Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

2. Sien jy dat al die verskillende blare verskillende rande het? 3. Teken die verskillende vorms en rande van 3 blare wat jy kon sien in die spasie hieronder. Verskillende vorms van blare. Verskillende rande van blare. Voltooi die onderstaande tabel. 1. Vul die name van die plante in die eerste kolom in. 2. Maak 'n regmerkie in die kolom(me) en verduidelik hoe die blaar lyk. 3. Ons het 'n voorbeeld met rose uit Gogo se tuin gedoen sodat jy kan sien wat om te doen. Naam van plant. Rose Ronde blaar Gogo se mooi rose. Lang, dun blaar Gladde rand (Antwoorde hang af van leerder se voorbeelde.) 46 Lewe en Lewenswyse Getande rand

2.2 Strukture van diere Alle lewende dinge kan in twee groepe verdeel word - plante en diere. Plante kan vergelyk word deur die verskillende plantstrukture te vergelyk en hulle in verskillende groepe te verdeel. Ons kan 'n soortgelyke metode gebruik om diere te vergelyk. In hierdie afdeling gaan ons leer hoe om verskillende dierstrukture te identifiseer. Ons gaan dan hierdie dierstrukture gebruik om van die diere wat reeds aan jou bekend is te vergelyk. ONDERWYSERSNOTA Hoe om die onderwerp in te lei Hierdie eenheid behandel die basiese strukture van diere en dus hoe hul liggame ontwerp is. CAPS onderskei nie tussen vertebrate en invertebrate, tussen warmbloedige of koudbloedige of enige ander groeperings nie. Dit vereis dat leerders 'n vergelyking maak gegrond op die basiese struktuur van die dier: kop, stert, lyf, ledemate, sensoriese organe. Vergelykings word gebaseer op dié strukturele elemente sowel as grootte, vorm, liggaamsbedekking en sensoriese organe. Onderwysers word gewaarsku om by die spesifikasies te hou, maar word aangemoedig om sterker leerders uit te daag deur die konsepte van vertebrate en invertebrate, warm- en koudbloedig, ens aan hulle te noem. Wenke vir aanbieding 1. Gebruik 'n klasbespreking om hierdie eenheid in te lei. Vra leerders om aan verskillende diere te dink. Hulle kan die dier se naam in jou oor fluister voor hulle probeer om die dier met mimiek vir die klas uit te beeld. 2. Bespreek die konsep dat mense ook diere is aangesien alle lewende dinge of plante of diere is. Hier is dit noodsaaklik om aan taalbeperkings en wanbegrippe aandag te gee aan. As 'n leerder se ma byvoorbeeld sê dat sy ouer suster in 'n varkhok woon of dat die ouer broer soos 'n hond eet, is dit spreektaal. Dit is belangrik om te waak teen ander wanbegrippe waar spreektaal en wetenskaplike taal verwar kan word en dus lei tot 'n wanbegrip van die wetenskaplike beginsel. 3. Aanbieding: Hersien die konsepbasiese struktuur (hoe dit uiteengesit word). Laat jou leerders die basiese strukture van plante opnoem. Bestudeer die basiese liggaamsstruktuur van verskillende diere. Gebruik die 5basiese liggaamsstrukture as riglyn. (Baie onderwysers het die woord liggaam gekies om die struktuur van diere se liggame te beskryf alhoewel dit nie Hoofstuk 2. Strukture van plante en diere 47

2. Sien jy dat al die verskillende blare verskillende rande het?

3. Teken die verskillende vorms en rande van 3 blare wat jy kon

sien in die spasie hieronder.

Verskillende vorms van

blare.

Verskillende rande van

blare.

Voltooi die onderstaande tabel.

1. Vul die name van die plante in die eerste kolom in.

2. Maak 'n regmerkie in die kolom(me) en verduidelik hoe die

blaar lyk.

3. Ons het 'n voorbeeld met rose uit Gogo se tuin gedoen sodat

jy kan sien wat om te doen.

Naam van

plant.

Rose

Ronde

blaar

Gogo se mooi rose.

Lang, dun

blaar

Gladde

rand

(Antwoorde hang af van leerder se voorbeelde.)

46 Lewe en Lewenswyse

Getande

rand

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!