02.05.2013 Views

Preview - Laerskool Rooihuiskraal

Preview - Laerskool Rooihuiskraal

Preview - Laerskool Rooihuiskraal

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

A.1 DIE VISIE EN MISSIE VAN DIE LAERSKOOL ROOIHUISKRAAL

VISIE:

Om deur toegewyde kwaliteit Moedertaal onderrig leerders toe te rus om:

intellektueel, moreel, geestelik en fisies as selfgedissiplineerde, gebalanseerde

Rooimiere die volgende stap in hul ontwikkeling te kan aandurf;

as kreatiewe denkers met selfstandigheid en waagmoed verantwoordelike

burgers van Suid-Afrika te word.

MISSIE:

Ons strewe na ‘n Rooimier wat:

die Hemelse Vader (bo alles) ken en hoë Christelike – Nasionale waardes

handhaaf;

trots is op sy/haar skool met al sy tradisies en gebruike;

gebalanseerd betrokke is en tot sy potensiaal presteer;

‘n netjiese, gedissiplineerde en hoflike leerling wat verantwoordelik en

gemotiveerd is;

volkome toegerus word vir die lewe daar buite en die geweldige eise van die

toekoms;

Ons strewe na ‘n Personeellid wat:

gereeld die knie buig voor sy/haar Verlosser;

sy/haar Godgegewe talent en gawes aanwend in die strewe om ons doelwitte

te verwesenlik;

bereid is om die belange van leerlinge voor eie belang te stel;

kollegiale lojaliteit betoon;

tuis sal voel in ons span;

‘n lewenslange leerder sal wees.

Ons strewe na ‘n Ouer wat:

alles vir sy/haar kind se opvoeding offer en Christelike waardes hoog ag

gebalanseerd betrokke is by die skool en positief belangstel en ondersteun

‘n lojale en stewige vennoot sal wees

volle beheer en kontrole oor hulle kinders sal hê.

Ons strewe na ‘n Skool:

waarin elkeen ons missie onderskryf en tuis sal voel;

waarop elkeen wat daaraan verbonde is, met reg trots kan wees op ons

vooruitgang;

wat ‘n goeie lewensstandaard sal stel;

met sy eie besondere karakter, etos en tradisies.

A.2 SIMBOLE

WAPEN MET LEUSE LOGO BRIEFHOOF

Ons is die Laerskool Rooihuiskraal

Die Baken in die Suide

Uit ons jong harte straal

Daar liefde en trots

Vir ons skool Rooihuiskraal

Trots sal ons ons skool se naam uitbou

Aan God die eer gee Hom vertrou

Refrein:

Vas soos ‘n rots staan ons skool se leuse:

Kennis, Visie, Trots

Laat ons dit uitleef, ons skool se leuse:

Kennis, Visie, Trots

SKOOLLIED

h/v Panoramaen

Maraboeweg

Posbus 65

Rooihuiskraal

0154

Tel

Faks

Epos

Webbla

d

012 661 5568

012 661 0744

info@lsrhk.co.za

www.lsrhk.co.za

Leer ons nederig boontoe kyk

En God te dank vir ons vermoëns

Krag, moed en ywer vir ons werk

Ontvang ons daagliks van Bo

God gee ons die visie om te sien

Hoe ons ons Skepper reg kan dien

Refrein:

Vas soos ‘n rots staan ons skool se leuse:

Kennis, Visie, Trots

Laat ons dit uitleef, ons skool se leuse:

Kennis, Visie, Trots

A.3. ETOS VAN DIE LAERSKOOL ROOIHUISKRAAL

Die Laerskool Rooihuiskraal streef na die verwesenliking van die volgende

doelstellings:

1. Die handhawing, beskerming en bevordering van:

a. Christelike onderwys en om toe te sien dat die Woord van God as rigsnoer

dien om die Christelike waardes by ons kinders in te skerp;

b. Christelike waardes met die erkenning en beskerming van vryheid van

geloof, spraak en assosiasie;

c. Afrikaans as die amptelike voertaal en onderrigmedium;

d. Hoë onderrig – en akademiese standaarde;

e. Buitekurrikulêre aktiwiteite.

2. Die uitbouing en beskerming van:

a. die karakter en etos van die skool;

b. die Skoollied, die Skoolwapen en die Leuse van die Skool.

3. Die opvoeding van die leerlinge tot verantwoordelike burgerskap.

4. Personeelontwikkeling.

5. Die identifisering en ontwikkeling van leerlingleiers.

6. Die uitbreiding van ouervennootskap.

B. BELEIDE

B.1 INGEDEELDE KLASSE

Hiermee ‘n paar riglyne en wenke om ingedeelde leerlinge te hanteer:

Maak asseblief seker dat elke leerder wat by u ingedeel is by u AANMELD

en AFGEMERK word op die klaslys in u boek of lêer.

Leerlinge moet IN DIE INGEDEELDE KLAS BLY(Geen uitruilings mag plaasvind

nie). Leerlinge moet besig gehou word met opdragte en werkkaarte.

Indien die OPVOEDER BY WIE DIE LEERLINGE INGEDEEL IS, AFWESIG IS, gaan

daardie leerlinge na Mnr. Biewenga se klas. Hy sal hulle by sy klas hou of as

daar meer as een kollega afwesig is, sal hy hulle verder indeel.

Indien Mnr. Biewenga afwesig is, gaan die LEERLINGE na hulle graadvoog

vir indeling.

B.2 VOERTUIG BELEID

Alle rëelings vir die gebruik van Die Laerskool Rooihuiskraal se voertuie moet

deur Esdei Biewenga geskied.

Die voertuie is die eiendom van Laerskool Rooihuiskraal

Alle voertuie moet met sorg hanteer word. Die betrokke bestuurder wat

die voertuig bestuur is verantwoordelik vir die voertuig vir die tyd wat dit in

sy/haar sorg is.

Die bestuurder moet die verkeersreëls respekteer en die passasiers in die

voertuig is onder sy/haar sorg en beheer. Die bestuurder moet in besit

wees van ‘n geldige Openbare bestuurslisensie.

Geen passasier mag hom skuldig maak aan wangedrag in die voertuig

nie.

Enige gebreke en defekte wat opgedoen word tydens u rit moet so

spoedig moontlik aan Mnr. Biewenga gegee word. Indien van die

gebreke en defekte deur die bestuurder veroorsaak was sal die bestuurder

die koste dra.

As u ‘n voertuig wil gebruik moet u dit by Mnr. Biewenga in die

“Voertuigregister” bespreek asook die sleutels daarvan by hom kry.

Voertuie moet vroegtydig bespreek word. Die beskikbaarheid van die

voertuie sal toegestaan word indien dit noodsaaklik is. Die doeleindes van

die voertuie is om onderwysers en leerlinge te vervoer. Voertuie word nie

uitverhuur nie.

Voertuie moet te alle tye gesluit wees asook die ratslot moet gesluit wees

om die rathefboom.

Die ritboek moet volledig voltooi word na afloop van elke rit.

Die voertuie moet in die busloods geparkeer word met terugkoms. Sien toe

dat die voertuie skoon en netjies is. Alle vensters moet toe wees en al die

deure gesluit asook die ratslot gesluit wees. As die voertuig ‘n alarm het

moet dit geaktiveer wees. Die busloods moet gesluit wees (albei deure) en

die alarm moet geaktiveer word,

Die sleutel en ruitpapier moet na Mnr. Biewenga gebring word.

Rapporteer alle probleme en dui aan hoeveel brandstof in die voertuie is.

Die bestuurder neem volle verantwoordelikheid vir enige verkeersboetes

wat verkry word tydens haar/sy rit.

Verkeersboetes en skades/verliese sal op meriete/beleid deur die

Beheerliggaam gehanteer word.

B.3 EISEBELEID

Verwys na Beheerliggaam Eisebeleid

B.4 DISSIPLINE

4.1 Wat is dissipline?

Die woord dissipline asook die woord dissipel kom van die Latynse woord

discere wat “om te leer” beteken.

Dissipline beteken dus eintlik om te leer, op te lei, of af te rig.

Dit behels die vorming van die kind se karakter in sy totaliteit deur goeie

gedrag aan te moedig en onaanvaarbare gedrag reg te stel.

Dissipline is alles wat ‘n opvoeder vir die kind doen of sê om hom op die

pad na volwassenheid te begelei.

Soos ‘n goeie tuinier sy plante kunsmis en water gee, die grond om die

plant gereeld lospit sodat die wortels genoeg suurstof kry, die natuurlike

groei van lote en wilde lote terugsnoei, sodat die plant op sy mooiste kan

blom en vrug dra, so is dissipline daarop gerig om die kind ten beste vir die

lewe voor te berei. Straf is maar net ‘n tydelike deel van dissipline: ‘n

korttermynreël om die kind van verkeerde optrede te weerhou.

Om te dissiplineer beteken om op te voed.

4.2 Dissipline – enkele uitsprake:

Toe Solly Ozrovech gevra is wat hy van toenemende jeugmisdaad dink,

was sy antwoord: “Dit kan ongetwyfeld teruggevoer word na ‘n gebrek aan

dissipline – die fyn ratwerk wat ons beskawing aanmekaar hou, die

behoudende onderbou van ons samelewing.”

Die digter D.J. Opperman sê tereg: “Ons stry om gister heel te maak; ons

môre lê onbewaak.”

Geen volwassene kan ‘n kind se “maat” wees nie [‘n oppervlakkige en

onwaardige strewe om by ‘n kind populêr te wees]. Hy kan in elk geval nie

met die kind se maats meeding nie.

Spr. 1:2 – 4. Die doel van dissipline is “om mense wysheid te leer en hulle te

onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat. So sal

hulle ‘n behoorlike opvoeding ontvang en ‘n sin vir regverdigheid, reg en

billikheid leer.” Dissipline moet daarop gerig wees om die hart van die kind

te verander – nie om van hom iets te maak wat hy nie is of kan wees nie,

maar om hom ‘n waardestelsel te leer, om hom wysheid te leer.

Spr. 22:6. “Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook

as hy oud is nie daarvan afwyk nie.” – Dit impliseer dat ons grense moet stel

wat realisties en duidelik is.

B.4 DOELWIT

Om die leerders tot verantwoordelike, selfstandige besluitneming op te

voed. In hierdie proses moet die ouerhuis en skool dinamies saamwerk.

Om ‘n sterk pligsbesef by die leerders te kweek en aan te moedig,

aangesien daar ‘n baie nou verband tussen swak pligsbesef,

onaanvaarbare gedrag en swak vordering op skool is.

Hierdie stelsel word, met inagneming van die skool en gemeenskap se

behoeftes, geïmplementeer. Die primêre doel is om in ‘n gees van

samewerking tussen onderwysers, leerders en ouers, ‘n skoolomgewing te

skep waarbinne gesonde dissipline en gesag kan seëvier.

B.5 PRAKTIESE SKOOLREËLS

Praktiese skoolreëls is ingestel waaraan die leerders moet voldoen en om die

dag tot dag aktiwiteite van die leerders te rig binne die vereistes van

gehoorsaamheid. As almal (personeel, leerders en ouers) saamwerk, sal daar

‘n trots en respek vir almal by die skool gekweek word. (Sekere van die reëls is

ook van toepassing op die personeel van die skool.):

5.1 Afwesigheid:

Leerders mag slegs weens siekte of om ‘n ander goeie rede van skool

afwesig wees.

‘n Leerder wat afwesig was, moet op die eerste dag wat hy/sy weer die

skool besoek ‘n brief van sy/haar ouers bring waar ‘n rede van afwesigheid

aangedui word.

Indien ‘n leerder langer as 2 dae afwesig is, moet ‘n doktersertifikaat

voorgelê word. Geen leerder mag ‘n ouer of iemand anders skakel om

hom/haar gedurende skooltyd te kom haal alvorens die nodige

toestemming vooraf van die kantoor verkry is nie. In bogenoemde geval

moet die ouers persoonlik die leerder by die skool kom haal en by die

kantoor kom uitteken.

Leerders wat afwesig is tydens ‘n toets of eksamen moet ‘n mediese

sertifikaat inhandig, anders kry hy/sy nul vir die toets of eksamen.

Ongereelde skoolbesoek steur die leerder in sy vordering en lei tot laksheid,

gebrek aan belangstelling en uiteindelik tot onkunde, onbevoegdheid en

selfdissipline probleme. Net soos elke volwasse persoon ‘n werk het en

daarna streef om dit goed te doen, so moet elke leerder skoolgaan as sy

daaglikse werk beskou en dit goed doen.

5.2 Fietse:

FIETSE MOET BY DIE SKOLIERPATROLLIE OOR DIE PAD BEWEEG.

Fietsryers moet die reëls van die skolierpatrollie gehoorsaam.

Geen fietsryer mag op sy fiets ry nie, ingesluit; nie op die fietspedale staan

nie, as die straat oor beweeg word.

GEEN LEERDER MAG OP DIE SKOOLTERREIN MET ‘N FIETS RY NIE.

Fietse moet in die fietsloods geplaas word.

5.3 Gedrag van leerders teenoor opvoeders:

Opvoeders moet beskou word as leermeesters en raadgewers, mense wat

altyd bereid sal wees om ons leiding te gee.

Hulle is ook die persone wat elke kind se vordering op elke terrein van ons

skoollewe fyn dophou.

Van leerders word verwag om hoflik en vriendelik te wees teenoor hulle

opvoeders , hulle regte as opvoeders in ag neem en hulle behoorlik te

groet.

Van leerders word verwag om gehoorsaam te wees en daaglikse

opdragte en huiswerk na die beste van hulle vermoë uit te voer.

5.4 Gedrag van ons leerders teenoor ander leerders:

Almal kry die geleentheid om die senior leerders van ons skool te word.

Van die juniors word verwag om die senior leerders die nodige respek en

eerbied te toon wat hulle waardig is.

Ons sien na ons seniors op om orde, gees in tradisies van ons skool na te

kom en nie afknouerig teenoor die junior leerders wees nie.

Van alle leerders word verwag om mekaar onderling te steun en aan te

moedig op verskillende terreine van die skoollewe.

Leerders moet vriendelik en beleefd teenoor mekaar wees en elkeen se

regte respekteer.

5.5 Grimering en juwele:

5.5.1 Grimering:

GEEN “lipgloss”, maskara, oogomlyner, wangblos, onderlaag, medisinale

room (toelaatbaar as mediese brief sê) of enige ander grimering word

toegelaat nie. Naels mag nie naellak aan hê nie. Die reël geld by alle

skooldrag.

5.5.2 Juwele:

Dogters: ( Slegs die volgende juwele word toegelaat)

Oorbelle: Klein ronde, goue of silwer oorbelletjies/oorkrabbertjies,

“knoppies” of klein ringetjies. Slegs een oorbel per oor.

Seëlringe: Klein goue of silwer seëlringe. Geen armbande.

Seuns:

Geen oorbelle, armbande en kettinkies word tydens en na skoolure met

skool- of sportdrag toegelaat nie.

5.6 Handboeke en werkboeke:

Leerders moet alle handboeke/werkboeke wat aan hulle uitgereik word

van ‘n goeie oortreksel voorsien en oppas.

As hy/sy ‘n boek verlore laat raak, moet hy/sy die vervangingskoste by die

finansiële beampte inbetaal en die kwitansie vir die leerarea onderwyser

gee.

5.7 Hare:

Hare moet ten alle tye netjies wees.

Seuns:

Hare moet kort en netjies wees.

Dit mag nie oor die ore hang nie en die kuif mag nie in die oë hang nie.

Geen “step” haarstyl word toegelaat nie.

Geen vorm van haarverkleuring word toegelaat nie, dit sluit ook sonstrepe

(“highlights”) in.

Daar sal ook nie toegelaat word dat seuns haarpommades (“mousse” en

“gel”) gebruik om die nat voorkoms haarstyl te skep nie.

Geen permanente golwing word toegelaat nie.

Dogters:

Kort hare: Indien kuif lank is, mag dit nie in die oë hang nie – steek weg

met knippies.

Lang hare: Moet netjies vasgemaak of gevleg wees. As die hare aan die

hemp se kraag raak, moet dit vasgemaak word. Haarlinte, knippies en

haarbolletjies moet wit of rooi wees. Indien kuif lank is, mag dit nie in die

oë hang nie – steek weg met knippies.

Gee vorm van haarverkleuring word toegelaat nie, dit sluit sonstrepe

(“highlights”) in. Daar word ook nie enige haarpommades (“mousse” en

“gel”) toegelaat nie.

Geen permanente haargolwing word toegelaat nie.

5.7 Huiswerk:

Gr R-3

Huiswerk in die grondslagfase word per voorgeskrewe huiswerkbrief

uiteengesit. Die klem is altyd op lees.

Gr 4-7

Huiswerk is ‘n verlengstuk en aanvulling van klaswerk wat buite die

klaskamer deur die leerder self voltooi en/of geleer moet word. Die doel

met die huiswerk is dat die leerder die geleentheid kry om dit wat geleer,

bemeester of verwerk moet word en waaraan reeds onder toesig in die

klaskamer geoefen is as klaswerk, op eie verantwoordelikheid deur

selfstandige inspanning verder in te oefen.

Verder is die doelstellings met huiswerk:

die opvoeding tot selfstandigheid en verantwoordelikheid;

die bevordering van selfstandige studiegewoontes;

selfdissipline ten opsigte van vryetydsbesteding;

om aan leerders die geleentheid te gee om self en onder eie

omstandighede die skoolwerk aan te durf;

om die geleentheid te bied vir die selfstandige verwerwing van kennis

en die bemeestering van vaardighede.

5.8 Hoe ouers behulpsaam kan wees:

Waar moontlik, behoort ‘n stil, geskikte plek in die huis afgesonder te word

waar u kind ongesteurd huiswerk kan doen.

Ouers moet, in samewerking met die kind, ‘n huiswerkrooster opstel wat

vasgestelde huiswerktye bevat, waarvan nie afgewyk moet word nie. Dit

sal verseker dat u kind die goeie gewoonte van gereelde werk aanleer en

ook vrye tyd sal hê vir ontspanning.

Dit moet duidelik gestel word dat die huiswerk nutteloos is indien die ouers

die kind se werk vir hom doen. Doeltreffende hulp en motivering is egter

noodsaaklik by suksesvolle doen van huiswerk.

Huiswerk is nie beperk tot skriftelike werk alleen nie – dit is veel meer: dit

behels ook studie – en leerwerk. Huiswerk moet in drie rondtes gedoen

word, nl.; skriftelike werk; die leerwerk [teorie] van die dag se leerareas en

vroegtydige voorbereiding vir naderende toetse/eksamens.

Ouers moet gereeld let op hul kind se punte/vordering.

Ouers moet gereeld insae in hul kind se huiswerkboek hê om te verseker

dat huiswerkopdragte daarin aangeteken is en of dit uitgevoer is.

Leerders in die verskillende grade gehoort gemiddeld die volgende tye

aan huiswerk te bestee:

Gr 1-2: 20 min

Gr 3: 45 min (20 min lees ingesluit)

Gr 4 en 5: Een uur.

Gr 6 en 7: Een tot een en ‘n half uur.

5.9 Huiswerkboekie:

Intersenfase:

Elke leerder moet ‘n huiswerkboekie hê. Huiswerk moet elke dag opgeskryf

word. Merk elke opdrag sistematies af wat tuis voltooi is, om te kontroleer of

alle huiswerk gedoen is. OUERS MOET DAAGLIKS HUISWERKBOEKIES EN

OMSENDBRIEWE KONTROLEER!

5.10 Kougom:

Geen kougom word op die skoolterrein toegelaat nie. Geen kougom mag

gekou word terwyl die leerder in skooldrag geklee is nie.

5.11 Laat kom:

Leerders moet betyds by die skool en klas wees. Tydens saal byeenkomste

moet die laatkommers by die saal aansluit.

5.12 Oortredings wat glad nie geduld word nie:

Swak taalgebruik, baklei, lelike gesprekke, swak gedrag, stokkiesdraai,

kwaadpraat van medeleerders, afskryf van huiswerk, slordige werk, laks

houding, kougom, steel, spoeg en onhoflike optrede sal nie geduld word nie.

5.13 Opening van skool:

Die skool begin om dwarsdeur die jaar om 07:30. Die Grondslagfase tree voor

hul klasse aan. Die Intermediêre – en Senior Fase tree eers op die aantree

blad aan.

5.14 Optrede in die openbaar:

Leerder se optrede in die openbaar moet onberispelik wees hetsy by ‘n

skoolaktiwiteit, tuis of elders. Ons word aan ons skooldrag geken en elke

leerder is in skooldrag ‘n advertensie van die skool en moet die skool se naam

hoog hou. Wees hoflik en vriendelik teenoor almal. Groet beleef, wees

nederig en op jou plek. Sorg dat daar net met lof van ons gedrag, optrede

en kleredrag gepraat word. Indien ‘n leerder hom nie in die openbaar kan

gedra nie is dit jou plig om hom dadelik te berispe en indien nodig, te

rapporteer.

5.15 Selfone:

Selfone is net in noodgevalle toelaatbaar by die skool, (die skool neem nie

verantwoordelikheid vir ‘n selfoon as dit weg/gesteel raak), maar moet

gedurende die skooldag AFGESKAKEL en nie sigbaar/weggepak wees.

5.16 Radio’s, kassetspelers, CD – spelers, I-Pods en skaatsplanke:

Geen een van die apparaat is toelaatbaar by die skool nie. As een van die

by ‘n leerder gekry word moet die onderwyser dit konfiskeer. Die leerder kan

aan die einde van die dag dit by die onderwyser kry.

5.17 Verslae:

Daar word na elke kwartaal se werksaamhede ‘n verslag aan die ouers

gestuur. Hierdie verslae moet deur die ouers geteken en dadelik teruggestuur

word.

5.18 Nuusbrief en skeurstrokies:

Elke week word daar ‘n nuusbrief aan die ouers gestuur wat belangrike

inligting op het vir ouers. Dit word op Dinsdae uitgegee.

5.19 Skoolverlaat:

Wanneer ‘n leerder weet dat hy/sy die skool gaan verlaat, moet hy/sy ‘n week

voor die tyd by die sekretaresse aansoek doen om ‘n oorplasingsertifikaat.

Die handboeklys moet ook omgeneem word na al die leerarea onderwysers

wat die teken dat al die handboeke in gegee is en dat al die leerder se

werkboeke gemerk en ontvang is.

5.20 Sport - / kultuur deelname:

Dit is elke leerder se plig om eerstens vir sy skool deel te neem en daarna vir

buite instansies. Dit is noodsaaklik dat elke leerder aan een of meer

sport/kultuur soort sal deelneem.

5.21 Sport - /kultuur oefening:

Leerders moet betyds wees vir sport – en kultuur oefeninge. Die korrekte

sportdrag moet ook by die sport oefeninge gedra word. Fietse word tydens

oefeninge in die fietsloods toe gesluit.

5.22 Skooldrag:

Ouers word versoek om slegs die voorgeskrewe skooldrag wat by die skool

beskikbaar is, aan te koop. Skooldrag moet altyd netjies en skoon wees. Geen

ander siviele-drag mag gedra word nie, slegs op verjaarsdae mag die leerder

gewone klere aantrek. Hemde mag nie uithang, moue mag nie opgerol word

nie, en die regte skoene met rooi kouse moet gedra word. Die skoene moet

reg vasgemaak wees.

5.23 Tasse:

Die tasse moet stewig, met afskortings en standaardgrootte wees. Tasse moet

voldoende ruimte bied sodat handboeke en werkboeke soos benodig

gerieflik ingepak kan word en ook voldoende beskerming ontvang. Die tas

moet ook netjies wees en mag nie afbreek doen aan ‘n leerder se voorkoms

nie.

5.24 Toegang tot die skool:

Toegang tot die skool mag slegs deur die hekke geskied. Geen leerder mag

oor of deur enige heining of draad klim nie.

5.25 Voorkoms in kleredrag:

Leerders moet altyd skoon en netjies gekleed wees. Skooldrag is verpligtend.

Naels moet kort en versorg wees. Die skool behou die reg voor om te besluit

of ‘n leerder se hare kort genoeg geknip is. Leerders wat oor provinsiale

kleure beskik kan die sweetpakke slegs Maandae by die skool dra.

5.26 Klaswisseling:

Gedurende klaswisseling beweeg die leerders flink in een ry agter mekaar na

die volgende klas. Die dogters stap voor met die seuns agter hulle. By die

trappe word daar in ‘n enkel ry beweeg aan die linkerkant van die trap. Die

stel trappe naaste aan die fietsloods word as die opgaan trap gebruik en die

stel trappe naaste aan die kleedkamers as die afgaan trap.

5.27 Kleedkamers:

Aangewese versoek is: “Juffrou/meneer, mag ek die kamer verlaat

asseblief?” Die leerder moet ‘n pas neem as hy die kamer verlaat.

Kleedkamers moet skoon en netjies gehou word. Niks mag die kleedkamers

ingedra word nie, veral nie kos nie. Daar mag nie in die kleedkamers gespeel

word nie. Slegs een leerder op ‘n keer uit dieselfde klas, mag die kleedkamers

besoek tydens klastye.

5.28 Dissiplinêre prosedure (Debietstelsel)

Alle debietpunte sal op rapport en amptelike dokumente aangeteken

word.

Indien ‘n leerder 50 A-kategorie debietpunte het, sal hy/sy nie in

aanmerking kan kom vir leierskap posisies nie. Hierdie reëling geld ook vir

100 punte B-kategorie oortredings.

Slegs die vierde kwartaal se geakkumuleerde punte word oorgedra na die

volgende jaar. Dit geld vir A- sowel B-kategorie oortredings. Indien ‘n

leerder aan die einde van die eerste kwartaal van die volgende jaar geen

addisionele punte bygekry het nie, verval alle punte en begin sulke

leerders weer op ‘n nulstaat.

Leerders wat 50 A-punte geakkumuleer het, mag nie vir merietekleure in

aanmerking kom nie. Leerders wat reeds merietekleure het, se kleure word

opgeskort tot die volgende jaar. (50 A – 6 maande en 75 A – 1 jaar)

Wanneer ‘n leerder in die klas ‘n reël verbreek of ‘n oortreding begaan

moet die leerder die gevolg van die oortreding aanvaar.

Die leerder se oortreding word in die meriete lêer aangeteken wat by ‘n

leerder van sy klas gehou word.

Die meriete lêer word op ‘n gereelde basis deur die voogonderwyser

gekontroleer.

A-oortredings is ernstige oortredings wat kan veroorsaak dat ‘n leerder

(met 150 punte of meer) geskors of uit die skool gesit kan word.

B-oortredings word beskou as minder ernstige oortredings, maar leerders

kan as gevolg van herhaaldelike B-oortredings gevra word om die skool te

verlaat.

Indien ‘n leerder wel meen dat hy/sy onregverdig behandel is, mag hy/sy

appèl aanteken by die adjunkhoof verantwoordelik vir dié fase. Hierdie

appèl moet binne 24 uur geskied.

Alle debietpunte word deur die leerder onderteken, wanneer hy/sy erken

dat dit die waarheid is wat aangeteken is. ‘n Kort beskrywing van die

gebeure word aangeteken.

Elke Woensdag moet die voogonderwyser vir die paneelleier die name

deurgee wat 50 debiete het.

Die paneelleier saam die DPO neem die “Kennisgewing aan die ouer” -

brief wat aan die ouers gestuur word en roep die betrokke leerder uit.

Verduidelik prosedure en oorhandig die brief aan die kind om die aan sy

ouers/voog te gee vir kennisname. Die ouers onderteken die brief en stuur

dit terug vir die voogonderwyser. Die brief word geplaas in die leerder se

profiel.

As die ouer(s)/voog nie die meriete brief binne 2(twee) werksdae

terugstuur nie dan moet die voogonderwyser die betrokke ouer(s)/voog

telefonies skakel.

Sodra ‘n leerder 75 debietpunte het, ontvang die ouer ‘n verdere skrywe.

Tydens die twee weeklikse vergadering van die DPO. se

Ondersteuningskomitee waar al die personeel teenwoordig is, word al die

verslae oor die leerder bespreek. Dit sluit in:

o Sielkundige verslae

o Dissiplinêre aanmelding

o Hulpdiensverslae en terapeutiese verslae

o Akademiese gevalle

o Alle bespreking rondom leerders wat 75 debietpunte het, word tydens

die vergadering genotuleer en aangeteken op die leerder se profiel.

Na die vergadering voer die Dissiplinêre Komitee: Debietpunte, ‘n

onderhoud met leerders wat aangemeld was vir die oortredings.

Die DPO skakel na die onderhoud die leerder se ouer(s)/voog en lig hulle in

oor die leerder se gedrag en - of werkshouding.

Die telefoongesprek word opgevolg met ‘n 450 brief aan die ouer(s)/voog

waaraan afskrifte geheg word van die meriete briewe.

‘n Afskrif van die 450 brief en die oorspronklike meriete briewe word in die

leerder se profiel geliasseer deur die DPO.

Op 100 debiete word die leerder se ouers telefonies genooi vir ‘n afspraak

met die adjunkhoof waartydens die leerder teenwoordig kan wees om ‘n

gesamentlike poging aangewend word om die leerder te help.

‘n Brief word aan die ouers gestuur om die afspraak met die adjunkhoof te

bevestig. ‘n Afskrif van die brief word ook op die leerder se profiel

geliasseer.

Die DPO lê die leerder se profiel twee dae voor die vergadering aan die

adjunkhoof voor.

Sodra ‘n leerder ‘n oortreding begaan wat veroorsaak dat hy/sy 100

debietpunte bereik, word sy/haar geval ook verwys na die Skoolhoof vir sy

Debietpunte of Ernstige Oortredings, om te sien of dit aan die Dissiplinêre

Komitee verwys moet word.

Die DPO tref telefonies reëlings vir ‘n afspraak by die Hoof waar die ouers

teenwoordig is. ‘n Brief word ook aan die ouers gestuur en ‘n afskrif word op

die leerder se profiel geplaas. By die onderhoud word die meriete

bespreek of die leerder by die Beheerliggaam aangemeld gaan word.

Op 125 en 150 debietpunte word weereens kontak gemaak met die ouers.

Die geval word na die Dissiplinêre Komitee verwys vir verdere stappe.

Die DPO en in samewerking met die Adjunkhoof tref dan die nodige

voorbereiding om die leerder aan te meld by die Beheerliggaam vir ‘n

dissiplinêre verhoor.

Sodra ‘n verhoordatum bekend is, word die ouers per geregistreerde brief

in kennis gestel en gedagvaar om die dissiplinêre verhoor van die

Beheerliggaam by te woon.

Die Beheerliggaam se dissiplinêre verhoor sal plaasvind in terme van die

bevoegdhede wat die Skole-wet en ander regulasies aan die

Beheerliggaam toeken.

Die ouers kan vir die dissiplinêre verhoor van die Beheerliggaam ook

gebruik maak van regsverteenwoordiging.

5.29 Tugmaatreëls

Tug wat opgelê mag word, sluit die volgende in, maar is nie daartoe beperk

nie.

Toekenning van debietpunte.

Waarskuwings. ‘n Leerder word slegs een maal gewaarsku, indien hy/sy

dieselfde oortreding ‘n tweede keer begaan, ontvang hy/sy ‘n skrywe na sy

ouers.

Dra van vorderingsverslag.

Verbod op deelname aan sekere skoolaktiwiteite (bv. sport).

Skorsing en uitsetting: Die SA Skolewet bepaal dat ‘n beheerliggaam na ‘n

regverdige verhoor, ‘n leerder van bywoning van die skool kan skors –

o as korrektiewe maatreël vir ‘n tydperk van hoogstens een week; of

o in afwagting van ‘n beslissing deur die Departementshoof

[Onderwyshoof], of die leerder uit die skool gesit moet word op grond

van ‘n skuldigbevinding aan ernstige wangedrag.

Skorsing bly ‘n tydelike maatreël, terwyl uitsetting ‘n permanente maatreël is.

Kombinasie van bovermelde.

5.30 Oortredings, debiete en strawwe

Reël A - oortreding Debiete

Sleutel W: Waarskuwing / Sleutel O: Ouer skakel

1. Swak gedrag/vloektaal – volgens meriete W/O

Steek eiendom weg

Uitdaag van gesag [Herhaalde B – oortreding ] O

Rassistiese opmerkings O

2. Baklei/dreig/intimidasie O

Doelbewus ‘n besering veroorsaak O

3. Rook self O

Vat sigaret aan van ander persoon O

Rook in skooldrag buite skoolterrein O

In besit van rookmateriaal O

Rooktoeskouer

4. Beskadig eiendom/Medepligtige W/O

Krap op bank/muur/teëls/ens W/O

Spuit verf op geboue O

Maak merke met voorwerp aan skooleiendom O

Bolle nat papier/Pritt – buisie teen plafon 1W

5. Besit alkohol/dwelms/vuurwapens of ander

wapens/verbode leesstof

Kriminele oortreding

Diefstal: Alle gevalle na Dissiplinêre Komitee

Onder die invloed van alkohol/dwelms

6. Verlaat skool sonder verlof O

Teken uit met vervalste brief O

Verlaat skool saam met ander ouer sonder toestemming

van eie ouers

Afwesig van klas sonder toestemming 1W

Afwesig van skool sonder toestemming of rede O

7. Oneerlikheid W/O

Skryf af in toets/eksamen O

Vervals handtekening O

Skryf brief namens iemand

Vervalste telefoonoproep O

5 – 50

15

15

5 – 50

10 – 20

10 – 20

30

30

30

30

30

20 – 50

20

50

20

20

100

100

100

100

30

30

30

10 per

periode

30

5 – 50

50

30

30

30

Reël B - oortreding Debiete

8. Kwetsende aanmerkings W 10

9. Afwesig van sportspan O

20

Afwesig van dienspunt O

20

Afwesig van kultuuroptrede O

20

10. Voorkoms nie reg nie

5

Slegs eerste waarskuwing. Daarna reël 1. Uitdaag van 15

gesag. = O

5

Skooldrag nie reg nie

Naels/hare te lank

5

11. Laat vir skool of klas 1W 5

12. Strooi rommel binne of buite terrein 1W 5

13. Tree nie aan in eie ry nie/sit in verkeerde ry 1W 5

14. Ruik na rook O 10

Leerder kan die debietpunte afwerk deur positiewe werk te doen, bv: doen weer

gereeld sy huiswerk, positiewe optrede teenoor die skool, leerders, onderwysers,

ouers en besoekers.

5.31 Vlakke van dissiplinêre optrede:

Onderwysers, paneelleiers, departementshoofde en adjunkhoofde

Dissiplinêre komitee : Debietpunte:

Hierdie komitee is aangewys deur die beheerliggaam om dissiplinêre

ondersoeke van wangedrag deur leerders te hanteer waar skorsing en

uitsetting nog nie oorweeg word nie en om ‘n gepaste straf toe te ken vir ‘n

oortreding wat ‘n leerder by 100 of meer debietpunte gebring het. Die

leerder se vorige oortredings en strawwe daarvoor reeds opgeloop, word

in ag geneem by die bepaling van gepaste straf. Die hoof kan egter ter

enige tyd besluit dat ‘n leerder met 100 of meer debietpunte voor die

Dissiplinêre Komitee: Ernstige Oortredings moet verskyn.

Dissiplinêre Komitee: Ernstige Oortredings

Hierdie is die komitee soos voorgeskryf deur Provinsiale Koerant 144 van 4

Oktober 2000 itv die Skolewet (84/1996). Hierdie kom itee hou formele,

volwaardige dissiplinêre verhore (aanklagte, pleite, lei van getuienis,

kruisverhoor, skuldig/onskuldig bevinding, oplê van straf). Dit is vir ernstige

gevalle waar skorsing en uitsetting ‘n wesentlike moontlikheid is. Hierdie

komitee word deur die Beheerliggaam aangewys.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!