Mielies: ken jou kultivars
Mielies: ken jou kultivars Mielies: ken jou kultivars
Tuinwenke vir Oktober Mielies: ken jou kultivars Versigtig vir goedkoop brandstof Vir die jongspan: inkleurkompetisie Tydskrif van die Senwes Groep • Oktober 2007 Laat SEB vir jóú werk - doen sake met Senwes
- Page 2 and 3: 10 Gerrit Oosthuizen Oosthuizzen Ku
- Page 4 and 5: 11 Meerkoppigheid Meerkoppigheid i
- Page 6 and 7: Algemeen Saadgrootte Plantestand ka
- Page 8 and 9: agriculture in practice the capacit
- Page 10 and 11: Brandstofbesparing nie net leë woo
- Page 12 and 13: Livhu Ngwekhulu Beef cattle product
- Page 14 and 15: 26 Thys Grobbelaar VSA mieliesituas
Tuinwenke

vir Oktober

Mielies:

ken jou kultivars

Versigtig

vir goedkoop

brandstof

Vir die jongspan:

inkleurkompetisie

Tydskrif van die Senwes Groep • Oktober 2007

Laat SEB vir jóú werk - doen sake met Senwes
10

Gerrit Oosthuizen

Oosthuizzen

Kultivarkeuse is ’n belangrike deel van produsente se boerdery.

Senwester, Oktober 2007

internet

www.senwes.co.za

Korrekte kultivarkeuse is een

van die belangrikste aspekte

by mielieverbouing en ’n groot

verskeidenheid kultivars en

kultivarpakkette is beskikbaar om van

te kies. Dit is gevolglik belangrik om

die verskillende eienskappe van die

onderskeie kultivars te ken, sodat die

beste keuse gemaak kan word.

Tegnologiese ontwikkeling soos geneties gemo

difi seerde organismes (GMO) het ’n nuwe

dimensie in mieliever bouing veroorsaak. Kulti

vars verskil van mekaar wat aanpasbaarheid, opbrengs

potensiaal en aspekte soos siekteweer standbiedendheid

betref. Aan die einde van elke seisoen

moet die produsent die kultivars wat aangeplant is,

evalueer en besluit of daar aanpassings gemaak

moet word. Risiko kan ook verminder word deur ’n

kultivarpakket aan te plant.

Belangrike faktore wat in ag geneem moet word:

Opbrengspotensiaal en aanpasbaarheid

As gevolg van faktore soos klimaat en grondtipe wat

die biologiese sisteem beïnvloed, is daar ’n groot

variasie in die toestande waaronder mielies in Suid-

Afrika geproduseer word. Die somersaaigebied is

verder bekend vir wisselvallige klimaatstoestande.

Een van die belangrikste kriteria by kultivar keuse

is opbrengspotensiaal. Sommige kultivars presteer

beter in die droër, warmer produksiegebiede (westelike

produksie gebiede), terwyl ander weer beter

presteer onder gunstiger omstandighede in die

oostelike produksiegebiede (koeler, hoër reënval).

Daar is kultivars wat ewe goed oor ’n wye reeks van

potensiaaltoestande presteer en dit is juis kultivars

soos dié wat risiko kan verlaag en opbrengs kan

stabiliseer.

Oessekerheid (stabiliteit)

Oessekerheidswaardes is ’n waardevolle hulpmid del

in kultivar keuse. Gemiddelde opbrengs, opbrengsgeneigdheid

en stabi li teit van ’n kultivar word gebruik

in die berekening van oesseker heids waardes. Die

oessekerheid van ’n kultivar vir ’n sekere op brengspotensiaal

is die minimum opbrengs wat daardie

kultivar in nege uit tien gevalle kan behaal.

Die Landbou Navorsingsraad (LNR) doen jaarliks
objektiewe kultivar-evaluasieproewe wat die grootste gedeelte

van die somer saaigebied verteenwoordig. Hierdie resultate

word jaar liks in die Mielie Inligtingsgids (MIG) gepubliseer en is

baie handig wanneer daar oor kultivarkeuses besluit moet word.

In Tabel 1 en Tabel 2 word inligting (oessekerheidswaardes)

weergegee vir onderskeidelik die wit- en geelmieliekultivars

waarvan inligting vir drie seisoene beskikbaar is (soos verkry

uit MIG 2007).

Tabel 1: Witmieliekultivars vir die Senwes-gebied, waarvan inligting vir drie seisoene beskik baar is (15 proewe).

Kultivar 2 Ton 3 Ton 4 Ton 5 Ton Gem Helling D 2

DKC 78-15B 2,42 3,48 4,52 5,51 5,79 0,95 0,2913

CRN 3505 2,21 3,28 4,32 5,32 5,59 0,96 0,2747

PAN 6995B 0,18 2,29 3,72 5,09 5,49 1,31 0,6540

SNK 2551 2,39 3,35 4,29 5,18 5,47 0,85 0,3279

CRN 3549* 2,00 3,08 4,12 5,13 5,38 0,97 0,2265

PAN 6611* 1,21 2,48 3,70 4,89 5,17 1,14 0,2915

PAN 6537 0,98 2,28 3,57 4,80 5,10 1,19 0,3581

PANTHERA 0,92 2,14 3,33 4,47 4,81 1,09 0,4294

PAN 6053 1,07 2,14 3,19 4,14 4,56 0,92 0,6183

SAFFIER 1,54 2,36 3,14 3,89 4,12 0,71 0,2249

CARACAL 0,43 1,49 2,50 3,45 3,86 0,89 0,7068

* Verwysingskultivar.

Tabel 2: Geelmieliekultivars vir die Senwes-gebied, waarvan inligting vir drie seisoene beskikbaar is (15 proewe).

Kultivar 2 Ton 3 Ton 4 Ton 5 Ton Gem Helling D 2

DKC 80-12B 1,40 2,73 4,04 5,27 5,77 1,16 0,5966

DKC 80-10* 2,12 3,12 4,09 5,00 5,40 0,84 0,4330

PAN 6146* 1,17 2,48 3,77 5,01 5,36 1,21 0,1804

PAN 6966 1,44 2,65 3,83 4,97 5,36 1,08 0,3081

PAN 6734 1,54 2,68 3,80 4,85 5,23 1,06 0,3513

AFG 4410 1,61 2,62 3,62 4,58 4,88 0,92 0,1640

LS 8504 1,26 2,20 3,10 3,93 4,37 0,74 0,5617

SYNCERUS 1,10 2,18 3,23 4,23 4,00 0,94 0,3690

* Verwysingskultivar.

hoofstorie

Groeiseisoenlengte

Met groeiseisoenlengte word bedoel die periode van plant tot

blom en fi siologiese rypheid. Saam met plantdatum is dit baie

belangrik wanneer aspekte soos die intreedatum van ryp en

mid-somerdroogtes ter sprake is. Groeiseisoenlengte is ook

belangrik in wisselbou (opvolggewas by besproeiing) en die

bemarkingstrategie wat ’n produsent volg.

As gevolg van faktore soos klimaat en grondtipe wat die biologiese

sisteem beïnvloed, is daar ’n groot variasie in die toestande waaronder

mielies in Suid-Afrika geproduseer word.

13

Senwester, Oktober 2007 11
11

Meerkoppigheid

Meerkoppigheid is die potensiaal wat ’n kultivar het om meer

as een kop per plant tot volwassenheid te bring. Hierdie

eienskap kan goed benut word by laer plantpopulasies en is

nou gekoppel aan die aanpasbaarheid van ’n kultivar. Hoe hoër

die plantpopulasie, hoe minder sal meerkoppigheid ’n rol by

kultivarkeuse speel.

Siekteweerstand

Die teling van mielies met siekteweerstand of -verdraagsaamheid

geniet voortdurend baie aandag by die mielietelers. Kultivars

ver skil in hul vatbaarheid vir belangrike siektes soos stam- en

wortelvrot, streepsiekte, grysblaarvlek, roes, kopvrot en kop- en

pluimbrand. Indien ’n kultivar(s) gekies word met weerstand

of verdraagsaamheid teen ’n prominente siekte(s) in ’n sekere

gebied, kan daar heelwat op siektebeheerkostes gespaar word.

Hier die siektes het ook opbrengsverliese tot gevolg.

Omval

Indien ’n kultivar geneig is tot omval, kan dit groot fi nansiële

impli kasies vir die produsent inhou, naamlik opbrengsverlies

en die arbeidskoste om die koppe op te tel. Vordering (teling)

is gemaak om omval te beperk, maar hoë plantpopulasies

bevorder ook die kanse vir omval. Toestande soos te veel of te

min water (stremming) kan ook die staanvermoë van ’n kultivar

beïnvloed.

GMO-kultivars (biotegnologie)

Biotegnologie kan gedefi nieer word as die gebruik van lewende

organismes om nuwe produkte te ontwikkel. Goeie voorbeelde

hiervan is stronkboorder-weerstandbiedende kultivars (“Bt”mielies)

en glifosaatbestande kultivars (“Roundup Ready”mie

lies). Kultivars met beide bogenoemde eienskappe in een

kultivar is nou beskikbaar en staan bekend as die “stapelgeen”.

Saad van GMO-tipe kultivars is egter aansienlik duurder as die

saad van tradisionele of gewone kultivars, maar die produsent

kan weer op insekbeheer- en/of onkruidbeheerkostes spaar.

Roundup Ready-mielies bied veral ’n uitweg op lande met

moeilik beheerbare onkruide. Onthou dat daar voorwaardes

en regulasies is, soos die aanplant van “toevlugsgebiede” (niestamrusper-weerstandbiedende

kultivars) wat saam met Btmielies

geplant moet word.

Opsommend

• Moet nie al jou eiers in een mandjie sit nie – kies ’n kultivarpakket

om risiko te versprei.

• Moet nooit ’n staatmaker-kultivar binne een seisoen met ’n

nuwe of onbekende kultivar vervang nie.

• Evalueer eers ’n “nuwe” kultivar in aanplantings saam met

bewese kultivars.

’n Mieliestronkboorder.

Tipiese stronkboorderskade.

hoofstorie

• Kies ’n kultivar met ’n wye aanpassingsvermoë sodat dit

hoër potensiaaltoestande kan benut, asook by laer potensiaaltoestande

’n aanvaarbare opbrengs kan lewer.

• Maak gebruik van objektiewe, onverbonde kultivar-evaluasieresultate.

• Die LNR-IGG publiseer jaarliks ’n Mielie Inligtingsgids (MIG)

met waardevolle inligting oor mielie-kultivars, bemesting, gewas

produksiestelsels, chemiese onkruidbeheer en gewasbeskerming.

• Hersien kultivarkeuse jaarliks om by veranderde omstandighede

en vordering in tegnologie aan te pas. S

Verwysings

Handleiding vir die verbouing van mielies in die somerreënval gebied –

LNR-IGG; Mielie Inligtingsgids 2007 – LNR-IGG; Seed for thought (Volume

3, Number 2, 2006) – PANNAR; www.monsanto.co.za – Biotegnologie;

www.push-pull.net; http://www.poljinos.hr/english/maize

Gerrit Oosthuizen is ’n senior akkerboukundige by Senwes Landboudienste.

Skakel hom by (018) 462-8533 of 084 506 8791 vir enige

navrae. E-pos kan gestuur word na: gerrit.oosthuizen@senwes.

co.za.

Senwester, Sen enwe we wes es e ter te er , O OOktober

Okto kto to tober b 2007 13 1
14

Jaco Vermeulen

Geelmielie-kultivarproewe

op Vaalharts

Produsente moet jaarliks besluit watter kultivars die beste

onder hul eie spesifieke omstandighede in hul pakket

sal inpas. Jaarliks word daar nuwe, verbeterde kultivars

vrygestel en die produsent vind dit moeilik om weg te breek

van die bekende tradisionele kultivars wat reeds beproef is.

Senwes Landboudienste op Vaalharts doen vir die afgelope

vier jaar hul onafhanklike proewe waar alle betrokke fi rmas

drie kultivars wat aanbeveel word, kan insluit in die proef.

Daar word ook een nuwe kultivar vir toetsing toegelaat om teen

bestaande kultivars te meet.

Op Vaalharts met sy gewasrotasiestelsel speel die ultra-kort

kultivars ’n baie meer prominente rol as in die droëlandgebiede.

Met die oorskakeling na spilpuntbesproeiing het die fokus

verskuif van ’n 90% relatief laat mielie na ongeveer 50% vroeë

mielie en 50% mielie na koring of gars. Die kultivarkeuse word

ook grootliks hierdeur bepaal. Onder besproeiing kan ultra-kort

groeiers wat einde September tot 20 Oktober geplant word, onder

normale klimaatstoestande reeds in Maart geoes word. Pryse is

dan gewoonlik hoog weens lae voorraadvlakke in teenstelling

met die heelwat laer Julie-pryse, weens die stroopdruk van die

droëlandgebiede. Die mark bepaal egter deesdae meer die

behoefte en uiteindelik ook die produsent se besluitneming.

Die opbrengsrisiko onder besproeiing is ook minder as onder

droëlandverbouing. Elke jaar het egter sy eie spesifi eke klimaat

en dit is verstommend om die kultivarverskille waar te neem oor

die verskillende toestande, asook siektevoorkoms. In dié artikel

word die afgelope twee uiteenlopende seisoene se proefdata

weergegee.

Die 2005/2006-seisoen (sien fi guur 1)

Die seisoen was gekenmerk deur buitengewoon baie reën van

ongeveer 1 000 mm in die groeiseisoen wat van Januarie tot

Maart voorgekom het. Weens die baie reën was die voorkoms

van blaarsiektes soos noordelike blaarskroei en roes baie hoog.

Dit het ’n duidelike effek op die kultivars gehad wat meer vatbaar

Senwester, Oktober 2007

internet

www.senwes.co.za

is vir die siektes. Die oorskakeling na meer vroeë mielies het

ook die nadeel dat die voorkoms van mieliestamrusper en

streepsiekte drasties verhoog het. Produsente moet nou baie

meer voorsorg tref en monitering van die gewas doen om

voortydig op te tree. Dit is hoofsaaklik ook die rede hoekom

daar soveel BT-kultivars aangeplant word.

Daar moet ook genoem word dat daar by twee geleenthede

hael op die proefperseel voorgekom het, wat wel opbrengsverliese

teweeg gebring het. Gelukkig was die skade nie so drasties

nie, maar dit het die effektiewe groeiseisoen verkort. Aansienlike

loging van stikstof en verspoelings het ook voorgekom weens

die baie reëns in die relatief kort periode.

Die 2006/2007-seisoen (sien fi guur 2)

Anders as die vorige jaar was hierdie ’n relatief droë groeiseisoen.

Met die uitsondering van geïsoleerde gevalle met

digte plantestand en nou rye met ’n hoë mikroklimaat, was

blaarsiektes weglaatbaar min. Die voorkoms van stamrusper

het egter tydens sekere stadiums straf voorgekom, maar deur

middel van spoedige chemiese beheer is dit hokgeslaan. Die

nagevolg hiervan was die toetrede van rooispinnekop. Alhoewel

daar wel skade veroorsaak was, was die omvang nie te groot

nie en het daar oor die hele Vaalharts-gebied ’n relatief goeie

mielie-oes gerealiseer. Toestande was baie meer optimaal vir

goeie opbrengste weens die goeie hitte-eenhede. Produsente

moes dié seisoen bontstaan om met die besproeiingswater

by te bly, vandaar die groot verskille in opbrengs tussen

spilpuntbesproeiing en tradisionele vloedbesproeiing wat waarge

neem is.

Figuur Fig F uur ur 1: Opbrengsresultate Op O br bre rengs ngs ngsre res re ul ult ltate ate vir vi virrk r kultivars kult k ult u iva vars rs getoets get ge oet oe oet si s in i nd n die ie i 2005/2006-

200 000

0 5/2 5 006 06 0 - Figuur Fig i ig iguu

uur uu uur uu uur uu uuur 2: Opbrengsresultate Op O bre br bre br bre b e ngs ng ngs ng ngs gs g res e ult ul ult ul ult lt l at ate at ate aatt te e van va v n die d

d ie i kultivars ku kul ku kul ku ti tiv iv i ars ar getoets ge g toe oe oets ts in die di die di

seisoen.

2006/2007-seisoen.
Algemeen

Saadgrootte

Plantestand kan deur die verskille van saadgrootte beïnvloed

word en daar moet noukeurig op die verskille gelet word wanneer

planters gekalibreer word, of wanneer pitgroottes gewissel

word. Dieselfde pitgrootte moet verkieslik deurgaans gebruik

word. Wanneer daar selfs met lugdrukplanters geplant word,

word drastiese verskille in plantestand opgemerk wanneer met

verskeie saadgroottes geplant word. Die kleiner sade lewer selfs

50% dikker stand met kleiner pitte teenoor die groter pitte (verskil

van 58 000 tot 88 000 plante per hektaar). Daar kan aangeneem

word dat die kleiner pitte twee-twee opgesuig word. Dit het nie

alleen koste-implikasies nie, maar kan ook tot te digte stand lei.

Die kultivars met die kleiner pitte het dan ook weens hul dikker

stand tydens die uitstekende jaar beter presteer as die kultivars

met groter pitte en laer stand. Indien ’n goeie jaar nie realiseer

nie en stremming ondervind word, kan die omgekeerde ook

gebeur. Saadgrootte opsigself het na my mening nie ’n invloed

op die opbrengspotensiaal nie. Dit is net belangrik om die planter

volgens die pitgrootte waarmee jy plant te kalibreer. Klein pitte

kan ook maklik te diep geplant word.

Toevlugsoorde

Daar moet voorts onthou word dat indien BT-kultivars geplant

word, daar voorwaardes en regulasies aan verbonde is. Dit

is baie belangrik om by die regulasies te hou. Indien daar

nie toevlugsoorde of BT-vrye stroke geplant word tussen

die BT-aanplanting nie, kan weerstand opgebou word. Dit

gaan defi nitiewe gevolge vir die tegnologie inhou en selfs

volhoubaarheid van die tegnologie kortwiek. Maak dus seker

dat jou verteenwoordiger jou volledig inlig oor die voorwaardes

en regulasies. Geen waarborge of ondersteuning kan deur

saadfi rmas gegee word indien die vereistes nie nagekom word

nie.

landbou in praktyk

Tydens die stroopdag by ’n weegkarretjie. Van links: Pieter van

Niekerk (medewerker), Andries Zandberg (Pannar verteenwoordiger)

en Neels van Niekerk (medewerker).

Samevatting

Verskeie proewe word deur verskillende instansies ge doen.

Geen een van die proewe moet geïgnoreer word nie. Hoe meer

inligting tot die produsent se beskikking is, hoe beter besluite

kan hy neem. Wat egter baie belangrik is, is dat daar na

meerjarige data gekyk moet word en dat verskeie seisoene en

klimaatstoestande in ag geneem moet word. Moet ook nie net

op een kultivar besluit nie, maar eerder op ’n pakket. Wanneer

al die faktore soos saadgrootte, toevlugsoorde, klimaat en

kultivarpakket in ag geneem word, behoort dit die risiko te

verminder. Die beste kultivar wen nie noodwendig die proewe

nie, meer die een met die mees konstante opbrengs oor jare. S

Jaco Vermeulen is ’n akkerboukundige by Senwes Landbou dienste.

Vir meer besonderhede oor die proefresultate, siektedruk lesings en

plantestand kan jy met hom in verbinding tree by (053) 474-9647

of 082 948 2557. Baie dankie ook aan die medewerkers PJJ van

Niekerk en Seun, sonder wie se insette hierdie proewe nie moontlik

is nie.

Twee kultivars weerskante van ’n

kontrolestrook wat reeds uitgestroop is.

Senwester, Oktober 2007 15
16

Johan du Toit

Senwester, Oktober 2007

An agri-business

perspective on

internet

www.senwes.co.za

South Africa’s land d reform efo programme o e July 2005 2005, 33,137 137 million hectares had been transferr transferred nation-

involves three key elements: the

ally, which represents 12% of the 2015 target. In order to achieve

redistribution of agricultural land to new

producers; the restoration of land, or cash

compensation to restitution claimants who

were dispossessed after 1913; and the

securing of tenure rights for residents of

the target, 2,28 million hectares will have to be transferred per

annum during the next ten years which is far higher than what

has been delivered in any one year to date.

Almost two-thirds of the total amount spent on restitution

awards to date has been spent on cash compensation rather

than on purchasing land.

commercial farms and communal areas.

Challenges that have to be addressed

The following could be regarded as critical issues that have to

Although some progress has been made in each of the areas,

land reform is proceeding at a very slow pace overall

due to a number of factors, including complex bureau-

be addressed in order for land reform to succeed in South Africa:

• Better alignment between political, sosio-economical and

cratic processes and inadequate budgets.

pure economical objectives that must be achieved through

the process of land reform. Land reform in its present status

Target and achievement

doesn’t necessarily imply an improvement in the sosio-eco-

The land reform target set by government is to transfer 30% of nomic well-being of a household or community.

productive commercial agricultural land by 2015 to previously • The selection process. Clear distinction should be made dur-

disadvantaged groups or individuals, which implies 25,9 million ing the selection process between who wants land for farming

hectares. This fi gure excludes all state owned land, as well as purposes and who wants it just for the sake of owning land or

former homelands.

traditional purposes. Knowledge of basic business practices,

In the case of the Free State and North West provinces, which commitment and the willingness to acquire the necessary

constitute the biggest part within the Senwes geographical serv- technical skills through mentorship and formal training are

ice area, it implies the transfer of 3,51 million and 3,03 million some of the basic criteria that should be applied.

hectares respectively.

• After selection, proper training could be regarded as an abso-

According to the ministry of agriculture and land affairs as at lute prerequisite. The department of agriculture doesn’t have
agriculture in practice

the capacity or the skills to do it on their own. Therefore,

more funding should be made available for private institutions

and initiatives in this regard.

• The productive use of transferred land – South Africa,

who is fast becoming a net importer of staple commodities,

could not afford to withdraw 30% of its already limited

high potential agricultural land from commercial production

as it would put self suffi ciency under further pressure.

Given the lack of knowledge and applicable experience

amongst land benefi ciaries, a reduction in yield (output)

will be inevitable. This will have a negative impact on agribusinesses

whose core business is the storage, handling

and marketing of grain.

• Given the already low profi tability caused by factors such

as unfavourable terms of trade, it is doubtful whether land

reform would improve the quality of living especially for

those who want to engage in dry land cash crop farming.

A lack of protection against imports and subsidies are

factors which is not conducive for land reform within the

South African context.

• A proper post-settlement support programme is a prerequisite

for successful land reform. At present it is lacking

to a large extent.

• Despite a sharp increase in the price of land over the past

fi ve years due to normal market factors, the formula for

calculating the amount available per benefi ciary to acquire

land through the LRAD scheme had not been adjusted

accordingly. This implies that less land could be acquired

which in many instances is not an economic viable unit.

Conclusion

All the abovementioned factors have a direct infl uence on the

future existence of any agricultural related business in South

Africa. It is, therefore, important for leading agri-businesses

to be actively part of the process through existing structures

in order to advise and infl uence government to pro-actively

amend policy where necessary. S

Johan du Toit is the manager of Senwes Agri-Services. For more

information, contact him on (018) 464-7543 or email johan.dutoit@senwes.co.za.

17

CoverTex

Rekbaar

Duursaam

Lae onderhoud

Maak jou verfprojek die moeite werd. Gebruik die

nuwe reeks Kaufmann verf en kry gemoedsrus

op die koop toe. Kwaliteit wat jou sak pas.

Kom tuis na kwaliteit
Somertyd is

fosfortyd

Ulrich Müller, Voermol Voere

Dit is nou tyd om te besin oor somerlekaanvulling of lekaanvulling

vir weidende diere op groen weiding. Groen

weiding is hoog in proteïen en hoogs verteerbaar, diere op

sulke weidings neem dus toe in massa. Met ‘n mineraal-aanvulling

(P6-lek) sal beeste sowat 130 g/dag vinniger groei as wanneer

hulle geen lek sou ontvang nie. Fosfor (P) is dus beperkend om

optimale gewigstoename te verkry.

Energie

Indien die GDT van weidende diere verder verhoog moet word,

vorm energie die tweede beperkende voedingstof en sal energie

dus saam met P aangevul moet word om ‘n verdere respons in

toename te verkry. Energie-aanvulling is relatief duur en om dié

rede bevat ‘n energie-aanvulling ‘n ionofoor soos Salinomycin-Na.

Die ionofoor verseker dat die energie beter benut word, gevolglik

bespaar dit voer en so ‘n aanvulling is koste-effektief.

Produkte beskikbaar

Die volgende produkte uit die Voermol-stal kan oorweeg word:

Mineraal-aanvullings

Voermol Superfos

V17422

Rumevite 6P

V11995

Rumevite 12P

V11994

Voermol

Fosfaatblok

V10264

Selfmeng

mineralelek

Voermol

Supermol

V7267

Hierdie is ’n smaaklike, klaar gemengde

mineralelek. Aanbevole inname: 120 g -

240 g/bees/dag.

Klaar gemengde mineralelek. Aanbevole

inname: 110 g - 240 g/bees/dag.

Minerale-lekkonsentraat. Meng met gelyke

dele sout om ’n P6-lek te gee. Aanbevole

inname: 110 g - 240 g/bees/dag.

Fosfaatblok gereed om te voer. Verwagte

inname: 110 g - 240 g/bees/dag.

Meng 50 kg Rumevite 12P met 50 kg

sout en met 50 kg Voermol Super 18.

Hierdie mengsel is ’n smaaklike lek wat

goeie resultate gee, veral waar lekinname

op P6-lekke laag is. Aanbevole inname:

120 g - 240 g/bees/dag.

Energie en mineraal-aanvullings

Groei kan verder verhoog word deur ‘n energie-aanvulling. Die

volgende produkte kan hier oorweeg word. Dit is egter belangrik

dat die produkte slegs oorweeg word as aanvulling tot voldoende

goeie kwaliteit groen weiding.

Voermol

Energieblok

V11456

Voermol

Molovite

V10264

Energie en minerale-aanvulling met 20% proteïen

vir diere op groenweiding. Geen vermenging is

nodig nie. Aanbevole inname: 1 000 g - 1 200 g/

bees/dag.

Blok; gebruik as energie en minerale-aanvulling

vir diere op groenweiding. Aanbevole inname:

1 400 g - 2 000 g/bees/dag.

Energie en minerale-aanvulling vir diere op top

kwaliteit groenweiding. Geen vermenging is nodig

nie. Aanbevole inname: 1 000 g - 1 200 g/bees/dag.

Vir navrae, skakel Ulrich Müller van

Voermol Voere by 083 414 5928.

Vir meer besonderhede kontak jou naaste Voermol agent of Voermol se

hoofkantoor by (032) 439-5599 of e-pos info@voermol.co.za

20

internet

www.senwes.co.za

Katvoet loop vir

goedkoop

brandstof

Produsente se brandstofverbruik is geweldig hoog en

met brandstofpryse wat aan die toeneem is, is sommige

produsente bereid om tot uiterstes te gaan om kostes

te bespaar. Die kanse dat goedkoper brandstof nie op die

standaard is wat dit moet wees nie, is egter baie goed en

produsente moet katvoet loop om seker te maak dat hulle nie

’n rat voor die oë gedraai word nie.

Die hoeveelheid insidente waar brandstof gesteel word, is

aan die toeneem. Hierdie gesteelde diesel word weer in die

sisteem ingewerk deur dit teen ’n goedkoper prys te verkoop.

Die brandstof wat op ’n oneerlike wyse bekom word, word

gewoonlik in houers gestoor wat verweer is deur die gebruik

van ander vloeistowwe. Hierdie vloeistowwe meng met die

brandstof en kan verwoestend wees vir gewone enjins. Daar

is ook gevalle waar die diesel opsetlik vermeng word met

goedkoper vloeistowwe, soos geïllumineerde paraffi en – wat

jou inspuitingsisteem beskadig.

Volgens Lourens Swanepoel (nasorgbestuurder: ELB) is

die skade wat goedkoop brandstof aan trekkers aanrig, selfs

groter as die skade vir kommersiële voertuie.

Gesteelde of onderpresterende diesel en petrol vind dikwels

hul pad na vulstasies wat nie deur ’n erkende handelsmerk,

soos BP, Engen, Shell en Sasol, ondersteun word nie. Hierdie

maatskappye het streng kwaliteitskontroles wat nie petrol of

diesel wat jou enjin kan beskadig, deurlaat nie. S

Wees op die uitkyk vir die volgende

uitgawe van die Senwester, waarin ’n

artikel sal verskyn wat onder andere

sal kyk na hoe jy jou brandstof op

jou plaas kan bestuur om die beste

waarde vir jou geld te kry.
Brandstofbesparing

nie net leë woorde by John Deere

John Deere se 7030-reeks is

vroeg vanjaar bekend ge stel,

met die belofte aan produsente

dat dit as die beste in sy klas

beskou word wat brandstof verbruik

betref. Hierdie trekker doen

verseker sy belofte gestand.

Frikkie Kirsten, ’n Senwes-klant

wat op die plaas Dowwespruit in

die Makwassie-omgewing boer,

het sy 30-reeks John Deere-trekkers

getoets teen die 20-reeks.

“Ons het albei trekkers oor twee

dae van sesuur die oggend tot

ses uur die aand laat werk. Teen

die einde van die dag, het ons ’n

28ℓ tot 31ℓ besparing op die 30reeks

aangeteken,” het Frikkie

bevind.

As ’n mens op ’n minder wetenskaplike

manier daarna wil kyk,

was Frikkie se bevinding dat die

20-reeks se brandstoftenk teen die

einde van die dag leeg was, waar

die 30-reeks se naald net onder

half gelê het.

Dit is dus nie net mooi kooppraatjies

wat John Deere se 7030reeks

so gewild maak nie, maar

wel die 6,8 liter enjin wat op ’n

noe menswaardige brandstof bespa

ring kan aanspraak maak, terwyl

dit meer kilowatt uitskop.

Die reeks spog ook met meer

krag en ’n beter verkoelingsisteem,

met groter wringkrag en vinniger

reaksies. As jy dus op soek is

na ’n trekker wat waarde vir jou

geld bied, kan jy dié een beslis

oorweeg. S

• Gesels vandag nog met Willie

Dietrechsen (bemarkingsbe stuurder:

John Deere) by (018) 464-

7216 vir meer inligting oor die

7030-reeks trekkers.

landbou in praktyk

Elmarie El i Cronje C j

John Deere se 7030-reeks word as die beste in sy klas beskou in terme van brandstofverbruik.
22

Mariana Purnell

Die verbouing en hantering van landbouprodukte moet

vol doen aan vereistes soos neergelê in verskeie wette*

wat die graderingsregulasies en leweringstandaarde van

die onderskeie grane, asook die teenwoordigheid van giftige

plantsade en die maksimum vlakke van plaagdoder-residue in

voedsel beskryf. Vir die beroking van graanprodukte word ook

riglyne voorgeskryf.

Nuwe Voedselveiligheidswetgewing (2005) vereis dat alle

voedselhanteerders in die voedselwaardeketting, soos Senwes,

aan minimum voedselveiligheidstandaarde voldoen. Dit sluit in

aspekte soos die ontvangs van landbouprodukte wat moontlik

met sekere onkruiddoders, insekdoders, bemestingstowwe en

verskeie ander landbou-chemikalieë behandel mag wees. Dit

behels ook die versekering dat toegelate residu-vlakke van die

relevante produkte wat in die produk teenwoordig mag wees,

nie oorskry word nie en dat slegs geregistreerde middels toegedien

is.

Om te voldoen aan hierdie wetlike vereistes het Senwes die

afgelope seisoen versoek dat produsente ’n verklaring van nakoming

indien ten opsigte van chemiese bespuiting alvorens

enige graan by ‘n silo gelewer word. Hierdie verklaring word

Senwester, Oktober 2007

internet

www.senwes.co.za

Chemiese verklarings

word beproef

Die produsent se onderneming:

“Ek bevestig hiermee dat graan deur

my gelewer, met geen chemiese

middels wat ’n gevaar vir menslike en

dierlike gebruik inhou, behandel is nie

en dat die bespuiting aan alle wetlike

vereistes voldoen”.

landbou in praktyk

ook vervat op die graanleweringstrokies waar die produsent

bevestig dat hy die voorskrifte nagekom het en nie onwettige

middels en/of teen foutiewe dosisse of op verkeerde tye van die

wettige middels toegedien het nie.

Landbouchemiese middels op mielies getoets

Senwes, wat as koper ter enige tyd volgens sy diskresie geregtig

is om ondersoek te doen met betrekking tot die nakoming van

hierdie vereistes, het by verskeie silo’s monsters getrek vir

ontleding, veral in gevalle waar onbekende, skerp reuke op die

produk voorgekom het.

Alhoewel daar etlike monsters getoets was, is geen middels

met organofosfate, triofosfate en karbamate bespeur nie en is

die besendings dus aanvaar. Dit is dus ‘n riem onder die hart dat

Senwes op sy kliënte se integriteit kan staatmaak. Senwes sal

egter in die toekoms deurgaans hierdie metode toepas om aan

die Voedselveiligheidswetgewing te voldoen en die verbruiker

se veiligheid te verseker.

Naspeurbaarheid op die plaas

Dit is dus uiters belangrik dat die produsent:

• let op die etiketvoorskrifte rakende registrasie van middels vir

spesifi eke gewasse om ’n bepaalde onkruid, swam of plaag

te beheer;

• noukeurige rekords op plaasvlak hou;

• die lotnommer en die vervaardigingsdatum van die houers

bewaar;

• die invloed van tipe spuitpunte, tyd van toediening, spuit lewering,

gebruiksbeperkings, mengbaarheid met ander produkte

en algemene veiligheidsmaatreëls in ag neem;

• altyd daarop aandring dat alle aanbevelings op skrif gestel

word; en

• uitvind of die agent of verteenwoordiger wat aanbevelings

maak aan die nodige vereistes voldoen, soos deur ACDASA

(Agricultural Chemical Distribution Association of South Africa)

voorgeskryf word.

* Wette ten opsigte van die verbouing en hantering

van landbouprodukte

- Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Ontsmet

tings middels, 1972 (Wet no 54 van 1972).

- Wet op Landbouprodukstandaarde, 1990 (Wet no 119 van

1990).

- Wet op Landboumiddels (Wet 36 van 1947). S

Mariana Purnell is die bestuurder van Graan Spesialiteitsprodukte

by Senwes. Vir meer inligting, skakel haar by (018) 464-7271 of

e-pos mariana.purnell@senwes.co.za.
Livhu Ngwekhulu

Beef cattle production, like any other

business, relies on increased profits.

This can be achieved by minimising

costs, increasing production while keeping

other factors low, higher beef prices

and breeding cattle that are adapted to

the environment, to name but a few.

Controlled breeding can help improve many of these factors.

Under controlled breeding, the producer decides

on the time and period to run bulls with the cows instead

of running the bulls with the cows all year round (uncontrolled

breeding season).

Uncontrolled breeding season

This practice results in calving distributed throughout the year

and through a range of environmental conditions. Cows that

calve outside the best time of the year will struggle to raise a calf

and get back in condition. Producers who use this method, like

the fact that there will be calves to sell all year round, thereby

taking advantage of the high beef price during the December

period, as the price cycle shows (see fi gure 1). However, the

feeding and veterinary costs of raising such calves can be very

Why a breeding season for

beef animals?

internet

www.senwes.co.za

high. It must be remembered that for a beef producer to be profitable,

he must constantly try to keep production costs of his

enterprise as low as possible.

Figure 1: Monthly weaner price fl fluctuations uctuations (1997 - 2001). 2001) It can be

seen from the graph that beef prices peak during December month,

mainly due to high demand during the Christmas season.

Controlled breeding season

The best way to reduce the costs of production is to match

the cow/calf production cycle with the quality and availability of
forage, “synchronising with nature”, just like antelopes do.

Cost effective management will ensure that high quality

and quantity of forage supply coincide with the dropping

of a calf through to weaning, thus keeping your cows’ condition

and minimising supplementary feeding costs.

Advantages of controlled breeding season

Uniform calf crop

• This eases management procedures like castration,

dehorning, nutrition, vaccination, weaning and marketing,

as the calves will be almost the same age.

• A uniform calf crop will also allow you to manage your

heifers well so that the highest percentage obtains suffi

cient weight and development to be mated at the right

time.

• Sexual rest, taking the bull away from cows will afford

the cow herd time for treatment of venereal diseases.

Problem identifi cation

• Cattle can be closely related for calving diffi culty and

helped in time before the calf or the mother is lost.

• Cows with reproductive problems, like failure to conceive,

can be identifi ed and culled. An open cow will

consume feed continuously while returning no revenue

for a year. If not identifi ed, with the increasing costs of

keeping animals which rise annually, this can not be

afforded.

When does the breeding season start?

Interestingly, one thing that should be remembered is

the longer the breeding season, the less the uniformity

in the calf crop. Calves that are born late in the calving

season will not attain good weight when they are weaned

and hence this means a lower income. The earlier they

are born, the heavier they will be (refer to Table 1). In the

Senwes service area, the right time would be at the beginning

of December. By this time cows that calved in spring

already had about three months rest for their reproductive

system to recover suffi ciently.

Conclusion

A balance should be struck between beef profi t and what

the farm can offer naturally, with costs from the producer.

Beef prices do indeed peak during December, but is it economical

to breed all year round so that you can sell when

the price is high? With the rising costs of raising weaners,

this practice does not always prove economical.

It is highly benefi cial to have a specifi c breeding season

that you can adhere to, to reduce stress on animals by

handling them constantly for vaccinations, dehorning and

branding. The higher the number of cows that calf early

during the breeding season, the higher the kilograms of

weaner beef you will be able to sell the following year. S

Livhu Ngwekhulu is a livestock specialist. For more information,

contact Livhu at Senwes Developing Agriculture on (018)

464-7720 or 083 278 7742.

25

agriculture in practice

Table 1: Weaner values at different weaning weights (Milton, 2003).

Period of

birth (days)

Weaning weight (kg)

when oldest is 7 months

R/kg

Value of weaner

in rand

0 - 20 240 12,0 2 880

21 - 41 219 12,0 2 628

42 - 62 198 12,0 2 376

63 - 83 177 12,4 2 194

84 - 105 156 12,7 1 981
26

Thys Grobbelaar

VSA mieliesituasie

belangrik vir plaaslike produsent

Die Amerikaanse oes speel ’n groot rol in die Suid-Afrikaanse

mielieprysvormingsproses. Die Suid-Afrikaanse mielieprys vorm op ’n vlak tussen

die berekende in- en uitvoerpariteit van mielies. In die berekeninge word die

internasionale prys gebruik, wat gewoonlik die Amerikaanse prys is. ’n Hoër of laer

Amerikaanse mielieprys het ’n hoër of laer in- of uitvoerpariteitsprys tot gevolg.

Figuur 1: Die produksie, verbruik en oordrag as % van verbruik (uitvoere

uitgesluit) van mielies in die VSA.

Figuur 2: Die beraamde verbruik van mielies vir etanolproduksie in

die VSA.

Figuur 3: Die oppervlakte onder mielies in die VSA asook die gemiddelde

opbrengs per seisoen.

Senwester, Oktober 2007

internet

www.senwes.co.za

In die onlangse verlede was die verskil tussen die berekende

in- en uitvoerpariteit ongeveer R800/ton. Tans is dit ongeveer

R1 200/ton, aangesien daar ’n $40/ton premie op witmielies

in die VSA is. Die berekende invoerpariteit vir mielies gelewer

by Randfontein is ongeveer R2 100/ton, terwyl die uitvoerpariteit

ongeveer R900/ton is. Die potensiële prysbeweging van Suid-

Afrikaanse mielies is dus R1 200/ton, wat ’n wesenlike effek op

die produsent se winsgewendheid kan hê.

Soos algemeen bekend het die vraag en aanbod van enige

kommoditeit ’n wesenlike effek op die prys daarvan. Die mark kyk

veral na wat die berekende oordragvoorraad van die kommoditeit

as persentasie van die verbruik van die kommoditeit is. Sou die

persentasie laer as 15% daal, het dit gewoonlik tot gevolg dat

die kommoditeit se prys skerp begin styg. Dit beteken dat die

land slegs ’n maand en ’n half se oordragvoorraad het. Dit is ook

gewoonlik die tyd wat dit neem om ’n kommoditeit in te voer. Die

mark raak dan redelik onrustig en volatiele kommoditeitspryse

is die gevolg.

Eerstens kyk ons wat die situasie in die VSA is ten opsigte

van hul berekende oordragvoorraad van hulle mielies.

Die berekende oordragvoorraad van mielies in die VSA vir

die 2007/2008-bemarkingsjaar is 38,5 miljoen ton, wat slegs

14,3% van hul verbruik is. Volgens Fimat gaan die volgende

bemarkingsjaar se oordragvoorraad nog kleiner wees, naamlik

25,7 miljoen ton, oftewel 8% van hul verbruik. Nieteenstaande

die drastiese uitbreiding in oppervlakte en hoë opbrengs wat
landbou in praktyk

verwag word, bly die berekende oordragvoorraad laag in die

VSA. Dit stut die prys van die kommoditeit baie.

Uit Figuur 2 kan afgelei word wat die berekende verbruik

van mielies vir etanolproduksie in die VSA is. Teen die

bemarkingseisoen 2008/2009, gaan hulle reeds 120 miljoen

ton mielies vir etanolproduksie gebruik. Dit het tot gevolg dat

die Amerikaners se oordragvoorraad bly krimp, nieteenstaande

die drastiese uitbreiding in oppervlakte en baie hoë opbrengste

wat realiseer. Hulle verwag tans ’n gemiddelde opbrengs van

152,8 boesels/akker, wat 9,6 ton/ha in ons terme is.

Figuur 3 dui die oppervlakte in akker aan wat die Amerika ners

onder mielies verbou. Dit is duidelik dat hulle die oppervlakte

drasties uitgebrei het. So het hulle hierdie bemarkingseisoen

die grootste oppervlakte mielies sedert 1944 aangeplant.

Hulle kan in die stadium nie wesenlik verder uitbrei nie. Hul

opbrengste styg steeds soos nuwe tegnologie en genetiese

materiaal ontwikkel en aangewend word.

Opsomming en gevolgtrekking

Die Amerikaners se mieliebedryf neem elke jaar toe in omvang.

Veral ten opsigte van opbrengste wat behaal word, is daar

groot vordering. Hulle oordragvoorraad bly onder druk, omdat

hulle verbruik van mielies vir etanolproduksie drasties toeneem.

Dit het tot gevolg dat die Amerikaanse mielieprys op redelike

hoë vlakke sal bly. Volgens hulle behoort hul mielieprys bo $3/

boesels te bly vir die afsienbare tyd.

Die Suid-Afrikaanse produsent moet onthou dat hoewel

die berekende in- en uitvoerpariteitsyfers redelik gestyg het,

Suid-Afrika se berekende oordragvoorraad gaan bepaal of ons

mie lieprys by in- of uitvoerpariteit gaan vorm en daar is tans ’n

R1 200/ton verskil. Ons moet steeds waak teen oorproduk sie. S

Thys Grobbelaar is ’n graananalis by Senwes Graan. Vir verdere

inligting, skakel hom by (018) 464-7385 of e-pos thys.grobbelaar@

senwes.co.za.

27