02.05.2013 Views

Scenario

Scenario

Scenario

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

SENWES

scenario

BINNE

NUWE

KORINGKULTIVARS

BLINK UIT – BL. 4

ONTMOET VIR PAUL MARÉ

Stoetboer in

murg en been

DIEREGESONDHEID-UITGAWE

Februarie / Maart 2012

inhoud

REDAKTEURSBRIEF

2 Ek groet, maar koester die herinneringe

HOOFSTORIE

4 Produsente in hul noppies met nuwe

koringkultivars

KOLLIG OP PAUL MARÉ

10 Op sy gelukkigste tussen sy stoetdiere

FOKUS OP DIEREGESONDHEID

22 Beskerm jou diere

24 Hoekom bosluise so hardnekkig baklei teen

dipmiddels

29 Wurmweerstandkoste vir jou as

skaapprodusent

30 Dié lintwurms kan jou beursie dunner maak

LANDBOU-TEGNIEK

22 Hoeveel jaag winterweidingsgewasse jou

uit die sak?

SENWES VILLAGE

33 Kredietkaarte welkom by Village vulstasie

33 ’n Opwindende vooruitsig vir Wesselsbron

33 Gou spring! Doen jou meganisasiebeplanning

nóú

33 Werkspasie by Bothaville werkswinkel vergroot

33 Senwes Meganisasie gee nog ’n stap tot

uitmuntende dienslewering

SENWES GRAINLINK

36 Sojaboon: “Is jy lus vir ’n uitdaging,

sonneblom?”

38 Opkomende reuse: Indië en China se

voedselverbruik in perspektief

42 HO-sonneblom vaar goed in Suid-Afrika

44 Nuwe verbruikerswetgewing kan

voedselproduksie en -bemarking beïnvloed

46 Grainlink Afrika help om landbou-spens te

vergroot

TOEKOMSBLIK

56 Trap minder koolstofspore

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

FEBRUARIE • MAART 2012

DEVELOPING AGRICULTURE

64 Market segmentation in livestock

ALGEMEEN

3 ALLES EN NOG WAT: Spotprent; Sê Wie; Uit

Ouma se medisynekas en meer

72 LEEFSTYL: Wen met Senwes Scenario en

Feather Hill Spa asook Tupperware

52 TRUSTS: Gebruik ’n familietrust as

boedelbeplanning-instrument

RUBRIEKE

60 AGRI-WENKE: Lang strooptyd wag op

produsente

50 DRUPPELS OP DIE DAK: ’n Laat seisoen en

naels kou lê voor

69 VIR DIE SIEL: Wees ’n boom

76 IN MY VISIER: Totsiens

NUUS

70 210 liter oliedromme sorg vir hope adrenalien

70 Elke bydrae het gehelp, baie dankie

71 Produseer meer op dieselfde hoeveelheid grond

KOMPETISIE

72 Wen met Senwes Scenario: Gooi bestanddele in

en ontspan

PROMOSIE-ARTIKELS

Gaan lees artikels oor Dropper for life (bl. 35),

Agricol (bl. 62), Tasol Solar Energy Solutions

(bl. 67), Advance Seed (bl. 68) en Nutri Feeds

(bl. 74).

OP O DIE VOORBLAD

Paul P Maré van Vlakvlei

Boerdery B is ’n passievolle

Bonsmara B stoetprodusent in die

Viljoenskroon-distrik. V

Op bladsy

10 1 van dié uitgawe gesels

hy h oor lynteling en inteling,

dekpraktyk, d

voerprogram,

geslagsiektes g

en nuwe

tegnologie. t

Die voorbladfoto is

geneem g deur Wayne Viljoen.

Dui Senwes Scenario-artikels S i tik l aan wat t bbeskikbaar kikb is op Senwes se webwerf by www.senwes.co.za

1

2

••• REDAKTEURSBRIEF

Ek groet, maar koester

die herinneringe

“Mamma, ek wil die DVD van

die seuntjie met die onderbroek kyk.” Só vra my

sussie se driejarige seuntjie haar nou die dag. ’n

Paar minute later sit hy vasgenael voor die TV en kyk

The Jungle Book. Ai, dis sulke sêgoed wat my laat

skaterlag, maar ook erg laat verlang na dié koddige

bruin-oog knapie wat nou daar bly waar almal graag

’n huisie wil hê...

Elke keer wat ek sy blad skud en hom ’n piksoentjie

gee, sit die trane maar vlak, maar ek bring

net lekker-lag-lafwees-oomblikke saam met my

terug huis toe na ’n kuier by hulle...en dis daardie

kosbare herinneringe en lekker-lag tye wat die

totsiens-sê net soveel draagliker maak.

Nou ja, soos ek hierdie woorde op papier sit, sit

die trane ook maar vlak, want ek moet my Scenario

vrinne groet, maar daar is ’n splinternuwe toekoms

wat vir my in die stad wink. Soos Koos Barnard in sy

jagrubriek op bladsy 76 sê: “...afskeid is hartseer,

donker…maar uit elke donker nag word ’n nuwe dag

gebore.”

Ek het einde 2007 by die Infoworks span op

Klerksdorp aangesluit, maar einde Februarie vanjaar

maak my lewe ’n U-draai terug stad toe (daar waar

ek grootgeword het); nie omdat ek liewer is vir

die stadsliggies nie, maar omdat ek vroeg Maart

met my universiteitsliefde, wat in die stad werk en

woon, trou. Ek gaan Infoworks in Johannesburg

SENWES SCENARIO

verteenwoordig en julle sal my heel moontlik nog

dan en wan in die landboukringe sien rondbeweeg.

My kollega, Elmarie Schoeman, ’n groot

diereliefhebber, neem die Scenario leisels by my

oor. So gepraat van diere. In dié uitgawe fokus

ons op Dieregesondheid, waar ’n verskeidenheid

dieregesondheidsmaatskappye gesels oor onderwerpe

soos bloubosluisweerstand (bladsy 24),

lintwurms (bladsy 30) en wurmweer standkoste

(bladsy 29).

Dankie vir al die boerderykennis wat ek kon

opdoen by julle wat die landboufakkel dra en jaar

op jaar getrou sorg dat daar genoeg en veilige kos

op die winkelrakke is. Ek sal die herinneringe van

plaasbesoeke, kongresse en boeredae koester.

Mag 2012 vir jou spesiale herinneringe inhou en

mag jy elke 24 uur met dankbaarheid groet!

Groete

Ruth

• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg.

• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies, promosie-artikels of deur medewerkers nie.

Ruth Davies

Om die tydskrif te bly groei, het ons jou voorstelle vir artikels en/

of kommentaar nodig. Skakel vir Elmarie Schoeman by (018)

468-2716 of stuur ’n e-pos na elmarie@infoworks.biz.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

Pieter & Tsepo

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

ALLES EN NOG WAT • THIS AND THAT •••

Klimaatsverandering is op almal se lippe en die landbou kan ’n belangrike rol speel om

te help om dit te verdelg. Henning Joubert se breinkind, ’n dieselfilter, sal jou help om

’n groener leefstyl te skep. Lees meer hieroor op bladsy 56.

Weird chemistry facts

Goldfish eyes perceive not

If you mix half a liter of alcohol with half a liter of

water, the volume of the mixture will be less than

one liter. It has to do with the different sizes of the

water and ethanol molecules. Ethanol molecules

are smaller than water molecules, so when the two

liquids are mixed together the ethanol falls between

the spaces left by the water. It's similar to what

happens when you mix a liter of sand and a liter

of rocks. You get less than two liters total volume

because the sand fell between the rocks.

DID YOU KNOW?

Fish scales are a common lipstick

ingredient.

Some lipstick contains lead

acetate or sugar of lead. This

toxic lead compound makes the

lipstick taste sweet.

Coca Cola originally contained

cocaine.

Lemons contain more sugar

than strawberries, for the same mass.

The ethylene gas produced by a ripening apple

ripens other apples as well as many other types

of produce. S

Source: http://chemistry.about.com/od/weirdscience/

only the visible spectrum,

but also infrared and ultraviolet

light.

>> SAYS WHO?

Who will tell whether

one happy moment

of love or the joy of

breathing or walking

on a bright morning

and smelling the fresh

air, is not worth all the

suffering and effort

which life implies.

– ERICH FROMM –

>> SÊ WIE?

Werk asof jy

honderd jaar gaan

word, bid asof jy more

sal sterwe.

– BENJAMIN FRANKLIN –

>> UIT OUMA SE MEDISYNEKAS

Bysteek: Krap die angel met ’n mes uit. Maak ’n

koeksodapasta en plaas dit op die steekplek. Dit

trek die gif uit.

Slegte bloedsomloop: Neem een teelepel rooipeper,

gooi dit onder in jou skoen, trek ’n sokkie

aan die voet en loop dan die hele dag met die

rooipeper onder in die skoen. Dis belangrik om nie

met kaal voete op die rooipeper te loop nie.

Hare wat uitval: Braai vier roosmaryntakkies se

blare in klapperolie (’n middelslag botteltjie) tot

dit effens verbruin. Gooi die olie deur ’n siffie en

masseer dit een keer per week in die kopvel in –

sowat 5 minute lank. Bind dan ’n plastieksak om

die kop vir 30 minute

en spoel daarna

af met ’n roosmarynaftreksel.

S

Bron: http://www.kruiekraaikoning.co.za/afrikaans/

3

4 ••• HOOFSTORIE

Produsente in hul noppies met

nuwe koringkultivars

Senwes hou in samewerking met Sensako, jaarliks tussen September en November boeredae om te sien hoe

die koringkultivars wat aangeplant is, presteer. Nadat die proefresultate van die stroopseisoen beskikbaar is,

word daar ook inligtingsdae in Maart vir produsente gehou.

IN 2010 WAS DIE KORINGPRYS ONDER

GEWELDIGE DRUK EN BOON OP HET

PRODUSENTE NOG GEBUK GEGAAN

ONDER ERGE VOËLSKADE. DIT WAS

BLOOT NET NIE EKONO MIES

REGVERDIGBAAR OM KORING

TE PLANT NIE, MAAR DIE

SITUASIE HET EGTER OMGE-

SWAAI TOE DIE PRYS STYG EN

PRODUSENTE BLOOTSTELLING

AAN NUWE KULTIVARS GEKRY HET.

> TEKS: RUTH DAVIES EN WIKUS BERGH

>> WAT BETEKEN DIE KULTIVARNOMMERS?

3 – droëland

8 – besproeiing

7 – groeiperiode (kort/

medium/lank)

8 – jaar wat kultivar vrygestel is

5 – groeiperiode

(kort/medium/lank)

7 – jaar wat kultivar

vrygestel is

Die ontwikkeling wat deur Sensako

gedoen word, is noodsaaklik om die produsente volhoubaar

te laat boer deur hoër opbrengste te lewer.

Sensako het nuwe kultivars aan hul lisensiehouers,

waarvan Senwes een is, beskikbaar gestel. Die ver an-

dering wat aan kultivars ingeteel is, het meegebring

dat voëlskade verminder word as gevolg van die meer

aggressiewe baardontwikkeling. Vyf produsente wat

die kultivars self plant óf vir Orkney Saad kweek, het

met Scenario oor die sukses van die kultivars gesels.

DOLF DU BRUYN (BULTFONTEIN) N)

Dolf sal verseker SST 347 en SST

387 (droëland) vir produsente

in sy gebied aanbeveel. Hy het

in die afgelope stroopseisoen ’n

gemiddeld van 3,8 ton SST 387 en

4,2 ton SST 347 op sy oorlêlande

gestroop. “SST 387 het die potensiaal aal

om ’n gemiddelde opbrengs van 5 ton te bereik –

jou bemesting en bestuur moet net reg wees,” het

hy gesê.

As hy moet kies, sal hy ’n pakket van lang en

kort groeiers plant. Dolf plant daarom ook SST

875, SST 884, SST 835 en SST 843 onder

besproeiing. Die optimale plantdatum vir SST 875

is 20 Junie. Deur net die plantdatum aan te skuif

na middel-Julie, spaar jy ’n maand se krag en water.

“Produsente moet hulself nie blind staar teen die

opbrengs van die kultivar nie, maar hulle moet ook

die ekonomiese kant in ag neem,” het Dolf gesê.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

In die afgelope stroopseisoen het hy ’n gemiddelde oes van

8,5 ton op die SST 875-lande gekry.

MICHEL BREEDENKAMP (HOOPSTAD) TAD)

Dié produsent van Hoopstad het baie

vertroue in SST 347, omdat dit ’n

aanpasbare kultivar is. SST 387 groei

dalk nie baie hoog nie, maar die stroper r

praat as dit by oestyd kom. “Hierdie

kultivar se baarde is baie aggressief en

stekerig en die voëltjies kry daarom nie op

dit gesit nie. Die staanvermoë van die kultivar is ook baie

beter,” het hy verduidelik. In die afgelope seisoen het hy

’n opbrengs van 5,5 ton op die SST 387, wat op ruslande

geplant is, gekry. Hy sê hy gaan dié kultivar verseker by sy

2012/2013-pakkie insluit.

Michel verkies dit ook om ’n pakket van lang en kort

groeiers te plant. “Dit is nodig om ook ’n kort groeier te

plant, want as jy ’n warm jaar kry, gaan die lang groeier

swakker doen.”

“Om goeie opbrengste te lewer, is dit belangrik dat

produsente se praktyke, soos die regte koringstropers, in

plek moet wees. Dit is ook belangrik dat jou kunsmis diep

ingesit word, vasgetrap word en dat die saad nie ’n blad

maak nie. Jy moet ook jou risiko kan bepaal met die vog in

jou grond en laastens soek koring vaste, los grond – met

ander woorde jy moet jou diep grond vroegtydig los maak en

dan moet dit vasreën,” het hy gesê.

HENDRI DE KOCK (VAALHARTS)

Hendri meen dat as jy ’n opbrengs van

7 ton op Vaalharts kry, is dit ’n goeie

oes. Die SST-kultivars oortref egter sy

verwagtinge. SST 877 het ’n opbrengs

van 9,2 ton (wat sy vloedlande insluit) die

afgelope seisoen op sy plaas gelewer.

Hy sê die SST-kultivars presteer uitstekend op Vaalharts.

“Dit kan droogte hanteer en onder spilpunt val dit nie om

nie. SST 877 is veral ’n wenner! Dié kultivar het ordentlike

are,” het hy gesê.

Sy plantestand gaan die 2012/2013-seisoen 120 kg

per hektaar wees, wat volgens Willem Botha (Bestuurder:

Senwes Groothandel) ook die aanbevole plantestand vir ’n

goeie opbrengs is.

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

HOOFSTORIE •••

’n Saamdra-koringgids

BESPROEIINGSKULTIVARS

SST 884 (nuut)

• Semi-dwerg variëteit met effe langer groei-

periode as SST 843 en soort gelyk aan SST 822.

• Uitstekend aangepas vir laat aanplantings

in die koeler en warmer besproeiings gebiede.

• Klop SST 843 betekenisvol.

• Beskik oor goeie weerstand teen geelroes en

poeieragtige meeldou.

• Beskik oor “stay green” effek wat goeie droogteverdraagsaamheid

aandui.

• Goeie staanvermoë weens die teen woor digheid

van die soliede stameienskap.

• Beskik oor ’n goeie wortelstelsel wat water- en

voedingsopname bevoordeel asook wortelsiektes

goed hanteer.

• SST 884 het uitstekende graderings kwaliteit.

• Word bemark onder ’n nuwe lisensie model.

SST 875 (nuut)

• Medium tot kort groeiperiode- kultivar.

• Presteer 6% - 10% beter as huidige kommer siële

kultivars.

• Goeie staanvermoë soortgelyk aan SST 835.

• Beskik oor “stay green” effek wat droogte verdraagsaamheid

aandui.

• Goeie graderingskwaliteit.

• Beskik oor goeie geel- en blaarroesweerstand.

• Word bemark onder nuwe lisensie model.

SST 867 (nuut)

• Beskik oor ’n uitstekende en stabiele opbrengspotensiaal

vir KwaZulu-Natal.

• Eerste eksklusiewe vrystelling vir

besproeiingsgebied.

• Goeie staanvermoë weens die teenwoor digheid

van die soliede stameienskap.

• Het goeie weerstand teen stamroes.

• Beskik oor goeie graderingskwaliteit en uitloopweerstand.

• Word bemark onder nuwe lisensiemodel.

SST866 (nuut)

• Beskik oor ’n uitstekende en stabiele opbrengs -

potensiaal vir veral warmerbesproeiingsgebiede.

• Vir die eerste keer kommersiële opbrengste

op konstante basis rondom 8 ton per hektaar

opgelewer vir die warmer areas, klop ander

kultivars in aanplantings met meer as 5% ten

opsigte van laasgenoemde.

• Goeie staanvermoë weens die teenwoordigheid

van die soliede stameienskap.

• Word bemark onder nuwe lisensiemodel.

SST 877

GERHARD BOTHA (VILJOENSKROON) ON)

• Lang groeiseisoenlengte.

Gerhard boer saam met sy pa, Arnold,

• Hoë opbrengspotensiaal met vroeë aanplantings.

in die Viljoenskroon-distrik. Waar

hulle boer, het produsente veral baie

• Presteer uitstekend in koeler besproeiingsgebiede;

is ook aangepas in warmer gebiede.

• Uitstekende staanvermoë (soliede stam).

voëlskade. “Die voëls eet op sommige

plekke tot ’n ton koringsaad op. Gerhard d

• Weerstand teen stamroes.

is daarom baie in sy skik met SST 875, vervolg op bladsy 6

5

6 ••• HOOFSTORIE

Nuwe koringkultivars

vervolg van bladsy 5

omrede die baard dikker, langer en wyer is en die voëltjies

nie daarop kan sit om die saad te eet nie. SST 875 het in

die afgelope seisoen ’n gemiddelde opbrengs van 9,5 ton

op hul plaas gelewer.

“Ons gaan verseker meer in 2012 van hierdie kultivar

plant,” het hy gesê. Die voëlskade by die SST 843 is laer,

omdat sy groeiperiode so kort is.

Gerhard glo daarin om ’n kombinasie van die lang en kort

groeier te plant. “As ons mielies gestroop word, moet die

lang groeier dadelik geplant word en direk daarna die kort

groeier.”

CASPER BOTHA (POTCHEFSTROOM) M)

Casper plant besproeiingskultivars en

meen SST 835, wat ’n ouer kultivar

is, hou nie kers vas met die nuwe SST

875-kultivar nie. “SST 875 het ’n beter

genetika en dit is baie beter bestand teen en

voëls,” het hy gesê.

SST 884 het ook beter presteer as SST 843, wat die

ouer groeier is. Dié nuwe kultivar het ’n korter tydperk om te

stoel en daarom gaan Casper sy plantestand opskuif na 140

kg. “Hoe meer plante daar is, hoe meer halms is daar,” het

Casper verdui delik.

Sy opbrengs met die laaste seisoen was 8,5 ton (SST

875) en 7,4 ton (SST 884).

ORKNEY SAAD KORINGSAADVERMEERDERING

As lisensiehouer van Sensako, word koringsaad deur Senwes

Orkney Saad vermeerder vir bemarking en verkope deur

Senwes Village. Die koringsaadsaadvermeerderingsprojek wat

in 2009 in aanvang geneem het, verteenwoordig ongeveer

30% van Orkney Saad se bedryfsaktiwiteite. Tans word slegs

besproeiingskultivars deur Orkney Saad vermeerder.

Verskeie saadkwekers is deur Orkney Saad geïdentifiseer

en ooreenkomste vir die vermeerdering van saad is met die

kwekers aangegaan. Kwekers word vergoed volgens aanvaar

bare bedryfsnorme wat eie is aan die kweek van saad. Daar

word tans van 11 saadkwekers gebruik gemaak, wat versprei

is oor die Westelike en Sentrale Vrystaat en Noord wes-

Provinsie.

Ashley Dodkins is Orkney Saad se gemagtige Saadinspekteur

wat toesien dat alle Sansor-reëls en -regulasies

ten opsigte van gesertifiseerde saad nagekom word.

Gereëlde inspeksies op geregistreerde lande word gedoen,

om te verseker dat kultivarsuiwerheid ten alle tye nagekom

word en aan al die vereistes voldoen wat deur Sansor

neergelê word. Slegs gesertifiseerde saad word deur Senwes

Orkney Saad vermeerder en verwerk.

’n Saamdra-koringgids (vervolg van bl 5)

SST 843

• Is ’n dubbel-dwerg koring met ’n vinnige

groeiperiode (vinniger as SST 822).

• Kort groeiseisoen.

• Kan hoër bemestingsvlakke hanteer sonder om te

val.

• Matige stoelvermoë (140 kg/ha - 150 kg/ha).

• Nie gevoelig vir besproeiingskedulering soos SST

822 nie.

• Goeie weerstand teen geelroes en poeieragtige

meeldou.

• Uitstekende toleransie teen Karnalbrand.

• Uitstekende graankwaliteit.

• Beste in die mark ten opsigte van die vinnige

groeiers.

SST 835

• Is ontwikkel vir die koeler besproeiingsgebiede.

• Dit is die eerste dubbel-haploiëde kultivar wat in

Suid-Afrika vrygestel is.

• Medium tot kort groeiperiode.

• Veral aangepas in koeler gebiede en KwaZulu-

Natal besproeiingsgebiede.

• Goeie staanvermoë vanweë stewige stam.

• Goeie weerstand teen geelroes, meeldou en

Karnalbrand.

CRN 826

• Uitstekende opbrengspotensiaal.

• Goeie bak- en maaleienskappe.

• Medium groeiseisoenlengte.

• Goeie geelroesweerstand asook poeieragtige

meeldou.

• Goed aangepas in koeler en warm besproeiingsgebiede

vir vroeë en later aanplantings.

SST 806

• Medium groeiperiode, alhoewel effe later as SST

876, met uitstekende opbrengspotensiaal.

• Veral goed aangepas in die koeler gebiede.

• Lewer hoë hektolitermassa, uitstekende

bakkwaliteit en uitstaande graankwaliteit.

• Uitstekende staanvermoeë vanweë stewige

stameienskap.

• Strooi effe korter as SST 876.

• Weerstand teen geelroes en blaarroes.

• Weerstand teen meeldou.

SST 876

• Medium groeiperiode met hoë opbrengspotensiaal.

• Hoë hektolitermassa, goeie bakkwaliteit,

duisendkorrelmassa en goeie kwaliteit graan.

• Goeie staanvermoë vanweë ’n stewige stam.

• Weerstand teen geelroes.

vervolg op bladsy 8

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

8

••• HOOFSTORIE

Nuwe koringkultivars

vervolg van bladsy 6

KORINGSAADBEMARKING – SENWES VILLAGE

Willem Botha (Bestuurder: Senwes Groothandel) is

verantwoordelik om die saad te bemark deur gebruik

te maak van die Village-strukture (Insetbemarkers en

Village Bestuurders). Die koringaanplantvolumes in

Senwes se bedieningsgebied word jaarliks in Desember-

en Maartmaand deur die insetbemarkers aan Willem

deurgegee. Orkney Saad is dan verantwoordelik om die

spesifieke kultivarbehoefte te vermeerder.

Bo en behalwe die saad wat aan klante in Senwes se

bedieningsgebied verkoop word, het Willem ook agente

buite dié bedieningsgebied wat saadbemarking vir hom

doen. Hulle neem namens Senwes Village die bestellings by

die klante, waarna die saad vanaf die Orkney Saadfabriek na

die klant versprei word. Volgens Willem is daar ’n behoefte

onder produsente buite Senwes se bedieningsgebied om

van dié kwaliteitsaad in die hande te kry.

Sedert Senwes ’n S ensako-lisensie bekom het, het

hulle toegang tot die volledige Sensako kultivarreeks. “Ons

span is deel van Sensako se ontwikkelingsprogram en ons

ontvang ook deurlopend opleiding in hierdie verband. Deur

hierdie projek help ons produsente om volhoubaar te boer,”

het Willem gesê. Sensako stel hul kultivars ná ongeveer tien

tot twaalf jaar vry sodat lisensiehouers dit kan verkoop.

Wanneer die klant klaar sy saad bestel het, sal die

betrokke Insetbemarker, Village Bestuurder of Agent die

aflewering van die saad reël. Indien jy meer inligting oor

Sensako se kultivarreeks verlang, lees meer op bladsy 5, 6

en 8 (’n Saamdra-koringgids). Jy kan ook vir Willem by

083 441 0215 óf jou naaste insetbemarker skakel. S

Ruth Davies is die Redakteur van S enwes S cenario. Wikus Bergh is

Pro duk sie bestuurder: Sensako. Vir meer inligting kontak hom by

082 388 0313 vir meer inligting.

’n Saamdra-koringgids (vervolg van bl 6)

DROËLANDKORING

SST 374 (nuut)

• Goed aangepas vir laat planttye in die

winterkoringproduksieareas van die Vrystaat.

• Dit verskaf grasie aan produsente om die

plantaksie betyds af te handel.

• Dit besit goeie weerstand teen al die ekonomies

belangrike siektes en peste, wat insetkoste

drasties kan verlaag vir die produsent, soos

byvoorbeeld Russiese koringluis en geelroes.

• Uitstekende graderingskwaliteit.

SST 387 (nuut)

• Lang groeiseisoenlengte geskik vir vroeër

aanplantings.

• Hoë opbrengspotensiaal met goeie siekte weerstand

teen die Russiese koringluis, geel- en

stamroes.

• Presteer uitstekend in die hele Vrystaat.

• Goeie uitloopweerstand en droogteverdraagsaam-

heid.

• Uitstekende omvalweerstand.

• Goeie pitvastheid, minder voëlskade.

SST 347 (nuut)

• Nuwe kultivar met uitstekende opbrengspotensiaal

vir Sentraal- en Wes-Vrystaat.

• Nommer een kultivar in LNR-proewe vir die

2009-seisoen se vroeë aanplantings.

• Baie goeie weerstand teen Russiese koringluis.

• Uitstekende staanvermoë en pitvastheid.

• Goeie uitloopweerstand en droogteverdraagsaamheid.

SST 356

• Kultivar wat insetkoste bespaar met uitstekende

opbrengspotensiaal.

• Nommer een kultivar in LNR-proewe vir Sentraal-

en Oos-Vrystaat se vroeë aanplantings.

• Uitstekend aangepas onder aanvullende

besproeiingstoestande.

• Medium groeiperiode geskik vir vroeë en laat

aanplantings.

• Goeie uitloop en omvalweerstand asook

pitvastheid.

Só lyk die

koringsakkies

wat deur

Senwes Village

versprei word.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

Village... Your LONG-TERM Partner

The Senwes Village mechanisation division supplies quality farming equipment such

as tractors, harvesters, balers, planters and other farming implements. We are the farmer’s

Our specialised workshops allow Senwes Village to offer sustainable long-term support and unequalled aftersales

service.

Senwes Village is the intelligent choice when it comes to agricultural mechanisation solutions. We offer genuine

parts as well as quality used implements.

village

We measure our service excellence by our high

standard of execution in delivering quality products

and superior services, thereby establishing long-term

relationships of mutual trust.

TOLL-FREE: 080 941 4011 | www.senwes.co.za | www.senwes.mobi

10 ••• KOLLIG OP PAUL MARE

Op sy gelukkigste

tussen sy stoetdiere

MET DIE INTRAPSLAG IN PAUL MARÉ

(59), VAN VLAKVLEI BOERDERY IN

DIE VILJOENSKROON-DISTRIK, SE

KANTOOR HET EK DADELIK BESEF

DAT OM ’N STOETPRODUSENT TE

WEES, SIT NIE SOMMER IN ENIGE

MAN SE BROEKSPYPE NIE – DIT

IS ’N HARDE, VOLTYDSE WERK

WAT BAIE ADMINISTRASIE- EN

BESTUURSVAARDIGHEDE VERG.

> TEKS: RUTH DAVIES

> FOTO’S: WAYNE VILJOEN

’n Mens sou dadelik sê dat die

stoetboerdery sy hoofvertakking is, maar hy verduidelik

dat dit slegs sy “stokperdjie” is – want hy raak

opgewonde en passievol as hy oor sy beeste gesels.

Die saaiboerdery en stoetery vul mekaar absoluut

aan. Daar is twee kalfseisoene. “Die somerkalfkoeie

kalf voor planttyd. Ek hoef dus nie my aandag te

verdeel tussen koeie wat kalf en die plant van mielies

nie. Die winter- en somerkalwers se speen gewigte

verskil normaalweg nie veel nie, omdat daar genoeg

mieliereste vir hulle in die winter beskikbaar is. Indien

Sybrand van Niekerk is Paul se regterhand by die

beeste.

’n vers na haar eerste somerkalf sou oorslaan (soos

dikwels gebeur) en daar nie ’n winterdekseisoen is

nie, verloor jy ses maande van haar produktiewe

lewe,” verduidelik hy.

Met ’n siviele ingenieursgraad agter sy naam en

’n honneursgraad in besproeiing, het hy nooit gedink

dat hy ’n loopbaan in boerdery sou begin nie. “Ek

het altyd belanggestel in plante en diere, omdat dit

vir my interessant was, maar nooit het ek gedink dat

ek ’n beroep daarvan sou maak nie.”

Sy eerste ontmoeting met die landbou was toe

hy vir ’n landbou-ingenieursfirma gewerk het waar hy

hoofsaaklik betrokke was by waterafloopbeplanning,

grondddamme en besproeiingsisteme.

Gedurende sy loopbaan as ingenieur was hy

onder andere ook betrokke by ’n kiwivrugprojek van

Transvaal Kiwi Orchards op Lydenburg. Hier was

hy verantwoordelik vir die uitleg van die boorde,

die wateropvangsbeplanning uit die berge en die

ontwerp van die besproeiingstelsel. Nadat hy 50 ha

van die 200 ha kiwivrugprojek voltooi het, het hy

besluit om terug te keer na sy familieplaas, Vlakvlei.

“Ek het besef daar is ’n geleentheid om te boer.

Dit is nie dat ek nie ingenieurswerk geniet het nie,

maar my ingenieursloopbaan het my nader aan die

landbousektor gebring.”

In 1983 het hy op grond naby die Vaalrivier begin

boer. Dit was ’n spekulasieplaas wat sy pa, ’n pro kureur,

gekoop het. Hier het hy met 70 kruisrasbeeste

geboer en 5 ha lusern en 2 ha kiwivrugte onder

besproeiing gevestig. Dié grond het hy mettertyd

verkoop aan Chris Bothma en destyds grond wat

daaraan grens, bygekoop, wat hy gebruik vir weiding

vir sy stoet.

In 1995 het Paul amptelik op Vlakvlei begin

boer en het ook sy grond in dié distrik oor die jare

uitgebrei. Paul se seun, Erik (22), sal die vyfde

geslag op die plaas wees as hy besluit om ná die

voltooiing van sy studies te kom boer.

WAAR HET ALLES BEGIN

Nadat Paul navorsing gedoen het oor die

verskillende beesrasse, het hy in 1987 besluit dat

hy met ’n Bonsmara stoetery wil begin. “Omdat

die Bonsmara in Suid-Afrika deur Suid-Afrikaners

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

ontwikkel is, het dit na die logiese opsie gelyk,” vertel hy.

Op daardie stadium het hy geen Bonsmara-produsente

geken nie en besluit toe om die nasionale veiling in Pretoria by

te woon. Die eerste bul het hy van Beatrice Dorrington, wat ’n

stoet op Zeerust gehad het, gekoop. Nadat hy sy kruisbeeste

verkoop het, het hy met 70 basis Afrikaner/Simmentalerkruiskoeie

begin boer. Hy het hulle opgeteel met Bonsmara

stoetbulle. “Dit was ’n baie lang pad, maar ook ’n leerskool.

Langs die pad het ek ook dierbare vriende gemaak. Ek dink

hierdie manier is baie meer bevredigend as om net stoetkoeie

te koop en te vermeerder – dit verg meer beplanning.”

BONSMARA STOET

Paul se Bonsmara stoet, wat bekend staan as Paul Maré Bonsmara

Stoet, bestaan altesaam uit 500 koeie en verse. Hy

beoog om jaarliks tussen 50 en 70 goedgekeurde Bonsmara

stoetbulle aan die bedryf beskikbaar te stel. Om hierdie doelwit

te bereik, moet daar in totaliteit sowat 1 000 beeste (ingesluit

vervangingsverse, speenverse en fase D bulletjies) op enige

gegewe tydstip op die plaas wees.

Paul sê sy teelbeleid behels die teling van aangepasde diere

vir hul omgewing. Om dít te bereik het hul hulpmiddels soos

teelwaardes, indekse en visuele beoordeling in plek gestel. “Die

mikpunt is om ’n balans te kry tussen vrugbaarheid, die koeie se

melkproduksie en groeivermoë. Sulke diere is meer ekonomies.”

Vleiskwaliteit vorm ook deel van sy teelbeleid. “Ons doen

RTU (Real Time Ultrasound), ook genoem vleissagtheidskandering.

’n Sonarmasjien word gebruik om die vetneerlegging,

marmering (vet tussen die vesel), oogspierarea en vleisopbrengs

te bepaal.” Paul meen dat die kwaliteit van vleis al meer

en meer prominent sal word in die toekoms.

Hy streef daarna om ’n bees te teel met goeie balans, die

regte bespiering (gekoppel aan uitslagpersentasie) en funk sionele

doeltreffendheid, sonder strukturele foute. “Om ’n bees

te teel sonder foute bly maar ’n uitdaging en daarom is dit

belangrik om teeldoelwitte vir jouself te stel.”

’n Groep produsente in Paul se dampkring kom op ’n gereelde

basis bymekaar om ’n dinkskrum te hou. “Ons kyk na die praktyk

en formuleer daarvolgens vir ons teeldoelwitte. Ons toets dit ook

met vooraanstaande konsultante in die bedryf.” Paul dien ook

as raadslid op die Bonsmara SA Telersgenootskap. Volgens hom

is daar nie ’n amptelike Bonsmara teelbeleid nie, omdat mense

se omstandighede in die verskillende streke verskil. Hy sê dit is

egter goed so, anders word daar dalk net in die verkeerde rigting

geteel en die ras so vasgeteel.

Een van die belangrike ekonomiese beginsels wat jy in jou

stoet moet handhaaf, is die mortaliteitsyfer. “Ek probeer

my kalwers se mortaliteit onder 2% hou. Hiermee saam

gaan voervloeibeplanning en ’n goeie inentingsprogram

(gesondheidsprogram).” Die gemiddelde kalfpersen tasie van

sy koeie is 92% en die speenpersentasie wissel tussen 88%

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

vervolg op bladsy 12

KOLLIG OP PAUL MARE

VLAK VLEI

PRODUKSIEVEILING

– 3 MEI 2012

Moenie die produksieveiling van Paul

Maré op Donderdag, 3 Mei, vanjaar

misloop nie. Dit sal sy twaalfde

produksieveiling wees. “Ek teel nou

die beeste wat ek altyd in die

vooruitsig gestel het.”

Die saaiboerdery en stoetboerdery is

in sinergie met mekaar. Een van die

veranderinge op sy plaas sluit in die

oorskakeling van rywydtes om beter by

sy biologiese presisieboerdery te pas.

11

12

••• KOLLIG OP PAUL MARE '

Op sy gelukkigste tussen sy stoetdiere

vervolg van bladsy 11

en 90%. Speenpersentasie is die getal kalwers

gespeen in verhouding tot die getal koeie gedek.

Paul gebruik die Beefpro rekenaarprogram, wat

alle inligting verwerk – vanaf geboorte tot en met die

verkoop of uitskot van volwasse diere, hetsy manlik

of vroulik. Alle prestasietoetsdata word ook daar

gestoor asook alle ander inligting soos teelwaardes,

stambome ensovoorts.

As Paul vir jongboere kan raad gee: “Konsentreer

eerstens op jou koeikudde. Koop bulle om jou vervanginsverse

te verbeter en wanneer jou koei kudde

reg is, sal die regte bulle geteel word. Wanneer jy

’n goeie bul koop, is jou trefsyfer baie hoër as jou

koeie op ’n goeie standaard is. Selekteer streng

vir strukturele foute. Meeste van die eienskappe

is laag tot medium oorerflik; dit vat lank om die

ongewenste eienskappe uit jou kudde te teel.”

DEKPRAKTYK

Aanvanklik het Paul die middel-van-die-pad-benade

ring gevolg, waar hy verse tussen 330 kg en

350 kg laat dek het. Hy het toe oorbeweeg na

’n stelsel waar die verse vroeg paar en vroeg kalf

(24 maande), maar dit het egter baie druk op die

bestuur geplaas.

“As jou bestuur nie 100% is nie, dan kry jy nie

resultate nie – die verse slaan oor, mortaliteit is hoër

en die kalwers is nie behoorlik uitgegroei met speen

nie. Jy kry ook baie distokie (moeilike kalwings).”

Hy het toe teruggegaan na ’n stelsel waar die

verse na 34 maande kalf; die gevolg is dat die

kalwers sterker is (wat maak dat die jakkalse hulle

Corinda Marais

is Paul se

regterhand aan die

administrasie-sy

van die besigheid.

nie maklik vang nie), hul geboortemassa is naby aan

die koei-kalwers se massa, die vers se moederseienskappe

is beter ontwikkel en sy kyk beter na haar

kalf. Die speengewig is gevolglik swaarder en verse

word makliker herbeset en handhaalf ook ’n goeie

interkalfperiode vir die res van hul lewe. Elke vers se

bekken word op 14 maan de deur ’n veearts gemeet

en dié met ’n klein bekken word uitgeskot. Só word

ongeveer 7% geslag, met die gevolg dat daar nie

meer ’n distokieprobleem by die verse is nie.

LYNTELING EN INTELING

Volgens Paul moet ’n mens ’n mate van inteling

hê om sukses te behaal, anders kan jy nie die

gewenste eienskappe vaslê nie en ook nie vordering

met jou stoet maak nie.

Hy het vyf verskillende bloedlyne – twee daarvan

gebaseer op die staat se lyne van destyds, waaruit die

hele Bonsmara-bedryf ontwikkel het. Die vyf lyne is

fenotipies en geneties verskillend. Die koeie in ’n lyn

is egter sterk geneties verwant. Paul is in die proses

om die lyne sterker te maak, deur die inte lings -

persentasie van elke dier in ’n lyn te verhoog (lynteling),

waarna die verskillende lyne met mekaar

gekombineer sal word. Die lyne word oorkruis gebruik

en die nageslag word geevalueer om sodoen de vas

te stel watter lyne ’n goeie kombi nasie gee om sy

teeldoelwitte te bereik. “Ek is tans besig om die lyne

sterker te maak maar toets reeds kombinasies...en

hopelik sal ons die super Bonsmara in die toekoms

daaruit teel,” sê hy met ’n knipoog.

Kalfies word volgens stambome geklassifiseer.

As ’n kalfie hiervolgens aan ’n lyn behoort, word

hy of sy met ’n kleurkode aan die oor gemerk,

byvoorbeeld die Edelheerlyn se kleur is geel.

Wanneer sy gedek word na haar eerste kalf (verse

loop met hul eerste kalwers in hul kontemporêre

groepe) word sy na haar lyn geskuif. Die doel

hiermee is om die koeie in ’n lyn op naastenby

dieselfde inteelpersentasie te kry.

KI word nie standaard toegepas nie, maar

slegs met spesifieke doelstellings. “Ek maak van

natuurlike, enkelbulparings gebruik, maar doen KI

as ’n addisionele hulpmiddel om sekere koeie met

spesifieke bulle te beset.”

HOOFDOEL VAN STOET

“Eerstens wil ek ’n stoet bedryf wat bulle lewer tot

finansiële voordeel van die kommersiële produsent.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

Wanneer ’n stoetteler ’n bul by my koop, is dit

’n bonus. Ek streef daarna om goeie genetika

beskikbaar te stel, wat die kommersiële kuddes in

ons distrik kan verbeter.” Hy het aanvanklik al sy

stoetbulle aangekoop, maar hy is nou by ’n punt

waar hy kan sê hy produseer self die bulle wat hy

graag wil gebruik. Wat sy koeie aanbetref, is sy

kudde geslote. “’n Nuwejaarsvoorneme van my is

om geen meer koeie in te koop nie.”

VOERPROGRAM

Sy koeie kry jaar in en jaar uit natuurlike voeding,

naamlik: aangeplante weiding, mieliereste of natuurlike

weiding. In die winter kry hulle ’n energielek en

in die somer ’n fosfaatlek – daarby ingesluit is al die

nodige minerale. Nadat die jong diere gespeen is,

word die verse ook op dieselfde weidings gesit met

dieselfde lek en geen byvoeding nie.

Die bulletjies gaan almal in ’n fase D toets, waar

hulle ’n produksielek (hoë energie voer) gegee word,

totdat hulle aan die einde van die toets deur senior

Bonsmara-keurders geëvalueer en goed- of afgekeur

word. Ons streef na so 1,4 kg/dag groei. Die

eindgewig-mikpunt vir fase D kalwers is 430 kg na

120 dae. Hulle kry dan ook indekse vir groei (GDT)

en word gemeet vir verskillende eienskappe soos

veldikte, liggaamslengte, skouerhoogte ensovoorts.

Ná die fase D toets gaan die bulle veld toe en

daar loop hulle vir byna twee jaar totdat die veiling

plaasvind. Bulle wat nie veldaangepas is nie, word

geïdentifiseer en uitgeskot. Net voor die veiling word

die bulle geklas, hul vrugbaarheid word ondersoek

en hulle word visueel beoordeel. Dit word gedoen

om doodseker te maak dat daar geen afwykings

plaasgevind het nie. 80% van die bulle word op die

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

KOLLIG OP PAUL MARE

’n Voorsmakie van wat by Paul se produksieveiling

op 3 Mei vanjaar te sien sal wees.

produksieveiling verkoop en 20% uit die hand.

Net soos die goedgekeurde bulle, gaan die verse

ook veld toe, totdat hulle gedek kan word. Hulle

word op 12 maande en 18 maande geëvalueer op

grond van hul gewigstoename. Die verse word as ’n

kontemporêre groep geëvalueer en hul gewig word

uitgedruk in terme van die gemiddeld van die groep

as ’n indeks. Daarvolgens word hulle gekeur en

geselekteer.

Paul beskik oor 647 ha aangeplante weiding

(hoofsaaklik Smutsvinger) en 2 600 ha natuurlike

weiding (waaronder vleiweiding).

Die drakrag van sy veld is ongeveer 5 ha per

grootvee-eenheid. “Ek kan egter meer beeste

aanhou omdat ek oesreste in die winter het.”

Wanneer dit kom by die bestuur van sy beeste se

lekke het hy drie reëls: “jou beeste het altyd lek in

die bak (genoeg bakke) en wanneer die beeste se

inname te hoog word, word hulle na ’n nuwe kamp

geskuif. Derdens word die veevoervervaardiger se

innamereëls streng nagevolg. Sout help om die

innames te beheer.”

GESLAGSIEKTES

Paul draai nie doekies om wanneer hy oor die

bestuur van geslagsiektes gesels nie. “Ek is baie

streng daarop. Bulle word na dek en weer voor die

volgende dekseisoen vir trichomoniase en vibriose

getoets. Nog ’n noodsaaklikheid is die ent vir BM.

Die verse word Stam 19 entstof tussen drie maande

en ses maande geënt. Ná speen word hulle RB51

geënt en dit word ook weer herhaal.” So hoop hy

om alle stamme van die siekte te dek.

Hy gesels verder oor bulbestuur. “As die bulle van

vervolg op bladsy 14

13

14

••• KOLLIG OP PAUL MARE '

Op sy gelukkigste tussen

sy stoetdiere

vervolg van bladsy 13

die koeie af kom, word hulle in geëlektrifiseerde bulkampe

gesit (geïsoleerd van mekaar) en getoets soos

vroeër vermeld. Indien die uitslag negatief is, gaan

hulle na ’n groot weikamp waar hulle saam loop. Hier

is hulle weer geïsoleerd van die bure se beeste.

’n Maand voor die volgende dekseisoen word

hulle weer teruggebring na die bulkampe, waar hulle

getoets word vir vrugbaarheid en wéér getoets word

vir trichomoniase en vibriose. As die bul albei toetse

slaag, word hy in die koeitrop aangewend. Die

koeitroppe word sewe dae ’n week daagliks in die

veld deur twee werkers besoek – hulle maak onder

andere seker dat die bulle nie oor die drade spring

na ander beeste in die omgewing nie.

NUWE TEGNOLOGIE IN DIE PYPLYN

Op Vlakvlei word daar van alle hulpmiddels moontlik

in die stoetery gebruik gemaak. Die nuutste

tegnologie wat reeds in Amerika en Europa gebruik

word, is genetiese merkers wat met DNS-toetse

Ons geelmielies lyk goed op papier

en nóg beter op die land.

DEKALB ® – Dis mos mielies!

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za

Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com.

Net Abacus ® van BASF gee AgCelenceTM . Vir meer inligting oor Abacus ® , SMS* die woord “ABACUS12”,

jou naam en area na 33090 en ons skakel jou terug. *SMS-koste is R1.50.

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852, Midrand Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 Epos: AgCelence-za@basf.com.

Abacus ® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Skadelik.

Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket. Abacus ® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

geïdentifiseer word. “Dit begin al meer die gonswoord

raak en ek wil dit definitief in die nabye

toekoms in my boerdery gebruik.”

Paul besef al te goed dat Rome nie in een dag

gebou is nie, “maar met deursettingsvermoë,

geloof en positiwiteit sal ek enige landbou-uitdaging

vierkantig in die oë kyk.”

Voor ek in die pad val, vertel Paul my van sy

twaalfde produksieveiling wat 3 Mei vanjaar op

Vlakvlei plaasvind. As ek na dié agtermekaar

produsent en sy spoggerige stoet kyk, sal ek, as ek

jy was, seker maak ek mis nie uit op dié dag nie. S

“Met deursettingsvermoë,

geloof en positiwiteit

sal ek enige landbouuitdaging

vierkantig in

die oë kyk.”

Ruth Davies is die Redakteur van S enwes S cenario.

Dis mos die keuse!

Geelmielies

Hoë opbrengspotensiaal

Stabiliteit

Goeie staanvermoë

Besproeiing

Nuut

Nuut

Nuut

Nuut

Nuut

Nuut

Nuut

Nuut

Nuut

Nuut

DKC62-80BR GEN

DKC64-78BR GEN

DKC73-76R

DKC62-84R

DKC73-74BR GEN

DKC62-80BR

DKC66-60BR

DKC64-78BR

DKC73-70B GEN

DKC73-72

DKC80-40BR GEN

DKC80-12B GEN

DKC66-36R

DKC80-12B

DKC80-30R

DKC80-40BR GEN

DKC66-32B

DKC80-10

van BASF

A06308/SS

Village... waar ALMAL bymekaarkom

Senwes Village beloof ‘n inkopie-kuierervaring vir die boer wat graangewasse verbou en produkte

vir sy veevertakking benodig tot die selfdoener wat op soek is na goeie gehalte selfdoenprodukte.

BREEK NUWE GROND

village

Die hoë standaarde waarteen ons dienslewering

meet, verseker uitmuntendheid in die verskaffing van

kwaliteit produkte en diens, om sodoende langtermyn

verhoudings van wedersydse vertroue te bou.

TOLVRY: 080 941 4011 | www.senwes.co.za | www.senwes.mobi

16

••• LANDBOU-TEGNIEK

Hoeveel jaag

winterweidingsgewasse

jou uit die sak?

ONS IS NOU MIDDE IN DIE SOMER

EN WEIDINGS LYK GOED. DIE WINTER

IS NET ’N VERGESIG, MAAR IS OOK

WEER EERSDAAGS OP ONS. DIE

BEPLANNING VIR WINTERWEIDINGS

MOET EINTLIK NOU REEDS

AFGEHANDEL WEES, MAAR DAAR

IS NOG TYD OM VINNIG ’N PLAN OF

TWEE TE MAAK.

> TEKS: IZAK DU PLESSIS

Die beste tyd om winterweidings te vestig

is Februarie/Maart, aangesien daar dan grond vog

opgegaar is vir die nuwe aanplantings en reën kom

nog voor terwyl die plantjies vestig.

Lukrake aanplantings is nie die antwoord nie.

Die eienskappe van die verskillende winter wei dingsgewasse

moet in aanmerking geneem word tydens

die voervloeibeplanning. Die wintergewasse moet

met die somergewasse gekombineer word om die

gapings, wat tydens die winter en lente ontstaan,

aan te vul.

Dit is verder ook ’n duur speletjie om winterweidingsgewasse

te plant, daarom is dit raadsaam

om dit eerder vir hoogs produserende diere aan te

wend. Dit sluit laat dragtige, lakterende en jong,

groeiende diere in.

Die aanwending, benutting en vestigingskoste

van groenvoer, raaigras, Japanese radyse en

langswenkgras sal kortliks bespreek word en ter

samevatting sal riglyne oor die inskakeling van dié

gewasse by mekaar bespreek word.

GROENVOER

Groenvoer is ’n gemeenskaplike term vir die

wintergrane wat as weiding geplant word en sluit in

– Benut dié gewasse só

hawer, gars, rog, korog en koring (sien Tabel 1 vir

die verskillende kultivars). Hawer word egter meer

algemeen as winterweiding aangeplant (die ou

produsente het geglo dat solank daar ’n “berg” in

jou winterweiding-aanplantings is, is jy reg).

TABEL 1: VERSKILLENDE GROENVOERKULTIVARS.

Gewastipe Kultivar

Hawer Drakensberg

Witteberg

Perdeberg

Overberg

SWK 1

Heros

Le Tucana

Korog SSKR 1

PAN 248

PAN 229

Kiewiet

Rog SSR 1

PAN 263

Sorom

Deur die spesie, kultivar en plantdatum te wissel,

kan daar middel-April tot einde September weiding

aan diere voorsien word (Tabel 2). Die beste

kultivars vir weidingsdoeleindes is die winter-

en intermediêre tipes. Wintertipes het ’n hoë

kouebehoefte en moet vir ’n lang periode aan

koue blootgestel wees alvorens dit sal saad skiet.

Intermediêre tipes se kouebehoefte wissel en hulle

skiet nie so vinnig saad soos die lentetipes, wat

geen kouebehoefte het nie. Lentekultivars groei

vinnig en regop en is meer geskik vir saadproduksie

as weiding.

BENUTTING VAN GROENVOER

Aangesien beweidingsverliese deur vertrapping,

vermorsing tot gevolg het, is dit raadsaam om

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

die groenvoer vir slegs twee ure per dag te laat

bewei. Diere neem in elk geval 70% - 80% van

hul daaglikse droë materiaalbehoefte gedurende

hierdie twee-uur-periode in. Hierdie praktyk het

ook tot gevolg dat die diere minder geneig is tot

maagwerkings.

Die gebruik van klein kampies vergemaklik die

bestuur van die weiding. Kol-seleksie word beperk

en rotasiebeweiding word vergemaklik.

Vir ’n konstante voervoorsiening en beter

weidingsproduksie, is dit dan ook belangrik om nie

die hele oppervlakte met een slag te vestig nie,

maar eerder in twee of drie gedeeltes met twee

weke tussenposes. Indien ’n te groot oppervlakte

met een slag gevestig word, sal daar dele wees

wat begin are vorm alvorens dit bewei is. Sodra

groenvoerare begin vorm het, groei dit nie meer

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

LANDBOU-TEGNIEK •••

vegetatief nie en sal dit dus nie weer uitloop nie.

Die weiding se produksie en benuttingsperiode word

hierdeur verminder.

Energie kan beperkend wees met groenvoerweidings

en ’n goeie lek met genoegsame energie

of aanvulling met mielies (100 gram - 300 gram

mielies/ooi of lam/dag) is noodsaaklik. Al die

voervervaardigers het egter deesdae ’n produksielek

vir groenweidings, wat gebalanseer is volgens die

behoeftes van die dier. Voorbeelde hiervan sluit

Vyfster Superster van Sernick Veevoere, Meester

20, Background 18 en Pro 16 van Molatek asook

Molovite en Supermol van Voermol in.

Die drakrag van groenvoer varieer na aanleiding

van die reënval en grondpotensiaal. In Tabel 3 word

die drakrag van groenvoerweidings by verskillende

reënvalsituasies opgesom.

vervolg op bladsy 18

TABEL 2: WEIDINGSVOORSIENINGSTYE VAN VERSKILLENDE GROENVOERKULTIVARS.

KULTIVAR JAN FEB MRT APR MEI JUN JUL AUG SEP OKT NOV DES

P (100) xxxxxxxxxxxxx

Witteberg

P (120) xxxxxxxxxxx

P (127) xxxxxxxxxxxxxx

P (55) xxxxxxxxxxx

Perdeberg

P (74) xxxxxxxxxx

P (109) xxxxxxxxxxxxx

P (57) xxxxxxxxxxx

Overberg

P (75) xxxxxxxxxx

P (105) xxxxxxxxxxxxx

P (68) xxxxxxxxxx

Heros

P (80) xxxxxxxxxxxxx

P (112) xxxxxxxxxxxxx

Rog

P (56) xxxxxxxxxxxxxx

SSR 1

P (86) xxxxxxxxxxxxxxxx

Korog

P (65) xxxxxxxxxxxx

SSKR 1

P (91) xxxxxxxxxxxxxxxx

P = Plantdatum

( ) = Aantal dae vanaf plant tot beweiding

xxx = Weitydperk

TABEL 3: DRAKRAGNORME VIR GROENVOERWEIDINGS BY VERSKILLENDE REËNVALSITUASIES.

Verwagte opbrengs Drakrag vir 90 dae Drakrag vir 90 dae

Reënval (mm/jaar) (ton/ha)

(KVE/ha)

(GVE/ha)

375 - 450 0,8 4 0,7

450 - 525 1,2 6 1,0

525 - 600 1,5 8 1,3

600 - 675 2,0 10 1,7

17

18 ••• LANDBOU-TEGNIEK

Winterweidingsgewasse

vervolg van bladsy 17

RAAIGRAS

Raaigras is by uitstek ’n besproeiingsgewas,

aangesien dit meer as 1 000 mm water per jaar

benodig. Met vestiging word 25 mm elke 4 - 5

dae aanbeveel en daarna is die waterbehoefte van

raaigras 25 mm/week.

Westerworld raaigras is geskik vir aanplanting

gedurende die vroeë herfs (Februarie/Maart), dit

is dagliggevoelig en produseer beter as Italiaanse

raaigras gedurende die koue wintermaande (Junie/

Julie). Aan die ander kant kan Italiaanse raaigras

gedurende die vroeë lente (Augustus/September)

of herfs (Februarie/Maart) geplant word. Italiaanse

raaigras lewer beter produksie gedurende die lente

as Westerworld raaigrasse.

Raaigrasse word ook in diploïede- en tetraploïede-tipes

verdeel. Tetraploïede-tipes groei hoër

en is smaakliker, maar nie so gehard soos diploïedetipes

nie.

Meerjarige raaigras moet verkieslik gedurende

die herfs gevestig word om kompetisie met onkruide

te verminder. Verder is die behandeling daarvan

dieselfde as dié van eenjarige raaigras.

Die onderstaande kultivars vir raaigras is beskikbaar

(Tabel 4).

TABEL 4: VERSKILLENDE RAAIGRASKULTIVARS.

Eenjarige raaigras Meerjarige raaigras

Dargle

Feast II

Fitzroy

Mispah

Voyager 12

Voyager 31

Voyager 55

Agriton (D, I)

Exalta (D, I)

Magnifico (D, I)

Agriboost (D, I)

Tabu (D, I)

Peleton (T, W)

Archie (T, W)

Energa (T, W)

Agri-Hilton (D, W)

D = Diploïed

T = Tetraploïed

I = Italiaanse raaigras

W = Westerworld raaigras

Maverick gold

Pastoral

Quartet

Bronsyn

Alto

Aberdant

Nui

BENUTTING VAN RAAIGRAS

Raaigras behoort binne ses weke uit te groei tot ’n

hoogte van 20 cm. Dit moet dan deur middel van

hoë drukbeweiding bewei word tot dit ongeveer

8 cm hoog is. Daarna moet die raaigras toegelaat

word om uit te groei tot ’n hoogte van 30 cm en

dan weer oor ’n kort tydperk (vyf dae) afgewei

word na ’n hoogte van 8 cm. ’n Beweidingsiklus

van 30 dae (vyf weidae en 25 rusdae) behoort

die raaigrasweiding genoeg te laat rus om tot die

verlangde hoogte uit te groei. Raaigras sal vir tot

solank as 240 dae weiding verskaf.

Piekproduksie geskied gedurende September

en Oktober, terwyl produksie gedurende Junie,

Julie en Augustus die laagste is. Tussen 10 ton en

15 ton droë materiaal/ha kan onder besproeiing

geproduseer word.

Die gebruik van kultivars met ’n hoë

suikerinhoud, soos Agriboost en Performer, verbeter

nie net die droë materiaalinname en verteerbaarheid

van die weiding nie, maar verbeter ook die gebruik

van die proteïene in die raaigras en dus ook die

produksie van die diere.

Meerjarige raaigras is eintlik swak meerjarig

en sal na verwagting net vir drie jaar voldoende

produksie lewer. In die vierde jaar sal dit wys wees

om die aanplanting te hervestig. Meerjarige raaigras

moet in die somer kort gewei word (van 20 cm

hoogte na 5 cm hoogte) en in die winter toegelaat

word om saad te skiet. Die wei-siklus behoort

tussen 21 dae en 28 dae lank te wees.

Soos met groenvoer, moet droë ruvoer en ’n

goeie produksielek, wat ekstra energie voorsien,

ook aan die diere voorsien word om maksimum

diereproduksie uit die weiding te verkry.

JAPANESE RADYS

Japanese radys het die vermoë om groot volumes

nat materiaal te verskaf (tot soveel as 20 ton

blaarmateriaal en tot 40 ton wortelmateriaal)

wanneer die res van die somerweidings droog en

dormant is en die winterweidings se produksietempo’s

laag is. Japanese radyse word hoofsaaklik

droëland geplant, maar ook soms onder

besproeiing. Dit versuip egter redelik maklik en die

besproeiing moet dus goed bestuur word.

Japanese radyse is ’n hoogs verteerbare voer

met ’n ru-proteïeninhoud van 16% - 26%. Die

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

voedingswaarde van die blare en knolle verskil. Blare

het ’n hoër ru-proteïeninhoud, terwyl knolle meer

energie het.

Tabel 5 dui die drakrag van Japanese radyse aan.

BENUTTING VAN JAPANESE RADYS

Beter diereproduksie word verkry indien Japanese

radyse gewei in plaas van uitgehaal en gevoer word.

Skape benut Japanese radyse beter as beeste

aangesien hulle die knolle uit die grond uit vreet.

Beeste vreet basies net die blaarmateriaal en ’n

klein gedeelte van die knolle. Met beweiding bedrae

vermorsing ongeveer 25% van die materiaal.

Die blare word eerste benut, wat tot ’n

wanbalans in die energie- en proteïenvoorsiening

aan die diere lei wanneer die knolle gevreet word.

In teenstelling met ander groen weidings sal ’n

proteïenaanvulling tydens beweiding van die knolle

voordelig wees vir diereproduksie.

Knolle wat uitgehaal word, kan net so aan skape

gevoer word, maar moet eerder in dun skywe gesny

word voordat dit aan beeste gevoer word. Groot

stukke kan die slukderm verstop met gevolglike

opblaas en moontlike vrektes.

As gevolg van die hoë voginhoud van die

Japanese radyse, word die beste resultate verkry

indien dit saam met droë voer gevoer word.

LANGSWENKGRAS

Alhoewel langswenkgras nie tradisioneel as ’n

TABEL 5: DRAKRAG VAN JAPANESE RADYSE.

Reënval

(mm/jaar)

Opbrengs

(ton DM/ha)

Drakrag vir 120

dae (KVE/ha)

TABEL 6: VERSKILLENDE

LANGSWENKGRASKULTIVARS.

Langswenkgraskultivars

Andvance

Dovey

Quantum

Jenna

Vat 5

Fuego

Au Triumph

Verdant

TABEL 7: DRAKRAG VAN LANGSWENKGRAS BY

VERSKILLENDE PRODUKSIEPEILE.

Opbrengs GVE/ha/jaar KVE/ha/jaar

10 ton DM/ha 2,1 12,6

13 ton DM/ha 2,8 16,9

16 ton DM/ha 3,4 20,8

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

Drakrag vir 120

dae (GVE/ha)

550 - 600 4 35 5,8

600 - 800 6 50 8,3

> 800 10 85 14,2

LANDBOU-TEGNIEK •••

winterweiding beskou word nie, is dit tog gepas om

dit in die winterweidingsbeplanning in aanmerking

te bring. Met goeie bestuur kan langswenkgras

vir tot 10 maande groen weiding verskaf. Dit het

twee “dormante” tye. Daar is ’n stadige groeityd

gedurende die warmste deel van die jaar (gewoonlik

Desember tot Februarie) en ook gedurende die

koudste deel van die jaar (Junie/Julie). ’n Lys van

beskikbare kultivars kan in Tabel 6 gevind word.

BENUTTING VAN LANGSWENKGRAS

Langswenkgras vestig redelik stadig en sal eers

na ongeveer 12 weke gereed wees vir die eerste

beweiding. Die aanbevole weihoogte vir langswenkgras

is 15 cm met ongeveer 30 dae tussen

weiperiodes. Diereproduksie kan skerp afneem,

indien die weiding toegelaat word om te ruig te

groei.

Vir volgehoue langtermynproduksie moet langs

wenkgras jaarliks toegelaat word om uit te groei.

Die beste rustyd blyk gedurende die herfsperiode

te wees. Dit moet ook elke tweede jaar toegelaat

word om saad te skiet. Na die rus, kan die weiding

afgesny en gebaal word.

Langswenkgras word goed deur meeste soorte

vee benut en is veral geskik vir melkkoeie, speenkalwers,

swaardragtige ooie, lakterende ooie en

speenlammers. Die drakrag van langswenkgras

by verskillende produksiepeile word in Tabel 7

opgesom.

vervolg op bladsy 20

“Die gebruik van kultivars

met ’n hoë suikerinhoud

verbeter nie net die

droë materiaalinname

en verteerbaarheid van

die weiding nie, maar

verbeter ook die gebruik

van die proteïene in die

raaigras en dus ook die

produksie van die diere.”

19

20

••• LANDBOU-TEGNIEK

Winterweidingsgewasse

vervolg van bladsy 19

“Skape benut Japanese radyse beter as beeste, aangesien hulle

die knolle uit die grond uit vreet.”

TABEL 8: KOSTE VERBONDE DAARAAN OM WINTERWEIDINGS TE VESTIG (R/HA).

Eenjarige Japanese Langswenkgras Langswenkgras

Item Groenvoer raaigras radys (vestiging) (onderhoud)

Saad 136 207 126 592

Kunsmis 508 5 229 717 1 088 3 009

Onkruiddoders 122 122

Brandstof 494 814 1 400 731 267

Reparasies 208 359 689 335 111

Smeermiddels 25 41 70 37 13

Besproeiing 2 237 2 237 2 237

Totale gespesifi seerde koste 1 370 9 009 3 002 5 141 5 637

Droë materiaalkoste (R/ton

DM)

914 751

60 nat

600 DM

643 507

KOSTE VERBONDE AAN WINTERWEIDINGS

Aangesien weidings duur is om te vestig (Tabel 8),

is dit belangrik om goed te beplan sodat die regte

oppervlaktes van die regte gewasse geplant word.

Sodoende word vermorsing met gepaardgaande

verliese beperk. Goeie bestuur sal ook help om die

meeste uit elke weidingsgewas te kry.

Groenvoer is op ’n per hektaar basis goedkoop

om te vestig en dit is waarskynlik die rede waarom

dit so algemeen as wintervoer geplant word. Die

produksie van groenvoer is baie laag, wat tot gevolg

het dat die produksiekoste per ton droë materiaal

hoog is.

VOERVLOEIBEPLANNING

Geen een van die bespreekte weidings sal genoegsame

weiding vir die hele droë seisoen verskaf nie.

Verder gaan die tradisionele winterweidingsgewasse

nie baie voer gedurende Junie/Julie produseer nie en

sal teen die doodmaakmaande (Oktober/November)

al heeltemal dormant wees. Dit sal dus noodsaaklik

wees om ’n kombinasie van die gewasse te gebruik.

Japanese radyse sal meeste van die midwinterweidingsbehoeftes

kan bevredig, veral as daar

genoegsame staande hooi beskikbaar is. Japanese

radyse kombineer goed met groenvoer en raaigras

om die midwinter tydperk te oorbrug. Radyse kan

nie tot so laat in die seisoen as die ander gewasse

benut word nie, want dit skiet vinnig saad waarna

die kwaliteit en smaaklikheid en gevolglik ook

diereproduksie vinnig afneem.

Die inskakeling van ’n weiding soos langswenkgras

sal ver gaan om die doodmaakmaande te

oorbrug. Saam met hawer gedurende die winter

en voersorghum gedurende die somer sal lang

swenkgras groot gapings in die voervoorsieningsprogram

opvul.

Alhoewel dit belangrik is om die korrekte voervloeiprogram

in plek te hê vir die wintermaande,

is dit belangriker om ’n totale voervloeibeplanning

te doen en nie net ’n program vir die winter nie.

Somergewasse en veldweiding kan ook as staande

hooi gebruik word en die plek daarvan in die voervloeiprogram

moet ook in ag geneem word, wanneer

die beplanning vir die winter gedoen word. S

Izak du Plessis is ’n Diereproduksiespesialis by Senwes

Village op Kroonstad. Vir meer inligting, skakel hom by

(056) 212-2291 of 084 504 6892 óf stuur ’n e-pos na izak.

duplessis@senwes.co.za.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

THE JOHN DEERE

458 BALER

22

••• FOKUS OP DIEREGESONDHEID

Bosluisbestuur

DELETE ALL (MSD DIEREGESONDHEID)

Versprei oor die dier se liggaam en dood

sodoende die bosluise.

Beheer ook vlieë.

Hoe langer die produk gereeld aangewend

word, hoe vinniger word die bosluisbevolking

verminder.

Twee aktiewe bestanddele uit verskillende

Beskerm

jou diere

WONDE, WURMS EN BOSLUISE IS

ALGEMENE HINDERNISSE WAT JOU

DIERE SE GESONDHEID OP DIE PLAAS

ERNSTIG KAN BENADEEL. ERADIWORM,

STARTECT EN DELETE ALL IS DIE DRIE

PRODUKTE WAT JY GERUS KAN OOR-

WEEG OM TE VERSEKER DAT JOU DIERE

GESOND EN IN ’N GOEIE KONDISIE BLY.

groepe, naamlik: Amitraz en

Deltametrien.

Geregistreer teen

vlieë sowel as bosluise.

Die standaard dosis is

1 ml/10 kg.

Onttrekkingsperiode:

Melk = 0 en Vleis = 7 dae.

The greatness of a nation

can be judged by the way its

animals are treated.

– MAHATMA GANDHI –

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

Wurmbestuur

STARTECT (PFIZER)

Bevat ’n nuwe aktiewe bestanddeel, derkwantel,

met ’n unieke werkingswyse.

Geformuleer in kombinasie met Abamektien.

Startect, as kombinasie, vertraag die aanvang

van weerstand.

Doeltreffend teen ’n breë spektrum van wurms

en sommige ektoparasiete.

Hoogs doeltreffend teen wurms weerstandig

teenoor enkel en veelvuldige, aktiewe

bestanddeelprodukte.

Bied produsente ’n doeltreffende oplossing om

parasietbeheer en -bestuur, diereproduktiwiteit

en boerderywinsgewendheid te verbeter.

Die standaard dosis is 1 ml/5 kg.

Onttrekkingsperiode: 14 dae vir vleis. Moenie

in skape gebruik wat melk produseer vir menslike

verbruik nie.

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

FOKUS OP DIEREGESONDHEID •••

Wurmbestuur

ERADIWORM (AFRIVET)

Eradiworm is ’n gereed-vir-gebruik orale

middel.

Die kombinasie van Levamisole vir rondewurms

en Prasikwantel vir melklintwurm.

Die middel is geregistreer vir gebruik in

beeste, skape, bokke en volstruise.

Beskikbaar in 200 ml, 1 liter, 5 liter en 10 liter.

Dit kan vir alle ouderdomsgroepe gebruik

word, maar word meestal in jong diere

gebruik vir die behandeling van melklint wurm.

Reg no. G3411 Wet 36/1947

Registrasiehouer: ECO Dieregesondheid Suider-Afrika (Edms) Bpk ,

Mpy Reg.no.92/00835/07, Posbus 12406, Onderstepoort, 0110

Bemark deur: Afrivet Business Management (Edms) Bpk, Mpy Reg.no

200/011263/07. Posbus 2009, Faerie Glen, 0043

5% AFSLAG

OP ERADIWORM,

STARTECT EN

DELETE ALL.

Sny hierdie koepon uit en bring dit saam wanneer

jy een van die produkte in dié artikel koop. Afslag

geldig tot en met 22 Maart 2012. Die koepon kan

slegs by Senwes Villages ingehandig word. Termes

en voorwaardes geld. S

23

24

••• FOKUS OP DIEREGESONDHEID

Hoekom bosluise

so hardnekkig baklei

teen dipmiddels

WEERSTAND VAN BOSLUISE TEEN

DIPMIDDELS IS ’N OORERFLIKE VER-

SKYNSEL IN DIE BOSLUIS. BOSLUISE,

WAT GENETIES WEER STAN DIG IS

TEEN ’N AKTIEWE BESTANDDEEL IN ’N

DIPPREPARAAT (HIERNA GENOEM DIE

“AKTIEF”), OORLEEF, REPRODUSEER EN

NEEM IN GETALVERHOUDING TOT DIE

VATBARE BOSLUISE TOE.

> TEKS: DR TOM STRYDOM

Weerstand van bosluise tot ’n

aktief kan dus beskryf word as ’n afname in die

vatbaarheid van die totale bosluispopulasie vir die

spesifieke aktief wanneer dit gebruik word teen die

voorgeskrewe konsentrasie en gebruiksaanwysings

op ’n spesifieke plaas.

Weerstandige gene teen bosluismiddels in indi vi -

due is alreeds teenwoordig in ’n bosluispopulasie

teen lae vlakke voordat ’n nuwe aktiewe bestand deel

ooit op die plaas gebruik word. Die wyse waarop

geneties weerstandige individue weerstandig teen

die nuwe aktief is, het te doen met teikenorgaanmutasies

in die bosluis, maar ook metaboliese

meganismes (Foil L.D et al. 2004). Die mens kan dit

egter nie verhoed of verander nie.

Die snelheid waarteen die weerstandige allele in

die populasie gevestig word, is afhanklik van baie

faktore en hier kan die produsent wel ’n invloed

hê. (NOTA: ’n Alleel is een van ’n paar gene wat

op ’n bepaalde posisie op bepaalde chromosome

in die kern van ’n sel voorkom. Dit is spesifieke

DNA-koderings wat die oordraging van spesifieke

eienskappe bepaal wat vanaf ouers na die nageslag

oorgedra kan word en deur Mendel se wet van

segregasie bepaal word. [Bailey R. About.com

Biology]).

Dit sluit in:

• Die hoeveelheid van die weerstandige bosluise

(oorspronklike weerstandige mutasie) in die

populasie, voordat daar begin word om met die

nuwe aktief te dip.

• Die oorerflikheid van die weerstandige allele

(dominant, kodominant of resessief). ’n

Resessiewe eienskap is ’n eienskap wat slegs tot

uiting kom as die individue homosigoties vir die

bepaalde geen is.

• Die frekwensie waarop diere vir bosluise

behandel word: by implikasie die frekwensie van

blootstelling van die bosluispopulasie aan die

dipmiddel se aktief.

• Die konsentrasie van die dip-aktief.

• Die hoeveelheid van die bosluise in die populasie

wat nie aan die aktief blootgestel word nie

(“refugia”).

Die snelheid waarteen die weerstandige gene toe -

neem, is aanvanklik stadig. Teen die tyd dat die

produsent ’n afname in die effektiwiteit van behandeling

waarneem, is die teenwoordigheid van

weerstandige gene reeds relatief hoog (Nolan en

Schnitzerling, 1986).

• In die aanvanklike fase is die hoeveelheid van

heterosigotiese weerstandige individue (enkel

alleelmutasies) in die populasie laag en die

snelheid waarteen hulle toeneem ook laag. ’n

Heterosigotiese individu besit verskillende allele

by ’n bepaalde lokus op die chromosoom.

• In die volgende fase, met herhaaldelike

blootstelling aan die dip-aktief, begin die snelheid

waarteen die heterosigotiese individue toeneem,

verhoog.

• In die finale stadium begin die homosigotiese

weerstandige individue toeneem totdat hulle die

meerderheid van bosluise in ’n populasie is. ’n

Homosigotiese individu se allele van ’n bepaalde

lokus is identies.

Ons moet onthou dat daar in Suid-Afrika, soos in die

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

“Weerstandige gene teen bosluismiddels in individue

is alreeds teenwoordig in ’n bosluispopulasie teen

lae vlakke voordat ’n nuwe aktiewe bestanddeel ooit

op die plaas gebruik word.”

res van die wêreld, riglyne bestaan oor hoe anti-parasitiese

middels getoets moet word, voordat dit deur

Wet 36 van 1947 geregistreer kan word. In die geval

van dipmiddels moet ’n protokol opgestel word wat

riglyne volg soos deur die WAAVP (World Association

for the Advancement of Veterinary Parasitology)

opgestel. Ten minste een effektiwiteitstudie moet in

Suid-Afrika met die dipmiddel in die teikendier teen

die parasietspesie, waarteen die registrasie verlang

word, gedoen word. Die middel word teen die voor -

geskrewe metode aan ’n groep diere toegedien wat

met die parasiet/e besmet is. Herhaalde bosluistellings

word ná behandeling gedoen, waartydens

die effektiwiteit van die middel dan bereken word

deur die aantal parasiete op die behandelde diere te

vergelyk met die aantal parasiete op ’n onbehandelde

kontrole groep diere van dieselfde spesie, op dieselfde

tydstip.

In Suid-Afrika is ’n effektiwiteit van 80% of meer

voldoende om registrasie te verkry. Registrasieproewe

met ’n nuwe dipmiddel word op bekende,

vatbare bosluise gedoen. Farmaseutiese

maatskappye kan nie verantwoordelikheid neem vir

die oneffektiwiteit van ’n geregistreerde produk op

’n plaas nie, omdat hulle nie beheer het oor hoe

gereeld en teen watter konsentrasie die middels

aangewend word en ook nie oor die vatbaarheid van

die bosluispopulasie op ’n betrokke plaas nie.

Die bloubosluis is die spesie waarmee die

meeste produsente probleme ondervind aangesien

dit ’n eengasheerbosluis is wat weer veroorsaak

dat daar meer as een generasie van die bosluise,

waar hulle voorkom, gevind word. Die lewensiklus

van die bosluise op die gasheer duur ’n minimum

van 21 dae in die somer vanaf aanhegting van

die larwes totdat volgesuigde wyfies waargeneem

word en afval. Die res van die lewensiklus vind op

die grond plaas en duur ook ongeveer 21 dae.

Dit veroorsaak dat weerstandige individue, hetsy

heterosigoties of homosigoties, vinnig in verhouding

tot homosigotiese vatbare individue begin toeneem

wanneer huIle reeds in ’n populasie gevestig is. Die

generasie-interval van die bloubosluis is, vergeleke

met ander bosluisspesies, baie kort en is die

grootste rede hoekom “vordering” van weerstand

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

FOKUS OP DIEREGESONDHEID •••

baie vinniger is. Bloubosluise kom feitlik

net op beeste (en soms perde) voor.

In die geval van meergasheerbosluise, byvoor -

beeld bontbosluise en bruinoorbosluise, is daar

gewoonlik net een generasie van die bosluisspesies

per jaar en speel ander dierspesies (die tussengashere)

soos knaagdiere, tarentale, wildspesies

ensovoorts ook ’n rol in die lewensiklus. In dié geval

word al die bosluise dus nie aan die dip-aktief,

wat op die plaas gebruik word, blootgestel nie en

sal weerstandige individue teen ’n baie laer tempo

toeneem as ons dit vergelyk met die bloubosluis.

Die enigste groepe van aktiewe bestanddele

waarteen nog geen bloubosluisweerstand in Suid-

Afrika gepubliseer is nie, is die makrosikliese

laktoongroep van middels (ivermektiene, doramektien,

abamektien, moksidektien ensovoorts)

en die bosluisgroei-inhibeerder, fluasuron. Daar is

wel ’n vermoede dat weerstand van bloubosluise

alreeds teen makrosikliese laktone op sommige

plase in Suid-Afrika ontwikkel het, maar geen

wetenskaplike bewyse is beskikbaar om dit te staaf

nie. Produsente moet hierdie middels met oordeel

gebruik aangesien herhaalde behandelings met

kort intervalle met dié middels sal veroorsaak dat

weerstandige populasies van bosluise op plase

ontstaan.

Die oordeelkundige gebruik van die makrosikliese

laktoongroep middels behels strategiese toedienings

met ’n langwerkende middel soos Solution 3,5% LA

of ’n kortwerkende middel soos Ivotan, gekombineer

met ’n groei-inhibeerder soos Acatak, 2 tot 3 keer

per jaar, verkieslik nie meer gereeld nie. Dit moet

dan altyd gevolg word deur rotasieweiding deur

soveel as moontlik weidingskampe vir die duur van

nawerking van die betrokke middel.

Die volgende is voorgestelde behandelingsintervalle

met die produkte:

• In die lente. Sodra oorwinterde eiers begin uitbroei

en ’n nuwe generasie larwes te voorskyn

kom wat reeds asiatiese rooiwater kan oordra.

Die doel hiermee is om oormatige getalle van die

nuwe generasie volwasse wyfies, wat weer eiers

gaan lê, te beperk.

vervolg op bladsy 26

25

26

••• FOKUS OP DIEREGESONDHEID

Hoekom bosluise so hardnekkig

baklei teen dipmiddels

vervolg van bladsy 25

• In die herfs. Om die aantal wyfies wat eiers gaan

lê, wat gaan oorwinter, te beperk.

• Indien nodig kan ’n derde toediening in die

middel-somer geskied as bosluisgetalle handuit

ruk – meestal middel-Desember tot middel-

Januarie.

Dit is waar dat dieselfde aktiewe bestanddeel

verskillende parasietspesies op verskillende

metodes kan beheer; soos dat die piretroïedgroep

van middels se uitwerking op insekte anders as

op bosluise is, maar die metode van werking van

’n groep van aktiewe bestanddele op verskillende

bosluisspesies is dieselfde:

• Die werking van die piretroïedgroep van

aktiewe bestanddele op die Na + kanale (die

vervoersisteem van voedingstowwe in die selle

van bosluise) van bosluise;

• Die organofosfate is asetielkolienesteraseinhibeerders;

en

• Die formamidien- of amidien-groep werk op die

“Die enigste groepe van aktiewe

bestanddele waarteen nog geen

bloubosluisweerstand in Suid-

Afrika gepubliseer is nie, is die

makrosikliese laktoongroep van

middels en die bosluisgroeiinhibeerder,

fluasuron.”

oktopamienreseptore van bosluise om hulle dood

te maak.

Indien bosluise weerstandigheid teen een aktief,

byvoorbeeld in die piretroïedgroep ontwikkel het, sal

dit ook weerstand teen ’n ander aktief in dieselfde

groep hê.

Waar diere met kombinasiemiddels (byvoorbeeld

organofosfaat en piretroïed) herhaaldelik en met

kort intervalle vir bosluise behandel word, sal die

bosluise oor ’n tydperk teen beide groepe van

aktiewe bestanddele (organofosfate en piretroïed)

weerstand ontwikkel.

Dit is nie kruisweerstand wat teen die aktiewe

bestanddele ontwikkel nie, maar die individue in

dieselfde populasie van bosluise, wat weerstandig

vir beide groepe van aktiewe bestanddele is, oor tyd

in verhouding tot die vatbare individue vermeerder

en sodoende word die populasie dan weerstandig

teen beide groepe van aktiewe. S

Vir verdere navrae, kontak dr Tom Strydom (Toetsfasiliteitsbestuurder:

MSD Dieregesondheid) by tom.strydom@merck.com

of skakel vir Jaco Fourie (Verkoopsbestuurder: Sentraalstreek,

MSD Dieregesondheid) by 082 783 0060.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

Die produksiekoste van wurm weer -

stand in lammers is verlede jaar bepaal in ’n gekontro

leerde proef waar 300 gekastreerde lammers,

wat plus minus 30 kg geweeg het, vir vyf maande

op besmette weiding aangehou is. Hierdie werk is

pas gepubliseer.

Die weiding is met bruinmaag- en bankrotwurms

besmet en die lammers is skoongemaak voordat

hulle op die weiding geplaas is. Hulle is elke 28 dae

met STARTECT ® of ’n bensimidasool behandel. Die

resultate spreek boekdele.

Februarie/Maart Fe Febr Februarie/Maart br brua ua uari ri rie/ e/ e/Ma Ma Maar ar a t 20 2012

2012 12 • www www.senwes.co.za

ww ww.s .s .sen en e we wes. s. s co .z .za z

PROMOSIE-ARTIKEL: PFIZER •••

Wurmweerstandkoste

vir jou as skaapprodusent

’N OUDKOLLEGA VAN MY HET ALTYD

GESÊ DAT DIE DUURSTE MIDDEL

ALTYD DIE MIDDEL IS WAT NIE WERK

NIE – ONGEAG DIE PRYS.

> TEKS: DR GEORGE COX

Massatoename van lammers.

Waar bensimidasool gebruik is, kon die bruinmaagwurmeiertelling

slegs met 41% verlaag word

en die bankrotwurmeiertelling met 48%, terwyl

STARTECT >99% effektief was teen beide. Lammers

waar die eiertelling oor 3 000 epg gestyg het of

wat meer as 10% liggaamsgewig verloor het tussen

behandelings, is om menslike redes met STARTECT

behandel, maar in die groepe gelos om die getalle

dieselfde te hou.

Die groep waar wurms behoorlik beheer is, het

gemiddeld 9 kg swaarder geweeg teen die einde

van die proef. Die aantal dae om ’n teikengewig

van gemiddeld 38 kg te bereik is ook 17 dae vroeër

bereik in hierdie groep. Elke lam het boonop 360 g

meer wol geproduseer. Teen vandag se vleisprys

(R55/kg) beteken dit dat hierdie groep dus byna

R260 per kop meer ingebring het as die groep wat

met die middel, wat nie meer ten volle effektief was

nie, ontwurm is.

Hierdie inligting onderstreep net weer eens die

feit dat effektiewe parasietbeheer ’n skaapprodusent

se winsgewendheid dramaties kan verhoog asook

die beginsel dat huidige wurmmiddels en parasiete

só bestuur moet word dat ons die middels se

effektiewe leeftyd kan verleng. S

Die artikel is geskryf deur dr George Cox (Groepbemarking

en Tegniese Bestuurder, Vee: Pfizer. Vir meer inligting, stuur

’n e-pos na George.Cox@P fizer.com.

29

30

••• FOKUS OP DIEREGESONDHEID

Dié lintwurms

kan jou beursie

dunner maak

LINTWURMS IS VAN EKONOMIESE

BELANG VIR DIERE EN MENSE SE

GESONDHEID. DIE VOLWASSE LINT-

WURM BESTAAN UIT ’N KOP (SKOLEX)

WAT AAN DIE DERMWAND VASHEG EN

DIE SEGMENTE WAT UIT DIE SKOLEX

GROEI. DIE LIGGAAM VAN DIE LINT-

WURM IS AFGEPLAT EN DIE LENGTE

VAN DIE WURMS HANG AF VAN DIE

SPESIE EN KAN VAN 1 MM TOT 15 M

IN LENGTE WEES.

> TEKS: DR CHARLES GILFILLAN

Omdat lintwurms nie ’n maagderm -

kanaalstelsel het nie, absorbeer hulle voedingstowwe

vanaf die dermkanaal via diffusie. Die lintwurmsegmente

bevat manlike en vroulike geslagsdele en die

lintwurm groei deur aanvulling met meer segmente.

Soos die segmente verder van die kop beweeg,

vul die segmente op met eiers en dan breek die

segmente af. Die segmente vol eiers word dan met

die mis uitgeskei.

Lintwurms het ’n indirekte lewensiklus, met ander

woorde hulle het twee gashere. Dieselfde patroon

word deur die lewensiklus van alle lintwurms

gevolg, maar die finale en tussengashere van

die verskillende spesies lintwurms is anders. Die

volwasse lintwurm kom in die finale gasheer voor

en die larf kom in die tydelike gasheer voor. Gevul

met eiers, breek die volwasse segmente van die

volwasse lintwurm af en word in die mis uitgeskei.

Die tussengasheer sluk die eiers in en die lint wurm-

embrio broei uit en penetreer die dermwand van die

tydelike gasheer. Deur middel van die bloedstroom

word die embrio na die spesifieke weefsel toe

vervoer (brein of lewer), waar die embrio ’n sist

vorm. Die finale gasheer sluk die embrio in wanneer

hulle die weefsel met die siste inneem.

Lintwurms kan in drie groepe verdeel word,

naamlik plantvreterlintwurms, vliesvreterlintwurms

en menslintwurms. In hierdie artikel sal twee van die

groepe bespreek word.

PLANTVRETERLINTWURMS

Soos die naam aandui, kom dié volwasse lintwurm

in die derm van plantvreters soos beeste voor.

Die lintwurmspesie in hierdie groep, wat in beeste

voorkom, is die melklintwurm (Monezia benedeni).

Die tussengasheer van die melklintwurm is ’n

mikroskopiese orbatid grondmyt.

Die grondmyt word deur die beeste ingeneem

wanneer hulle wei. Die grootste impak van melklintwurm-besmetting

word in kalwers gesien.

Kalwers tel die besmetting op wanneer hulle begin

gras vreet. Die lintwurm absorbeer voedingstowwe

van die derm en daarom is uithongering ’n teken

van lintwurmbesmetting, want die lintwurm

absorbeer die voedingstowwe wat na die kalwer

moet gaan.

Swaar lintwurmbesmettings in kalwers veroorsaak

dat die kalwers kondisie verloor, veral in die winter

wanneer die weiding swak is. Die kalwers toon

gewoonlik ’n swak haarkleed en ’n boepens.

Beheer van die melklintwurm behels die dosering

van die koeie en kalwers voor speentyd wanneer

die kalwers ongeveer vier maande oud is, en weer

op speentyd. Die koeie en kalwers kan of met ’n

kombinasieproduk soos Eradiworm (wat Prazikwantel

en Levamisool bevat) of ’n suiwer lintwurmproduk,

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

soos Ecotel (wat net Prasikwantel bevat) gedoseer

word. Deur kalwers weer by speentyd te behandel,

verseker dat die groei van die kalwers nie deur

lintwurms benadeel word nie.

Die gebruik van produkte wat Prasikwantel bevat,

sal verseker dat sowel die liggaam as die kop van

die lintwurm vernietig word. As die skolex agterbly,

sal die wurm weer groei en die lintwurmprobleem

sal vinnig weer terug kom.

VLEISVRETERLINTWURMS

Die twee lintwurms in hierdie groep wat beeste kan

aantas, is Tenia multiceps en Tenia hydatigena.

Beeste en skape is die tydelike gasheer van hierdie

groep lintwurms en huis- en wildehonde is die finale

gasheer van hierdie lintwurm.

Beeste tel die eiers van hierdie lintwurm op

wanneer hulle wei op besmette weidings wat deur

die ontlasting van besmette honde gekontamineer

is. Afhangende van die spesies van lintwurm, kan

die siste van die lintwurm in die brein, lewer, longe

of spiere voorkom. Honde word besmet wanneer

hulle weefsel wat siste bevat, vreet.

Hierdie lintwurms is van ekonomiese belang vir

produsente, want organe wat siste bevat, sal

afgekeur word by die abattoir. Lintwurms is ook van

FOKUS OP DIEREGESONDHEID •••

belang by die mens se gesondheid, want mense kan

ook die tydelike gasheer wees van Tenia multiceps.

Die siste van hierdie lintwurm kan skade aan die

lewer, longe en brein van ’n mens aandoen, wat

lewensgevaarlik kan wees.

Die beheer van die vleisvreterlintwurm behels

gereelde ontwurming van alle plaashonde met

middels wat geregistreer is vir die behandeling

van lintwurms in honde. Afval moet altyd deeglik

gekook word, voordat dit aan honde gevoer

word. Die lintwurmsiste sal deur die kookproses

doodgemaak word. S

VERWYSINGS

1. Data op Afrivet lêer

2. Siektes en Parasiete van Beeste, Skape en Bokke

in Suid-Afrika, Tweede Uitgawe. Hoofredakteur:

Oberem, P. Afrivet Besigheidsbestuur, 2007.

Brightmark, Suid-Afrika.

3. Parasitic infections of domestic animals, a diagnostic

manual, First Edition. Kaufmann, J. 1996.

Birkhäuser Verlag Basel, Boston, Berlin.

Dr Charles Gilfillan is Tegniese Bestuurder: Afrivet. Vir meer

inligting skakel hom by (012) 991-6416 of stuur 'n e-pos na

charles.gilfillan@afrivet.co.za.

31

Moenie uitmis op dié

FANTASTIESE KOPIE

Die volgende nuwe en demonstrasie-eenhede word by Senwes Village teen

spesiale pryse aangebied – slegs terwyl voorraad hou!

Implement

Promosie

verkoopprys

Rovic Leers 5-ry 1,5 tussenry-skoff el R70 000

Rovic Leers 3-ry 2,3 tussenry-skoff el R50 000

BP implemente 4-ry 0,9 roleg R24 000

Falcon 3-skaar raamploeg R8 000

Falcon 2-skaar raamploeg R3 000

Erdvark 11- 26 kontrasnyeg R105 000

Erdvark 11- 32 kontrasnyeg R130 000

Erdvark 11- 40 kontrasnyeg R180 000

Jan Lancer Magnu 20,0 strooier R250 000

Jan Lancer Magnu 12,0 strooier R210 000

Jan Staal tapkar 10,5 R140 000

Poly Tanker 10,5 dubbeldoel ontlaai-wa R210 000

Jan Poly Tanker 10,5 graan-ontlaai-wa R100 000

Falcon promosie*

Falcon f80/180ev hooimaker R31 950-00

Falcon f80/200v hooimaker R32 700-00

Falcon 2,7m baalvurk R9 300-00

Locust l150 1,5 m wentelsnyer

Amazone Zam 1001 special

R16 920-00

18 m - 24 m strooier R59 850-00

* Die Falcon aanbod is geldig tot 30 Maart 2012.

Pryse sluit nie BTW in nie. Kontak jou naaste

Senwes Meganisasiebemarker vir nog meer spesiale

aanbiedinge. Terme en voorwaardes geld.

Kredietkaarte

welkom by

Village vulstasies

SEDERT 1 FEBRUARIE VANJAAR

WORD KREDIETKAARTE AS AMPTELIKE

BETAALMIDDEL BY ALLE VILLAGE

VULSTASIES AANVAAR.

Village se siening is dat die

volumes van brandstofverkope op hierdie wyse

behoort te verhoog. Dit maak dit ook baie geriefliker

vir klante.

Klante van Senwes Credit wie oor krediet fasi li teite

beskik, het ook die gerief van ’n brandstofaanvraagboekie

wat by Village se vulstasies gebruik kan word.

So ’n boekie kan in elke voertuig van die klant se

vloot gehou word en sodoende word die risiko van

ongemagtigde transaksies op ’n klanterekening ook

verminder. Kontak die bestuurder van jou naaste

Village bedryfspunt vir verdere besonderhede. S

Tweede in die 2012 opgraderingsry staan

Wesselsbron. Die beplanning aan Wesselsbron se

winkel het reeds afgeskop. Senwes poog om al drie

persele (Village, onderdele en werks winkel) op een

perseel te vestig. Hou dié spasie dop vir meer

inligting oor die verwikkelinge van die

opgraderings. S

’N OPWINDENDE

VOORUITSIG VIR WESSELSBRON

Senwes Meganisasie gee nog ’n stap

tot uitmuntende dienslewering

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

SENWES VILLAGE •••

Gou spring! Doen jou

meganisasiebeplanning m

nóú

John Deere gaan binnekort afskop om hul

Mannheim fabriek in Duitsland op te gradeer,

wat beteken dat hierdie fabriek vir ‘n geruime

tyd gesluit sal wees. Die opgraderings word

gedoen om hul kapasiteit te vergroot en om

nuwe reekse te akkommodeer tesame met die

nuutste tegnologie.

Gevolglik sal daar vertragings in lewe rings -

tye wees en daarom moedig Ferdie Pieterse

(Bemarkingsbestuurder: Senwes Meganisasie)

produsente aan om hul beplanning vroegtydig

vir die nuwe seisoen te doen. “Met dié dat die

kommoditeitspryse hoog is, is dit die ideale

geleentheid om jou beplanning vroegtydig te

doen, voor dit te laat is,” het hy gesê. S

J

Werkspasie by Bothaville

werkswinkel vergroot

Senwes Village op Bothaville is die eerste

Senwes winkel wat in 2012 ’n nuwe baadjie

gaan aantrek. Die onderdele-bedieningspunt

sal binne die Village inskuif, om te vergoed vir

die werkswinkelspasie wat gaan vergroot. Deur

dié skuif te maak, beoog Senwes om meer

implemente in die werkswinkel te diens.

Die beoogde datum vir die afskop van

die bouwerk is Maart 2012 en die beoogde

voltooiingsdatum is Mei 2012. S

’n Produsent het nie altyd die tyd om sy trekker, stroper of enige ander implement in te vat werks win kel toe

vir herstelwerk nie. Senwes bring daarom die werkswinkel na jou plaas met ’n ten volle toegeruste mobiele

werkswinkel in die vorm van ‘n bakkie. Hou dié spasie dop vir meer inligting oor hierdie bakkies. S

33

TEL: 018-381 5250 TEL/FAKS: 018-381 8685

E-POS: daanhuman@ymail.com

Geen binddraad word benodig

Tussen 80 en 90% besparing op arbeid

Gegalvaniseerde staal

(mikron Z200 - geen verf nodig)

Is veldbrandbestand

Die ontwerp maak dit onmoontlik vir

die draad om op of af te beweeg

Naam kan op die dropper

aangebring word op aanvraag

Hierdie dropper sal u ʼn leeftyd hou!!

HIERDIE SPESIALE DROPPER VAN JVS

MANUFACTURING IS ONTWERP OM

DRADE IN POSISIE TE HOU SODAT DIT

NIE OP OF AF KAN BEWEEG NIE.

> TEKS: JAN VAN STADEN

As jy na die foto’s in die artikel

kyk, sal jy sien dat die vashegmetode van so ’n aard

is dat die een kant van die dropper se vasmaakdeel

boontoe gebuig word en die ander kant ondertoe.

As gevolg hiervan word daar geen binddraad gebruik

nie en het dit ongeveer ’n R3,00 besparing op

binddraad op die 2,4 m dropper. pp r.

GEREEDSKAP

Die gereedskapstuk wat gebruik ebruik

word met die vashegmetode, e, e

maak dit ’n eenvoudige en

vinnige proses. Enige

persoon kan met die

gereedskapstuk werk. Dit

neem ongeveer drie minute

om een 2,4 m dropper met 24 drade vas te heg.

Sodra jy by die vierde draad kom, trek die dropper

outomaties vertikaal as gevolg van die presiese

vasmaakdele en metode. Hierdie gereedskapstuk

word met helderrooi poeier spuitverf bedek, sodat

dit maklik opgespo or kan word indien dit verlore

raak in die veld. Die gereedskapstuk kan vir geen

ander doel gebruik word, behalwe waarvoor dit

ontwerp is nie. Dit is ook relatief goedkoop.

DROPPER

Die dropper is só

ontwerp dat dit

vorentoe en agtertoe

kan buig. Indien iets

daarteen vasspring,

sal die draad, indien

hy styf genoeg gespan

is, die dropper terug

in posisie bring en

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

PROMOSIE-ARTIKEL: DROPPER FOR LIFE •••

kan dan maklik met die hand reggebuig word as

dit effens gebuig het. Dis feitlik onmoontlik dat

die dropper kante toe sal buig. Die dropper is ten

volle gegalvaniseerd (mikron z200) en sal dus nooit

roes nie. Dit hoef ook nie geverf te word nie en is

veldbrandbestand. Die galvanisering maak dat die

dropper maklik sigbaar is vir veral diere.

“Geen binddraad word

gebruik nie. Op die 2,4 m

dropper spaar jy ongeveer

R3,00 se binddraad.”

DROPPER-GROOTTES

Die dropper word vervaardig in 1,2 m; 1,5 m; 1,8 m

en 2,4 m, maar kan ook op spesiale aanvraag verkry

word in 0,3 m; 0,6m; 0,9 m en 2,1 m. JVS

Manufacturing kan met spesiale bestellings die

naam van die plaas of persoon op die dropper

aanbring. Dit sal op elke 300 mm gedruk word. Dit

wil sê op die 1,2 m dropper sal die naam vier keer

verskyn sowel as die patentnommer.

Die dropper is ideaal vir wild-, bees-, bok-, skaap-

en enige ander draadomheining. S

Jan van Staden is Besturende Direkteur: JVS Manufacturing.

Vir meer inligting, skakel JVS Manufacturing by (018) 381-

5250. Die dropper en spesiale gereedskapstuk is by alle

Senwes Villages beskikbaar.

35

36 ••• SENWES GRAINLINK

Sojaboon:

“Is jy lus vir ’n uitdaging,

sonneblom?”

DIE OPKOMENDE SOJABOONBEDRYF

IN SUID-AFRIKA DAAG SONNEBLOMME

UIT OM DIE GROOTSTE OLIESADE-

BEDRYF IN DIE LAND TE WORD.

HOEWEL DIE SONNEBLOM-MARK

REEDS GOED GEVESTIG IS, MOET DIE

JONG OPKOMENDE SOJABOONMARK

NIE LIGTELIK OPGENEEM WORD NIE.

> TEKS: THEO VENTER

As ’n ontwikkelende gewas lyk

dit of sojabone in die toekoms die oorhand sal kry.

Grafiek 1 toon hoe die sojaboonoppervlak wat

aangeplant is, uitgebrei het oor die laaste seisoene,

teenoor die sonneblomoppervlak wat maar min

gegroei het. Sojaboon-aanplantings kan selfs binne

die volgende vyf jaar dié van sonneblom oorskry.

Sonneblom klap nog die sweep wat verwerkingsyfers

betref. Grafiek 2 toon die hoeveelheid van die twee

oliesade gepers vir olie en oliekoek oor die laaste

tien jaar.

Grafiek 1: Die sojaboonoppervlak wat aangeplant is,

het uitgebrei oor die laaste seisoene, teenoor die

sonneblomoppervlak wat maar min gegroei het.

Wat opmerklik is uit Grafiek 1 en Grafiek 2 is dat

die produksie van sojabone baie vinniger uitbrei as

die verwerking daarvan. Dit laat sojabone dus met

’n surplus. Die 2011-seisoen was ’n sprekende

voorbeeld hiervan.

SONNEBLOM

Sonneblom se verwerkingsyfers was laer in 2011 as

die vorige jaar, maar dit kom as gevolg van ’n tekort

aan beginvoorraad wat sonneblomme stadig uit die

blokke gelaat het. In die eerste vier maande was

daar saam maar 77 300 ton gepers, in vergelyking

met meer as 90 000 ton per maand vir Oktober en

November (hoewel Desember se verwerking weer

teleurstellend was).

Met die eerste oogopslag lyk dit of daar genoeg

voorraad op 31 Desember oor was, maar dit kan

egter vinnig leeg loop. Die 34% voorraad tot verbruik

beteken daar is dus 124 dae se voorraad vanaf

31 Desember, dus voorraad tot einde April. Perssyfers

kan egter terugkeer nader aan 90 000 ton

per maand in die nuwe jaar. As dit die geval is, sal

voorraad slegs tot die helfte van Maart hou. Die gros

van die nuwe seisoen sal ook eers in April/Mei van

die lande af kom. Voorraad kan dus knap wees voor

nuwe sonneblomme inkom.

Grafiek 2: Die hoeveelheid van die twee oliesade

gepers vir olie en oliekoek oor die laaste tien jaar.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

SENWES GRAINLINK •••

TABEL 1: SONNEBLOM EN SOJABOON SE VRAAG- EN AANBOD-SYFERS VIR DIE 2010-, 2011- EN 2012-SEISOEN.

Bemarkingseisoen

Januarie - Desember 2010 2011

Sonneblom Sojabone

2012*

Skatting 2010 2011

2012*

Skatting

Oppervlak aangeplant (ha) 397 700 642 700 515 000 311 450 418 000 480 000

Opbrengs (ton/ha) 1,23 1,34 1,34 1,82 1,70 1,85

Produksie (ton) 490 000 860 000 692 069 566 000 710 000 886 941

Beginvoorraad: 1 Januarie (ton) 266 300 47 300 232 600 112 600 102 700 307 900

Invoere (ton) 62 200 12 000 1 000 2 300 300 -

Totale aanbod (ton) 818 500 919 300 925 669 680 900 813 000 1 194 841

Menslike verbruik (ton) 1 300 1 400 1 600 30 700 30 100 30 000

Dierevoer (ton) 3 300 2 800 3 000 198 800 147 300 180 000

Gepers vir olie en oliekoek (ton) 762 500 676 300 730 000 184 100 247 300 300 000

Ander verbruik (ton) 3 700 5 400 12 000 43 300 37 600 40 000

Plaaslike verbruik (ton) 770 800 685 900 746 600 456 900 462 300 55 000

Uitvoere (ton) 100 - - 121 300 42 800 150 000

Totale verbruik (ton) 770 900 685 900 746 600 578 200 505 100 700 000

Eindvoorraad: 31 Desember (ton) 47 600 232 600 179 069 102 700 307 900 494 841

Voorraad-tot-verbruik-verhouding (ton) 6% 34% 24% 18% 61% 71%

Volgens die skatting op die voorlopige area beplant,

sal minder sonneblomme as verlede jaar geplant

word. Volgens dié skatting sal aanplantings

515 000 ha wees en met die laaste vier jaar

se opbrengs van 1,34 ton/ha en ’n toename in

verbruik, beteken dit eindvoorraad kan nog laer

wees aan die einde van dié jaar.

SOJABOON

Op 31 Desember was daar oorgenoeg voorraad

sojabone beskikbaar. ’n Voorraad tot verbruik van

61% beteken in effek 217 dae se voorraad, oftewel

genoeg tot begin Augustus. Die nuwe oes word

dan nog by die groot oordragvoorraad gevoeg, met

die gros wat reeds April/Mei van die lande af sal

kom. Volgens die skatting op die voorlopige area

beplant sal ’n reuse 480 000 ha geplant word.

Verwerkingsyfers sal uitbrei, maar nie tred hou

met die toename in produksie nie. Sterk uitvoere

is nodig om van die surplus ontslae te raak, wat

beteken pryse moet onder uitvoerpariteit verhandel.

Wat egter in sojabone se voordeel tel, is die

vraag na sojaboon-oliekoek in Suid-Afrika. In 2011

is meer as 1 miljoen ton soja-oliekoek ingevoer

en net oor die 200 000 is plaaslik geproduseer.

Invoere kom meestal uit Suid-Amerika. Plaaslik

is verwerkingskapasiteit besig om uit te brei om

te verhoed dat sojabone uitgevoer word en die

verwerkte produkte dan weer ingevoer word. Volgens

die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) sal

plaaslike produksie en invoere min of meer ewe veel

teen 2020 wees. Daar is egter nog ’n hele paar

rondtes voor dit gebeur.

Oor die kort termyn kan sonneblompryse nog as

wenner uit die stryd tree. Die huidige ooraanbod

van sojabone, kan pryse ’n bloedneus gee, maar die

langtermynpotensiaal kan nie misgekyk word nie. S

Grafiek 3: Die verbruik, invoer en produksie van

sojaboon sedert 2002.

Theo Venter is ’n Graananalis by Senwes Grainlink. Vir

meer inligting, skakel hom by (018) 464-7723 of stuur ’n

e-pos na theo.venter@senwes.co.za.

37

38

••• SENWES GRAINLINK

Opkomende reuse:

Indië en China se

voedselverbruik in perspektief

CHINA EN INDIË IS DIE TWEE LANDE

WAT SAAM ’N DERDE VAN DIE

WÊRELDBEVOLKING HUISVES. MET

DIE AANTAL MONDE WAT DAAGLIKS

GEVOED MOET WORD, WORD DIE

VERWIKKELINGE IN DIÉ TWEE LANDE

MET ARENDSOË DOPGEHOU.

> TEKS: THYS GROBBELAAR

Soos bekend, het die wêreld bevol king

die 7 miljard merk gedurende 2011 verbygesteek.

Die twee lande se gesamentlike bevolking maak

37,2 % van die wêreldbevolking uit. Een uit elke drie

persone in die wêreld is woonagtig in een van dié

twee lande (Grafiek 1).

Grafiek 1: Die bevolkingsaanwas van China en Japan

(IMF).

Volgens die Internasionale Monetêre Fonds (IMF)

gaan Indië China verbysteek, wat die lande se bevolkings

aanbetref. Dit kan tot gevolg hê dat Indië se

vraag na voedsel in die afsienbare toekoms gaan

vermeerder en groter invoere van sekere voedselkom

moditeite onafwendbaar is. Die situasie kan vir

voedsel-uitvoerende lande wel moontlikhede inhou.

China is tans op almal se lippe wat sy formi da -

bele ekonomiese groei aanbetref. Die land kan nie

meer in die vraag van sy bevolking se voedselbehoeftes

voorsien nie. Hulle is reeds besig om

enorme hoeveelhede oliesade in te voer en alle

aanduidings is daar dat hulle ook heelwat mielies

sal moet begin invoer.

Indien daar na die grootte van die twee lande

se ekonomieë gekyk word, blyk dit dat China ’n ver

groter ekonomie as Indië het. China het terloops

vir Japan verbygesteek as die land met die tweede

Grafiek 2: Verandering in BBP van die belangrikste

lande (IMF).

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

grootste ekonomie in die wêreld (Grafiek 2). Indië

is tans die land met die elfde grootste ekonomie in

die wêreld. Daar is tog tekens dat Indië se ekonomie

besig is om stoom op te bou. Etlike lande van die

EU se ekonomieë is egter besig om te stagneer.

Indië is in die algemeen ’n arm land in terme van

die BBP per capita, maar dit moet in die toekoms

nie uit die oog verloor word nie.

Beide lande ervaar tans uitstekende groeikoerse

wat hul BBP aanbetref (Grafiek 3). Teen die

groeikoerse gaan die lande binnekort enorme

ekonomieë hê. Ons weet dat indien ’n land se groei

in BBP laer as 3% per jaar is, hy sukkel om al die

werksmagtoetreders te kan voorsien van ’n werk.

Van die ontwikkelde ekonomieë, veral in die EUsone,

sukkel om ’n groei in BBP van meer as 2%

per jaar te handhaaf. Ons lees egter byna elke dag

van die gevolglike probleme in die betrokke lande.

Indien ons na die per capita verbruik van sekere

voedselsoorte in Indië kyk, blyk dit dat rys en koring,

wat grane aanbetref, hul stapelvoedsel is (Gra fiek 4).

Ongelukkig is die nuutste gepubliseerde data van

die FAO (Voedsel- en Landbou-organisasie) van die

VVO reeds vier jaar oud. Stapelvoedsels soos mielies

en boontjies word tot ’n beperkte mate in die land

verbruik.

Die Chinese se stapelvoedsel is ook rys en koring,

maar mielies begin ook al meer ’n prominente rol

te speel (Grafiek 5). Soos dit later in die artikel

blyk, word mielies tot ’n al groter mate verbruik

om vleis en melk mee te produseer. Indien ons die

2011-bemarkingsjaar se sojaboonverbruik deur

China neem, blyk dit volgens die USDA dat die

per capita verbruik reeds op 54 kilogram staan.

Sojabone se olie word vir voedselvoorbereiding

gebruik en die oliekoek word vir vleis- en

melkproduksie gebruik. Slegs wat grane en oliesade

aanbetref is die Chinese reeds op ’n heelwat hoër

voedingspeil as die Indiërs.

Indien ons na die Chinese se vleisverbruik kyk,

is dit duidelik dat hulle die afgelope 20 jaar hulle

proteïeninname deur middel van vleis drasties

verhoog het (Grafiek 6). Dit is veral ten opsigte

van varkvleis, vis, seediere, melk en eiers wat hulle

verbruik drasties toegeneem het. Die Chinese se

drastiese verhoging in mielie- en oliekoekverbruik is

om die vleis en melk mee te produseer.

Die volgende berekening laat ’n mens besef wat

die omvang van die Chinese bevolking is. Sou ’n

mens vir elke Chinees ’n hamburger wou gee wat ’n

hamburgerfrikkadel van 150 gram bevat, sal jy 1,3

miljoen beeste, wat elk 440 kilogram weeg, moet

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

SENWES GRAINLINK •••

Grafiek 3: BBP-groei in China en Indië (IMF).

Grafiek 4: Die per capita verbruik van sekere

graansoorte en oliesade in Indië (FAO).

Grafiek 5: Die per capita verbruik van sekere graansoorte

en oliesade deur China (FAO).

Grafiek 6: Die per capita verbruik van verskillende

proteïenbronne deur China (FAO).

vervolg op bladsy 40

39

40 ••• SENWES GRAINLINK

Opkomende reuse: Indië en China

se voedselverbruik in perspektief

vervolg van bladsy 39

slag en verwerk om die hamburgers te kan maak.

Volgens die FAO is melk die enigste wesentlike

dierlike pro teïen bron wat Indiërs gebruik. Volgens

Grafiek 7 verbruik hulle reeds jare ’n redelike

hoeveel heid melk as voedsel. Verder maak vis en

seediere ook ’n geringe bydrae tot hulle proteïenvoedsel-inname.

Ons weet dat godsdiens ’n groot

rol speel en waarom bees en varkvleis bykans nie

geëet word nie. Dit blyk tog of die per capita verbruik

van eiers effens toeneem, maar tog is dit snaaks

dat hoender baie min in Indië verbruik word. Dit is

duidelik dat die Chinese tans ’n baie meer diverse

inname van proteïenvoedsel het.

Volgens die FAO het die per capita verbruik van

groente en vrugte drasties in Indië toegeneem. Die

per capita verbruik van groente deur die Chinese is

280 kg, wat aansienlik hoër as die 64 kg van die

Indiërs is. Daarteenoor is die per capita verbruik

van vrugte deur die Indiërs 45 kg teenoor die 64 kg

van die Chinese. Ook in die geval van China het die

verbruik van groente en vrugte drasties toegeneem.

OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING

China en Indië maak ’n enorme deel van die

wêreldbevolking uit. Die twee lande, veral China se

voedselverbruik, het die afgelope 20 jaar verander.

Veral die verbruik van mielies en sojabone het

drasties in China toegeneem, hoofsaaklik vir die

produksie van vleis, eiers en melk. Die situasie

het tot gevolg dat China nie meer in sy eie vraag

na mielies en sojabone kan voorsien nie en word

aansienlike invoere gedoen.

Met die sterk BBP-groeikoers van Indië, word

verwag dat hulle moontlik China se voorbeeld gaan

volg en kan dit die vraag na kommoditeite soos

mielies en sojabone in die wêreld verhoog. Dit as

“Die verbruik van mielies en

sojabone het drasties in China

toegeneem, veral vir die produksie

van vleis, eiers en melk.”

Grafiek 7: Die per capita verbruik van proteïenbronne

deur die Indiese bevolking (FAO).

Grafiek 8: Per capita verbruik van groente en vrugte

deur die bevolking van Indië (FAO).

sodanig kan die internasionale pryse van kom moditeite

soos mielies en sojabone hoog hou. S

Die artikel is saamgestel deur Thys Grobbelaar (Senior

Graananalis: Senwes Grainlink). Skakel hom by (018)

464-7385 of stuur ’n e-pos na thys.grobbelaar@senwes.co.za

vir meer inligting.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

42

••• SENWES GRAINLINK

HO-sonneblom

vaar goed in Suid-Afrika

HOË OLEÏENSUURSONNEBLOM (HO-

SONNEBLOM) BIED ’N GESONDER

KEUSE AAN DIE VOEDSELBEDRYF. DIE

VETSUURSAMESTELLING, VERGELYK

MET DIE SAMESTELLING VAN DIE

ANDER BEKENDE OLIES, SOOS

OLYFOLIE, IS IN MEESTE GEVALLE

BETER.

> TEKS: MARIANA PURNELL

’n Aantal voordelige eienskappe van

HO-sonneblom:

• langer raklewe

• geskik vir beide slaai en diepbraai

• verhoogde stabiliteit tydens braai

• ideaal vir herhaaldelike braaigebruik

• ook geskik as rou-produk vir biodieselproduksie

Oor die afgelope twee jaar (2010 en 2011) het

die Oliesade Advieskomitee ’n projek om HOsonneblom

te evalueer, ondersteun. Die projek was

’n gesamentlike poging deur Senwes, Syngenta,

Agricol en Pannar. Sewe HO-sonneblom-kultivars

Minimum, maksimum en gemiddelde opbrengs per lokaliteit

Grafiek 1: Vergelyking tussen die stabiliteit van die

opbrengs van alle HO-sonneblom-kultivars per lokaliteit.

(Tabel 1) wat beskikbaar is vir kommersiële

produksie, is in die projek geëvalueer.

TABEL 1: HO-SONNEBLOM-KULTIVARS WAT IN DIE

DEMONSTRASIEPROEWE GEËVALUEER IS.

Teler HOSO-kultivar

Syngenta NK-Ferti

Agricol Agsun 5181, Agsun 5661, Agsun 5671

Pannar PAN 7069 HO, PAN 7070 HO, PAN 7726 HO

Demonstrasieproewe is geplant op Viljoenskroon,

Ventersdorp en Bloemfontein (2011) asook

Heil bron, Kroonstad en De Brug (2010). Die

demonstrasieblokke van ten minste 16 stroke per

kultivar het die volle lengte van die land geloop

en is afgewissel deur kontrole-rye en omring deur

Minimum, maksimum en gemiddelde vlakke van oleïensuur per lokaliteit

Grafiek 2: Vergelyking tussen die stabiliteit van die

oleïensuur-inhoud van alle HO-sonneblom-kultivars

per lokaliteit .

Minimum, maksimum en gemiddelde olie-inhoud per lokaliteit

Grafiek 3: Vergelyking tussen die stabiliteit van die

olie-inhoud van alle HO-sonneblom-kultivars per

lokaliteit.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

SENWES GRAINLINK •••

43

“HO-sonneblom kan ’n

addisionele geleent heid bied

om jou boerdery-inkomste te

verhoog, veral aangesien daar van

die kopers af ’n aansporing is om

die produk te voorsien.”

die produsent se voorkeur-kultivar vir normale

sonneblomproduksie.

Die klimaat het ’n groot invloed op die opbrengs,

olie-inhoud en HO-vlakke in die olie gehad. Met

die hoër reënval van die 2011-seisoen, was die

opbrengs oor die algemeen hoër as in 2010

(Grafiek 1) toe vog stremming ’n faktor was. Die

gemiddelde olie-inhoud is hoër en die verspreiding

van die olie-inhoud (Grafiek 2 en 3) is wyer onder

droër toestande in 2010.

Dit is moeilik om die mees geskikte plek vir

HO-sonneblom-aanplantings te bepaal, aangesien

die omgewing (grond), maar veral die klimaat

(temperatuur en reën) ’n groot invloed het op

die stabiliteit van beide die olieproduksie en

oleïensuur-inhoud. Kopers kan egter verseker

wees van die uitstekende olie-samestelling

(oleïensuurkwaliteit) van al die kultivars wat

ingesluit is in die demonstrasieblokke.

Die opbrengs van HO-sonneblom-kultivars word

beïnvloed deur ligging en klimaat en dus sal hierdie

kultivars nie ewe goed presteer in alle lokaliteite

nie. Gemiddelde HO-sonneblom-opbrengste is

sowat 30% laer as konvensionele opbrengste

(Grafiek 4), maar op ’n individuele basis is daar

HO-sonneblom-kultivars wat net so goed as

konvensionele sonneblom presteer.

Grafiek 4: Gemiddelde prestasie van alle HOsonneblom

kultivars by verskeie lokaliteite in 2011

en 2010.

vervolg op bladsy 44

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

“Daar is duidelike kleurverskille

tussen gewasse

wat met Abacus ® bespuit

is en die wat nie bespuit

is nie.”

Philip de Jongh

Buffeldoorn, Koppies

Vir meer inligting oor Abacus ® ,

SMS* die woord “ABACUS5”,

jou naam en area na 33090,

en ons skakel jou terug.

*SMS-koste is R1.50.

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852 , Midrand Tel: +27 11 203 2400

Faks: +27 11 203 2461 Epos: AgCelence-za@basf.com. Abacus ® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947.

Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Versigtig.

Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket.

Abacus ® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

uppe marketing A06252/Sen-A

44

••• SENWES GRAINLINK

Nuwe verbruikerswetgewing kan

voedselproduksie en -bemarking beïnvloed

VOEDSELVEILIGHEID IS ’N OPENBARE

GESONDHEIDSKWESSIE VAN

TOENEMENDE BELANGRIKHEID. DIE

NUWE VERBRUIKERSWETGEWING

KAN LEI TOT VERHOOGDE

AANSPREEKLIKHEID VIR ALLE

ROLSPELERS IN DIE VOEDSELBEDRYF.

> TEKS: MARIANA PURNELL

Mense het die reg om te verwag

dat die kos wat hulle eet, veilig is en geskik is vir

verbruik. Voedselgedraagde siektes en beserings

is onaangenaam en kan ook noodlottig wees.

Daar is egter ook ander gevolge. Die uitbreek van

voedselgedraagde siektes kan groot skade berokken

aan handel en toerisme en kan lei tot ’n verlies

aan inkomste asook tot werkloosheid en litigasie.

Voedselbederf is verkwistend, duur en kan ’n nadelige

invloed op handels- en verbruikersvertroue hê.

Die Wet op Verbruikersbeskerming

maak voorsiening vir verskeie regte van

verbruikers, soos byvoorbeeld:

• anti-diskriminasie;

• inspeksie van goedere;

• tydige en korrekte lewering van goedere;

• eenvoudige taalgebruik in dokumente;

• handelsbeskrywings;

• bepalings teen wanvoorstelling en

misleiding;

• kontraktuele bepalings wat billik,

regverdig en redelik is;

• pryse wat billik, regverdig en redelik is;

• waarborge; en

• terugneem van produkte.

“Mense het die reg om te verwag

dat die kos wat hulle eet, veilig is en

geskik is vir verbruik.”

WAT BETEKEN DIT VIR DIE GRAANBEDRYF?

Wêreldwye tendense in voedselveiligheid bied ’n

uitdaging vir al die rolspelers in die voedselketting

om aan te pas en ’n produk van hoë kwaliteit te

lewer wat voldoen aan voedselveiligheidstandaarde.

Belangrike uitdagings in die graanbedryf is

mikrobiese voedselgedraagde siektes en algemene

voedselveiligheidsaspekte.

Verbruikers is kwaliteitsbewus en die meerderheid

doen hul voedselaankopies by maatskappye wat

’n hoë gehalte handhaaf en die nodige versekering

kan gee dat die voedselprodukte aan die hoogste

standaarde en voedselveiligheidsvereistes voldoen.

Die gebruik van chemiese middels en beperkings

daarop op die graan wat gelewer sal word, soos

vervat in die Wet op Landbouprodukstandaarde

(1990), is veral ter sprake. Produsente moet hulle

vergewis van die wetlike vereistes en voldoen aan die

standaarde soos daarin neergelê. Wetlike voorskrifte

bepaal die gebruik van onkruiddoders, insekdoders

en verskeie ander landboukundige chemikalieë en

die residu-vlakke van sodanige produkte wat in die

kommoditeit teenwoordig mag wees.

GMO-vry kommoditeite (produkte wat nie

geneties gemanipuleerde organismes bevat

nie) is ook onder die kollig van die nuwe

verbruikerswetgewing. Daar is ’n groeiende vraag na

GMO-vry produkte en die nuwe verbruikerswetgewing

stel streng riglyne ten opsigte van toepaslike toetse

en dokumentasie om die GMO-status van produkte

te bewys tydens bemarking.

Sodanige tendense kan daartoe lei dat die ver -

bruiker die produsent se keuse van variëteit,

landboupraktyke en selfs die hantering en bemarking

van die kommoditeit ten sterkste beïnvloed. ’n

Identiteitspreservering-bemarkingsproses sal dus

van kardinale belang wees om naspeurbaarheid te

verseker en om aan verbruikers gemoedsrus te gee

dat sekere prosedures tydens produksie, hantering,

vervoer, verwerking en verpakking streng volgens

protokol uitgevoer is. S

Mariana Purnell is die Bestuurder: Spesialis Produkte by

Senwes Grainlink. Indien jy enige kommentaar het of meer

inligting wil ontvang, kontak haar by (018) 464-7271 of stuur

’n e-pos na mariana.purnell@senwes.co.za.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

SENWES GRAINLINK •••

HO-sonneblom vaar

goed in Suid-Afrika

vervolg van bladsy 43

45

In die algemeen is daar ’n opbrengs agter stand

wanneer HO-sonneblom met konvensionele

sonneblom-kultivars vergelyk word, maar die

gewenste gesondheidseienskappe wat in

aanvraag is, sal lei tot die bereidwilligheid van die

koper om ’n premie te betaal.

Spesiale hantering, opberging en verwerking

is egter nodig om HO-sonneblom tipe-eg te

hou. Vermenging met tradisionele sonneblom

op enige stadium van die produksie-siklus sal

lei tot ’n verlies van suiwerheid en dus ook die

gepaardgaande premie.

HO-sonneblom kan ’n addisionele geleent heid

bied om jou boerdery-inkomste te verhoog, veral

aangesien daar van die kopers af ’n aansporing

is om die produk te voorsien. Die HO-sonneblom

is ekwivalent aan enige ander sonneblom en

indien vermenging plaasvind, is daar geen risiko

vir die produsent dat dit nie aanvaar sal word as

konvensionele sonneblom nie.

Die Oliesade Advieskomitee van OPOT word

bedank vir die befondsing en die geleentheid om

hierdie produk onder die oliesaadprodusente van

die gebied bekend te stel. S

Mariana Purnell is die Bestuurder: Spesialis Produkte by

Senwes Grainlink. Indien jy enige kommentaar het of meer

inligting wil ontvang, kontak haar by (018) 464-7271 of

stuur ’n e-pos na mariana.purnell@senwes.co.za.

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

46

••• SENWES GRAINLINK

Grainlink Afrika help om

landbou-spens

te vergroot

SENWES GRAINLINK SE TWEE NUWE

INISIATIEWE NAAMLIK BUNGE SENWES

EN SENWES GRAINLINK AFRIKA IS

BEIDE IN HUL KRUIPFASES, MAAR

VIR BEIDE HIERDIE AFDELINGS WINK

DAAR GROOT GROEIGELEENTHEDE IN

DIE NABYE TOEKOMS.

> TEKS: GERARD VAN ZYL

Afrika se spens is nog glad nie

vol nie en daar is nog baie geleenthede wat vir

Grain link Afrika wink. Om hierdie geleenthede te

benut het Senwes, deur sy filiaal Senwes International

Holdings, vier maatskappye in strategiese Afrika

lande geregi streer.

Senwes

Zambië

Senwes

Senwes International Holdings

Senwes

Mosambiek

Senwes Grainlink Afrika

bystand oor operasionele

aangeleenthede

Figuur 1: Voorgestelde struktuur van die Afrika departement binne Grainlink.

Senwes Mosambiek. Hierdie maatskappy is ’n

vennootskap tussen Senwes (75% aandeelhouding)

en André Vonk (25% aandeelhouding), waar André

die Besturende Direkteur is. Die kantoor van hierdie

maatskappy het gedurende Oktober 2011 geopen.

Senwes Zambië. Die maatskappy se deure het

in September 2011 oopgemaak. Henry Burger is

verantwoordelik vir die werksaamhede van Senwes

Grainlink Zambië.

Senwes Malawi. Die maatskappy het sy eerste

operasionele jaar agter die rug en Eran Wilson is

aan stuur van sake van Senwes Malawi.

Senwes Grainlink East Africa (Kenia) is gestig om

uitvoere van graan na Kenia te fasiliteer. Op hierdie

stadium is hierdie maatskappy egter dormant tot

uitvoergeleenthede weer lewensvatbaar is.

Senwes

Malawi

Senwes

Kenia

Senwes Bunge

bystand tot

internasionale handel

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

SENWES GRAINLINK ••• 47 Met dié Abacus ® -

aanbiedinge van BASF

kry jy soveel meer.

Elke maatskappy het sy eie direksie, waaraan die

verantwoordelike Afrika Bestuurder rapporteer.

MEER OOR GRAINLINK AFRIKA

Die Afrika inisiatief se doel is die bekomming van

graan en oliesade, die opberging daarvan, en die

bemarking daarvan. Bemarking vind plaas binne

‘n bepaalde land, oorgrens in Suider Afrika en

diepsee.

Elke bestuurder van die verskeie maatskappye

is verantwoordelik vir sy eie werksaamhede en

rapporteer aan sy eie direksie. Senwes Grainlink

het ‘n ondersteunende afdeling op die been

ge bring (Grainlink Afrika) wie se verantwoordelikheid

dit is om toe te sien dat goeie korporatiewe

bestuur deur die Afrika maatskappye toegepas

word. Gerard van Zyl (Bestuurder: Grainlink

Afrika), Mike Bester (Operasionele Bystand), Thys

Visagie (Finansiële Kontroleur) en Chris Motengwe

(Besigheidsontwikkeling) is die verantwoordelike

bestuurspan van Grainlink Afrika.

Bunge Senwes, ‘n spesialis internasionale

graanverhandelingsmaatskappy waarvan Senwes

50% aandeelhouer is, verleen bystand tot die

bemarking van die grane van die onderskeie

lande.

WAT IS DIE UITDAGINGS?

Senwes Grainlink besef dat vir die Afrika inisiatief

om uiteindelik suksesvol te wees, hy hom moet

onderskei van die bestaande rolspelers. Dit sal

gedoen word deur waarde toevoeging tot die

graanhanteringsketting. Waardetoevoeging sal

gedoen word deur die graanhanterings metodiek

van Senwes (Suid-Afrika) toe te pas in die

speelveld noord van ons grense.

Behalwe vir die kultuur en regolatoriese

verskille waaraan Senwes in Suid-Afrika gewoond

is, is een van die grootste uitdagings wat tot

nou toe ondervind word die beskikbaarheid van

betroubare vervoer. Hierdie aspek is in proses

om aangepreek te word, en die vertroue is dat ‘n

werkbare oplossing gedurende 2012 daar gestel

sal word. S

Gerard van Zyl is die Bestuurder: Grainlink Afrika. Vir

meer inligting skakel hom by (018) 464-7211 of stuur ’n

e-pos na gerard.vanzyl@senwes.co.za.

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

Met Abacus ® kry jy:

hoër opbrengste;

verbeterde en bemarkbare kwaliteit;

verhoogde produksiedoeltreffendheid;

beter stresverdraagsaamheid.

1 By BASF glo ons so sterk aan Abacus ®

dat ons met vertroue die “You-won’t-lose”kontrak

aan produsente bied.

2 As produsent staan jy ook ’n kans om deel

te neem aan die BASF Abacus ® Highboykompetisie*

waar jy ’n splinternuwe Highboyspuit

kan wen.

*Stuur ’n e-pos aan AgCelence-za@basf.com vir

kompetisiereëls, terme en voorwaardes.

3 Op grond van die samewerking tussen

BASF se AgCelence en Monsanto se

DEKALB ® , kan produsente ’n verdere voordeel

trek deur afslag op Abacus ® -aankope te kry.

Vir meer inligting oor Abacus ® en die bogenoemde

aanbiedinge, SMS* die woord “AANBOD”, jou naam

en area na 33090 en een van ons verteenwoordigers

sal jou terugskakel.

*SMS-koste: R1.50

Verwag meer en kry meer met

- jou AgCelence -produk van BASF.

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852 , Midrand Tel: +27 11 203 2400

Faks: +27 11 203 2461 Epos: AgCelence-za@basf.com. Abacus ® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947.

Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Versigtig.

Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket.

Abacus ® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

uppe upp up ppe marketing m A06252/Sen-C

Dis mos mielies!

Bereik jou volle

oes-potensiaal met die

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za | Kliëntediens tel: 011 790-8201 | E-pos: customercare.sa@monsanto.com

DEKALB ® en AgCelenceTM

vennootskap.

Uitmuntende produkte. Uitmuntende resultate.

Net Abacus ® van BASF gee AgCelenceTM . Vir meer inligting oor Abacus ® , SMS* die woord “ABACUS12”,

jou naam en area na 33090 en ons skakel jou terug. *SMS-koste is R1.50.

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852 , Midrand Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 Epos: AgCelence-za@basf.com.

Abacus ® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Skadelik.

Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket. Abacus ® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

uppe marketing A06325SS

50

••• DRUPPELS OP DIE DAK

’n Laat seisoen

en naels kou

lê voor

AS DAAR AL OOIT ’N SEISOEN WAS

WAAR DIT STREEP-STREEP GEREËN

HET, WAS DIT VANJAAR. MIN

AANLIGGENDE PLASE HET DIESELFDE

REËNVAL HIERDIE SEISOEN ONTVANG.

> TEKS: THYS GROBBELAAR

Volgens die klimatologiese

indekse wat gebruik word, was hierdie seisoen oorspronklik

as ’n redelike sterk La Niña-tipe seisoen

geklassifiseer. Dié tipe seisoen word gekenmerk

aan later as normale lentereën, wat weer opgevolg

word deur ’n natter as normale najaar. Die later as

normale seisoen het in der waarheid gerealiseer.

Van die meer westelike distrikte in die somersaaigebied,

soos Bloemfontein en Lichtenburg, het só laat

reën ontvang, dat mielies tot in Januarie aangeplant

is. Van die produsente kon nie eers klaer sonneblom

aanplant nie.

Die gemiddelde reënval vir Januarie oor die

afgelope twaalf jaar is 116 mm. Behalwe vir van

die meer oostelike distrikte, het die hele Senwes

gebied minder as die twaalf jaar gemiddeld ontvang.

Soos reeds vermeld, is daar plase en distrikte wat

meer reën as die twaalf jaar gemiddeld ontvang het.

Hoe verder wes jy in die bedieningsgebied beweeg,

hoe droër is dit. Die verwagte nat najaar het nog

nie gerealiseer nie. Gelukkig het die oorgedraagde

grondvog van die vorige seisoen, die huidige oes in

baie gevalle deurgehelp.

Figuur 1 dui die geakkumuleerde reënval aan vir

die huidige seisoen beginnend by Julie 2011 tot en

met die einde van Januarie, minus die twaalf jaar

gemiddelde geakkumuleerde reënval. Dit blyk dat

die grootste gedeelte van die Senwes bedieningsgebied

tussen 100 mm tot 200 mm minder reënval

hierdie seisoen ontvang het. Wat die res van die

seisoen gaan gebeur, kan ons maar net oor gis.

Gedurende Desember 2011 was die gemiddelde

seetemperatuur van die Stille Oseaan baie kouer

Figuur 1: Werklike reënval van Julie 2011 tot Januarie

2012 versus die langtermyngemiddeld van Julie tot

Januarie, 1999 tot 2011.

as normaal, wat op ’n baie sterk La Niña gedui het.

Dit was verlede seisoen ook baie natter as normaal,

met versuipskade wat in verskeie distrikte gerapporteer

is.

Die seetemperature het intussen heelwat afgekoel

en die La Niña-verskynsel het heelwat verswak,

hoewel dit steeds ’n La Niña-tipe seisoen is. Die

SOI-indeks (Suidelike Oselasie Indeks) het van ’n

maandgemiddeld van 21,95 op 2 Januarie 2012 tot

9,9 op 1 Februarie 2012 verswak. Verder was die

tropiese sikloon, Funso, die grootste gedeelte van

Januarie in die Mosambiek-kanaal aktief gewees.

Dié tropiese sikloon het ’n enorme hoeveelheid vog,

onder andere uit die trope, na homself ingesuig. Dit

het ’n groot bydrae tot die droër as normale Januarie

gelewer.

OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING

Die natter as normale seisoen wat voorspel is, maar

nog nie gerealiseer het nie, laat baie produsente

naels kou, omdat dit in sekere distrikte baie droog

word. Die tradisionele watertafelgrond, wat verlede

seisoen versuip het, se gesaaides vertoon hierdie

seisoen baie goed. Baie gesaaides is steeds baie

jonk en benodig opvolgreën vir ’n goeie oes. Die

oorgedraagde grondvog van verlede seisoen, help

van die gesaaides deur die afgelope droë tyd. S

Die artikel en figuur is saamgestel in Januarie 2012 deur Thys

Grobbelaar (Senior Graananalis: Senwes Grainlink) en Ronél

Koen (Senior Gis-tegnoloog: Senwes Landboudienste). Vir

meer inligting, skakel Thys by (018) 464-7385.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

52

••• TRUSTS

IN SY EENVOUDIGSTE EN

ELEMENTÊRSTE VORM BEHELS

BOEDELBEPLANNING DIE ORDENING,

BESTUUR, BEVEILIGING EN

BESKIKKING VAN ’N PERSOON

SE BOEDEL SODAT HY, SY GESIN

EN ANDER BEGUNSTIGDES DIE

MAKSIMUM VOORDELE VAN SY

AARDSE BESITTINGS TYDENS SY

LEEFTYD ASOOK NÁ SY DOOD,

KAN GENIET.

> TEKS: ANN NEL

Faktore wat ’n belangrike rol

by boedelbeplanning speel, is ouderdom, huwelikstatus,

die waarde van bates asook die samestelling

van die gesin of familie.

Boedelbeplanning behels verskillende fases

wat uiteraard van persoon tot persoon kan verskil.

Die beplanning- en implementeringsfases is baie

belangrik en sluit die opstel van ’n testament en die

registrasie van plaaslike en buitelandse strukture,

soos byvoorbeeld ’n trust in. Die volgende belangrike

fase is die instandhouding van die strukture,

byvoorbeeld die dag-tot-dag administrasie van

trusts en moontlike wysigings aan strukture soos en

wanneer dit ontstaan of wetgewing verander. Die

finale stadium is die bereddering van die boedel

na afsterwe en die beskerming van bates van een

geslag na die volgende.

Oor jare het trusts ontwikkel in ’n baie waardevolle

struktuur in die boedelbeplanningsproses. Daar

is natuurlik verskeie redes hoekom mense trusts

oprig.

Gebruik ’n

familietrust as

1. WAT IS DIE VOORDELE VIR MY AS

PRODUSENT OM MY BATES IN ’N TRUST

TE SIT?

• Die groei van die trustbates vestig in die trust en

nie jou persoonlike boedel nie.

• Indien jy van jou persoonlike bates aan die trust

verkoop, sal die bedrag wat deur die trust aan

jou verskuldig is (saldo van die leningsrekening)

op die datum van jou afsterwe, as ’n bate in

jou boedel geag word. Die bedrag kan egter

vir boedelbelastingdoeleindes verminder word,

deur gebruik te maak van die jaarlikse toegelate

skenking van R100 000.

• ’n Trust bied beskerming teen moontlike probleme

indien jy dalk nie meer oor die vermoë

sou beskik om gesonde finansiële besluite te

neem nie. Deur ’n trust kan verhoed word dat

’n kurator aangestel moet word om na jou

finansiële sake om te sien.

• ’n Trust is vertroulik in die sin dat die besonderhede

daarvan nié openbaar gemaak hoef te

word, soos in die geval van die inhoud van

’n bestorwe boedel nie. ’n Testament en die

inhoud van ’n bestorwe boedel is ná jou afsterwe

twee openbare dokumente wat toeganklik is vir

enigeen.

• ’n Trust kan finansiële beskerming bied aan

gestremde afhanklikes, begunstigdes met

spesiale behoeftes of teen spandabelrige

familielede.

• ’n Trust kan die hoë administrasiekoste van

opeenvolgende boedels vermy deur voorsiening

te maak vir opeenvolgende begunstigdes.

• ’n Trust kan die emosionele stres waardeur familie-

lede gaan ná jou afsterwe verminder deurdat dit

onveranderd voortgaan, sonder die formaliteite wat

deur ’n bestorwe boedel vereis word.

• Deur kundige trustees aan te wys, kan jy verseker

dat jou bates en beleggings op ’n professionele

wyse bestuur word.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

• Jy kan, via die aanstelling van trustees, selfs

ná jou dood steeds ’n mate van beheer oor die

trustbates uitoefen.

• Die trust kan ’n inkomste aan jou afhanklikes

voorsien in die tydperk tussen jou afsterwe en die

afhandeling van jou boedel.

• ’n Trust kan verhoed dat jou minderjarige afhanklikes

se erfporsies in die voogdyfonds beland.

• Jy kan die probleme wat ontstaan indien jou

bates verdeel moet word ten einde ’n gelyke

verdeling aan u erfgename te maak, voorkom.

• Die trust se inkomste kan verdeel word tussen

begunstigdes, wat ’n laer effektiewe belastingkoers

tot gevolg kan hê. Alle trustinkomste wat

aan die trust self uitbetaal word en wat nie deur

die trustees aan begunstigdes uitgekeer word

nie, maar wat in die trust gekapitaliseer word, is

egter onderworpe aan ’n belastingkoers van 40%.

• Inkomstevlakke kan, volgens die diskresie van

die trustees, varieer na gelang van veranderende

behoeftes van die trustbegunstigdes.

• Aangesien die trustbates die eiendom van die trust

is en nie dié van die trustbegunstigdes nie, vorm

dit nie deel van die begunstigdes se boedels by

hul afsterwe nie. Dit kan ’n besparing van boedelbelasting

vir die trustbegunstigdes tot gevolg hê.

• Om dieselfde rede as hierbo genoem, is die

trustbates beskerm teen skuldeisers van die

trustbegunstigdes.

2. WATTER BATES BEHOORT EK IN ’N

TRUST TE SIT?

• Bates wat beter as inflasie kan groei en wat van

een geslag na ’n ander oorgedra moet word, dit

wil sê groeibates.

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

TRUSTS •••

• Bates wat beskerm moet word teen potensiële

egskeidings van kinders, byvoorbeeld met

betrekking tot aanwaseise.

3. WATTER PARTYE IS BY ’N TRUST

BETROKKE?

Oprigter/skenker

Die oprigter is die persoon wat die trust begin.

Die oprigter kan enige persoon wees van 18

jaar en ouer of dit kan ’n regspersoon wees. Die

oprigter kan nie vervang word nie.

Trustees

Trustees is die enigste partye wat namens

die trust enige kontrakte mag aangaan sowel

as bates mag koop en verkoop. Die trustees

aanvaar die bates van die trust en bestuur dit

in terme van die trustakte tot voordeel van die

trustbegunstigdes.

Trustees is wetlik verplig om sover as wat dit

redelik verwag kan word van ’n persoon wat die

sake van ander bestuur, hulle magte omsigtig,

bekwaam en met toegewydheid uit te voer.

Die trustakte bepaal gewoonlik wat die

minimum aantal trustees moet wees. Daar word

gewoonlik aanbeveel dat daar ten minste twee

trustees moet wees waarvan een ’n onpartydige

persoon moet wees.

Daar kan ook in die testament opvolgende

trustees benoem word, indien die trustakte dit so

bepaal.

vervolg op bladsy 54

53

54

••• TRUSTS

Gebruik 'n familietrust as

boedelbeplanningsinstrument

vervolg van bladsy 53

Begunstigdes

Daar is kapitaal- en inkomstebegunstigdes

in ’n trust. Om enige voordeel uit ’n trust te

ontvang, moet ’n persoon eers kwalifiseer as ’n

begunstigde. Aan die anderkant, die blote feit

dat ’n persoon benoem is as ’n begunstigde in ’n

trust, beteken nog nie dat hy/sy enige reg het op

enige inkomste en/of kapitaal nie. Die trustees

het die mag om binne hulle diskresie, kapitaal

en inkomste toe te ken aan wie en ook in watter

verhouding hulle wil.

’n Persoon kan terselfdertyd die oprigter, ’n

trustee en ’n kapitaal- en inkomstebegunstigde

wees.

4. HOE MOET JY TE WERK GAAN OM JOU

BATES IN ’N TRUST TE KRY?

• Daar is verskillende maniere hoe jy jou bates in

’n trust kan kry, naamlik:

• Jy kan jou bates in jou testament aan jou trust

bemaak.

• Jy kan jou bates aan jou trust skenk.

• Jy kan jou bates aan jou trust verkoop.

5. WAT IS DIE KOSTE DAARAAN VERBONDE

OM JOU BATES IN ’N TRUST TE KRY?

Die koste hang daarvan af of die bate bemaak,

geskenk of aan die trust verkoop word.

a) Bemaking

Transportkoste: Dit is slegs van toepassing

op vaste eiendom en is betaalbaar aan die

oordragprokureur. Die bedrag word bepaal op ’n

glyskaal volgens die waarde van die eiendom.

Hereregte: Daar is geen hereregte betaalbaar

op bemaking nie.

BTW: Indien die oorledene geregistreer was vir

BTW, word 14% BTW gehef, behalwe indien die

erfgenaam vir BTW geregistreer is en die erfporsie

kan oorgaan as ’n lopende saak, dan word BTW

teen ’n nul koers betaal.

Kapitaalwinsbelasting (KWB): Indien die

nagelate gade die bates erf en dit nie uit die

boedel verkoop nie, is daar geen KWB betaalbaar

in die boedel van die eerssterwende nie. Die

nagelate gade verkry die bates teen dieselfde

basiskoste as die oorledene en dus word die

betaling van KWB net uitgestel tot by die afsterwe

van die langslewende.

Indien die bate bemaak is aan ’n ander party

en die markwaarde by dood is meer as die basis -

koste (waardasie soos op 1 Oktober 2001 of

aan koopprys ná 1 Oktober 2001, of tydtoedelingswaarde),

het die boedel ’n vrystelling

van R200 000 en 25% van die balanswins is

belasbaar teen die oorledene se marginale koers.

Wanneer dit plaasvaste eiendom is, kwalifiseer

2 ha, waarop die woonhuis geleë is, vir die

primêre woonhuisvrystelling – dit wil sê die eerste

R1 500 000 van die wins is vry van KWB.

Waar die boerdery kwalifiseer as ’n kleinsakeonderneming,

is die eerste R900 000 van die

wins ook vry van KWB.

Onthou egter dat KWB betaalbaar is op lewende

hawe, tensy die nagelate gade die lewende hawe

erf. Indien die seun byvoorbeeld ’n bul erf met ’n

markwaarde van R7 000 is die KWB R1 737,50

(R7 000 - R50 = R6 950 x 25%).

Skenkingsbelasting: Nie van toepassing nie.

Seëlregte: 0,25% op markwaarde van aandele.

b) Skenking

Skenkingsbelasting: Die skenker betaal 20%

skenkingsbelasting op die markwaarde van die

bate wat geskenk word – dit wil sê ’n produsent

wat ’n plaas van R5 miljoen aan sy trust skenk

sal R980 000 aan skenkingsbelasting moet

opdok. Elke natuurlike persoon mag egter

R100 000 per belastingjaar skenk, vry van

skenkingsbelasting.

Transportkoste: Dit is slegs van toepassing

op vaste eiendom en is betaalbaar aan die

oordragprokureur. Die bedrag word op ’n glyskaal

bepaal volgens die waarde van die eiendom.

Hereregte: Dit is slegs van toepassing op vaste

eiendom en die bedrag word op ’n glyskaal

bepaal volgens die waarde van die eiendom.

R0 - R600 000 teen 0%

R600 000 - R1 miljoen teen 3%

R1m - R1,5 miljoen teen 5%

>R1,5 miljoen teen 8%

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

Is jou laaste

testament

werklik

jou laaste

wense?

BTW: Indien die skenker geregistreer is vir

BTW, word 14% BTW gehef; behalwe indien die

ontvanger van die bate wat geskenk word, vir

BTW geregistreer is en die bate kan oorgaan as

’n lopende saak, dan is BTW teen ’n nul koers

betaalbaar. Indien dit ’n BTW-transaksie is, is

daar geen hereregte betaalbaar nie.

Kapitaalwinsbelasting: Waar die bate geskenk

word tussen gades, is daar geen KWB betaalbaar

nie, maar die bevoordeelde gade verkry die bates

teen dieselfde basiskoste as die gade wat die

bate geskenk het.

Indien die bate aan ’n derde party (insluitend

’n kind) geskenk word en die markwaarde is

meer as die basiskoste (waardasie soos op

1 Oktober 2001 of aankoopprys ná 1 Oktober

2001, of tydtoedelingswaarde), het die skenker

’n vrystelling van R20 000 en 25% van die

winsbalans is belasbaar teen die skenker se

marginale koers.

As dit plaasvaste eiendom is, kwalifiseer 2 ha

waarop die woonhuis is vir die primêre woonhuisvrystelling

– dit wil sê die eerste R1 500 000 van

die wins is vry van KWB.

Sou die boerdery kwalifiseer as ’n kleinsakeonderneming,

is die eerste R900 000 van die

wins eenmalig ook vry van KWB.

Daar is KWB betaalbaar op lewende hawe,

tensy die lewende hawe aan die gade geskenk

word.

Seëlregte: 0,25% op markwaarde van aandele.

c) Verkoping teen markwaarde

Transportkoste: Dit is slegs van toepassing

op vaste eiendom en is betaalbaar aan die

oordragprokureur. Die bedrag word bepaal op ’n

glyskaal volgens die waarde van die eiendom.

Hereregte: Dit is slegs van toepassing op

vaste eiendom en die bedrag word bepaal op ’n

glyskaal volgens die waarde van die eiendom.

Is ’n testament nie net vir ryk mense bedoel nie? Wie

is ek veronderstel om te benoem as begunstigdes

van my bates? Is my kinders oud genoeg om hul eie

erflatings te hanteer? Hoe weet ek my testament is

geldig? Wie kan ek vra om na my testament om te

sien? Wie kan ek vertrou?

Gesels gerus met Sanlam Trust.

Tel: (021) 947 6363 of besoek www.sanlamtrust.co.za.

www.sanlam.co.za

GELISENSIEERDE VERSKAFFER VAN FINANSIËLE DIENSTE

R0 - R600 000 teen 0%

R600 000 - R1 miljoen teen 3%

R1 miljoen - R1,5 miljoen teen 5%

>R1,5 miljoen teen 8%

TRUSTS •••

Kapitaalwinsbelasting: Wanneer die bate

verkoop word aan die gade, is daar geen KWB

betaalbaar nie, maar die bevoordeelde gade

verkry die bates teen dieselfde basiskoste as die

gade wat die bate verkoop het.

Indien die bate aan ’n derde party (insluitend

’n kind) verkoop word en die markwaarde is meer

as die basiskoste (waardasie soos op 1 Oktober

2001 of aankoopprys ná 1 Oktober 2001 of

tydtoedelingswaarde), het die verkoper ’n vrystelling

van R20 000 en 25% van die winsbalans is

belasbaar teen die verkoper se marginale koers.

Waar dit plaasvaste eiendom is, kwalifiseer

2 ha waarop die woonhuis is vir die primêre

woonhuisvrystelling, dit wil sê die eerste

R1 500 000 van die wins is vry van KWB.

Sou die boerdery as ’n kleinsake-onderneming

kwalifiseer, is die eerste R900 000 van die wins

ook vry van KWB.

KWB is betaalbaar op lewende hawe, tensy die

lewende hawe aan die gade verkoop word.

BTW: Indien die verkoper geregistreer is vir BTW,

word 14% BTW gehef, behalwe indien die koper vir

BTW geregistreer is en die transaksie kan oorgaan

as ’n lopende saak, dan is BTW teen ’n nul koers

betaalbaar. Let wet, indien dit ’n BTW-transaksie

is, is daar geen hereregte betaalbaar nie.

Skenkingsbelasting: Geen skenkingsbelasting is

betaalbaar by ’n verkoping nie.

Seëlregte: 0,25% op markwaarde van aandele. S

In die volgende uitgawe beantwoord Ann Nel nog vrae

oor trusts. Ann is die Nasionale Bestuurder: Testamente,

Sanlam. Vir meer inligting, skakel haar by (021) 947-6354

of stuur ’n e-pos na ann.nel@sanlam.co.za.

Trust

55

56 ••• TOEKOMSBLIK

SPESIALE

AANBIEDING

Koop die filter teen slegs

R297,00 (BTW en vervoer

uitgesluit) elk. Koop ’n kas van

agt filters en kry twee filters

gratis. Koop vier filters en kry

een filter er gratis.

Die filter is

ook by Senwes

se onderdeleafdelings

te

koop.

STEL JY BELANG?

Vir meer inligting oor die filter,

besoek www.whalefilter.co.za.

Jy kan ook vir Henning skakel

by (018) 469-1554.

Trap minder

koolstofspore

LANDBOUTOERUSTING SE DIESEL-

ENJINS GEBRUIK MEER BRANDSTOF

AS ENIGE ANDER DIESELAAN-

GEDREWE TOERUSTING. STAANTYD

VAN TOERUSTING GEDURENDE

BESIGE SEISOENE KAN NIE BEKOSTIG

WORD NIE, OMDAT DIT TYDROWEND

EN DUUR IS. DIE WHALE DIESEL

FILTER, WAT DIE BREINKIND VAN

HENNING JOUBERT (75) VAN

KLERKSDORP IS, HOU EGTER JOU

TOERUSTING SE DOELTREFFENDHEID

EN PRESTASIE OP SY PIEK.

> TEKS: RUTH DAVIES

’n Beraamde 80%

van al die dieselinspuitingstelselfoute

ontstaan as gevolg

van vuilheid. Inspuiting-agteruitgang

maak dat die doeltreffendheid en prestasie van die

toerusting negatief beïnvloed word. Die gevolg is

dat langer periodes in die land deurgebring word.

Hoe gouer en doeltreffender produsente meganiese

aktiwiteite kan voltooi, hoe meer geld kan gemaak

word.

Met die heersende dieselprys en hoë bedryfs koste

teenoor produkprysberaming en die invoer beleid,

grens die uitdagings in landbou aan oorweldigend.

Volhoubare voortbestaan eis doelgerigte beplanning

en verantwoordbare bestuurspraktyke wat uiteraard

geen grasie vir “skoolgeld” laat nie. Die Whale filter

speel daarom ’n prominente rol in die daarstelling

van ’n haalbare brandstofbestuursbeleid sowel as die

bekamping van giftige uitlaatgasse.

Senwes Scenario het Henning by sy werkswinkel

in Klerksdorp ontmoet om uit te vind hoekom hierdie

filter ’n moet-hê op elke produsent se plaas is.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

VAN WAAR DIE

NAAM WHALE CONCEPT

FILTERING?

’n Walvis eet kril wat deur die seewater

filtreer word. Dit is presies wat hierdie Whale

dieselfilter doen. Die filter vervang niks in

die dieselenjin nie, dit is bloot ’n

toevoeging.

HOEKOM JY DIÉ FILTER MOET KIES

Dit verwyder onsuiwerhede in die diesel tot

onder een mikron.

Dit kan as addisionele filter gebruik word tot die

bestaande filtersisteem.

Word in lyn met ander filters net voor die

dieselpomp, inspuiters (injectors) of common

rail-sisteem geïnstalleer.

Dit is ’n weggooi-tipe filter.

Dit is ontwerp vir ’n diensperiode van 250 uur

(vir byvoorbeeld grondverskuiwingstoerusting) of

20 000 km.

Dit is deursigtig om die kontrole van

dieselkwaliteit moontlik te maak.

Dit lewer voldoende vloeitempo vir gebruik in

enige dieselvoertuig.

Benodig nie ’n addisionele pomp nie.

Atmosfeervriendelik.

WAT IS DIE DOEL VAN

GEFILTREERDE DIESEL?

Lewer werkverrigting volgens

standaardspesifikasies wat andersins nie

haalbaar is nie.

Verminder slytasie van die dieselpomp,

inspuiters (injectors) asook die enjin.

Voorkom lekkende inspuiters. Dus word

enjinolie nie deur diesel afgebreek nie.

Ontbrand volledig en meer brandstof sal

effektief funksioneer.

Hou temperatuur laer as gevolg van

volledige ontbranding.

Verminder giftige uitlaatgasse asook

oormatige rook.

Verkort die ontbrandingstyd en verminder

koolstofneerslag op silinder- en

klepkoppe.

“Die Whale filter verwyder

deeltjies so klein as 0,5 mikron.”

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

TOEKOMSBLIK •••

vervolg op bladsy 58

57

Die wêreld se eerste volledige groen dieselfilter. Henning

was in 2011 ’n finalis in die vervoer-kategorie by die Eco

Logic toekenningsfunksie. Sy produk is ook by die COP

17-beraad in Durban uitgestal.

Só lyk die diesel wat in

jou tenk gegooi word.

“Die Whale filter speel

’n prominente rol

in die daarstelling

van ’n haalbare

brandstofbestuursbeleid

sowel as die bekamping

van giftige uitlaatgasse.”

Só lyk die diesel wanneer

dit deur die filter gegaan

het – 99,66% skoon.

58 ••• TOEKOMSBLIK

Trap minder

koolstofspore

vervolg van bladsy 57

Omdat daar geen deeltjie groter as

0,5 mikron is nie, sal:

• Die dieselpomp nie beskadig word nie.

• Die skade aan die inspuiters verminder.

• Skade aan die enjin verminder as gevolg van

volledige verbranding en geen afloop aan die

kant van die silinder plaasvind nie.

• Dit giftige gasse in die atmosfeer verminder.

• ’n Merkbare verbetering in brandstofverbruik

gesien kan word as gevolg van volledige

verbranding.

WAAR WORD DIE DIESELFILTER

GEÏNSTALLEER?

Die filter word ingesit tussen die primêre/sekondêre

filter en die brandstofinspuiting (fuel injector). Die

meeste dieselvoertuie/enjins is toegerus met ’n

primêre filter wat vuil water en deeltjies van tien

mikron en groter verwyder en dit het ’n sekondêre

Die filter bestaan uit

deursigtige plastiek en

katoen.

D

Dié patent is getoets deur die SABS,

Naschem/Denel en onafhanklike

toetsinstansies. Vir meer inligting, skakel

Henning Joubert by (018) 464-1554.

Whale Dieselfilter

Die wêreld se eerste,

filter wat kleiner deeltjies bo 2 mikron in grootte,

verwyder. Die Whale filter verwyder deeltjies so klein

as 0,5 mikron.

SUIWERHEIDSTOETS

Denel was die enigste maatskappy wat hierdie ultrafyn

deeltjies, wat deur die filter opgevang en gestoor

word, kon toets. Die grootste deeltjie wat hulle gemeet

het, was 0,5 mikron. Hou in gedagte 1 mikron

= eenduisendste van ’n millimeter. 0,5 mikron is

dus die helfte van ’n duisendste millimeter.

te,

volledige groen dieselfilter

Het He Het jy geweet?

gew ew ewee ee eet? t? t

Dit is die enigste dieselfilter wat

koolstofdeeltjies kan opvang en

stoor.

Dit beskerm die dieselpomp, injector

tips en enjin.

Die filter pas op alle dieselenjingroottes.

Dit is die eerste deursigtige filter vir

’n brandstofbeheerbeleid.

Verbeter dieselverbruik tot en met

20% per tenk.

Dit benodig geen addisionele

installering van pompe in die

brandstoflyn nie.

Só lyk die suiwerheidsverslag

Tydsduur van toets: 282 sekondes

Skoonheid: 99,66%

Grootte van deeltjie: 0,5 mikron

Die filter kan onder andere

op ’n trekker gesit word.

Die filter kan in enige

model diesel enjinvoertuig

geïnstalleer word.

Hennie Naudé het baie vertroue in die Whale dieselfilter en gebruik dit reeds vir

agt jaar op sy toerusting.

>> “EK GEBRUIK DIÉ FILTER”

Hennie Naudé, ’n stoet- en saaiprodusent (sojabone,

mielies en sonneblom) van die Heilbrondistrik

is een van die eerste produsente wat die

Whale dieselfilter uitgetoets het en vandag dit

steeds op sy vyf trekkers en bakkie gebruik.

“Ek gebruik die filter op my toerusting, omdat

ek gehoor het jy kan tot 20% op jou diesel spaar.

Die filter hou jou diesel baie skoon en beskerm

HOE BESKERM DIE FILTER DIE OMGEWING?

• Die filter verminder uitlaatgasse (swart rook).

• Stel vlootbestuurders in staat om die vervoerkoolstofvoetspoor

aan te spreek.

• Verminder vlakke van groenhuisgasse wat veroorsaak

word deur dieselvoertuie (CO 2, Nox, en PM).

>> FILTER WORD GETOETS OP

´N JOHN DEERE TREKKER

Een van die toetse wat in die veld gedoen is,

was op ’n John Deere 6420 trekker van mnr B

Naudé in die Odendaalrus-distrik in die Noordwes

Provinsie. Die trekker was slegs gebruik vir

topbemesting en spuitwerk. Gedurende die

oesseisoen het die filter ’n addisionele 750 ure

gehou.

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

ook jou dieselsisteem. Dit maak die diesel só

skoon dat dit nie eens nodig is om jou oorspronklike

filter op jou trekker te vervang nie,” verwoord

dié Senwes-klant sy vertroue in dié produk.

Hy noem ook dat sy trekkers minder rook. “Ek

vervang nie die filter volgens ens ure u nie, maar eers

wanneer ek sien die filter raak vu vuil, want die filter

is deursigtig.”

TOEKOMSBLIK •••

Die standaardfilter

waarmee die trekker

uitkom.

Die Whale dieselfilter.

Buiten die landbousektor, waar kan die

filter nog gebruik word?

Swaar, medium en ligte vragmotors;

busse; taxi’s

Laaigrawe; stortvragmotors;

padskrapers

Trokke; vurkhysers

4x4-voertuie; dubbelkajuite;

vierwielmotorfietse

Bote; vlootskepe

Sleepvoertuie; lughawe-voertuie

Dieselaangedrewe kragopwekkers en

nog vele meer. S

e landbou ou o se sekt kt k or or, , w

eb ebruik wor ord? d? d

Vervoer: Sw Swaar, m

se

Konstruksie:

Mynwese:

Ontspanning:

Marine:

Lughawens:

Ander:

Ruth Davies is die Redakteur van S enwes S cenario.

59

60

••• AGRI-WENKE

Lang strooptyd wag

op produsente

DIE SOMERPRODUKSIESEISOEN HET

OOR DIE ALGEMEEN LAAT BEGIN (LAAT

SOMERREËN). MIN VROEË MIELIES

EN SONNEBLOM IS DUS AANGEPLANT,

MET HEELWAT PRODUSENTE WAT

NOG TOT IN JANUARIE GEPLANT HET.

GEWAS SE IS OOR ’N LANG TYDPERK

AANGEPLANT, WAT LEI TOT GROOT

VARIASIE IN DIE ONTWIKKELING-

STADIUMS VAN DIE GEWASSE, WAT

GEVOLGLIK TOT ’N LANG STROOP-

PERIODE AANLEIDING GEE.

>> GROENTE

• Wortels, beet, spinasie en die winter groentes

kan geplant word.

• Peste, plae en siektes gedy onder vogtige

klimaatstoestande

• Uie (kultivarspesifiek) en knoffel kan vanaf

Maart geplant word.

• Inspekteer gereeld vir aartappel rttappel

mot, vroeë en laat roes en

n

spuit eerder voorkomend

as genesend.

4.

5.

1. JanDirk Engelbrecht

2. Johan du Toit

3. Castuff Sekgala

3.

6.

4. Jacques Odendaal

5. Izak du Plessis

6. Gerrit Oosthuizen

Volgens die Nasionale Oesskat tings -

komitee (NOK) se voorlopige oppervlakskatting

(24 Januarie 2012) is daar onderskeidelik 19,87%

en 16,59% minder sonneblom en grondboontjies

aangeplant, terwyl 10,87% meer mielies aange -

plant is.

Goeie reënneerslae gedurende Februarie, Maart

en April (soos deur sekere weervoorspellingsinstansies

voorspel) behoort te lei tot goeie mielie-

en sonneblomopbrengste.

Stronkboorderbesmetting het op verskeie plekke

op weerstandbiedende mielies (Bt) voorgekom en

daar moet dus gereelde inspeksies vir moontlike

insekskade gedoen word.

Oorlêlande moet skoongehou word en die grondoppervlakte

moet in so ’n toestand gehou word dat

dit waterindringing bevorder en vogverliese beperk.

GRONDKUNDE

Ná die afgelope paar jare se goeie reënseisoene,

was daar lanklaas so ’n intense midsomerdroogte

soos die afgelope tyd. Mielies is tot laat in Desember

geplant, terwyl sonneblomme tot einde Januarie

geplant is weens die laat afgelope oesseisoen.

Opbrengs- en graadverliese weens vroeë koue kan

dalk nog ’n probleem word vir die oes. Hou die

oorlêlande onkruidvry en die bewerkingsoppervlakte

in ’n goeie toestand, sodat soveel moontlike reën

opgevang kan word en om vogverliese tot die minimum

te beperk.

Groo Groot dele van die koringgronde moet nog goeie

reën kr kry, r voordat daar geplant kan word.

Indien Indd

grondontledings nog nie gedoen is

nie, niee

is dit nou ’n goeie tyd om die koringland

se s ontledings te doen, sodat die regte

bemestingsprogram b

gevolg kan word. Met ’n

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

1.

2.

VEE

• Die bulle en windpompe behoort nou beide

lekker te werk.

• Oorweging behoort gegee te word aan die

oorskakel na ’n oorgangslek, veral nader na

einde Maart toe. Die oorgangslek moet veral

met proteïene verryk wees.

• Dit is belangrik om te onthou dat verse

voor die ouderdom van agt maande teen

brusellose (besmetlike misgeboorte) geënt

moet word. RB51 is duur en moet jaarliks

herhaal word, maar dit gee nie positiewe

toetsuitslae soos wat die ou stam 19 entstof

doen nie. RB51 kan ook op dragtige koeie

gebruik word.

• Ent solank kalwers in April teen Clostridiums

asook teen lam- en miltsiekte. Die opvolginenting

kan dan in Junie/Julie saam met

die skraag-enting van die groot diere gedoen

word.

• Ooie, veral dié wat in April/Mei gaan lam,

moet in Maart teen blou-uier geënt word.

• Sorg dat die nodige plaatjies, rekkies,

applikators en tange betyds gereed is vir die

herfs-lamseisoen.

• Diegene wat so besig was met planttyd dat

die wintervoer agterweë gebly het, daar is

nog tyd om vinnig Japanese radyse te plant.

• Groenvoer-aanplantings kan ook “gestagger”

word deur van nou af (Februarie) elke drie

weke ’n stuk groenvoer te vestig. Speel ook

met die kultivars om vir so lank moontlik

groenvoer beskikbaar te hê.

ruitpatroon-grondopname van 1 ha tot 2 ha word

die “raai” uit goeie gewasverbouing gehaal.

LANDBOU-EKONOMIE

Jy, as produsent, is sekerlik al baie gekonfronteer

en/of worstel self met vrae, soos “waarheen is

ek met my boerdery op pad?”; “is dit die regte

besluit?”; en “hoe gaan ek oorleef binne ’n milieu

van konstante verandering?”

Hierdie tipe vrae lei ons na die konsep van

strategiese bestuur waarby ons in die volgende

paar uitgawes bietjie gaan stilstaan. In sy

eenvoudigste vorm kan dit soos volg omskryf word:

’n plan ontwikkel vir die bereiking van ’n bepaalde

langtermyndoelwit”.

’n Strategie is deels beplan en deels ’n reaksie

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

AGRI-WENKE •••

op veranderende omstandighede. Dit is dus ’n

dinamiese proses en moet voortdurend hersien en

aangepas word.

’n Goeie besigheidstrategie fokus op die volgende:

• Hoe om die boerdery te groei (ekonomie van

skaal).

• Hoe om aan verbruikersverwagtinge te voldoen

(produk).

• Hoe om beter te presteer as jou mededinger

(buurman).

• Hoe om aan te pas by veranderende

omstandighede (praktyke, tegnologie, mark,

wetgewing ensovoorts).

• Hoe om elke faset van jou besigheid optimaal te

bestuur.

• Hoe om finansiële doelwitte te bereik.

Dit is gevolglik noodsaaklik dat jy as produsent eers

die volgende selfondersoek sal doen ten einde antwoorde

op eersvermelde vrae te verkry:

• Beskik jy oor ’n basiese strategie vir jou boerdery?

• Wat behels hierdie strategie?

• Hoe effektief is die strategie?

• Is dit op skrif?

• Is of word dit gekommunikeer aan diegene wat

jou moet help?

In die volgende uitgawe gaan ons bietjie kyk na

die kritiese elemente van ’n strategie, die basiese

bestuurstake en fatale foute wat vermy behoort te

word. S

Dié artikel is saamgestel deur Johan du Toit, Gerrit Oosthuizen,

Izak du Plessis, Castuff Sekgala, Jacques Odendaal en

JanDirk Engelbrecht (Senwes Landboudienste). Skakel hulle

by (018) 464-7604 vir meer inligting.

61

62

••• PROMOSIE-ARTIKEL: AGRICOL

DUO festulolium

is die alles-in-een-oplossing

Agricol breek nuwe grond en

betree ’n nuwe mark met die vrystelling van hul

eerste festulolium variëteit.

DUO festulolium is ’n kruising tussen sagteblaar

langswenkgras en tetraploïed meerjarige raaigras.

Dit lyk soos ’n raaigras, het die verteerbaarheid van

’n raaigras en is so smaaklik soos ’n raaigras. Die

swenkgraskomponent verseker hoë produksie en

langslewendheid en daarom kan DUO ook ekstreme

somer- en wintertemperature beter hanteer.

DUO is omvattend in proewe geëvalueer en

resultate bewys dat DUO net so goed en selfs

beter as meerjarige raaigras presteer. DUO kan

aangeplant word vir weiding, kuilvoer, staande

hooi en “green chop”. Dit kombineer goed met

peulgewasse, wat dan ’n hoë-kwaliteit weiding, hooi

of kuilvoer verseker.

DUO kan in die herfs (Maart tot Mei) sowel

as in die lente (September tot Oktober) gesaai

word. Goeie saadbedvoorbereiding is noodsaaklik

en die oppervlakte moet gelyk, fyn gewerk en

ferm wees. Dit moet goed vasgerol word en kan

met groot sukses ook deur “no fill” plantmetodes

in bestaande grasse ingeplant word. Waar

langslewendheidsprobleme op meerjarige raaigras

ondervind word, is DUO die oplossing. S

oi

AGRICOL het ’n wye

reeks raaigrasse en klawers vir

aanplantings in die herfs, beskikbaar.

Meerjarige raaigrasse – Bealey, Bronsyn en

Alto.

Italiaanse raaigras – Agriton, Agriboost en TABU.

Westewolds – Energa, Agri Hilton en Peleton.

Die DUO festulolium is ook reeds dié

seisoen beskikbaar.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

64 ••• DEVELOPING AGRICULTURE

Market

segmentation

in livestock

BESIDES MASTERING THE LIVESTOCK

PRODUCTION ASPECTS, PRODUCERS

ARE TO KNOW AND UNDERSTAND

DIFFERENT MARKET SEGMENTS AND

FACTORS DETERMINING THE SELLING

PRICE.

> TEXT: CASTUFF SEKGALA

MARKET SEGMENTATION

Market segmentation is a process of dividing the

total heterogeneous market into several segments.

The livestock producer sells the products primarily to

two broad categories, namely:

• Ultimate consumers

• Business users

The sole criteria for the segmentation of the market

into one or other of these later categories, is the

customer’s reason for buying.

ULTIMATE CONSUMERS

These consumers usually buy and use the livestock

and/or its products for own personal or household

consumption, such as parties, rituals, funerals, etc.

They are therefore satisfying non-business needs

and they constitute the “consumer market”.

BUSINESS USERS

These are business organisations buying livestock

to use in their own businesses to make other

products. They constitute the “business market”.

This market has several segments, as illustrated in

Figure 1.

The retailers (supermarkets) play an important

role in the distribution of livestock products to the

countrywide consumer market.

On the other hand, the majority of primary producers

sell their livestock to feedlots, private buyers

and auctions, but not to the other segments of the

market, such as meat processors, wholesalers, retailers

as well as meat import/export agencies. As

Primary

producers

Feedlot

Abattoir

Wholesalers

• Beef

• Lamb

• Pork

• Goats

Retailers Processors

CONSUMERS

Importers/

Exporters

Hide and

skins

Figure1: Illustration of different market segments in

the livestock industry.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

such, there formally remains a huge traditional gap

between primary producers and consumers in the

meat supply chain (as indicated in Figure 1) and

this is an area that still needs to be explored.

MARKETING CHALLENGES FACING

LIVESTOCK PRODUCERS

There are various challenges facing emerging livestock

producers regarding livestock marketing,

namely:

• Lack of marketing information

• Transportation

• Infrastructure

MARKETING INFORMATION

A lack of marketing information is the main challenge.

As such, they (emerging producers) do not

know and understand the local, regional and national

livestock and meat prices, livestock and meat

classification characteristics, seasonal price movements

and areas of high/low demand and supply.

The common element of marketing information is

the market price, which is determined by the classification

characteristics of livestock and meat (i.e.

age, fatness, conformation, damage and sex) as

outlined in Table 1 and Table 2.

The livestock and meat prices are also affected

by the following factors:

Availability and price of maize

Demand and supply

Climate (rain, drought or fodder flows)

Imports of red and other meats

As a result, the livestock prices are normally high

during the months of October to December and lowest

during the months of January to March.

TO CONCLUDE

It is advisable for livestock producers to develop

marketing skills and think out of the box concerning

the different segments of the livestock market. S

REFERENCES

1. Paper No. 7 on Livestock Marketing: Red Meat Marketing.

2. South African Meat Industry Company (SAMIC): Meat

Classification Regulations No. R. 863, Government

Gazette of the Republic of South Africa. 1 September

2006.

Castuff Sekgala is a livestock specialist at Senwes Agricultural

Services. Contact him at (018) 464-7480 or send an email

to castuff.sekgala@senwes.co.za for more information.

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

DEVELOPING AGRICULTURE •••

65

TABLE 1: CLASSIFICATION CHARACTERISTICS OF BEEF,

LAMB, SHEEP AND GOAT MEAT.

AGE CLASS CONFORMATION CLASS

0 teeth A Very flat 1

1 - 2 teeth AB Flat 2

3 - 6 teeth B Medium 3

More than 6 teeth C Round 4

Very round 5

FATNESS CLASS DAMAGE CLASS

No fat 0 Slight 1

Very lean 1 Moderate 2

Lean 2 Severe 3

Medium 3 SEX

Fat 4 Carcass of a ram or bull as

Slightly over fat 5

well as hamel, kapater or ox

showing signs of late castra tions

Excessively over fed 6 of AB, B or C are identified.

TABLE 2: CLASSIFICATION CHARACTERISTICS OF PORK.

% MEAT* mm* CLASS CONFORMATION CLASS

≥70 ≤12 P Very flat 1

68 - 69 13 - 17 O Flat 2

66 - 67 18 - 22 R Medium 3

64 - 65 23 - 27 C Round 4

62 - 63 28 - 32 U Very round 5

≤ 61 > 32 S

No specifications in respect DAMAGE CLASS

of % meat apply in the case

of rough, sucking pig (≤20kg)

and sausage pig (≥100,1kg).

Slight

Moderate

1

2

Severe 2

FAT THICKNESS** SEX

% MEAT* The carcass of a boar as

Only in the case of the

Hennessy classification

apparatus.

well as of a barrow showing

signs of late castration are

identified.

PROMOSIE-ARTIKEL: SIE-AR TASOL SOLAR ENERGY SOLUTIONS •••

H ernubare

energie

is die

gonswoord

Die grootste elektrisiteitsverbruiker in elke

huishouding is die waterverwarmer of sogenaamde

geiser. Met die skerp styging in elektrisiteitstariewe

verlede jaar en ook die beplande styging van Eskomtariewe

vanaf einde Maart vanjaar, het dit onontbeer-

lik geraak vir elke huishouding om na ander maniere

te kyk om elektrisiteit te bespaar, waarvan die gebruik

van die son se energie vir waterver war ming die eerste

prioriteit moet wees.

Agri SA het ’n beroep op die land se produsente

gedoen om spaarsamig met krag te werk gedurende

dié tye van die dag wanneer die vraag na elektrisiteit

normaalweg baie hoog is, veral weeksaande in

spitstyd tussen 17:00 en 21:00. Johannes Möller

(President: Agri SA) het in ’n verklaring gesê beurtkrag

kan landbou- en voedselproduksie knou en in

sommige gevalle selfs vernietig. “Daarom is dit

belangrik dat almal, ook landbouers, gehoor moet

gee aan Eskom se beroep op kragverbruikers om

besparingspraktyke toe te pas ten einde ’n beurtkragstelsel

te vermy,” het Möller gesê.

Tasol Solar Energy Solutions is spesialiste in die

gebruik van sonnige Suid-Afrika se gratis sonenergie

om water meer koste-effektief te verwarm. Talle

opsies vir sonkragwaterverwarmingstelsels is by

Tasol Solar Energy Solutions beskikbaar en alle

stelsels dra ’n vyf jaar waarborg.

Alle sonkragstelsels wat Tasol Solar Energy

Solutions installeer, is volgens SABS-standaarde

vervaardig, getoets en goedgekeur. Slegs professio

neel gekwalifiseerde loodgieters wat PIRB

geregistreer is, mag Tasol produkte installeer.

Tasol Solar Energy Solutions is ook ’n lid van die

Sustainable Energy Society of Southern Africa

(SESSA). SESSA reguleer die solarbedryf deur

middel van streng reëls en regulasies.

Paul Maree, eienaar van Tasol Solar op Kroonstad,

Bethlehem, Kimberley en Bloemfontein sê

dat huishoudelike hittepompe die gebruik van die

element van ’n geiser, die grootste kragverbruiker

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

>> PLAAS JOU BESTELLING

BY SENWES VILLAGE

Senwes kliënte kan nou

hittepompe aanskaf deur van

Senwes se kredietfasiliteite

gebruik te maak. Plaas ’n

bestelling by jou naaste Senwes

Village en hulle sal Tasol Solar

vra om jou element te vervang

met ’n kostedoeltreffende

hittepomp.

67

“Deur die

son se energie

te benut om

daagliks water

te verwarm, kan

’n huisbewoner

se kragrekening

met tot 40%

daal.”

– TASOL SOLAR

ENERGY SOLUTIONS

Die elektrisiteitsverbruik van Huis Eden, ’n sentrum vir

hawe lose mense in Kroonstad, het byna met die helfte

verminder, omdat laedruk-sonkragwater ver warmers en

hittepompe by die sentrum geïnstalleer is. Van links is ds

Joe Venter, ds M.G. van Rooyen en Kabous du Preez (almal

van die NG Gemeente Kroonheuwel-Noord in Kroonstad,

se Barmhartigheids kommissie), pastoor Johan Esterhuyse

(Hoof: Eden Christelike Bediening), Diederick Reinecke

(Bemarker: Tasol produkte) en Paul Maree (Tasol konsessieeienaar:

Vrystaat en Noord-Kaap).

in elke huis, uitskakel. ’n Gewone element van ’n

standaardgrootte geiser by ’n woonhuis verbruik

nagenoeg 4 kW elektrisiteit per uur. ’n Hittepomp

verbruik slegs 1,25 kW elektrisiteit per uur, maar

beskik oor die uitsettingsvermoë om 5 kW se krag

per uur te bied.

Die huishoudelike hittepompe is ideaal om vir

elektrisiteitsbesparing by woonhuise, skoolkoshuise,

melkstalle ensovoorts te gebruik. Verskeie produsente

het ook al vir hul plaasarbeiders die 111 liter

laedruk-sonwaterverwarmers laat installeer en daardeur

word hul lewensomstandighede ook verbeter.

Vir meer inligting en ’n gratis kwotasie, kontak

gerus vir Diederick Reinecke (Bemarkingsbestuurder:

Tasol Solar Energy Solutions) by (056) 213-1245

of stuur ’n e-pos na diederick@tasolsolar.co.za.

Besoek ook hul webbladsy by www.tasolsolar.

co.za vir meer besonderhede. S

68 ••• PROMOSIE-ARTIKEL: ADVANCE SEED

Haal die raaiwerk

uit grasmengsels

VEEBOERE KAN NOU DIE RAAIWERK

UIT DIE VOORBEREIDING VAN VOORAF-

VERMENGDE GRASMENGSELS HAAL.

Met die nuwe Prime Beef

Blend grasmengsel vanaf Advance Seed, leiers

op die gebied van verskeie weidingsade vir

die Suid-Afrikaanse veeprodusent, kan hierdie

produsente nou ’n vooraf-vermengde grasmengsel

op hul weidings aanplant, wat bykomende

voedingsvoordele aan hulle kuddes bied.

Prime Beef grasmengsel se voedingsvoordeel

is nie aan vee onder normale weidingstoestande

beskikbaar nie, wat beteken dat Advance Seed

se nuwe grasmengsel wesenlike voordele aan die

veeprodusent bied.

Die grasmengsel is geskik vir produksie op

beide droëlande en op besproeiingslande en moet

gedurende die maande tussen September en Maart

aangeplant word. Die gras benodig ’n subtropiese

klimaat, met ’n gemiddelde jaarlikse reënval van

sowat 400 mm.

Hierdie weiding is veral geskik vir vrugbare grond

en die aanbeveelde saaidigtheid vir beide ry- en

breedwerpig gesaaide aanplantings, is 10 kg per

hektaar. In die geval van ry-aanplantings behoort die

Verskaffers van

staatmaker saad

Vir goeie gehalte

wintervoergewasse,

grasperk en turfgras.

www.advanceseed.com

rywydte tussen 30 cm

en 90 cm te wees om die

beste resultate te verkry.

In droë gebiede waar

daar minder as 400 mm reën per jaar val, word

addisionele besproeiing van die weiding aanbeveel.

Diep, vrugbare grond word verder aanbeveel om die

peulgewas-komponent van die mengsel ten beste

te laat presteer. In hierdie droër gedeeltes, beveel

Advance Seed ook aan dat daar slegs van ryaanplantings

gebruik gemaak word en dan ook met

’n voorgestelde rywydte van 90 cm.

Soos in die geval van die meeste van

Advance Seed se produkte, is die Prime Beef

grasmengsel ook bedek met Advance Seed se

Agricote-saadbedekking wat voedingstowwe en

groeistimulante bevat. Hierdie saadbedekking

vergemaklik die hantering van die saad tydens plant

en bevorder die suksesvolle vestiging van sterker

saailinge met ’n verhoogde oorlewingsvermoë.

Daar is dus geen raaiwerk meer wanneer

Advance Seed se spesialis-weidingsgewasse

aangeplant word nie. S

ie

y.

Vir meer inligting, besoek gerus Advance Seed se webwerf

by www.advanceseed.com of kontak Advance Seed by (011)

762-5261.

Wintervoergewasse nou beskikbaar:

Vir meer inligting skakel: 011 762-5261 of 0861 AGRICOTE

E-mail: sales@advanceseed.com

Ds Willie Botha

Lees: Psalm 1

In die jaar 1500 het Kaptein

Pedro de Ataide op pad terug van die Ooste na

Portugal, ’n boodskap in ’n skoen onder ’n melkhoutboom

in Mosselbaai gelaat. Drie maande later

het ’n skip van die Oos-Indiese vloot verbygekom

en die boodskap aan Portugal besorg. Hierdie

melkhoutboom was die eerste poskantoor in

Suid-Afrika. Daar is ook ander bome wat bekende

bakens in Suid-Afrika is. Dink maar aan die enorme

aantrekkingskrag van die groot geelhoutbome in die

Tsitsikamma, of die pragtige kremetartbome in die

Kruger Wildtuin.

Bome het ’n enorme rol in die Bybel gespeel.

’n Boom het die middelpunt van die tuin van Eden

aangedui. In Esegiël 17 word Israel met ’n pragtige

seder op die Libanon vergelyk. Die simboliek van die

wingerdstok, vye- en olyfbome is welbekend deur

die Bybel.

Psalm 1 dien as ’n inleiding of voorportaal vir die

res van die Psalms wat volg. Op ’n manier vat dit

die essensie van die boek saam. Die leser staan

van die begin a f voor ’n keuse: jy kan die pad van

goddeloses kies wat tot ondergang lei, of die pad

kies waarop die Here regverdiges lei. Die regverdige

word vergelyk met ’n boom langs ’n waterstroom.

Hy is lewenskragtig en ’n lus vir die oog. Hy dra sy

vrugte op sy tyd. Tydens droogtes en woestynwinde

sal sy blare nie verwelk nie. ’n Boom langs ’n

waterstroom is bekend vir sy permanensie en

standvastigheid. In so ’n boom vind die voëls ’n nes

en die vee skadu. ’n Boom langs ’n waterstroom is

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

VIR DIE SIEL •••

Wees ’n boom

>> BOOM = ’N BAKEN VAN

LEWENSKRAGTIGHEID EN

PERMANENSIE

• Die Psalmdigter het ’n enorme bron van

lewenskrag en inspirasie uit die Tora (die

wet van Moses wat in die eerste vyf boeke

van die Hebreeuse Bybel opgeteken staan)

gekry.

• Bome is bekende bakens in die Bybelse en

ons eie geskiedenis.

• ’n Gelowige se lewe straal dieselfde eienskappe

as ’n boom uit.

• Wees ’n boom.

niks anders as ’n baken nie.

Teenoor die lewenskragtigheid van die boom en

sy permanente staanplek, steek die kaf sleg af. Dit

is kwalik vergelykbaar. Kaf het in homself nie eens

voedingswaarde nie, wat nog te sê van kwaliteite

van lewe. Dit is klaaglik gedoem tot ondergang.

Gelowiges wat God se Woord ernstig opneem, kan

vandag nog met ’n boom vergelyk word. Omdat ons

krag uit die onuitputlike waterstroom van God se

sorg, liefde en genade kom, kan gelowiges se lewe

’n lus vir die oog wees. Kom ons wees hierdie jaar ’n

boom langs ’n waterstroom. S

Ds Willie Botha is van die Nederduitsche Hervormde Gemeen

te op Lydenburg. Skakel hom by 082 786 3458 of stuur

’n e-pos aan wbot@absamail.co.za.

69

70

••• NUUS

210 liter

oliedromme sorg

vir hope adrenalien

’n Gelukkige Senwes klant en

’n Village personeellid glimlag breed nadat hulle

gehoor het hulle gaan Maleisië toe om die F1 Grand

Prix in lewende lywe te gaan beleef.

Die Village manne wat deel was van die 2011

Engen Olie Bonanza het tussen 1 Oktober en 31 Desem

ber 2011 teen mekaar meegeding om te sien

wie die meeste olie kan verkoop, terwyl klante kon

inskryf vir die kompetisie waar hulle 210 liter (1 x

210 liter of 11 x 20 liter) Engen smeermiddels moes

koop.

Salo Joubert van Bothaville, is die klant wat

tydens die gelukkige trekking as wenner aangewys

is. Hy wen die reis van ’n leeftyd na die Malei siese

F1 Grand Prix. Paul Leask (Agri Besigheidsverkoopsbestuurder:

Engen) en Gerhard Louw (Bestuurder:

Senwes Village, Viljoenskroon) sal saam met Salo

die vakansie meemaak.

Gerhard het 30 000 liter begroot vir die kompetisie,

maar het die kompetisie met 42 949 liter se

werklike verkope afgesluit. In die tweede plek was

Ottosdal Village wat 55 360 verkoop het, terwyl

daar begroot is vir 50 000 liter.

Joel Mosololi wat by Viljoenskroon Village werksaam

is, het ook ’n toekenning ontvang vir die

persoon wat die meeste dromme op een dag

verkoop het. Hy het ’n volle 35 X 210 liter dromme

(7350 liter) op een dag verkoop – dit wil gedoen

wees, baie geluk Joel!

Die Village bestuurders wat die pryse in ontvangs

geneem het, saam met van Senwes Village en Engen

se personeel. Voor van links is: Kevin Smit (Aankoopbestuurder:

Senwes Village), Herci Venter, Phillip

D’Alebout (Lichtenburg), Joel Mosololi, Dirk Theron

(Hoopstad) en Neel Rust (Algemene Bestuurder: Handel).

Agter van links is Willie Coetzer (Landbou verteenwoordiger:

Engen), Hennie Muller (Potchefstroom),

Johan du Plessis (Bultfontein), Gerhard Louw, Buks

Taljaard, Riaan van Eeden (Ottos dal), Gerhard

Odendaal (Bloemfontein), Louis Lingen velder

(Kroonstad) Kallie Kotzé (Landbouverteenwoordiger:

Engen) en Paul Leask.

Villages wat baie naby aan hul doelwitverkope

gekom het, het merietetoekennings ontvang. Hulle

is Bultfontein, Lichtenburg, Welkom, Potchefstroom

en Hoopstad.

Kroonstad Village het weggestap met die “Beste

Uitstaller” prys tydens die kompetisie en Bultfontein

en Bloemfontein se Villages het ’n tweede plek vir

hul Olie Bonanza uitstalling gedeel. Buks Taljaard

(Bemarkingsassistent: Senwes Village, Ottosdaldistrik)

is aangewys as die beste Bemarker tydens

die kompetisie.

Hercie Venter (Nasionale Verkoopsbestuurder:

Engen Smeermiddels) het tydens die oorhandigingsfunksie

gesê dat Engen se ankerbesigheid in die

landbousektor by Senwes lê. “As ons doelwitte stel,

is Senwes heel bo-aan ons lys om ons te help om

dit te bereik,” het hy gesê. S

Elke bydrae het gehelp, baie dankie

Die brandrampfonds wat verlede jaar deur Senwes

gestig is, het menige produsente van die Vrystaat

en Noordwes gehelp om die skade wat op hul

plase deur verwoestende brande aangerig is, te

herstel.

Agri NW en Vrystaat Landbou het elkeen ’n bedrag

van R220 000 ontvang, wat dan aan produsente in

Senwes se bedieningsgebied geallokeer is. Pro dusente

het die geld onder andere gebruik vir diesel,

veevoer, draad, plastiekpype en veemedisyne.

“Die skenking het beslis die produsente wat

finansiële hulp nodig gehad het, gehelp. As dit nie

vir dié fonds asook die welwillendheid en ondersteuning

van mede-pro du sente was nie, sou die

produsente dit nie gemaak het nie,” het Boeta du

Toit (Hoofbestuurder: Agri NW) gesê.

Vrystaat Landbou en Agri NW spreek hul dankbaarheid

uit teenoor Senwes, hul klante, verskaffers

asook die produsente wat hulp en bystand verleen

het aan hul mede-produsente. S

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

NUUS •••

Produseer meer op dieselfde hoeveelheid grond

Een akker kon in 1960 kos vir

een persoon gee, in 2005 kon dit vir 1,8 persone

kos gee en in 2050 sal dit vir 2,4 tot 2,6 persone

kos moet gee.

“Op dieselfde grootte stuk

grond moet daar van -

dag meer geproduseer word,”

het mnr Kobus Linde que

(bestuurder: Monsanto Afrika)

tydens Monsanto se mediajaareindfunksie

verlede jaar

gesê.

Monsanto het begin om in

Berkina Faso te belê om pro -

duksie in die wêreld te ver hoog.

Landbou gaan onder droogtes

gebuk en daar om werk Monsanto

tans hard daar aan om ’n

droogte verdraag saamheidsgeen

in Afrika geregistreer te kry.

Dié plant het die vermoë om

stremmingsperiodes te oorleef

Ons witmielies lyk goed op papier

en nóg beter op die land.

DEKALB ® – Dis mos mielies!

Na afloop van Monsanto se oorsig- en 2012gesprek

het die media en Monsanto personeel

teruggedelf in die diggings (1890’s). Van

’n delwer, dominee tot ’n bar moeder was

by die geleentheid. Van links: Izak Hofmeyr

(Veeplaas), Susan Botes (Land bouweekblad)

– die bar moeder, Charl van Rooyen (Landbouweekblad),

Willie Louw (NWK Arena) en

Nico von Burick (Landbouweekblad).

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za

Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com.

Net Abacus ® van BASF gee AgCelenceTM . Vir meer inligting oor Abacus ® , SMS* die woord “ABACUS12”,

jou naam en area na 33090 en ons skakel jou terug. *SMS-koste is R1.50.

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852, Midrand Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 Epos: AgCelence-za@basf.com.

Abacus ® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Skadelik.

Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket. Abacus ® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

en wanneer toestande weer gunstig is, normaal

verder te ontwikkel. Volgens Lindeque het die

inisiatief só ’n groot indruk op Bill Gates gemaak, dat

die Gates Foundation saam met Howard Buffet, die

WEMA-projek befonds het. ’n

Bonus is dat die produsente

die saad gratis sal ontvang.

Navorsing toon dat 175 mil -

j ard liters per dag op landbougrond

in Amerika uitgespuit

word. “Produsente moet leer

om drupbesproeiing aan te

bring, sodat baie minder water

gebruik word vir ’n groter

opbrengs,” het Lindeque

gesê. Hy meen produsente sal

hul opbrengs kan verdubbel

wanneer hulle die droogteverdraag

saamheids geen plant

met ’n derde van die water en

kunsmis wat hulle gewoonlik

gebruik. S

71

Dis mos die keuse!

Hoë opbrengspotensiaal

Stabiliteit

Goeie staanvermoë

Besproeiing

Witmielies Witmielies Witmielies

Nuut

DKC78-15B

DKC78-45BR GEN

DKC78-35R

DKC77-61B

DKC77-85B GEN

DKC79-05

van BASF

A06309/SS

72

“Th

T ink fr

••• LEEFSTYL • LIFESTYLE

r sh”

ff e

“E ntertain with ease”

72 ••• KOMPETISIE

Gooi bestanddele

in en ontspan

DAAR IS DAREM NIKS LEKKERDER

AS WANNEER DIE REUK VAN

VARSGEBAKTE BROOD JOU

VROEGOGGEND WAKKER MAAK NIE;

EN AS JY BOONOP NOG KON SLAAP

TERWYL DIE DELUXE BROODMASJIEN

VIR JOU DIE MENG-, KNIE- EN

BAKPROSES GEDURENDE DIE AAND

GEDOEN HET, IS JY EERS IN JOU

ELEMENT.

WENNER DESEMBER 2011: Wilna Saayman van Riversdal het die Salton Food Steamer gewen.

Baie geluk en lekker kook!

Tupperware makes it easy

to pack a lunchbox for your family – it

keeps your food warm, fresh and tasty

and on top of all of this it is a space

saver wherever you go.

>> WIN WITH SENWES

SCENARIO AND TUPPERWARE!

A reader stands the chance to win

these practical, smart and versatile

Tupperware products worth R700.

To enter SMS Senwes + Tupper +

your name + your email address to

31022. The competition closes on

3 April 2012.

Standard SMS tariffs apply. S

For more information on the Tupperware

range contact Ursula Pretorius

at 082 662 9282.

>> WEN MET SENWES SCENARIO

’n Gelukkige leser staan die kans om die Sunbeam

broodmaker te wen. Al wat jy hoef te doen om

in aanmerking te kom vir hierdie prys is om die

volgende na 31022 te SMS: Senwes + Scenario +

jou naam en van + jou e-posadres. Kompetisie sluit

3 April 2012. Termes en voorwaardes geld. S

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

DANKBAARHEID...

Corné Muller-Bodenstein en haar

man Hennie (Senwes Scenario

Oktober 2011-wenners) het ’n

tweedagpakket by die Feather

Hill Spa gewen. Hulle deel hul

dankbaarheid oor dié prys:

“Om dankbaar te wees en

dit nie te sê nie, is soos om ’n

geskenk mooi toe te draai, maar

dit nooit te gee nie. (Anoniem)

Baie dankie Feather Hill en Scenario

vir die wonderlike drie dae

van hemelse bederf. Ek kan nie vir

julle in woorde sê wat en hoe baie

dit vir ons beteken het nie.

Wanneer groot en wonderlike

dinge in my lewe gebeur, voel dit

altyd vir my dat “dankie” so ’n ou

afskeepwoordjie is, maar weet

dit het ongelooflik baie vir ons

beteken. Hierdie gebeurtenis is

iets wat ons altyd saam met ons

sal dra.” S

Hennie en Corné

Liefde en omgee

is sinoniem met

FEATHER HILL SPA

Kom geniet ons roos- en granaatbederf...

Februarie/Maart 2012 • www.senwes.co.za

LEEFSTYL: FEATHER HILL SPA •••

Rose is ’n simbool van skoonheid en oorvloed.

P rofetiese betekenis van die roos:

Dit verteenwoordig die noue verband waar Jesus vir

ons sondes gesterf het…skoonheid is jou gedeelte.

Rose is ’n antidepressant wat help om angs

te verminder en is goed vir liggaam,

verstand en siel.

P rofetiese betekenis van die g ranaat:

Jesus het jou lief ongeag van jou persoonlike

mislukkings. Dit is die simbool van die bruilofsvrug

en die Vader se liefde vir ons.

Granaatolie help teen veroudering.

www.featherhillspa.com

(018) 285-1050

079 556 9915

>> WEN ’N ROOS PAKKET

VIR TWEE

Die pakket sluit in:

Roos wrap, roosbad en

roos-eksfolieerder.

Middagete met ’n

rooskelk en liefdeskoekies.

Potpourri-sakkie.

Skryf só in

SMS Senwes + Spa + jou

naam en van + e-posadres na

31022.

Standaard SMS-tariewe geld.

Sluitingsdatum: 3 April 2012.

74

••• PROMOSIE-ARTIKEL: NUTRI FEEDS

Gee jou diere

woema dié winter

Dit is weer tyd om te besin oor

winterlekke. Ag nee! Al die hope inligting en gevegte

oor met wie en van wie en hoeveel en, en, en...

Nutri Feeds gaan dit vir jou makliker maak.

Somerweiding verskaf nie voldoende fosfaat

aan beeste en skape nie en in die winter is die

voorsiening van proteïen en fosfaat nie voldoende

nie. Vir produserende diere is daar in natuurlike

weiding gewoonlik ook nie voldoende energie nie.

Produsente word dikwels om die bos gelei as dit

kom by winterlekke, omdat hulle aanbeveel word

om ’n goedkoop winterlek te koop (of self te meng),

sonder voldoende voedingstowwe.

In die meeste gevalle is fosfaat in die winterlekke

nie voldoende nie. Die som word dikwels voor die

produsent gehou om te kyk na koste per dier, per

dag, wat natuurlik sinspeel op inname van goedkoop

lekke. ’n Mens kan jouself baie maklik bankrot

spaar, deur lekinname te probeer beperk. Diere het

’n minimum behoefte aan sekere voedingstowwe.

As ons die inname beperk tot so laag as moontlik

TABEL 1: NUTRI LICK-REEKS.

PRODUKTIEWE DIERE

(met ander woorde

wolgroei, vleis, melk)

Nutri Lick

Energie 18

Nutritub

Energie

Nutri Lick

Bees 50 of

Nutri Lick

Winter 40

Figuur 1: Watter lek om te gebruik?

Vroeg winter

Nutritub

Proteïen

gaan diere nie die voedingstowwe inkry nie – hulle

gaan dus kondisie verloor, of baie langer aanvullings

nodig hê om die behoefte aan te vul.

Daar is altyd die opsie tussen ’n meeltipe lek en

’n blok, die sogenaamde Nutritub. Al Nutri Feeds

se lekke bevat voldoende voedingstowwe asook

fosfaat (P) om in die dier se behoeftes te voorsien.

Dit is dikwels gevaarlik om duimreëls te gee, want

soos mense, is al die koeie of skape in ’n kudde

nie dieselfde nie, maar om lesers nie met moeilike

wiskundige formules op te saal nie, kan ons sê dat

beeste ten minste 150 g proteïene en 6 g fosfaat

nodig het vir onderhoud. Skape het 25 g proteïene

en 1 g fosfaat per dag nodig vir onderhoud. Sien

Tabel 1.

Nutri Feeds het konsentraat-opsies beskikbaar

om in al die dier se behoeftes te voorsien waar

die boer self mielies, sout of melasse wil byvoeg.

Nutri Feeds se voere word met die nuutste

tegnologie geformuleer deur ‘n veekundige span wat

voortdurend hul produkte ondersoek en verbeter. S

Inname Bees Inname skaap Proteïen (g)/Fosfaat (g) Proteïen/Fosfaat

Produk % Proteïen % Fosfaat (g)

(g) per dag vir beeste vir skape

Nutri Lick Bees 50 50 2 300 N/A 150 / 6 N/A

Nutri Lick Winter 40 40 2,3 375 N/A 150 / 8,6 N/A

Nutri Lick Winter 32 32 1,3 470 78 (onderhoud) 150 / 6 25 / 1

Nutri Lick Energie 18* 18 0,6 1 100 (min) 195 (min) 200 / 6,6 35 / 1,1

Nutritub Energie* 18 0,5 1 100 (min) 195 (min) 200 / 5,5 35 / 1

Nutritub Proteïen 28 1,6 575 90 (onderhoud) 150 / 9,2 25 / 1,4

* Die duimreël verander by produksielekke na ‘n minimum van 200 g proteïene vir beeste en 30 g vir skape.

DROË DIERE

Laat winter

(doodmaakmaande)

Nutri Lick

Winterbreker

32

Nutritub

Energie en

Nutritub

Proteïen

50/50

Indien jy enige navrae

het, kontak gerus Nutri

Feeds se Tegniese

Adviseur in jou gebied

of besoek ons by www.

nutrifeeds.co.za. Jy kan

ook Nutri Feeds se

kantoor skakel by (056)

344-2200 om meer uit

te vind oor Nutri Feeds

se aanvullings.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

76

••• IN MY VISIER

Totsiens

“Ek het die plaas verkoop, as jy

nog een maal hier wil jag beter jy gou kom kuier.”

So eindig ek toe op Lammerfontein in die

Moordenaarskaroo, om dié plek se ooptes te groet.

Dit was die laaste aand van my vyf dae daar voordat

ek moes terugkeer Durban toe. By my vuur kon ek

die afgelope paar dae se jag- en staptogte en my

afskeid van hierdie geliefde plek oordink en herleef.

Ek het langs ’n droë rivierloop kampeer, op ’n plek

wat ek en Piet jare gelede gekies het.

Op die eerste dag van my afskeidsbesoek het

ek skuins ná vyfuur hout aangepak op ons ou

vuurmaakplek en toe sit en kyk hoe die dag luiweg

oor die rante die skemerte in drentel. Toe dit goed

donker was, het ek vleis gebraai en geluister hoe

die nagkiewiete en verskeie jakkalse met mekaar

gesels. Dit was ’n soel April-aand en ek moes

eenvoudig die nag buite deurbring. So, ek het

my matras en beddegoed op my kwadfiets se wa

oopgesprei. Daar kon ek rustig die wye nag se

stilte en die Melkweg se sterreprag waardeer – die

Hemelstraat het Ma Lenie dit altyd genoem, die plek

waar die engele dans.

Ek is in die grou skemer by die groen hek op die

bultjie deur, daar waar die enkele gwarrieboom,

soos so baie jare al, steeds gedwee waghou. Een

jaar het ek reg van onder dié boom ’n springbokram

geskiet. Nogal met die .375 H&H. Die afstand was

150 m.

Toe die son sy kop oor die rante lig, het ek ’n

springbok ver teen ’n rant sien wit en hom toe met

’n wye ompad bekruip. Twee ure later was ek in

posisie maar hy was steeds te ver en die wêreld te

oop om nader te gaan, dus het ek by ’n rotsriffie

neergesak en gewag. In dié wye land moet geduld

jou wagwoord wees as jy te voet jag, anders gaan jy

leëhand huis toe.

Terwyl ek daar sit, het ek vele van my

vorige besoeke in herinnering geroep. Die

Meintjiesplaatsrivier het skuins agter my, diep in

skeur gebêre gelê. Dis teen een van die toringkranse

bo sy bedding dat ek een jaar amper afgetuimel

het. Anderkant die rivier het Boesmanskop gelê. ’n

Hoë spitskop met steil hellings waarteen min mense

Koos Barnard

dit waag. Daar het ek een jaar op 24 Desember

my tentjie teen die skuinste staangemaak nadat

ek ’n gelyktetjie uitgeskrop het. Toe Kersoggend

aanbreek, het ek met ’n beker koffie in die hand

en stoksielalleen, die Moordenaars se stil genade

ingedrink. Teen Boesmanskop het ek gesien teen

watter ongelooflike kranse en hellings vaalribbokke

ligvoets af kan beweeg.

Ek het vele ander jagtogte onthou. Op

Lammerfontein het ek my eerste vaalribbok in die

Moordenaarskaroo geskiet en dis ook hier waar ek

as jagter ware geduld kom leer het. Ook dat die

Moordenaars se oënskynlik lewelose, woestynagtige

voorkoms jou erg kan mislei. Dié dorre klipland is ’n

paradys, jy moet net leer om fyner as gewoonlik te

kyk om die lewe hier raak te sien.

Die springbok het later in my rigting begin wei en

toe merk ek ’n vaalribbok op, ook op pad my kant

toe. Hulle het my nooit gesien nie en toe die eggo’s

van die tweede knal wegsterf, het ek opgestaan en

aangestap na waar die twee ramme stil bly lê het.

My jag op Lammerfontein was volbring.

Met die nag se swart karos om die Karoo gevou

het ek met ’n swaar hart langs my vuur gesit. Dit

was tyd om totsiens te sê en ek het gewonder of

ek ooit weer my tent op Lammerfontein sou kon

staanmaak. ’n Jakkals se melankoliese roep langs

die sandloop het my so swaarmoedig gestem dat ek

besluit het om dadelik op te pak. Toe ek vir oulaas

deur die groen hek ry waar die gwarrie waghou, het

ek hartseer en alleen gevoel.

Om te groet is ’n bietjie soos stadig doodgaan

– al wat jy saam kan neem is herinneringe. Vir

’n ruk lank is dit genoeg, want jou geheue is nog

vars, maar dan raak die onthou dowwer en vervaag

tot vergeelde bladsye waardeur jy met al groter

tussenposes blaai.

Ja, afskeid is hartseer, donker…maar uit elke

donker nag word ’n nuwe dag gebore. Elke afskeid

is ’n perron na ’n nuwe bestemming, ’n ongekaarte

pad wat wag. Dis ’n nuwe stukkie genade wat die

lewe in jou uurglas skink. S

Koos Barnard is ’n voltydse jagskrywer.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2012

Koo

Draai briek aan.

Hoë rug om ou rugbybesering te sus.

Verstelbare kussing vir skoonma.

’n Plekkie vir jou dop.

Behandelde raam vir beskerming teen wind en weer.

’n GRATIS kampeerstoel ter waarde van R500 is joune

as jy ’n 210L-drom Premium Engen Smeerolie aanskaf.

Bepalings & Voorwaardes Geld. Terwyl voorraad hou.

Hierdie aanbod is slegs geldig by hierdie deelnemende kanale: Landbou-köoperasies en The Oil Centre.

Opgestopte kopkussing om die wolke dop te hou.

Verstelbare rugleuning vir ‘n dutjie êrens in die koelte.

Stewige staalraam vir kuier om ‘n potjie.

DRAFTFCB CAPE TOWN ENGE001116/A

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!