Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Dis wonderlik, Farrah! Ja, sommige dinge lyk of hulle vir 'n lang tyd nie-lewend was, maar hulle wag net tot hulle die regte omstandighede kry om weer lewendig te word. Dit beteken dat hulle moet wag vir iets spesiaal om te gebeur voor hulle weer lewend kan word en die eienskappe van lewende dinge kan hê. Ons sê dat hulle die regte omstandighede nodig het om te lewe en die sewe lewensprosesse uit te voer. Kyk na die prente van die sade hieronder wat lyk of hulle nie-lewend is! Sade van 'n koraalboom 16 Sonneblomsade. Het jy al ooit sonneblomsade geëet? 17 VRAE Waarom lyk sade of hulle nie-lewend is? Hoe kan ons wys dat hulle lewend is? Leerders mag dink dat sade nie-lewend is omdat hulle nie lyk of hulle enige van die 7 lewensprosesse uitvoer nie. Sekere dinge kan lyk of hulle nie-lewend is terwyl hul egter in 'n rustende toestand is. Jy kan sade laat ontkiem om te wys dat hulle lewend is. Ons sê dat sade in 'n "rustende toestand" is totdat hul water, warmte, lug, lig en grond gegee word om te ontkiem en te begin groei. Daar is ander dinge wat ook lyk of hulle nie-lewend is totdat hulle die regte toestande gegee word om verder te ontwikkel. 16 Lewe en Lewenswyse

'n Duif hou haar eiers warm om hulle uit te broei. (IT Pic) Bevrugte eiers moet warm gehou word anders gaan hulle nie uitbroei nie. Daarom moet 'n ma-voël op haar eiers gaan sit sodra sy hulle gelê het om hulle warm te hou. Gis kan brooddeeg of koekbeslag laat rys. Gis het hitte nodig om lewend te word en die brood te laat rys. Sommige mense koop droë gis om mee te bak. Dit het ook hitte (en suiker) nodig om te begin werk. Dit is waarom jy sal sien dat bakkers hulle deeg op 'n warm plek (soos naby die stoof) sit om dit te laat rys. AKTIWITEIT: Kan dinge wat nie-lewend lyk wel lewe? BENODIGHEDE (wat jy nodig het) • Foto's van eiers wat uitbroei. INSTRUKSIES 1. Kyk mooi na die foto's. Kuikens wat uitbroei. 18 Padda-eiers waaruit paddavissies binnekort gaan uitbroei. 19 Hoofstuk 1. Lewende en nie-lewende dinge 17

'n Duif hou haar eiers warm om hulle uit te broei. (IT Pic)

Bevrugte eiers moet warm gehou word anders gaan hulle nie

uitbroei nie. Daarom moet 'n ma-voël op haar eiers gaan sit sodra

sy hulle gelê het om hulle warm te hou.

Gis kan brooddeeg of koekbeslag laat rys. Gis het hitte nodig om

lewend te word en die brood te laat rys. Sommige mense koop droë

gis om mee te bak. Dit het ook hitte (en suiker) nodig om te begin

werk. Dit is waarom jy sal sien dat bakkers hulle deeg op 'n warm

plek (soos naby die stoof) sit om dit te laat rys.

AKTIWITEIT: Kan dinge wat nie-lewend lyk wel lewe?

BENODIGHEDE (wat jy nodig het)

• Foto's van eiers wat uitbroei.

INSTRUKSIES

1. Kyk mooi na die foto's.

Kuikens wat uitbroei. 18

Padda-eiers waaruit paddavissies

binnekort gaan uitbroei. 19

Hoofstuk 1. Lewende en nie-lewende dinge

17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!