Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

As jy 'n metaalmuntstuk met 'n hammer slaan, sal daar geen of baie min skade wees. As jy 'n stuk bordkryt met 'n hammer slaan, sal dit in stukkies breek. Die metaalmuntstuk is taai in vergelyking met die bordkryt. Die bordkryt is baie breekbaar. Taaiheid meet hoeveel energie nodig is om 'n materiaal te breek. Ons dal ‘n paar alledaagse materiale toets om te kyk watter materiaal is die taaiste. ONDERSOEK: Hoe taai is sommige materiale? ONDERWYSERSNOTA Jy kan die wetenskaplike ondersoek gebruik om die vraag te beantwoord wat jy op die bord geskryf het. Leerders moet met 'n hipotese kom en jy gee dan die apparaat terwyl hulle probeer om die metode self uit te werk om hul hipotese te toets. Moenie uit die handboeke werk nie. Wanneer die leerders 'n kans gehad het om hulle eie ondersoek te ontwerp, kan jy terugkeer na die werkboek. DOELWIT: Om te ondersoek hoe taai verskillende materiale is. APPARAAT (elke groep sal dit benodig) • 1 houer met 'n wye ronde opening (byvoorbeeld groot konfytblik of jogurthouer) • 1 vierkantige vel (20 cm by 20 cm) van elk van die volgende materiale: – koerant – fotostaatpapier – aluminiumfoelie – waspapier – kleefplastiek • 2 dik rekbande om rondom die houer te pas • 'n meterstok of maatband • 'n metaalteelepel 168 Materie en Stowwe

METODE (elke groep moet dit doen) 1. Kies 'n materiaal om te toets. 2. Plaas die materiaal oor die opening van die houer en hou die materiaal in posisie deur 'n rekband te gebruik. Maak seker dat die materiaal plat en stewig is. 3. Hou die bedekte houer langs die meterstok. 4. Hou die teelepel aan die handvatsel 10 cm bokant die opening van die houer. 5. Laat die teelepel regaf op die materiaal val. 6. Teken jou waarnemings aan op die tabel hieronder (is die materiaal beskadig of geskeur?). 7. As die materiaal nie breek nie, herhaal die eksperiment deur die teelepel 20 cm bokant die materiaal te laat val. 8. Hou aan om die hoogte van waar af jy die teelepel laat val, met 10 cm te verhoog totdat die materiaal breek. 9. Verwyder die gebreekte materiaal en vervang dit met 'n ander soort materiaal. 10. Herhaal die eksperiment. RESULTATE EN WAARNEMINGS Teken jou waarnemings aan op die tabel Materiaal Koerant Fotostaatpapier Aluminiumfoelie Waspapier Kleefplastiek Finale valhoogte (cm) Opstelling. Waarnemings Hoofstuk 2. Vastestowwe 169

METODE (elke groep moet dit doen)

1. Kies 'n materiaal om te toets.

2. Plaas die materiaal oor die opening van die houer en hou die

materiaal in posisie deur 'n rekband te gebruik. Maak seker

dat die materiaal plat en stewig is.

3. Hou die bedekte houer langs die meterstok.

4. Hou die teelepel aan die handvatsel 10 cm bokant die opening van

die houer.

5. Laat die teelepel regaf op die materiaal val.

6. Teken jou waarnemings aan op die tabel hieronder (is die

materiaal beskadig of geskeur?).

7. As die materiaal nie breek nie,

herhaal die eksperiment deur

die teelepel 20 cm bokant die

materiaal te laat val.

8. Hou aan om die hoogte van

waar af jy die teelepel laat val,

met 10 cm te verhoog totdat

die materiaal breek.

9. Verwyder die gebreekte

materiaal en vervang dit met 'n

ander soort materiaal.

10. Herhaal die eksperiment.

RESULTATE EN WAARNEMINGS

Teken jou waarnemings aan op die tabel

Materiaal

Koerant

Fotostaatpapier

Aluminiumfoelie

Waspapier

Kleefplastiek

Finale valhoogte

(cm)

Opstelling.

Waarnemings

Hoofstuk 2. Vastestowwe

169

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!