Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

laar of deel van 'n plant kan gebruik word sodat 'n nuwe plant kan groei. 4. Vertel die leerders dat hulle moet uitvind watter sade moet ontkiem en in nuwe plante groei. Gaan deur die materiale en prosedures in die teks. Laat hulle in groepies werk. Kyk dat elke leerder die vereiste materiale het en weet wat om te doen. 5. Jy moet die vordering van jou leerders se ondersoeke DAAGLIKS monitor. Sit ten minste vyf minute per dag daarvoor opsy. 6. Leer jou leerders hoe om 'n dagboek te hou. Leerders moet die datum skryf en hul waarnemings neerskryf onder verskillende opskrifte, soos: wat is anders vandag (die wortel het verskyn), wortellengte gemeet ens. 7. Hersien en beklemtoon dat sketse en byskrifte wetenskaplik gedoen moet word. Die: • Skets moet 'n opskrif hê (in pen en in drukskrif) • Skets is met 'n skerp potlood gedoen • Skets is met soliede lyne geteken • lyntjies van die byskrifte moet in potlood wees • lyntjies van die byskrifte moet met 'n liniaal getrek wees • lyntjies van die byskrifte moet parallel met die bokant/onderkant van die bladsy wees • lyntjies van die byskrifte moet aan die deel wat dit beskryf raak • lyntjies van die byskrifte moet dieselfde afstand van die prentjie af eindig (die byskrifte moet dus in 'n vertikale lyn onder mekaar gedoen word) • byskrifte moet in pen en in drukskrif wees Die regte byskrifte moet op die regte plek gebruik word. 8. Help leerders om die volgende sketse te maak: • die boontjie en die eerste wortel • die boontjie, wortel en eerste blaar • die eerste wortel, 'n stingel en sy eerste blaar • boontjieplant na 2weke 70 Lewe en Lewenswyse

Wat sade nodig het om te ontkiem Jy het geleer dat sade nodig is vir nuwe plante om te groei. 'n Plant moet vanuit die saad ontkiem voor dit kan begin groei. Dit beteken dat die saad in 'n nuwe plant moet ontwikkel en die nodige dele van 'n plant moet ontwikkel. In die eerste hoofstuk van hierdie kwartaal het ons sade laat ontkiem en gesien dat alhoewel hulle nie-lewend is, hulle weer lewend kan word. Het jy al gewonder wat sade nodig het om te ontkiem en nuwe plante te word? Kom ons doen 'n wetenskaplike ondersoek om uit te vind. ONDERWYSERSNOTA Jou leerders gaan vir die eerste keer 'n wetenskaplike ondersoek doen. Beklemtoon hoe belangrik dit is om 'n ordentlike wetenskaplike ondersoek te doen deur 'n spesifieke vraag te beantwoord. Byvoorbeeld: "Kan 'n boontjie in 'n donker plek ontkiem?"; "Kan 'n boontjie in 'n baie koue plek ontkiem?"; "Kan 'n boontjie sonder water ontkiem?", ens. Elke groep kan 'n ander vraag beantwoord - hulle doele en voorspellings sal dus afhang van die vraag wat hulle beantwoord. ONDERSOEK: Wat het sade nodig om te ontkiem? Julle gaan in groepe werk. Elke groep gaan 'n ander vraag ondersoek. Jou doele en voorspellings sal dus afhang van watter vraag jy deur jou ondersoek wil beantwoord. DOEL 'n Doel in 'n wetenskaplike ondersoek is waar ons sê wat die doel van die ondersoek is. Wat wil jy uitvind deur die ondersoek te doen? Antwoorde hang van die groep af. Byvoorbeeld: "Om uit te vind of 'n saad lig nodig het om te ontkiem en te groei, of "Om uit te vind of 'n saad hitte nodig het om te ontkiem en te groei". Hoofstuk 3. Wat plante nodig het om te groei. 71

Wat sade nodig het om te ontkiem

Jy het geleer dat sade nodig is vir nuwe plante om te groei. 'n

Plant moet vanuit die saad ontkiem voor dit kan begin groei. Dit

beteken dat die saad in 'n nuwe plant moet ontwikkel en die

nodige dele van 'n plant moet ontwikkel.

In die eerste hoofstuk van hierdie kwartaal het ons sade laat

ontkiem en gesien dat alhoewel hulle nie-lewend is, hulle weer

lewend kan word.

Het jy al gewonder wat sade nodig het om te ontkiem en nuwe

plante te word? Kom ons doen 'n wetenskaplike ondersoek om uit

te vind.

ONDERWYSERSNOTA

Jou leerders gaan vir die eerste keer 'n wetenskaplike ondersoek

doen. Beklemtoon hoe belangrik dit is om 'n ordentlike

wetenskaplike ondersoek te doen deur 'n spesifieke vraag te

beantwoord. Byvoorbeeld: "Kan 'n boontjie in 'n donker plek

ontkiem?"; "Kan 'n boontjie in 'n baie koue plek ontkiem?"; "Kan 'n

boontjie sonder water ontkiem?", ens. Elke groep kan 'n ander

vraag beantwoord - hulle doele en voorspellings sal dus afhang

van die vraag wat hulle beantwoord.

ONDERSOEK: Wat het sade nodig om te ontkiem?

Julle gaan in groepe werk. Elke groep gaan 'n ander vraag

ondersoek. Jou doele en voorspellings sal dus afhang van watter

vraag jy deur jou ondersoek wil beantwoord.

DOEL

'n Doel in 'n wetenskaplike ondersoek is waar ons sê wat die doel

van die ondersoek is. Wat wil jy uitvind deur die ondersoek te

doen?

Antwoorde hang van die groep af. Byvoorbeeld: "Om uit te vind of

'n saad lig nodig het om te ontkiem en te groei, of "Om uit te vind

of 'n saad hitte nodig het om te ontkiem en te groei".

Hoofstuk 3. Wat plante nodig het om te groei.

71

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!