Kalahari - Bonsmara

Kalahari - Bonsmara Kalahari - Bonsmara

bonsmara.com.na
from bonsmara.com.na More from this publisher
02.05.2013 Views

Bonsmara seëvier in Kalahari Die Hartebeestloop Boeredag op 26 Mei het soos gebruiklik ‘n goeie opkoms gehad waar produsente meer geleer het van pelvismetings, die natuur en parasietbeheer, dragtigheidsondersoeke en ultrasoniese skanderings. Kenners se besprekings van veilingdiere, almal Bonsmaras, was nog ‘n bron van kennis waaruit boere kon put. Nagenoeg 180 mense het die boeredag bygewoon. Op 27 Mei, die vei lingdag, was opwinding soos gebruiklik aan die orde van die dag. Meer as 200 koppe is getel en mense het tot in die gange tussen die pawiljoene gesit. Dit was Hartebeestloop se vierde produksieveiling en soos die rekordpryse, ook Afrika-rekordpryse, jaar ná jaar ingeryg word, kan daar met reg na die Hartebeestloop Veiling as die voorloper-vei ling in Namibië verwys word – ook ‘n spogproduk vir Agra Stoetveedienste. ‘n Mens sien elke jaar nuwe gesigte en al meer telers van ander rasse wat ook produksie veilings aanbied. Vanjaar het Hartebeestloop Bonsmaras ook die eerste keer ‘n inligtingsdag in Windhoek aangebied. Dié geleentheid op 16 Mei is baie goed ondersteun waar dr. Joggie Briedenhann onder meer gesels het oor die Hartebeestloop-teelbeleid, kuddeprestasies en die waarde van stambome. By dieselfde geleentheid was Günther Roeber van Agra se Professionele Dienste aan die woord oor wat jy in aanmerking moet neem as jy ‘n bul koop, terwyl stoetveekenners Kiep Lepen, Barend Dorfling en Japie Bestebreurtje die veilingdiere bespreek het. Die nuwe Namibiese rekordprysbul, HART 08- 62, wat vierde onder die hamer gekom het en vir N$480 000 aan Edward Hansen (regs) van Hochfeld verkoop is. Edward was ook ‘n gasverkoper op die Hartebeestloop Produksie veiling. HART 08-62 se vader is AG 01-52, wat die Hartebeestloop Bons- marastoet beskou as die teelbul waarmee hulle sek- erlik die grootste sukses behaal het. Hy is ook onver- Kalahari Nuwe rekordprysbul want aan die bekende AG 98-338 bloedlyn wat sterk gebruik word op Hartebeestloop. Onder sy eienskappe tel lae geboortegewig met groei, GDT en voeromsetverhouding wat ver bo die rasgemiddeld is en ‘n buitengewone erfdwang. AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Bonsmara seëvier in Kalahari

Die Hartebeestloop Boeredag op 26 Mei het soos

gebruiklik ‘n goeie opkoms gehad waar

produsente meer geleer het van pelvismetings,

die natuur en parasietbeheer,

dragtigheidsondersoeke en ultrasoniese

skanderings. Kenners se besprekings van

veilingdiere, almal Bonsmaras, was nog ‘n

bron van kennis waaruit boere kon put.

Nagenoeg 180 mense het die boeredag

bygewoon. Op 27 Mei, die vei lingdag,

was opwinding soos gebruiklik aan die

orde van die dag. Meer as 200 koppe is

getel en mense het tot in die gange tussen

die pawiljoene gesit. Dit was Hartebeestloop

se vierde produksieveiling en

soos die rekordpryse, ook Afrika-rekordpryse,

jaar ná jaar ingeryg word, kan daar

met reg na die Hartebeestloop Veiling

as die voorloper-vei ling in Namibië verwys

word – ook ‘n spogproduk vir Agra

Stoetveedienste. ‘n Mens sien elke jaar

nuwe gesigte en al meer telers van ander

rasse wat ook produksie veilings aanbied. Vanjaar het

Hartebeestloop Bonsmaras ook die eerste keer ‘n inligtingsdag

in Windhoek aangebied. Dié geleentheid

op 16 Mei is baie goed ondersteun waar dr. Joggie

Briedenhann onder meer gesels het oor die Hartebeestloop-teelbeleid,

kuddeprestasies en die waarde

van stambome. By dieselfde geleentheid was Günther

Roeber van Agra se Professionele Dienste aan die

woord oor wat jy in aanmerking moet neem as jy ‘n

bul koop, terwyl stoetveekenners Kiep Lepen, Barend

Dorfling en Japie Bestebreurtje die veilingdiere bespreek

het.

Die nuwe Namibiese rekordprysbul, HART 08-

62, wat vierde onder die hamer gekom het en vir

N$480 000 aan Edward Hansen (regs) van Hochfeld

verkoop is. Edward was ook ‘n gasverkoper op

die Hartebeestloop Produksie veiling. HART 08-62

se vader is AG 01-52, wat die Hartebeestloop Bons-

marastoet beskou as die teelbul waarmee hulle sek-

erlik die grootste sukses behaal het. Hy is ook onver-

Kalahari

Nuwe rekordprysbul

want aan die bekende AG 98-338 bloedlyn wat sterk

gebruik word op Hartebeestloop. Onder sy eienskappe tel lae geboortegewig met groei, GDT en voeromsetverhouding

wat ver bo die rasgemiddeld is en ‘n buitengewone erfdwang.

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Bonsmara seëvier in Kalahari

Die Namibiese rekordprys vir ‘n bul staan vir

die derde agtereenvolgende jaar agter Hartebeestloop

Bonsmaras se naam. Edward Hansen

van Emok Bonsmaras in die Hochfeld-om gewing,

was die koper van die duurste bul van

N$480 000 – N$30 000 meer as verlede jaar se

rekordprys. Die totale veilingomset van N$7,3

miljoen is ook die hoogste nog vir ‘n stoetveeveiling

in die land. Dit sluit die diere in van die

ses gasverkopers. Hartebeestloop-bulle se ge middelde

prys op N$87 333 hou weer eens die Afrika-stoetveilingrekord.

Die omset vir Hartebeestloop-diere (39 bulle en sowat

150 stoet- en kommersiële vroulike diere) alleen was

sowat N$6 miljoen. Verlede jaar was die

totale veilingomset N$5,2 miljoen en

die gemid delde prys vir bulle N$82 258.

Ongekende opwinding het langs die

veiling ring geheers toe nog twee bulle vir N$200 000 elk

onder die hamer gekom het. Die ko pers was onderskeidelik

Tollie van Tonder van Goba bis en die stoetvennote Rolf

Kirsten en Ernst Erni van Maltahöhe. ‘n Verdere vyf bulle

het vir meer as N$100 000 verkoop. Die kopers was Roland

Horn, Ronnie Coleman, Streicher en Hella Coetzee, Jörg von

Dewitz en die Pieter de Lange Trust. In totaal is agt bulle vir

meer as N$100 000 verkoop. Die hoogste prys vir ‘n koei met

‘n kalf was N$34 000.

Deurgaans was kopers se menings dat

Hartebeestloop se bulle vanjaar van ‘n besondere

kwaliteit was. Die pryse is ‘n bewys

daarvan. Mel ding moet voorts daarvan gemaak

word dat die voorslag-afslaer, Deon

Klopper van Suid-Afrika, op sy stukke was.

Hy verdien ‘n pluimpie vir die manier waarop

hy die ononderbroke ses uur lange veiling

vir Agra behartig het.

Altesame 98 kopers het vir die veiling

gere gi streer.

Die volgende Bonsmara-telers het ook

elk ‘n bul en vroulike diere op die veiling

aangebied: Nick van Wyk van Millikena

Bonsmaras, Tol lie van Tonder van

Komaweer Bonsmaras, Ben Mouton van Wagner Bonsmaras,

dr. Johannes Smith van Swartrant Bonsmaras, Streicher

en Hella Coetzee van Hochfeldstreek Bonsmaras en

ds. Hendrik von Wielligh van Sonnegloed Bonsmaras.

Deon Klopper, bekende Suid-Afrikaanse Gemiddelde pryse vir die aanbod van

afslaer, in aksie.

stoet diere was N$78 340 vir 50 bulle (Hartebeestloop

se 39 bulle was gemiddeld N$87

333), N$20 407 vir die 43 koeie met kalwers,

N$17 309 vir die 47 dragtige koeie, N$19 929 vir die 14

dragtige verse en N$14 227 vir 11 verse.

Kyk ‘n mens na die deurlopende sukses van die Hartebeestloop

Veiling, en jy moet dit toedig aan moontlike redes,

kom die volgende bestanddele vir dié suksesresep op:

kwaliteit die re, goeie bemarking, ‘n Hartebeestloop-span

wat baie ekstra myle lank voor die veiling loop om sake te

laat vlot, die gratis vervoer van die re volgens enkele voorwaardes

en ‘n waarborg op diere wat verkoop word.

Twee bulle verkoop vir N$200 000 - naashoogste prys

Hart 08-40 wat vir

N$200 000 gekoop

is deur Rolf Kirsten

(links) en Ernst Erni

(regs) van Maltahöhe

wat onlangs die Urusis

Bonsmarastoet begin

het. Dié bul se moeder is WAT 04-339 van die Suid-Afrikaanse teler

Frikkie Kruger. Sy het die eerste keer op 27 maande gekalf en

het ‘n TKP van 383 dae oor vyf kalwers met ‘n reproduksie-indeks

van 114. Sy pa kom uit die El 98-80/BG 96-125 bloedlyn. Hart 08-

40 het ‘n top ekonomiese veldbul-indeks van 128. Hy was ook ‘n

top-presteerder in die Fase D-groeitoets. Sy skrotum-omvang is

‘n perfekte 37,5 cm.

Hart 08-37 wat vir N$200 000 verkoop

is aan Tollie van Tonder (inlasfoto) van

Goba bis. Dié bul is ‘n top-presteerder

en het groeitoetssyfers van 115 vir GDTindeks,

109 vir Kleiber-indeks en 112

vir ekonomiese veldbul-indeks opgelewer.

Hy is volgens die meeste BLUP-teelwaardes bo die

rasgemiddeld met uitstekende eienskappe vir karkaskwaliteit.

Sy ma, BHE 00-22 het ‘n TKP van 392 dae en speen

8 kalwers teen 49.6% van haar liggaamsgewig. Haar data

vir produksie en reproduksie klop die gemiddeld. Hart 08-

37 se pa, WAT 04-339, is op die veiling vertoon van wie nog

seuns op die veiling aangebied is.

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Bonsmara seëvier in Kalahari

Op die veilingpawiljoene

Variasie in aanbod is een van die groot trekpleisters op die

Hartebeestloop Produksie veiling. Soos dr. Joggie Briedenhann,

stuurman van die stoet, tereg opgemerk het in ‘n kort

gesprek met voornemende kopers is dit Hartebeestloop se

teelbeleid om genetika te voorsien oor die hele spektrum

van die produksiestelsel. So was daar bulle op aanbod vir die

teel van speenkalwers, vervangingsverse en osprodusente.

BLUP-teelwaardes vir Namibiese ekstensiewe toestande het

voorts die keuse vir kopers vergemaklik.

‘n Verdere voordeel was dat Hartebeestloop-bulle uit die

Kalahari-sandveld, die klipperige suidweste en die grasvelde

van Omitara aangebied is – ‘n bul vir elke area en koper.

“Meer as twintig stoetvaars sorg vir genetiese verskeidenheid

in die Hartebeestloop Stoet,” het dr. Joggie gesê. Hy

het daarop gewys dat elke geregistreerde bul nie ‘n stoetbul

is nie. Tussen 50 en 55% van bulkalwers wat aankom,

is onder die rasgemid deld. Dit beteken dat net sowat die

helfte vir registrasie in aanmerking kom, terwyl seleksie

vir sekere eienskappe meebring dat 30% van die bulkalwers

uiteindelik op standaard is vir veilingkeurings. Dit is die

meerderwaardige bulle in ‘n kudde. Dan is daar ook die enkele

bulle wat ons trendsetters noem en gebruik om daardie

besondere eienskappe

te teel wat die mark

verlang. Voorts het die

sorgvuldige verwerking

van data van Meatco se

Tydens die bulspreking die dag voor die Hartebeestloop

Produksieveiling is van links dr. Joggie

Briedenhann, Danie Bosman en Kiep Lepen.

Ekatho-skema meegebring dat die beste bulle vir kommersiële produsente uitgekies

kon word.” Dr. Joggie het verduidelik dat die Hartebeestloop-diere ook ‘n

tweede vlak van keu ring

deurloop het met Kiep

Lepen en Barend Dorfling

van Agra se Stoetveedienste

en konsultante Japie

Bestebreurtje en Danie

Bosman wat hulle fenotipies

gefynkam het vir

markvereistes met die

klem op karkaskwaliteit.

Op die veilingpawiljoene

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Bonsmara seëvier in Kalahari

Botswana

se Koos die

grootste koper

Die koper wat die grootste

bedrag vir diere op die Hartebeestloop

Vei ling betaal het,

het ‘n leertas (geborg deur

Standard Bank) as ‘n geskenk

ontvang. In die koperspan

van Hackette Farms wes van

Ghanzi in Botswana is van

links plaasbestuurder Cobus

Brown, konsul tant Kobus du

Toit en eienaar Koos Raubenheimer

saam met Nico Visser

van Hartebeestloop Bonsmaras

en Kiep Lepen van Agra

Stoetveedien ste. Die Botswana-span

het meer as N$500

000 vir agt bulle betaal.

Dit is die eerste keer dat ‘n bank, in

hier die geval Standard Bank, ingekoop

het op ‘n veiling. André Botes,

die landboubestuurder van bankierdienste,

het gesê Standard Bank beweeg

nou op ‘n vlak om produsente

in staat te stel om goeie genetika te

bekom. Kopers kon van dié bank se

aanbod gebruik maak om finansiering

oor ‘n tien maande lange tydperk

teen die prima-uitleenkoers

te bekom om top-genetika op

die Hartebeestloop Produksieveiling

aan te skaf. ‘n Deposito van

20% depo sito is vereis en die diens

was vir almal beskikbaar, nie net vir

kliënte van dié bank nie. Kopers het

nie die geleentheid laat verbygaan

nie en van dié diens gebruik gemaak.

Bank koop in op veiling

‘n Blik op die

veilingterrein op

Hartebeestloop

waar verbeteringe

en nuwe

geriewe jaarliks

opgemerk word.

Standard Bank Namibië se borgskapoorhandiging vir die Hartebeestloop

Produksieveiling. Van links is André Botes, bankierdienste se landbou-bestuurder,

Herman Coetzee, streekbestuurder van bankier dienste, en die Hartebeestloop-stoetvennote,

dr. Joggie Briedenhann en Nico Visser.

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Bonsmara seëvier in Kalahari

’n Bedrywige én kundige veearts van Heilbron,

dr. Piet van Zyl, het op die Hartebeestloop

Boeredag die erns van verhoogde

vleisproduksie uit verskeie hoeke bespreek.

As ’n spesialis op die gebied van pelvimetrie

was hy ook nie suinig met raad as

boere algemene vrae gehad het rondom

moeilike kalwings nie. Dr. Piet is die eienaar

van die Heilbron Dierekliniek, maar

het kliënte in al vier provinsies in Suid-Afrika

en in Mosambiek. Hy is ook ’n kenner

van wedvlugduiwe op beide gesondheid-

en voedinggebied. Lees van bl. 28 - 30 oor

sy bydraes op Hartebeestloop.

Kenner van pelvismeting

lig die feite uit vorde ring betref. As voorbeeld het

hy genoem dat ’n hoender aanvanklik

6 kg voer nodig gehad het om 1

Boere het al meer regop gesit, al fyner

geluister en ernstig oor pelvismetings

besin toe dr. Piet van Zyl van die Heilbron

Dierekliniek tydens die Hartebeestloop

Inligtingsdag aan die woord

gekom het. ’n Windhoekse veearts het

spesiaal na Hartebeestloop by Stampriet

gery om meer te wete te kom oor

dié stuk nuttige, nuwe tegnologie met

’n baie hoë akkuraatheid. Kortom gaan

dit hier oor verhoogde produksie en reproduksie

en die uitskakeling van moeilike

geboortes.

“Pelvisse het toevallig op my pad gekom

ná baie kalwers se trek. Ek het toe

navorsing daaroor begin doen. Aanvanklik

is pelvisme tings skepties ontvang,

maar vandag word dit wêreldwyd aanvaar

en die akkuraatheidsyfers is tussen

85 en 95%. Soos my oupa altyd gesê het,

die kaarte is nou op die tafel en ons gaan

nie terug na die toekoms nie.”

Dr. Piet beskou afwykings in pelvisgrootte

as die heel grootste oorsaak van

verliese in vleisbeeste – meer as enige

siekte. Distokie (moeilike kalwings) in

koeie veroorsaak ’n mortaliteit syfer van

52% in kalwers. Tot 10% kalwers sterf by

geboorte as gevolg van moeilike geboortes.

Vrektes weens moeilike kalwing

kom tot 14 dae ná geboorte nog voor,

ook weens ’n swak immuunstelsel omdat

biesmelk te laat ingeneem is.

Intussen word druk wêreldwyd op

landbouers uitgeoefen om meer te

produseer. “As ons as vleisprodusente

nie ons produksie opstoot nie, sal die

hoender- en varkprodusente dit doen.”

Volgens dr. Piet is hoender en vark die

vleisprodusente ver voor wat genetiese

LINKS: Dr. Piet

wys hoe die Ricemeter

werk.

kg vleis te produseer. Vandag het dieselfde

hoender net 1 kg voer nodig

om dieselfde produksie te lewer.

“Kyk ons na melkbeeste, word rekenaaranalises

al jare lank gedoen om

vir klein kalwers te selekteer. Ondanks

die groot hulp van BLUP-teelwaardes

wat melkprodusente die afgelope

twintig jaar gebruik, is daar geen vordering

gemaak op die gebied van

moeilike kalwings nie. Trouens, moeilike

kalwings het by die Holsteins in

die VSA van 19 tot 21% gestyg omdat

lae geboortemassa negatief korreleer

met geboortegemak.”

Hy het met die deur in die huis

geval. “Die siening dat alle vroulike

diere se pelvisse ewe groot is, was

’n groot denkfout. Seleksie beteken

niks as die koei se pelvis te klein is en

die kalf nie kan uitkom nie. Daar was

die geval van ’n bul wat by 100 verse

geplaas is. Altesame 85% van die

verse het gekalf. Die bul het die skuld

gekry vir die 15% van die verse wat

nie kon kalf nie. Tog was dit die verse

se skuld, want waarom kon 85% kalf?

Ons gaan nie slaag op die ou pad en

met dit wat ons die afgelope veertig

jaar gedoen het nie. Net so kan ons

nie toelaat dat een koei ’n kalf van 40

kg gee en die ander koei ’n kalf van

20 kg nie. Selekteer vir balans – nie

vir uitermate groot of te klein pelvisgroottes

nie. Skot die afwykings uit

volgens drie metings in cm, naamlik

die pelvishoogte, die pelviswydte en

die pelvisuitgang se wydte.”

Dr. Piet het die voordele van pelvimetrie,

wat uitwendig geen korrelasie

het nie, uitgespel as –

ONDER: Groot belangstelling het geheers toe dr.

Piet van Zyl, ‘n Suid-Afrikaanse veearts, ‘n praktiese

demonstrasie oor pelvismetings gegee het.

• ’n afname in moeilike kalwings (distokie)

• verhoogde reproduksie

• verhoogde produksie met swaarder

kalwers en verse wat vroeër gedek

word

• ’n afname in vrektes rondom kalwing,

en

• ’n besparing op veeartsenykoste.

Hy sê pelvimetrie is belangriker as seleksie

vir geboortemassa ten einde distokie

te bekamp. Die bul se geboortemassa

staan tiende op die lys van die 25

oorsake van distokie. Hy skryf distokie

toe aan ’n wanverhouding tussen die

grootte van die kalf en die pelvisopening

van die moeder. In die verlede is pelsvisgroottes

van moeders geïgnoreer, terwyl

dit radikaal verskil. Interne pelvismeting

is, volgens hom, ook in twee studies in

Suid-Dakota en Oklahoma as die betroubaarste

meting vir kalwingsgemak uitgewys.

Uitwendige meting en beoordeling

met die oog het ’n 0% korrelasie met

kalwings gemak, volgens ’n studie wat op

45 000 Simmentalerverse in Duitsland

gedoen is en twee studies in Amerika.

Net so het die uitwendige bouvorm van

die kruis in koeie (hangkruis, wye sitbene

en wye heupe) geen korrelasie met

kalwingsgemak nie.”

Hy het gewys op die Wêreldbeeskongres

in Boedapest in 2008 wat 88,4%

moeilike kalwings toegeskryf het aan

fetale kneu sings, bloeding, gebreekte

ribbes en nekwerwels, terwyl infeksies

net tot 5% van die kalfvrektes rond om

geboorte bygedra het. Intussen bestee

die wêreld biljoene dollars aan navorsing

oor infeksies en niks op moeilike

kalwings nie.

Hy het die twee bene van distokie as

volg verduidelik:

• Kalf – geboortegemak: Die grootte

van die kalf by geboorte bly belangrik

asook die bouvorm (dubbel bespiering

en ’n abnormale persentasie kalwers

wat verkeerd lê).

• Koei – kalwingsgemak: Die pelvis

van ’n koei bepaal hoe gemak lik ’n

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Bonsmara seëvier in Kalahari

kalf daardeur gaan beweeg. Die

meeste kalwings met ’n nek wat

gedraai is of bene wat terug lê,

word veroorsaak deur ’n klein pelvisopening.

Oor normale geboortes het hy gesê

die sukses van elke kalwing word

bepaal deur die grootte van die kalf

(geboortegemak) en die moeder

se vermoë om te kalf (kalwingsgemak)

met 50% van die probleme

wat by die moeder se pelvis lê. “Dit

was daarom nutteloos om vir jare

net op een eienskap, naamlik lae geboortegewig,

te konsentreer.”

Volgens dr. Piet was twee eenvoudige

oplossings in die verlede

om bulle met ’n lae geboortemassa

te gebruik en die ondervoeding van

koeie in die laaste negentig dae van

dragtigheid. “Albei het ’n negatiewe

invloed op produksie en die probleem

het vererger.”

Hy het voorts gewys op ’n rits nadele

van bulle met ’n lae geboortemassa.

Die enigste voordeel van

dié bulle is dat verse en koeie met

’n klein pelvisopening ook van hulle

kan kalf.

Die nadele is:

• ’n Negatiewe korrelasie met alle

produksie-eienskappe.

• Verhoogde distokie in die volgende

generasie met kleinraam verse.

• Verhoogde perinatale vrektes met

’n baie lae geboortemassa.

• Die profielverandering van rasse

met ’n oormatige seleksie vir lae

geboortemassa.

• Verlaagde produksie deur koeie

en verse deur hulle onnodig met

bulle met ’n lae geboortemassa te

paar.

Kurweknakkers kombineer egter

lae geboortemassa met positiewe

produksie en groei.

Opsommenderwys het

hy genoem dat die aanhoudende

gebruik van bulle

met lae geboortemassas

en kalwingsgemak (direk)

veroorsaak dat ons teen inherente

kalwingsgemak in

’n kudde selekteer. Daar is ’n

60% korrelasie tussen manlike

en vroulike pelviseienskappe,

wat die bul na sy dogter

oordra. Navorsing in Nebraska

het bevind daar is ’n klein

verskil tussen rasse, maar

groot verskille binne rasse. Simmentalerbulle

van dieselfde ouderdom

en gewig se pelvisareas het byvoorbeeld

dras ties gewissel tussen 160

cm² (kleinste) en 220 cm² (grootste).

Die pelvisarea se erfbaarheid is

hoog op 61% teenoor kalfgeboortemassa

se matige oorerfbaarheid

van 45%.

Dr. Piet raai vleisbeesprodusen-

te aan om pelvimetrie deel van hul

versontwikkelingsprogram te maak

tesame met die beoordeling van die

geslagstelsel (RTS 1 - 5), liggaamskondisietelling

(1 - 5), entprogram,

genetiese advies vir die

toekoms, beplanning van teelseisoene

en KI-programme en

voeding advies.

Hy het produsente gemaan

om egter versigtig te wees vir

die volgende:

• Die oormatige seleksie vir

groot pelvisse. Dit kan geboortemassa

verhoog. Seleksie vir

baie groot pelvisse kan ook

die volwasse raamgrootte verhoog.

• Koeie of verse met voldoende

pelvismate wat mediumgrootte

kalwers dra, sal lae maar nie

zero geboorteprobleme nie hê.

Dr. Piet het voorts gewys op reproduksie

wat op 50% die belang rikste

ekonomiese eienskap is, gevolg deur

25% vir groei-eienskappe en 25% vir

karkas/prys/produk (kalf).

Voeding en distokie

Volgens dr. Piet word die ondervoeding

van verse en koeie

in die laaste drie maande van

dragtigheid tans aanvaar en

toegepas as ’n oplossing vir

moeilike geboortes in Suid-

Afrika. Die feit is dat suboptimale

voeding in die laaste drie

maande die kalf se geboortemassa

verlaag. Op sy beurt verhoog

ondervoeding in verse

weer moeilike kalwings omdat

pelvisgroei in die laaste

drie maande net versnel indien

voeding optimaal is.

Pelvishoogte: Meet die vertikale afstand

tussen die dorsale en pelviese

tuberkel (12 – 18 cm)

Hy het afgesluit deur te sê Australiese

navorsing het die belang rikheid van

pelvismeting, voe ding en die dratydperk

bevestig.

Pelviswydte: Meet die horisontale afstand

tussen die linker- en regter-ileum

op die wydste plek (11 – 15 cm).

Praktiese meting

Dit kan met die hand of die Rice-pelvimeter

(goedkoop en akkuraat) gedoen word.

Meet jy met die hand, moet jy seker maak

van die mates van jou hand in verskillende

posisies. Gebruik jou vry hand om die posisie

van jou hand in die pelvis na te boots

en meet dit met ’n lineaal of ’n maatband

met behulp van ’n assistent.

Pelvisuitgang: Meet die afstand

tussen die twee sitbene inwendig

(10 – 14 cm). Hierdie meting word

net in Suid-Afrika gedoen en dit is

by sommige rasse baie belangrik

“As jy nie jou hand ná pelvismeting kan

uitkry nie of jou hand moet draai om dit

uit te kry, haal die dier uit jou kudde,” sê

dr. Piet. Hy verkies om pelvismetings met

die hand te doen omdat dit vinniger en

makliker is as met die Rice-meter, wat normaalweg

deur veeartse en KI-spesialiste

gebruik word. Dr. Piet raai boere aan om

eers op ’n gedissekteerde pelvis te oefen.

Om die vierkante cm te bepaal word die

pelvishoogte met die pelvisbreedte vermenigvuldig

(132 – 270 cm²)

Gebruik van mate

Skot die verse met die kleinste pelvisareas

uit of dié met groot negatiewe afwykings

op enige van die drie mate. Die formule vir

’n pelvispunt is hoogte + 2x (breedte voor)

+ 2x (breedte agter). Pelvis areas kan egter

misleidend wees met ’n smal pelvis wat ’n

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Bonsmara seëvier in Kalahari

groot omtrek kan hê omdat hoogte kompenseer vir gebrekkige

wydte. Misvormde pelvis-bouvorms kom ook voor en

dié diere moet ook uitgeskot word.

BIOLOGIESE

TIPE

KOEIMAS-

SA KG

HEUP-

HOOGTE

CM

KALF GE-

BOORTE-

MASSA

% DIS-

TOKIE

KG

MELK

12

URE

BIOLOGIESE

DOELTREF-

FENDHEID BY

3 500 KG DMI

9,5 KG DM /

DAG

Gram kalfgeproduseer

/ kg

voer gebruik

Bespierd + 550 KG 39 KG 4.6 33 42

melk 133 CM 15 %

Medium raam 490 KG 33 KG 4.2 39 17

Medium melk 125 CM 8 %

Groot raam 610 KG 44 KG 5 27 45

Medium melk 137 CM 19 %

Groot raam 570 KG 43 KG 5.8 29 36

Hoër melk 137 CM 21 %

Klein raam 485 KG 35 KG 3 30 13

Minder melk 127 CM 16 %

Klein raam 475 KG 31.5 KG 4.5 47 24

Hoë melk 124 CM 9 %

Groot raam 570 KG 42 KG 5.9 26 42

Hoë melk 135 CM 23 %

BIOLOGIESE

DOELTREF-

FENDHEID BY

7 000 KG DMI

19 KG DM /

DAG

Gram kalf geproduseer

/ kg

voer gebruik

Een van die interessante tabelle wat dr. Piet voorgehou

het vir ekonomiese/biologiese doeltreffendheid.

Enkele vrae van produsente het opgekom terwyl

dr. Piet van Zyl van die Heilbron Dierekli niek

in Suid-Afrika ’n praktiese demonstrasie oor

pelvismetings op Hartebeestloop gegee het.

Hier volg twee vrae en sy antwoorde daarop.

VRAAG: Wat staan my te doen as ’n koei moeilik

kalf?

ANTWOORD: Moenie sonder meer die kalf met

geweld uittrek nie. Jy kan die kalf se hartsak en

longe kneus en die lewer se vlies beska dig, wat

tot die dood kan lei. Gee die koei kans totdat sy

ontsluit. As die membraan nog teenwoordig is,

wag ’n uur. Daar behoort dan vordering te wees,

anders breek jy die membraan. Voel of die kalf

normaal lê en of daar enige abnormaliteit is.

In die geval van ’n abnormaliteit moet jy eers

die ligging van die kalf vasstel voordat jy begin

trek. Smeer jou hande goed seep, gaan eers

met die hand in en later met vuiste tot bokant

jou polsgewrig om die vaginale spiere te ontspan.

Trek die kalf totdat die kop uit is. Maak die

neus skoon en verwyder slym uit die mond sodat

die kalf kan begin asemhaal. Trek dan die

voorpote uit deur eers een poot ’n paar cm

vorentoe te trek en dan die ander een totdat die

kalf by sy skouers uit is. Trek dan albei pote gelyk.

Dit veroorsaak dat die skouers platter raak

Praktiese gebruik van pelvismate in kommersiële kuddes

• Meet verse tussen 10 en 18 maande oud in eenvormige

groepe.

• Die ouderdomsverskil mag nie meer as ses maande wees

nie en die massaverskil nie meer as 50 kg nie.

• Skot die onderste 10 tot 30% verse uit ongeag die rede

waarom die pelvis klein is (ouderdom, massa of geneties). Jy

kan dan ’n bul gebruik wat groter kalwers gee.

• Oorweeg bulle se rasse. Kontinentale rasse het meer wydte

nodig en Bos indicus-rasse meer hoogte. Die pelvis moet by

die bouvorm van die kalf pas. Saamgestelde rasse neig om

beide tipes pelvisse te deel.

• Beplan teling volgens pelvismate. Gebruik by die boonste

derde met groot pelvismate bulle met ’n positiewe geboortemassa

en by die middelste derde bulle met ’n zero of ’n

negatiewe geboortemassa. Skot die onderste derde uit of

wag ses maande voordat paring toegelaat word.

Praktiese gebruik van

pelvismate in kommersiële kuddes of stoetteling

• Gebruik die Rice-pelvismeter of die hand.

• Teken die ouderdom en gewig aan by meting.

• Hou 130% vervangingsverse.

• Bereken indekse met die hulp van Breedplan of die LNR.

• ’n Vers se pelvisarea groei teen 0,27 cm² per dag.

• ’n Bul se pelvisarea groei teen 0,25 cm² per dag. Meet bulle

tussen 15 en 18 maande.

Dr. Piet het ’n praktiese ervaring met een van sy kliënte, ’n Sussex-teler,

met die gehoor gedeel. “Ons sukkel nie meer met

moeilike geboortes en kalwers trek nie. Sy veeartsenykoste

het aansienlik gedaal en die groeisyfers van sy kudde hardloop

weg van die rasgemiddeld. Wil ons dit briek? Nee, nie in

hierdie stadium nie.”

en die kalf kleiner. Partykeer kry jy dat ’n

kalf tot by die heupe uitkom en nie verder

nie. Draai die kalf dan teen 90° sodat een

heup na die stert wys en die ander een

na die uier van die koei. Dit gee ’n bykomende

spasie van 2 tot 3 cm in die pelvisarea.

As die kalf uit is en nog nie asemhaal

nie, vat gras of ’n handdoek en vryf

die kalf hard oor sy hele lyf om asemhaling

te stimuleer. Nog metodes is om die

agterpote op te trek om die borskas oop

te kry of met jou vinger op die oogbal te

druk vir pynstimulasie wat die asemhalingrefleks

stimuleer. As die kalf nog nie

wil asemhaal nie, laat lê hom op sy sy. Vat

sy boonste voorbeen met een hand en

haak met jou ander hand agter die ribbekas.

Probeer die kalf so optel (nie letterlik

nie). Dit rek die borsholte oop sodat die

kalf lug in sy longe kan intrek. Druk hom

weer liggies plat sodat jy die lug uitdruk.

Herhaal die proses sowat drie keer. Sorg

dat die koei tydens ’n moeilike kalwing

op haar linkersy lê of in ’n regop posisie

is sodat die rumen onder lê. Die duimreël

is dat ’n maksimum van vier mans ’n kalf

trek. Raak die krag meer, veroorsaak dit

skade of verlies.

Een van die

baddens wat

dr. Piet van Zyl

by sy Heilbron

Dierekliniek

gebruik en verhuur

om koeie

of verse wat ná

geboorte bly

lê weer op die

been te help.

Hy sê hy het

’n suksessyfer

van 80% met

dié metode

(lees hiernaas).

VRAAG: Wat maak ’n mens met ’n vers

of ’n koei wat nie wil opstaan ná kalwing

nie?

ANTWOORD: Tot 80% van koeie staan

op as hulle in ’n bad met water lê. Ek het

twee selfontwerpte baddens by my praktyk

wat ek verhuur. Hulle het wiele onderaan

en kan agter ’n bakkie of ’n trekker

gesleep word. Maak die bad sowat 1,5 m

hoog met afskroefkoppe – voor en agter

– en ’n klein gaatjie vir ‘n proppie. Verseël

die bad sodat dit waterdig is. Rol die koei

op haar sy op ’n vervoerband (conveyer

belt) en trek haar in die bad in. Skroef die

twee koppe van die bad terug. Maak die

koei se kop vas. Tap die bad vol water,

verkieslik louwarm, maar andersins net

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Bonsmara seëvier in Kalahari

so uit die kraan of die drom, tot heuphoogte. Dit maak nie eintlik ’n verskil nie. Die koei begin as’t ware dryf as gevolg van die gasse

in haar pens en haar voete lig effe van die oppervlak. Laat lê haar ’n uur of twee in die bad. Trek die proppie uit sodat die water stadig

uitloop. Op dié manier kry die bene nuwe bloed en suurstof wat die spiere stadig stimuleer terwyl sy geleidelik weer gewig kry.

Skroef die koppe af sodat sy kan uitloop. Herhaal die proses indien die koei nog nie wil loop nie. Dié metode werk doeltreffender as

’n opblaasmatras of om ’n koei effe “op te hang”.

Teen die agtergrond van pelvismetings om pro duksie te

verhoog het dr. Piet van Zyl, een van die sprekers op die

Hartebeestloop Inlig tingsdag, veel wyer gekyk en produsente

aan geraai dat hul teelbeleid aan markvereistes

vir 2020 moet voldoen.

“Grondpryse het drasties gestyg en grond is nie meer

geredelik beskikbaar nie. Ons moet dus op dieselfde

grond meer produseer in kilo gram om meer wins te

maak. In China met sy 1,6 miljard mense groei beesvleisverbruik

teen 9% per jaar, terwyl dit met 24% per jaar

vir ’n dekade toegeneem het. Ons sit met ’n groeikoers

van 3% in Suid-Afrika en ’n al groterwordende middelklas

wêreldwyd wat stysel met proteïen begin vervang.

Nagenoeg 2,5 biljoen mense is besig om armoede af te

skud en hulle by die middelklas aan te sluit.”

Nog ’n realiteit wat dr. Piet genoem het, is dat vet vleis

nie ’n “come back” sal maak nie. Die vraag na maer vleis

met smaak en sagt heid sal toeneem. Been en vet is ’n

dalende kommoditeit in beesvleis.

Oor kleiner raamtipes het hy genoem abat toirs verkies

groter karkasse omdat dit dieselfde tyd neem om hulle

af te slag en te ontbeen, terwyl hulle makliker verpak en

minder vet het om af te sny.

Die drastiese toename in die vraag na na tuur like vleis

sien hy as ’n kortstondige verskynsel – ook teen die agtergrond

van sukkelende Europese lande. Tog sal na tuurlik

Veilinggees op die veilingterrein.

ge produseerde vleis wat vry is van hormone en antibiotika,

soos in Namibië se geval, altyd ’n nismark hê.

Dr. Piet glo oor langer termyn sal beperkte hulpbronne,

hoë grondpryse, stygende insetkoste en die hoër vraag

na vleis produsen te dwing tot intensief verhoogde

produksie. “Biotegnologie en molekulêre navorsing sal

die klem verskuif na produksiediere met voerkrale wat ’n

al groter rol sal speel en ’n premie vir kwaliteit kalwers sal

betaal. Gras sal gebruik word om die mark van kalwers

te voorsien in plaas daarvan om beeste oor twee jaar af

te rond vir die mark. In Suid-Afrika produ seer voerkrale

reeds 65% van die plaaslike bees vleisverbruik met een

voerkraal wat ’n derde hiervan lewer. Suid-Afrika produseer

in totaal 75 - 80% van sy beesvleisverbruik.”

Dr. Piet, self ’n deeltydse boer, het vertel hy en ’n groep

boere is ’n belaglike premie vir natuur lik geproduseerde

vleis aangebied. “Ons kry nou by ’n voerkraal ’n baie beter

premie van 80c per kilogram vir goeie groei-eienskappe.”

Interessantheidshalwe het hy na nuwe navorsing oor

die historiese benadering van voer inname van 3% van die

liggaamsmassa van ’n dier per dag verwys.

Die waarheid is dat diere wat 25% swaarder is net 15%

meer voer eet. “Alle diere eet nie dieselfde hoeveelhede

kos nie. ’n Foksterriër eet byvoorbeeld meer as ’n boerboel

per kilogram liggaamsmassa.”

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Bonsmara seëvier in Kalahari

Kenner wys op belangrikheid van

vrugbaarheid

“Meer as 30% van ons teelkoeie is onproduktief.

Ons moet hulle produktief

kry,” het Norman Rothman in sy

spreekbeurt op die Hartebeestloop Inligtingsdag

benadruk. Hy is ‘n kenner

op die gebied van dragtigheidsondersoeke

en KI en bied kursusse in verskeie

velde van boerdery aan in Namibië

en Suid-Afrika.

Norman het in sy voordrag geldwaardes

gekoppel aan dragtigheidsondersoeke

en hoewel dit bloot

aanduidings is, is dit na genoeg in die

kol om produsente te laat herbesin

oor onproduktiewe diere in hul kuddes.

“Sowat 20% van konsepsies eindig

in resorpsie met eerste dekking of

KI, terwyl tussen 35 en 45% koeie wat

dragtig word vir verskeie redes nooit

kalwers gee nie. Om die rede moet

ons beeste ‘n tweede en derde kans

gee om in ‘n teeltydperk beset te raak,

want ná die teeltydperk het ons weer

‘n groot presentasie teelkoeie wat ná

twee of drie dekkings nie kalf nie.”

Geldelike verliese in die afwesigheid

van drag tigheidsondersoeke het Norman

soos volg uitgespel:

Die kalf: ‘n Speenkalf weeg oor die

algemeen sowat 210 kg, die speentydperk

is sowat 210 dae, die waarde

werk uit op sowat 1 kg per dag en

met die speenprys tans op N$17 per

kg is dit N$17 per dag per speenkalf.

Die teelkoei: ‘n Estrussiklus beloop

gemiddeld 21 dae. Een estrussiklus

kan dus bereken word op N$17 per

dag vir 21 dae wat ons by N$357 uitbring.

Aanvaar ons dat alle rasse se

gemiddelde TKP 450 dae is en vroulike

diere sowat 283 dae dragtig is

plus ‘n hersteltydperk van 45 tot 60

dae kom ons by 343 dae uit. Wat

doen die teelkoei vir sowat 110 dae?

Die plaas: Die koste van 5 estrussiklusse

van die 110 dae wat koeie

nie vat nie, kan bereken word deur

N$357 met 5 te vermenigvuldig wat

N$1 785 is. Vir ‘n teelkudde van 500

beeste met ‘n gemiddelde TKP van

450 dae beteken dit N$892 5000.

Kyk ons na vyf jaar van ‘n gemiddelde

TKP van 450 dae, kom dit

neer op ‘n astronomiese verlies van

nagenoeg N$4,5 miljoen aan rentewaarde

waarvan 60% se potensiële

rente-inkomste vir altyd verlore is as

gevolg van die tydperk van 110 dae

wanneer ‘n teelbees nie-funksioneel

is.

Die weiding: Die gemiddelde koei

vreet 10 kg gras en stap tussen 6 en

8 km terwyl sy vreet wat neerkom

op ‘n gebruik van 15 kg gras per dag

deurdat 5 kg gras tydens die stappery

vernietig word. ‘n Koei benut

gemiddeld sowat 3% van een hektaar

se weiding. Vermenigvuldig ons

die 15 kg met 365 dae word 5 475

kg gras opgevreet. Aanvaar ons dat

30% beeste uit ‘n teelkudde van 500

nie deur die loop van die jaar produseer

nie, kom ons by 150 onproduktiewe

diere uit. Vermenigvuldig ons

die 150 met 5 475 kg is dit ‘n skokkende

821 250 kg gras per jaar wat

ingeboet word aan diere wat nie

produseer nie. Teen 1 500 kg per ha

is sowat 545 ha gras ook verlore.

Norman het verder gesê ‘n teelbees

bly ‘n teelbees en “om te meet, is om

te weet”. Hy het boere met ‘n paar

vrae gepeper om hulle aan die dink te

sit oor die belangrikheid van dragtigheidsondersoeke.

Hy het gevra: Hoeveel

geld is ‘n produsent bereid om

te verloor voordat hy besef vrugbaarheid

benadeel sy boerdery? As 50%

teelbeeste in ‘n kudde ‘n goeie TKP

handhaaf, wat doen die res en wat

bring hulle jou in die sak? Hoekom hou

jy die dier nog aan? Kan sy die geld

maak wat ‘n speenkalf in sewe maande

maak? Kan sy kompeteer met ‘n tollie

oor 24 maande? As sy onproduktief

is, hoe lank bly sy in die kudde? Hy

het boere aangemoedig om hierdie

vrae vir hulleself te beantwoord en te

kyk na koste-aanduidings. Dit behoort

rede genoeg te wees om dragtigheidsondersoeke

ná die teeltydperk ‘n

vereiste te maak.

Norman Rothman

Onproduktiewe teelbeeste moet

ook uit die kudde verwyder word, het

hy gesê.

Die voordele van dragtigheidsondersoeke

het Norman soos volg uitgespel:

• Dit spaar jou geld.

• Dit verbeter die gemiddelde

standaard in die kudde.

• Funksioneel doeltreffende teelbeeste

kan maklik geïdentifiseer

word.

• Jy kan makliker selekteer vir vervangingsverse.

• Kuddegesondheid verbeter.

• Dit help om fundamentele probleme

te identifiseer.

Volgens Norman is daar drie maniere

om dragtigheid te bepaal, naamlik die

vasstel van progeste roonvlakke met

‘n bloedmonster wat 19 dae ná konsepsie

getoets word, rektale palpering

wat ‘n handondersoek van die baarmoederwand

behels en ultrasoniese

klank wat ‘n baie duur metode is.

Behalwe vir kursusse in KI (vir beeste,

skape en varke) en dragtigheidsondersoeke

bied Norman ook kursusse aan

in voeding, die grootmaak van kalwers

en ‘n kursus vir veewagters om kuddes

goed te versorg. In Namibië tap Norman

ook semen en sy pa, Andy, bied

kursusse in embrio-oorplasings aan.

Norman kan gekontak word by die

volgende e-posadresse: norman@vodamail.co.za

en alexandra@livestocktrainingservices.com

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Bonsmara seëvier in Kalahari

parasietbeheer:

“Mentors raak al minder. Baie inligtingsdienste

bestaan nie meer nie. Dit skep ’n

groot leemte wat nou deur boere gevul

moet word. Deel jul kennis onder mekaar

en met ander.”

Dit was ter inleiding dr. Faffa Malan

se boodskap op die Hartebeestloop Inligtingsdag

voor dat hy oorgeskakel het na

lesse wat ons uit die natuur kan leer om

parasiete te beheer. Dr. Faffa is een van

www.landbou.com se kundiges wat vrae

van besoekers aan dié web werf beantwoord.

Voorheen was hy by navorsing

betrokke.

Volgens hom is die natuur wonderlik

en moet jy dit verstaan anders raak jy in

’n oorlog daarmee betrokke. “Plante, diere

en kampe op ’n spesifieke plaas verskil,

terwyl daar ook voortdurend beweging

plaasvind tussen die natuurlike omgewing,

inheemse parasiete en natuurlike

gashere. Dit is daarom belangrik dat boere

’n basiese kennis van dieregesondheid en

-siektes moet hê.”

Hy het vertel van ’n totale telling van

124 miljoen wurms wat in ’n enkele sebra

voorgekom het. “Dit klink na ’n doodstyding,

maar para siet-ontwikkeling kom al

vir eeue saam met die gasheer, wat skynbaar

geensins daaronder ly nie. ’n Bees

het ook parasiete, maar hy is ’n vreemde

gasheer wat daarby moet aanpas. Dit

kan lank neem, maar die gesondste diere

sal aanpas (survival of the fittest). Boere

moet daarom hierdie aanpassings monitor

en dit met dieregesondheidbestuur

ondersteun.”

Dr. Faffa het bygevoeg dat vrektes in

die na tuur ’n natuurlike proses is, maar

op die plaas ’n ramp. “Die les wat ons

uit die natuur moet leer, is om vas te stel

wat normaal is in ’n ekosisteem voordat

ons kan besluit wat abnormaal is. ’n Boer

moet soos ’n leeu op sy plaas wees. Die

natuur is hard en daar is nie plek vir swak

diere nie.”

Sy advies is om erg parasietbesmette

diere uit kuddes te haal eerder as om

hulle te dokter. “Ons moet daardie gene

uithaal. Kry ’n bees byvoorbeeld kwakkeel

oftewel dikkeel, moet jy hom uit jou

kudde verwyder.”

Hy het voorts gewys op die klein kampies

op plase in Suid-Afrika wat ’n teelaarde

vir wurms en bosluise is.

Volgens dr. Faffa streef die natuur daarna

om omgewingsfaktore te balanseer,

maar die mens se inmenging lei tot

ontwrigting en ’n stryd teen parasiete en

siektes. Juis die ingry ping deur die mens

veroorsaak dat ons besig is om vinnig in

’n doodloopstraat te beland. Daar lê ’n

groot potensiaal in die ontrafeling van

Dr. Faffa Malan

die geheime van die natuur. Ons hoop

om daardeur alternatiewe te vind

waarmee parasiete in ons produksiediere

beheer kan word.”

Dr. Faffa het bygevoeg dat, in reaksie

op die mens se inmenging, die

ekosisteem ’n SOS (stres, oorbevolking

en stagnasie) uitstuur en die mens

wys om daarop ag te slaan. Hy het die

SOS soos volg verduidelik:

Stres: Soos mense byvoorbeeld

puisies en maagwerk kry van stres,

so word stres by diere veroorsaak

deur stagnasie en oorbevolking. Dit

veroorsaak geweldige stres op die

gashere, wat weer lei tot ’n laer immuniteit

en uitbre kings van parasiete en

siektes.

Oorbevolking: Die mens wil wins

maak wat lei tot die oorbenutting van

beskikbare hulpbronne. ’n Voorbeeld

is voerkrale waar parasie te en siektes

toeneem om hul funksies te vervul

ten einde die balans in die ekosisteem

te herstel.

Stagnasie: Dit kom voor wanneer

groot gebiede in kleiner eenhede verdeel

word. Dit bring mee dat die gashere

en hul parasiete in aan houdende

kontak met mekaar is, wat meebring

dat parasiete buitensporig vermeerder

en oor matige druk op die hulpbronne

plaas.

In dié verband het hy genoem dat

rooiwater nou na gebiede versprei

waar dit nog nooit voorgekom het

nie, tot selfs in die woestyn.

Terselfdertyd het dr. Faffa klem

gelê op die belangrikheid van biosekuriteit

in die boer dery. Dit behels

goeie bestuur, siektebeheer, die

uitruil van goeie genetika, optimale

voe ding en weidingbestuur asook

parasietbeheer.

“Dit bring ons by die werklikheid

dat die natuur op sy eie regkom waar

die mens nie inmeng nie. Ons moet

dus verantwoordelikheid aanvaar

om hulpmiddels soos entstowwe

te gebruik om ons inmenging op

’n verantwoordelike en wetenskaplike

manier teen te werk. Dit sal ons

in staat stel om genoeg kos te produseer

sonder om die natuur te misbruik.”

Dr. Faffa het toe aandag gegee

aan verskeie siektes en die oorsake

daarvan. Hy het die ent van diere

voor ’n reënseisoen beklemtoon en

boere aangeraai om in die geval van

siekte-uitbrekings diere na hoërliggende

gebiede en weg van water

te neem. Nog punte waarop hy gewys

het, is:

Gebruik verkieslik ’n enkelnaald per

dier of an dersins ’n drukgang wanneer

daar geënt moet word. Baie gevalle

van slenkdalkoors word met besmette

naalde oorgedra.

Gebruik die regte entstowwe vir die

regte siek tes. Wanneer die poeier van

’n lewende ent stof bruin is, gooi dit

weg. Entstowwe moet teen ’n konstante

temperatuur geberg word,

want selfs ’n kragonderbreking kan dit

ondoel treffend maak.

Moenie kalwers te gou spuit nie,

want dit meng in met die biesmelk

se funksie om immuniteit te bou. ’n

Kalf kry binne ses ure ná sy geboorte

‘n tiende van sy liggaamsgewig by.

Dit is ook belangrik om nougeset te

let op die immuniteitstatus van koeie.

Die aanvulling van spoorminerale

is belang rik en wel vier weke voor

kalwing, vier weke voor dektyd en

vier weke voor ’n stresperiode. Multiminerale

en vitamines bepaal tot

80% van die vrugbaarheid van ’n

kudde.

(Dr. Faffa se kundigheid op vele gebiede

is beskikbaar deur die webwerf

www.landbou.com te besoek.

Beweeg af met die blad totdat jy

kom by “Vra die kundiges...”. Klik op

“Vra vir dr. Faffa” en volg die kortpad

na antwoorde.)

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Bonsmara seëvier in Kalahari

“Bulle wat nie funksioneel doeltreffend

is nie, behoort nie op veilings

aangebied te word nie. Andersins is

dit ’n nowhere battle. Net so sal bulle

wat aan die minimum rasstandaarde

voldoen kopers nêrens bring nie.”

Dit was Petrus Maritz, ’n geakkrediteerde

skandeerder wat by die

Vleisraad werksaam is, se advies aan

telers op die Hartebeestloop Boeredag.

Hy het verduidelik ultrasoniese

skande ring stel Namibiese telers

in staat om op ’n goedkoop, betroubare

manier genoeg inlig ting te bekom

om vinnig vordering te maak

ten opsigte van karkaskwaliteit. Vetneerlegging,

oogspier oppervlakte

(direk gekorreleer met verkoopbare

vleisopbrengs) en marmering (sagtheid

en smaak van vleis) word gemeet

– almal eienskappe wat matig

tot hoog geneties oordraagbaar is.

Beraamde teelwaardes word vir dié

karkaseienskappe volgens verskillende

mates uitgewerk en hoe meer

metings gedoen word, hoe akkurater

is die teelwaardes. “As ons vir potensiële

kopers hierdie teelwaardes kan

gee, is dit soveel beter. Op dié manier

kan ons al meer vir karkaseienskappe

selekteer.”

Volgens Petrus moet telers hierdie

hulpmiddel gebruik sodat hulle die

funksionele doeltreffendheid

vrugte kan pluk wanneer abattoirs ’n

premie op karkaseienskappe begin

betaal. Hy het bygevoeg dat bloedlyne

ook gevestig kan word met behulp

van ultrasoniese skandering

tesame met DNA-analises en Fase Dtoetse.

Manlike sowel as vroulike diere in

die ouderdomsgroep 300 tot 800

dae word geskandeer, verkieslik nie

minder as twintig diere per groep

nie. Verse moet liefs nie meer as ses

maande dragtig wees nie. Diere moet

voorts aan dieselfde kontemporêre

groep behoort, met ander woorde

van geboorte af moes die diere aan

dieselfde omstandighede blootgestel

gewees het. Diere word ook

tydens skandering geweeg.

Volgens Petrus is die geskikste tyd

vir skandering in Mei wanneer diere

in hul beste kondisie is. Petrus het

verlede jaar 2 000 stoetdiere geskandeer

– ’n waardevolle diens wat hy en

die Vleisraad van Namibië lewer.

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Bonsmara seëvier in Kalahari

Fotobeeld van boeredag en veiling

Boere luister aandagtig na lesings.

AgriForum Aug 2011 Vol 24, No 5, P 23-37

Die kunstige hand van Eugenie,

eggenote van dr. Joggie

Briedenhann en ook eintlik 'n

tandheelkundige van beroep,

kon oral by die kosmaak- en

-bedie ningspunte gesien word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!