02.05.2013 Views

RIGLYNE VIR DIE EKSTERNE MODERERING VAN UITTREEVLAK ...

RIGLYNE VIR DIE EKSTERNE MODERERING VAN UITTREEVLAK ...

RIGLYNE VIR DIE EKSTERNE MODERERING VAN UITTREEVLAK ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

RIGLYNE VIR DIE EKSTERNE MODERERING VAN UITTREEVLAK-

MODULES

1 Uitgangspunt

KONSEPPROSESDOKUMENT (LOODSFASE: 2e semester 2008, 1e eksamengeleentheid,)

Fakulteite gee hiermee uitvoering aan die UBK-besluit (2 September 2008) dat eksterne moderering van

uittreevlakmodules gedurende 2008 (2e semester, eerste eksamengeleentheid) op loodsbasis geïmplementeer

word.

2 Vereistes gestel t.o.v die benoeming van eksterne moderatore

'n Eksterne moderator (van buite NWU) moet 'n senior akademikus wees, dit wil sê minstens 'n senior lektor

met 'n toepaslike PhD-graad óf 'n persoon uit die openbare sektor / privaatsektor / industrie, met 'n

toepaslike kwalifikasie.

Moderatore moet Afrikaans minstens goed kan lees en verstaan. Met die oog op die moontlike

teenwoordigheid van die moderator op kampus vir modereringsdoeleindes, behoort die eksterne moderator

aan ʼn nabygeleë universiteit/instansie verbonde te wees.

3 Prosedures vir die aanwys van eksterne moderatore

Direkteure lê 'n lys aan die Dekaan / Dagbestuur voor van geskikte eksterne moderatore wat reeds bevestig

het dat hul bereid is om 'n uittreevlakmodule/s te modereer. Hierdie naamlys moet die posadres, e-posadres

en telefoonnommer(s) van die betrokke eksterne moderatore bevat.

Vir elke module wat gemodereer moet word, moet Direkteure een maand voor die aanvang van die eksamen

(vir die tweede semester 2008, beteken dit einde September) die volgende inligting / dokumentasie aan

eksterne moderatore beskikbaar stel:

'n lys van die modules wat gemodereer moet word met 'n kort beskrywing van die inhoud van elkeen

en/of 'n uittreksel uit die jaarboek van programdetail ter kontekstualisering van betrokke uittreevlakmodule(s);

Studiegids vir betrokke module(s)

Ondersteunende studiemateriaal waar nodig (bv. naam van voorgeskrewe handboek; CD/DVD;

ens.)

'n kopie van die eksamenvraestel waarop die name van die interne eksaminator(e) en moderator(e)

uitgevee is; (risiko rondom die uitstuur van vraestel moet bestuur word)

volledige besonderhede van wat van die modereringsproses verwag word;

die datum waarop die eksaminering sal plaasvind en die datum waarop die verslag oor die

eksaminering ingedien behoort te wees.

Skooldirekteure reël die skriftelike benoeming van die moderatore en hierdie materiaal word (slegs harde

kopie per koerier) daarna vanuit die Skooldirekteur se kantoor voor 26 September 2008 aan die moderator

versend.

4 Die modereringsproses

Eksterne moderering geskied vir die eerste eksamengeleentheid van die uittreevlakmodules. Hierdie reëling

geld uittreevlakmodules op voorgraadse en honneursvlak.

Die modereringsproses kan op een van twee wyses plaasvind, naamlik op die kampus of van die

kampus af. Moderering op die kampus blyk tans die mees funksionele en aangewese opsie te wees indien

enigsins moontlik.

Eksterne moderatore kom doen die moderering verkieslik in een dag op die kampus. Skooldirekteure

hanteer die skakeling met die moderatore en sien toe dat eksamenskrifte binne vyf dae na afloop van die

eksamen klaar intern nagesien is.

• Op kampus:

binne ses dae (Sondag uitgesluit) na afloop van die eksamen intern klaar nagesien, plus een dag dan vir

eksterne moderering = sewe dae;

• Afkampus:

binne vier dae (Sondag uitgesluit) na afloop van die eksamen intern klaar nagesien, plus drie dae dan vir

eksterne moderering = sewe dae.

In gevalle waar vraestelle nie op kampus gemodereer kan word nie en wel gekoerier word, geld bg aantal

dae vir eksterne moderering vanaf datum van aflewering.

• Opmerking:

Indien werklik nodig kan daar moontlik na agt dae beweeg word. Tydens die proses op kampus word die

volgende aan eksterne moderatore beskikbaar gestel:

o die antwoordstelle van al die kandidate wat die eksamen in die uittreevlakmodule geskryf het asook

vraestel met memorandum;

o 'n puntestaat met die volgende gegewens; name van studente, deelname--, eksamen- en finale

punte plus gemiddelde punt behaal in die module, getal kandidate wat sak, en getal wat met

onderskeiding slaag.

Eksamenuitslae word nie bekend gemaak alvorens die eksterne moderering afgehandel is nie.

5 Riglyne / voorskrifte aan eksterne moderatore

5.1 Die eksamenvraestelle

Van die moderator word verwag om:

• kommentaar te lewer in hoeverre die vraestel(le) 'n billike, regverdige, verteenwoordigende en

voldoende toets is van die leerinhoude van die module;

• te bepaal of die eksamenvrae in ooreenstemming is met die gestelde uitkomste in die studiegids (en die

vlakbeskrywer);

• seker te maak dat die vraestelle van sodanige lengte is dat dit redelikerwys van kandidate verwag kan

word om die vraestelle in die toegelate tyd te voltooi;

• seker te maak dat die eksamenvrae duidelik en ondubbelsinnig is;

• seker te maak dat die eksamenvrae die vereiste standaard weerspieël;

• die puntewaarde van die eksamenvrae te beoordeel.

• skriftelik aan die skooldirekteur te bevestig ('n week na ontvangs van die dokumente – dus voor 6

Oktober vir die tweede semester 2008) dat die vraestel in orde is.

5.2 Die antwoordstelle

Van die moderator word verwag om:

• 'n steekproef van antwoordstelle (ten minste 10%) volledig na te sien;

• mbt die aantal eksamenskrifte wat gemodereer word: vir 20 skrifte en minder – almal te modereer; 21 en

meer - 10% te modereer; en alle onderskeidings-, druip- en grensgevalle (47 - 49%) – te modereer;

• te oordeel of die memorandum met die eksamenvrae en die sillabus korreleer;

• kommentaar te lewer of die nasien van die eksamenskrifte 'n weerspieëling is van regverdigheid,

noukeurigheid en konsekwentheid.

5.3 Moderatorsverslag

Die eksterne moderator moet 'n kort skriftelike verslag oor bogenoemde sake by die skooldirekteur indien en

moet ook in die verslag, waar nodig, voorstelle maak ter verbetering van onderrigleer en assessering in die

betrokke uittreevlakmodule. ʼn Verkorte moderatorsverslagvorm (opgestel deur AS) word aangeheg vir

moontlike gebruik.

5.4 Doeldatum

Al die dokumentasie wat aan die eksterne moderator voorsien is, tesame met sy verslag, moet binne 7 dae

na afloop van die eksamen aan die skooldirekteur terugbesorg word.

6 Verslag oor die eksterne moderering

Kopieë van die verslae van eksterne moderatore moet via die Skooldirekteure aan die Dekaan besorg word.

Waar nodig bespreek die Dekaan die verslae met die direkteur en nooi die direkteur om skriftelik

kommentaar op die verslae te lewer. Die evalueringsverslae en die kommentaar van die direkteur word

daarna aan die Fakulteitsbestuur voorgelê en vir kwaliteitsbestuurdoeleindes sentraal bewaar deur die

Fakulteitsbestuurder.

7 Honorarium

Vir hierdie loodsfase word alle eise vir eksterne moderering by die Viserektor (Akademiese) ingedien.

'n Vasgestelde honorarium word aan alle eksterne moderatore betaal en word hulle ook vergoed vir enige

reis- en verblyfuitgawes wat aangegaan is en soos vooraf ooreengekom.

Die volgende tariewe word vir die honorarium voorgestel:

7.1 Nasien en moderering: R100 basies plus R20 per antwoordskrif

7.2 Verblyftarief: R300 per dag ten minste

7.3 Reis-/Vervoertarief: 1100cc – 1400cc R2,05 /km

1500cc – 1700cc R2,47 /km

1800cc > R2,85 /km

8 Algemeen

In gevalle waar finale uitslae nie tydig bekend is voor die aanvang van die tweede eksamengeleentheid nie,

sal as oorgangsmaatreël besluit moet word dat student tweede geleentheid skryf en indien hy/sy wel eerste

geleentheid slaag, die tweede geleentheid se heffing aan die student terug betaal sal word (geen ander

uitgawes nie).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!