Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Die wortels van die plant absorbeer water uit die grond. Hierdie water vervoer voedingstowwe van die grond na al die dele van die plant. Die prentjie hieronder wys hoe reëndruppels op 'n blaar versamel. Hulle val later af grond toe en sink in die grond in. Die wortels absorbeer dan die water vir die plant. Onthou: 'n plant het water, sonlig en koolstofdioksied nodig om kos te maak. Grond Die meeste plante groei as hulle in die grond geplant word. Nuwe plante wat in die grond groei. 2 3.2 Groeiende nuwe plante • Die wortels is die plant se anker in die grond. • Hulle wortels absorbeer voedingstowwe uit die grond. • Om seker te maak dat plante genoeg van hierdie minerale voedingstowwe kry, moet ons soms kompos of kunsmis by die grond gooi. Ons sê dat grond ryk is as dit baie voedingstowwe besit. Arm grond het 'n tekort aan voedingstowwe. Plante kan oor die algemeen uit steggies of sade groei. • Sade groei uit blomme en word bevrug met stuifmeel van 'n ander blom. Sade wat bevrug is, kan ontkiem en begin groei om 'n nuwe plant te vorm. • Wanneer 'n stukkie van 'n plant (gewoonlik die stingel) afgesny word en in nuwe grond geplant word, maak 'n mens steggie. Die wortels begin groei en 'n nuwe plant vorm. • Plante kan ook uit lote groei. Lote is soos klein worteltjies wat uit spesiale deeltjies van die stingel uitgroei en in 'n nuwe plant verander. 68 Lewe en Lewenswyse

VRAE 1. Watter drie belangrike dinge het plante nodig om te groei? sonlig, water, lug 2. Onthou jy dat een van die lewensprosesse voortplanting is? Hoe maak plante nuwe plante? Hulle maak sade wat ontkiem en nuwe plante maak. ONDERWYSERSNOTA Hoe om die onderwerp in te lei Daar word aanbeveel dat hierdie praktiese opdrag oor 'n tydperk by die skool gedoen word terwyl leerders met die volgende afdeling begin. Gee jou leerders die geleentheid om die wonder van 'n nuwe plant wat uit 'n saad of steggie groei te ervaar! Laat hulle die navorsing doe,; waarneem en skryf die waarnemings oor die tydperk neer. Wenke vir aanbieding 1. Die ervaring van die onderwyser sal sukses verseker. Doen die ondersoeke wat voorgeskryfis vooraf. Vra dan jou leerders om dit te doen. Jy sal dan beter in staat wees om leiding te bied aan jou leerders. Indien moontlik moet jy nie hierdie ondersoek in die middel van die winter doen wanneer die temperatuur baie laag is nie -dit is nie goeie omstandighede vir sade om te ontkiem nie. Gebruik verskillende boontjiesade en vind uit watter beter ontkiem. Jy moet al die voorsorgmaatreëls wat in die vorige ondersoek genoem is, toepas. 2. Begin 'n klasbespreking deur jou leerders te vra waarom plante belangrik is. Moontlike antwoorde: Vir kos, om suurstof te gee, om die grond te beskerm (plante op duine) plante is mooi, ens. Moet ons nog plante maak? Hoekom? Hoe? 3. Toets leerders se begrip van die volgende woorde: ontkiem - 'n saad ontwikkel in 'n nuwe plant, 'n steggie van 'n stam, Hoofstuk 3. Wat plante nodig het om te groei 69

VRAE

1. Watter drie belangrike dinge het plante nodig om te

groei?

sonlig, water, lug

2. Onthou jy dat een van die lewensprosesse voortplanting

is? Hoe maak plante nuwe plante?

Hulle maak sade wat ontkiem en nuwe plante maak.

ONDERWYSERSNOTA

Hoe om die onderwerp in te lei

Daar word aanbeveel dat hierdie praktiese opdrag oor 'n tydperk

by die skool gedoen word terwyl leerders met die volgende

afdeling begin. Gee jou leerders die geleentheid om die wonder

van 'n nuwe plant wat uit 'n saad of steggie groei te ervaar! Laat

hulle die navorsing doe,; waarneem en skryf die waarnemings oor

die tydperk neer.

Wenke vir aanbieding

1. Die ervaring van die onderwyser sal sukses verseker. Doen die

ondersoeke wat voorgeskryfis vooraf. Vra dan jou leerders

om dit te doen. Jy sal dan beter in staat wees om leiding te

bied aan jou leerders. Indien moontlik moet jy nie hierdie

ondersoek in die middel van die winter doen wanneer die

temperatuur baie laag is nie -dit is nie goeie omstandighede

vir sade om te ontkiem nie. Gebruik verskillende boontjiesade

en vind uit watter beter ontkiem. Jy moet al die

voorsorgmaatreëls wat in die vorige ondersoek genoem is,

toepas.

2. Begin 'n klasbespreking deur jou leerders te vra waarom

plante belangrik is. Moontlike antwoorde: Vir kos, om suurstof

te gee, om die grond te beskerm (plante op duine) plante is

mooi, ens. Moet ons nog plante maak? Hoekom? Hoe?

3. Toets leerders se begrip van die volgende woorde: ontkiem -

'n saad ontwikkel in 'n nuwe plant, 'n steggie van 'n stam,

Hoofstuk 3. Wat plante nodig het om te groei

69

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!