Groot vraag na aangepaste ramme - gwk

Groot vraag na aangepaste ramme - gwk Groot vraag na aangepaste ramme - gwk

02.05.2013 Views

54 GWK is die hoofborg van die GWK Griekwas Vodacombeker vanjaar N á `n voortreflike seisoen vir Griekwa-rugby verlede jaar, is die Griekwas oorgehaal om hierdie seisoen selfs beter te vaar. Mnr. Pote Human (afrigter) sê hulle het vanjaar die Vodacombeker-rugbytitel in hul visier. Griekwas het verlede jaar in die eindstryd van dié reeks die knie gebuig, maar vanjaar is hul oë op die titel genael. “Ons beoog ook om die kwarteindrondte van die Curriebeker te haal en só te verbeter op ons vyfde plek in 2012.” Volgens mnr. Arni van Rooyen (Besturende Direkteur van Griekwas) het daar nie veel aan die span verander nie. “Dit is vir ons baie positief, aangesien die spelers nou al `n geruime tyd saam speel. Ons het wel drie nuwe aanwinste tot die span, naamlik Deon Carney (losvoorspeler), Burton Francis (losskakel) en Brummer Badenhorst (stut).” Human sê hy dink hulle het die regte goed gedoen verlede jaar, daarom gaan hulle voortbou daarop. “Ons verdediging was egter nie op sy beste nie, dus gaan ons hierdie jaar meer daarop fokus.” Volgens Human het die Springbokke se verdedigingsafrigter hulle in Februarie kom help. “Ons wil `n kundige van buite inkry om ons verdediging te verbeter. Wie beter as die Springbokke se afrigter?” Griekwas het `n edge bo ander spanne omdat hulle `n familie is, sê Griekwas gesels Tania Fourie in Griekwas se visier Van Rooyen. “Ons is nie so baie spelers nie en daar is nie juis baie om te doen in Kimberley nie, so die ouens kan nie help om vriende te wees nie! Almal het `n baie hegte band.”

Oom Gemsbok Die Skopskoen Super Rugby enig in sy soort D agsê aan die hele GWK-rugbyrepubliek. Is dit nie heerlik om terug te wees ná drie maande se uithonger voor die rugbyrevolusie nie? Man, Super Rugby bly maar enig in sy soort en ons gaan die volgende ses maande weer na die strafste rugbykompetisie ter wêreld kyk. Ja, jy het reg gehoor: Hierdie jaar se S15 gaan langer as ses maande duur. Ongelooflik! Die span met die beste reserwes, bo- menslike fiksheid en die spelers wat die beste by hierdie rugbymarathon gaan aanpas, sal die finaal haal. Op papier lyk die Sharks se groep na die beste Suid-Afrikaanse span wat aan hierdie kreteria voldoen. Hulle het `n magdom hardebaarde en senior Bokke in hul geledere en `n groep wat weet wat dit verg om hier bo uit te kom. Aan die ander kant het Oom Gemsbok ook al gesien dat `n klomp grootkop miljoenêrs wat nie meer honger is om `n beker te wen nie, jou ook nie veel in die sak bring nie. Begin hulle goed, kan hulle baie punte opstapel voordat die beserings hul tol begin eis. Dié groep het alles om vanjaar die finaal heel gerieflik te haal. Oom Gemsbok meen die Stormers staan tweede in die ry met `n gevestigde en suksesvolle span van 2012, maar dit mag dalk net teen hulle tel, want die Curriebeker-kampioen gaan beslis meer druk op hom hê as die res. Vroeë beserings aan senior manne laat hulle sommer met `n bitter smaak in die mond begin en dan wag die Bulls nog boonop in hul eerste wedstryd op Loftus. Die manne van die Kaap het egter te veel talent en ondervinding in hul groep om nie die halfeind te haal nie. Dit sal niks anders as `n groot skok wees as ons provinsiale kampioene nie die halfeind haal nie. Derde lyk die Bulls vir Oom Gemsbok die beste afgerond van al die Suid-Afrikaanse spanne en met Matfield terug in die kamp kan dit net beter gaan. Hulle sit met die talentvolste jong manne op die bank en dít op sigself is `n reuse aanwins wat die rotasiestelsel betref. Die Cheetahs, met die minste senior spelers op die bank en Juan wat uitgetree het, sal hierdie jaar goed moet begin en seker maak hulle wen hul tuiswedstryde. Begin hulle voorspoedig en los die beseringspook hulle `n slag uit, mag die blikore hierdie seisoen die beste ooit op die punteleer eindig, maar dit sal Oom Gemsbok eers wil sien. Oor die Kings het Oom Gemsbok bekommernisse, veral wat hul reserwekrag betref. Hulle skop gelukkig hul toetrede tot S15 in Suid-Afrika af en hulle mag nie hierdie wedstryd verloor nie. Van daar af gaan dit baie moeilik raak vir die manne van die Baai, veral as beserings begin krap en wegwedstryde doer onder op hulle wag. Kom ons sit terug en laat die manne mekaar vat. Maak die honne los! Groetnis Oom Gemsbok 55

Oom Gemsbok

Die Skopskoen

Super Rugby enig in sy soort

D

agsê aan die hele GWK-rugbyrepubliek.

Is dit nie heerlik

om terug te wees ná drie

maande se uithonger voor die rugbyrevolusie

nie?

Man, Super Rugby bly maar enig in

sy soort en ons gaan die volgende ses

maande weer na die strafste rugbykompetisie

ter wêreld kyk. Ja, jy het reg gehoor:

Hierdie jaar se S15 gaan langer

as ses maande duur. Ongelooflik!

Die span met die beste reserwes, bo-

menslike fiksheid en die spelers wat die

beste by hierdie rugbymarathon gaan

aanpas, sal die finaal haal.

Op papier lyk die Sharks se groep na

die beste Suid-Afrikaanse span wat aan

hierdie kreteria voldoen. Hulle het `n

magdom hardebaarde en senior Bokke

in hul geledere en `n groep wat weet

wat dit verg om hier bo uit te kom.

Aan die ander kant het Oom Gemsbok

ook al gesien dat `n klomp grootkop

miljoenêrs wat nie meer honger is

om `n beker te wen nie, jou ook nie

veel in die sak bring nie. Begin hulle

goed, kan hulle baie punte opstapel

voordat die beserings hul tol begin eis.

Dié groep het alles om vanjaar die

finaal heel gerieflik te haal.

Oom Gemsbok meen die Stormers

staan tweede in die ry met `n gevestigde

en suksesvolle span van 2012,

maar dit mag dalk net teen hulle tel,

want die Curriebeker-kampioen gaan

beslis meer druk op hom hê as die res.

Vroeë beserings aan senior manne laat

hulle sommer met `n bitter smaak in

die mond begin en dan wag die Bulls

nog boonop in hul eerste wedstryd op

Loftus. Die manne van die Kaap het

egter te veel talent en ondervinding in

hul groep om nie die halfeind te haal

nie. Dit sal niks anders as `n groot skok

wees as ons provinsiale kampioene nie

die halfeind haal nie.

Derde lyk die Bulls vir Oom Gemsbok

die beste afgerond van al die Suid-Afrikaanse

spanne en met Matfield terug in

die kamp kan dit net beter gaan. Hulle

sit met die talentvolste jong manne op

die bank en dít op sigself is `n reuse

aanwins wat die rotasiestelsel betref.

Die Cheetahs, met die minste senior

spelers op die bank en Juan wat

uitgetree het, sal hierdie jaar goed moet

begin en seker maak hulle wen hul

tuiswedstryde.

Begin hulle voorspoedig en los die

beseringspook hulle `n slag uit, mag

die blikore hierdie seisoen die beste ooit

op die punteleer eindig, maar dit sal

Oom Gemsbok eers wil sien.

Oor die Kings het Oom Gemsbok bekommernisse,

veral wat hul reserwekrag

betref. Hulle skop gelukkig hul toetrede

tot S15 in Suid-Afrika af en hulle mag

nie hierdie wedstryd verloor nie. Van

daar af gaan dit baie moeilik raak vir

die manne van die Baai, veral as beserings

begin krap en wegwedstryde doer

onder op hulle wag.

Kom ons sit terug en laat die manne

mekaar vat. Maak die honne los!

Groetnis

Oom Gemsbok

55

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!