Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Kom ons lees 'n storie om hierdie 'n bietjie beter te probeer verstaan. ONDERWYSERSNOTA Die doel van die volgende aktiwiteit is om die lees- en skryfvaardighede van leerders te verbeter, terwyl op 'n wetenskapskonsep gekonsenteer word. Die konsep van 'n toestandsverandering (smelting) word verduidelik deur middel van 'n storie. Die storie kan hardop deur die onderwyser in die klas gelees word, waarna die leerders in groepe bymekaar kan kom, die storie weer saam kan lees, en dan die vrae wat volg kan antwoord. AKTIWITEIT: Die storie van Mashadu. INSTRUKSIES 1. Lees die storie van Mashadu hieronder. 2. Antwoord die vrae wat volg. Mashadu is 'n seun in Graad 1 in 'n laerskool in 'n klein dorpie waar dit in die somer baie warm word. Hy is mal daaroor om sokker te speel. Na skool gaan hy gereeld na die Thunderbolt Skool om met die Thunderbolt Kids te speel. Hulle hou baie daarvan dat Mashadu saam met hulle speel, al is hy 'n paar jaar jonger, omdat hy baie talentvol is en ook baie pret is en omgee. Mashadu hou veral van Jojo, en hulle speel baie goed as 'n span saam. Een dag na skool besluit Mashadu hy wil iets goeds vir sy vriende, die Thunderbolt Kids, doen deur hulle te verras met koeldrankysies vir wanneer hulle klaar gespeel het. Mashadu koop toe 5 koeldrankysies, een vir homself, en een vir elkeen van die Thunderbolt Kids. Hy plaas die koeldrankysies in 'n bak en plaas ysblokkies om hulle om hulle koud te hou. Mashadu hardloop toe om saam met die ander te gaan sokker speel. Na die spel hardloop Mashadu terug na die bak om die koeldrankysies te gaan haal, maar toe hy daar kom is hy geskok. Die ysies is almal weg! Hy is so ontsteld dat hy begin huil. Die Thunderbolt Kids sien dat Mashadu ontsteld is en hardloop na hom om uit te vind wat verkeerd is. 128 Materie en Stowwe

"Haai Mashadu, wat is verkeerd?! Het jy jouself seergemaak terwyl ons gespeel het?", vra Jojo. "Nee, ek het nie. Ek het vir almal van julle koeldrankysies gekoop as 'n verrassing, maar toe ek nou terugkom om hulle te kom haal was hulle almal weg! Ek dink iemand het hulle gesteel en opgeëet, en net die stokkies gelos! Kyk!", roep Mashadu uit. "O nee, moenie huil nie, Mashadu. Dis nie jou skuld nie, en niemand het hulle gesteel of geëet nie", sê Farrah terwyl sy Mashadu se rug vryf. "Ja, Mashadu, ons het eintlik vandag in die klas geleer wat met jou koeldrankysies gebeur het", sê Sophie, "en ek kan dit aan jou ook verduidelik. Kan jy sien dat jou bak eintlik nie leeg is nie? Daar is 'n vloeistofin dit. En dit het 'n rooi kleur, wat die kleur van jou koeldrankysies was." "Ja, ek sien dit", antwoord Mashadu, "maar hoe het dit dan gebeur?" Tom antwoord, "Jou koeldrankysies het gesmelt as gevolg van die hitte in die lug om ons. Selfs as die son nie so warm was nie, sou hulle gesmelt het! Vir iets om gevries te bly moet dit by 'n baie koue temperatuur wees, soos in 'n vrieskas." "Ja, smelting is wanneer hitte die koeldrankysies in 'n vloeistof verander", antwoord Sophie, "so niemand het die koeldrankysies gesteel nie -hulle het net gesmelt." "O, nou verstaan ek", sê Mashadu, "ek is regtig dom om dit nie te geweet het nie!" "Nee, glad nie, Mashadu! Ons het dit eers vandag in die klas geleer, en ons is al in Graad 4!", lag Farrah. "Ek weet wat ons moet doen!", skree Jojo. "Kom ons gaan dadelik na die snoepie toe. Ek het nog kleingeld en ons kan daarmee weer vir ons almal gevriesde koeldrankysies koop!". Almal hou sommer baie van hierdie plan, veral Mashadu, wat nou weer begin lag het. Die Thunderbolt Kids en Mashadu gaan dadelik snoepie toe, koop weer koeldrankysies en sit onder 'n boom terwyl hulle almal opeet. Hoofstuk 1. Materiale rondom ons 129

Kom ons lees 'n storie om hierdie 'n bietjie beter te probeer

verstaan.

ONDERWYSERSNOTA

Die doel van die volgende aktiwiteit is om die lees- en

skryfvaardighede van leerders te verbeter, terwyl op 'n

wetenskapskonsep gekonsenteer word. Die konsep van 'n

toestandsverandering (smelting) word verduidelik deur middel van

'n storie. Die storie kan hardop deur die onderwyser in die klas

gelees word, waarna die leerders in groepe bymekaar kan kom, die

storie weer saam kan lees, en dan die vrae wat volg kan antwoord.

AKTIWITEIT: Die storie van Mashadu.

INSTRUKSIES

1. Lees die storie van Mashadu hieronder.

2. Antwoord die vrae wat volg.

Mashadu is 'n seun in Graad 1 in 'n laerskool in 'n klein dorpie waar

dit in die somer baie warm word. Hy is mal daaroor om sokker te

speel. Na skool gaan hy gereeld na die Thunderbolt Skool om met

die Thunderbolt Kids te speel. Hulle hou baie daarvan dat Mashadu

saam met hulle speel, al is hy 'n paar jaar jonger, omdat hy baie

talentvol is en ook baie pret is en omgee. Mashadu hou veral van

Jojo, en hulle speel baie goed as 'n span saam.

Een dag na skool besluit Mashadu hy wil iets goeds vir sy vriende,

die Thunderbolt Kids, doen deur hulle te verras met koeldrankysies

vir wanneer hulle klaar gespeel het. Mashadu koop toe 5

koeldrankysies, een vir homself, en een vir elkeen van die

Thunderbolt Kids. Hy plaas die koeldrankysies in 'n bak en plaas

ysblokkies om hulle om hulle koud te hou. Mashadu hardloop toe

om saam met die ander te gaan sokker speel.

Na die spel hardloop Mashadu terug na die bak om die

koeldrankysies te gaan haal, maar toe hy daar kom is hy geskok.

Die ysies is almal weg! Hy is so ontsteld dat hy begin huil. Die

Thunderbolt Kids sien dat Mashadu ontsteld is en hardloop na hom

om uit te vind wat verkeerd is.

128 Materie en Stowwe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!