

Hy kom staan by die ruit en vra saggies

agter sy hand of ek hom nie met

`n 100 Randtjie wil help nie. Hy moet

dit vir die vrou los om haar net stil te

kry. “Nee, hy kom alleen plaas toe,

sy dae van vrouens wat om sy ore

kerm is verby.”

Die vraag vir geld was te wagte. Ek

trap mooi om die lening tydelik uit

te stel. Ons kom ooreen dat hy sy

dingetjies afhandel en dan kom laai

ek hom en bring sy R100 saam.

Skuins na twee stop ek vir die oplaai.

Die ou is op sy pos, maar nou baie

meer gewyn. Sy eerste vraag is of ek

die R100 gebring het. Hy hoop net

nie dit is `n vaste noot nie, want hy

moet nog gou by “OPGESUKKEL”

`n ietsie gaan koop. Ek wys hom die

vaste noot. Hy erken dit is maar beter

so, want met groot note kan jy nie

daar koop nie. Die mense is te skelm

by die uitkeer.

Tussen sy goed merk ek die erg gehawende

stofie. Volgens hom werk

die stoof nog. Die TV op die dak dink

hy is dood. Hy laai `n vrag komberse.

Lyk of hy lank wil bly.

By die oorhandiging van die R100

verduidelik hy my dat die geld maklik

vyf dae sal hou. Hy weet nou al hoe

ou Kaaitjie dit gaan spandeer. Vir die

volgende drie dae gaan sy elke dag

`n halwe bottel suurwyn koop. Donderdag

miskien `n bietjie broodmeel

en Vrydag `n R2-sakkie ertappels.

Verder worry hy nie, hy kom nou eers

weer voor die end van die maand

huis toe.

Voordat ons ry wys hy my `n gat in

sy sinkhuis. “Ek is tronk toe oor daai

gat, Meneer. My niggie het my kan

wyn daardeur gesteel.” Hy beduie

presies hoe groot die kan was. “Ek

koos (kon) net een blikkie uitgooi,

toes my kan besem skoon weg.”

Hy vryf met sy hand dwars oor sy

mond. ”Gesteel meneer! Hoe-hoe,

toe is ek oproerig. Gelukkig het ek

my kettie by my en toe moet sy wêreld

pak (weghardloop)”.

“Meneer sien, ek dra hom sommer

so met die klippe teen daai kalkbult

uit.” Hy wys in die rigting van die bult.

“Dwarsdeur die pillebome (prosopis).

Nee, sy moes kriewel om voor te

kom.” Hy wys met sy hande hoe hy

die rekke uitgetrek en gekorrel het.

“Dit is al geweer wat ek het. Vir hom

het jy mos nie `n liksens nodig nie.”

“Meneer ek skiet nog so, toe stop

die poelieste langs my. Probleme

meneer, groot probleme! Nie lat ek

rêrig skrik nie. Hul maniere ken ek al.

Jy moet net nie vastrap as hulle jou

wil laai nie. Trap vas en jou kop gaan

hard klap voor teen die poliesvan se

bak. Nee Meneer, die mense is rou in

hierdie plek!”

Op die plaas aangekom het die ou

nog `n bekentenis om te maak.

“Meneer, ek kan nog sommer lank

vir jou werk, maar jy moet weet ek het

stadig geword. Ek hoor die mense wil

nou R150 per dag hê, maar ek sal dit

nie vra nie. Nee, ek weet mos jy sal

mooi na my kyk.”

Hy vertel verder hoe ons twee kleintyd

saam baaisiekel gery het. “Toe

werk ek maar hoeka vir jou pa. Vir

Japie moes ek in die stootkar rondstoot.

Sjoe, julle was stout!”

Hendrik lag uit sy maag. “Julle word

voor my groot . . .”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!