Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

ONDERWYSERSNOTA GEVOLGTREKKING (Wat het ons geleer) Wanneer ons 'n wetenskaplike ondersoek doen, moet ons altyd 'n gevolgtrekking aan die einde maak. Dit som alles op wat ons uit die resultate van die eksperiment geleer het. Skryf 'n gevolgtrekking oor wat jy geleer het vir hierdie wetenskaplike ondersoek. Sade het water en hitte nodig om te ontkiem (dit moet die hoofgevolgtrekking van jou leerders wees). Evalueer enige ander gevolgtrekking wat hulle gemaak het deur die eksperiment wat hulle gedoen het in ag te neem. ONDERWYSERSNOTA Wenke vir aanbieding Die ondersoek hieronder is 'n wonderlike geleentheid om die wetenskaplike ondersoekproses te hersien. • Agtergrond: Jy het agtergekom dat groente verskillend groei in verskillende tuine en jy wonder hoekom dit so is. • Vraag om te ondersoek: Hoe beïnvloed die hoeveelheid water wat 'n plant kry sy groei? • Doel: Om uit te vind hoeveel water 'n plant moet kry om vinnig te groei. 78 Lewe en Lewenswyse

• Voorspel: Wat sal gebeur as 'n plant geen water, 'n bietjie water of baie water kry. Beplan die ondersoek: • Watter omstandighede gaan dieselfde gehou word? (Selfde saailinge; selfde grootte en tipe houer; selfde hoeveelheid en tipe grond.) • Sodra die sade ontkiem het, meet elke dag die lengte van die stingels en skryf die resultate neer. Jou onderwyser sal jou wys hoe om dit te doen. • Hoe gaan die eksperiment gedoen word? Hoeveel millimeter water gaan jy gebruik vir "'n bietjie water" en hoeveel vir "baie water"? Gaan jy elke dag water bygooi of net elke tweede dag? Doen die ondersoek: • Volg prosedures 1-5 in die teks. • Versamel inligting en teken die data op 6,7. Teken 'n grafiek van die data wat versamel is. • Skryf die bevindinge neer. ONDERSOEK: Uitbreiding: Hoe beïnvloed die hoeveelheid water die groei van die plant. As jy genoeg tyd in die klas het, kan dit as 'n uitbreiding van die ondersoek gedoen word. DOEL (wat wil jy uitvind) Wat wil jy uitvind deur die ondersoek te doen? Antwoorde hang af van leerders se voorbeelde. Hoofstuk 3. Wat plante nodig het om te groei 79

ONDERWYSERSNOTA

GEVOLGTREKKING (Wat het ons geleer)

Wanneer ons 'n wetenskaplike ondersoek doen, moet ons altyd 'n

gevolgtrekking aan die einde maak. Dit som alles op wat ons uit die

resultate van die eksperiment geleer het. Skryf 'n gevolgtrekking

oor wat jy geleer het vir hierdie wetenskaplike ondersoek.

Sade het water en hitte nodig om te ontkiem (dit moet die hoofgevolgtrekking

van jou leerders wees). Evalueer enige ander

gevolgtrekking wat hulle gemaak het deur die eksperiment wat

hulle gedoen het in ag te neem.

ONDERWYSERSNOTA

Wenke vir aanbieding

Die ondersoek hieronder is 'n wonderlike geleentheid om die

wetenskaplike ondersoekproses te hersien.

• Agtergrond: Jy het agtergekom dat groente verskillend groei

in verskillende tuine en jy wonder hoekom dit so is.

• Vraag om te ondersoek: Hoe beïnvloed die hoeveelheid water

wat 'n plant kry sy groei?

• Doel: Om uit te vind hoeveel water 'n plant moet kry om

vinnig te groei.

78 Lewe en Lewenswyse

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!