Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

2 Strukture van plante en diere 30 SLEUTELVRAE • Is alle plante dieselfde gebou met al dieselfde dele? • As ek nie blare op 'n kaktus kan sien nie, is dit nog steeds 'n plant? • Is die mos wat naby die kraan agter die huis groei 'n plant? Hoe weet ek of dit is? • As 'n kaktus, seegras en perdeblom so verskillend is, hoe kan jy sê dat hulle almal plante is? • Diere lyk almal verskillend - hoe kan ons al hierdie diere saam groepeer? • Wat maak dat diere van mekaar verskil? Ons het geleer dat alles in twee groepe verdeel kan word - lewend en nie-lewend. In hierdie afdeling gaan ons meer leer van lewende plante en diere, hoe hulle lyk en wat hulle spesiaal maak. 2.1 Strukture van plante Basiese struktuur van plante ONDERWYSERSNOTA Hoe om die onderwerp in te lei • Leerders moet die verskillende basiese strukture (dele) van plante identifiseer. • Hulle moet die SIGBARE verskille tussen verskillende plante ondersoek. • Hulle kan toevallig blootgestel word aan die konsep dat plante hul eie kos produseer - hulle hoef nie ander plante te eet nie. Diere eet egter die kos wat plante produseer en wat in verskillende dele van die plant gestoor word.

• Ons stel voor dat jy aan die begin van die afdeling voortplanting deur steggies vir jou leerders wys sodat hulle dit later met voortplanting van saailinge kan vergelyk. Jy kan 'n steggie van 'n vy of roos gebruik. • As uitbreiding op die tema kan leerders die funksies van die verskillende strukture leer. • In hierdie reeks handboeke plaas ons klem op die wetenskaplike metode om sketse te teken en byskrifte te maak. Hierdie afdeling begin dus deur plante en die verskillende plantstrukture te bestudeer. Alhoewel die CAPS nie vereis dat leerders die funksies van die strukture bestudeer nie, is dit as verryking ingesluit by aktiwiteite wat van leerders verwag om visueel te onderskei tussen die strukture. Leerders moet verskille waarneem en meer uitvind oor die tipes plante in hul omgewing. Die verskille kan die grootte van die plante, die kleur en vorm van die blare en blomme, of hulle blomme het of nie, of hulle hul blare verloor of nie, en ander soortgelyke sigbare verskille wees. Ons moedig onderwysers aan om hul leerders se natuurlike nuuskierigheid en belangstelling oor hoe die natuurlike wêreld werk, te prikkel. As jong wetenskaplikes moet hulle plante en diere vergelyk en groepeer. Wenke vir aanbieding 1. Probeer altyd om leerders se voorkennis in verband te bring met wat hulle gaan leer voordat jy formeel met jou les begin. 2. Bring 'n plant of 'n plakkaat wat die basiese strukture van blomplante duidelik uitbeeld, klas toe. 3. Vra leerders om die verskillende dele van die plant te identifiseer. Moedig hulle aan om die moontlike funksie(s) van elke deel te identifiseer. Baie leerders verstaan die konsepte, maar kan hulself nie taalkundig korrek uitdruk nie. Onderwysers word aangemoedig om leerders met taalverwante probleme te ondersteun deur kernwoorde duidelik in die klas uit te stal sodat leerders gereeld daarna kan verwys. Sodoende leer die leerders 'n nuwe wetenskaplike woordeskat aan wat hulle kan gebruik om hulself uit te druk. 4. Gebruik vrae om die klasbespreking oor die basiese strukture van blomplante in te lei. Waarom het plante water nodig? Hoofstuk 2. Strukture van plante en diere 31

• Ons stel voor dat jy aan die begin van die afdeling

voortplanting deur steggies vir jou leerders wys sodat hulle

dit later met voortplanting van saailinge kan vergelyk. Jy kan

'n steggie van 'n vy of roos gebruik.

• As uitbreiding op die tema kan leerders die funksies van die

verskillende strukture leer.

• In hierdie reeks handboeke plaas ons klem op die

wetenskaplike metode om sketse te teken en byskrifte te

maak.

Hierdie afdeling begin dus deur plante en die verskillende

plantstrukture te bestudeer. Alhoewel die CAPS nie vereis dat

leerders die funksies van die strukture bestudeer nie, is dit as

verryking ingesluit by aktiwiteite wat van leerders verwag om

visueel te onderskei tussen die strukture. Leerders moet verskille

waarneem en meer uitvind oor die tipes plante in hul omgewing.

Die verskille kan die grootte van die plante, die kleur en vorm van

die blare en blomme, of hulle blomme het of nie, of hulle hul blare

verloor of nie, en ander soortgelyke sigbare verskille wees. Ons

moedig onderwysers aan om hul leerders se natuurlike

nuuskierigheid en belangstelling oor hoe die natuurlike wêreld

werk, te prikkel. As jong wetenskaplikes moet hulle plante en diere

vergelyk en groepeer.

Wenke vir aanbieding

1. Probeer altyd om leerders se voorkennis in verband te bring

met wat hulle gaan leer voordat jy formeel met jou les begin.

2. Bring 'n plant of 'n plakkaat wat die basiese strukture van

blomplante duidelik uitbeeld, klas toe.

3. Vra leerders om die verskillende dele van die plant te

identifiseer. Moedig hulle aan om die moontlike funksie(s) van

elke deel te identifiseer. Baie leerders verstaan die konsepte,

maar kan hulself nie taalkundig korrek uitdruk nie.

Onderwysers word aangemoedig om leerders met

taalverwante probleme te ondersteun deur kernwoorde

duidelik in die klas uit te stal sodat leerders gereeld daarna

kan verwys. Sodoende leer die leerders 'n nuwe wetenskaplike

woordeskat aan wat hulle kan gebruik om hulself uit te druk.

4. Gebruik vrae om die klasbespreking oor die basiese strukture

van blomplante in te lei. Waarom het plante water nodig?

Hoofstuk 2. Strukture van plante en diere

31

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!