Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Kop • stert • liggaam • ledemate • sensoriese organe Alle diere het 'n spesiale deel van hul liggame wat die 'kop' genoem word. Selfs die kleinste dier het 'n deel waar sy brein sit. Die meeste diere het die kop: Stert • 'n Brein - maak nie saak hoe klein dit is nie. • Sensoriese organe soos ore en oë. • Voedingstrukture - die mond en kakebene. Die meeste diere het 'n stert aan die agterent van hul liggame (het jy al ooit gewonder waar 'n seester of 'n seekat se stert sit?). 'n Stert is gewoonlik gepunt, maar kan verskillende vorme aanneem. AKTIWITEIT: Die sterte! INSTRUKSIES 50 Lewe en Lewenswyse

1. Werk in groepe van 3 of 4. 2. Kyk na die verskillende sterte van al die diere in die prentjie - kan jy ooreenkomste tussen die sterte sien? 3. Bespreek moontlike ooreenkomste tussen die verskillende soorte sterte met jou groep en skryf jou antwoorde hieronder neer. Gebruik verskillende woorde om die sterte te beskryf. Antwoorde hang af van hoe oplettend die groep is. Sommige sterte is lank, ander kort, sommige is bosagtig en bedek met pels, ander met skubbe, sommige is kleurvol en ander is eekleurig. 4. Diere gebruik hul sterte om verskillende goed mee te doen. Waarvoor gebruik die walvis sy stert in die prentjie? Om te swem. 5. Die verkleurmannetjie en die eekhoring het albei sterte en lewe in bome en bosse. Hulle beweeg egter baie verskillend. 'n Verkleurmannetjie beweeg stadig en 'n eekhoring spring van tak na tak en skarrel op en af teen boomstamme. Waarvoor gebruik elkeen van hierdie diere hulle sterte? Die verkleurmannetjie gebruik sy stert om aan takke vas te hou en vir balans. Die eekhoring gebruik sy stert vir balans en ratsheid wanneer hy van tak tot tak spring. 6. Die mannetjiespou het 'n baie helder, gekleurde stert. Waarom dink jy het hy so 'n stert? Hy lok sy maat deur sy stert te lig en daarmee te pronk. Kom ons kyk na van die funksies van sterte. Hulle help diere om: • in bome te beweeg en te swaai - soos byvoorbeeld ape. • balans - 'n kangaroe gebruik sy stert vir balans wanneer hy spring. • om prooi dood te maak -krokodille gebruik hul sterte om oor en oor in die rondte te draai wanneer hulle hul prooi wil verdrink; skerpioene het gewoonlik gifin hul sterte. • om die grond plat te maak -bewers gebruik hul sterk sterte om die grond hard en vas te slaan. Hoofstuk 2. Strukture van plante en diere 51

1. Werk in groepe van 3 of 4.

2. Kyk na die verskillende sterte van al die diere in die prentjie -

kan jy ooreenkomste tussen die sterte sien?

3. Bespreek moontlike ooreenkomste tussen die verskillende

soorte sterte met jou groep en skryf jou antwoorde hieronder

neer. Gebruik verskillende woorde om die sterte te beskryf.

Antwoorde hang af van hoe oplettend die groep is. Sommige

sterte is lank, ander kort, sommige is bosagtig en bedek met

pels, ander met skubbe, sommige is kleurvol en ander is

eekleurig.

4. Diere gebruik hul sterte om verskillende goed mee te doen.

Waarvoor gebruik die walvis sy stert in die prentjie?

Om te swem.

5. Die verkleurmannetjie en die eekhoring het albei sterte en

lewe in bome en bosse. Hulle beweeg egter baie verskillend.

'n Verkleurmannetjie beweeg stadig en 'n eekhoring spring

van tak na tak en skarrel op en af teen boomstamme.

Waarvoor gebruik elkeen van hierdie diere hulle sterte?

Die verkleurmannetjie gebruik sy stert om aan takke vas te

hou en vir balans. Die eekhoring gebruik sy stert vir balans en

ratsheid wanneer hy van tak tot tak spring.

6. Die mannetjiespou het 'n baie helder, gekleurde stert.

Waarom dink jy het hy so 'n stert?

Hy lok sy maat deur sy stert te lig en daarmee te pronk.

Kom ons kyk na van die funksies van sterte. Hulle help diere om:

• in bome te beweeg en te swaai - soos byvoorbeeld ape.

• balans - 'n kangaroe gebruik sy stert vir balans wanneer hy

spring.

• om prooi dood te maak -krokodille gebruik hul sterte om oor

en oor in die rondte te draai wanneer hulle hul prooi wil

verdrink; skerpioene het gewoonlik gifin hul sterte.

• om die grond plat te maak -bewers gebruik hul sterk sterte

om die grond hard en vas te slaan.

Hoofstuk 2. Strukture van plante en diere

51

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!