Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

1 Lewende en nie-lewende dinge 4 SLEUTELVRAE • Wat beteken dit om lewendig te wees? • Wat is 'n nie-lewende ding? Wat beteken dit as iets nie-lewend is? • 'n Rivier lyk of dit beweeg. Kan ons daarom sê dat 'n rivier lewend is? • Is die plante wat ek uit Gogo se tuin eet, lewend of nie-lewend? • Hoe weet ek of die boontjiesade van Gogo se tuin lewend of nie-lewend is? • 'n Hoendereier lyk of dit nie-lewend is, maar dan broei daar 'n kuiken uit. Is die eier lewend of nie-lewend? ONDERWYSERSNOTA Inleiding tot die onderwerp In hierdie eenheid sal leerders leer wat alle lewende dinge in gemeen het. Die fokus moet nie wees op die memoriseer van feite en definisies nie, maar eerder op die aktiwiteite wat prosesseringsvaardighede soos waarnemingsverskille, sortering en klassifisering, beskrywing en tekening gebruik. As onderwyser moet jy die nodige taalkonsepte aanleer wat jy nodig het om oor hierdie konsepte te praat. Selfs as leerders die regte woord gebruik, mag die betekenisse van daardie woord verskil vir elke leerder. Dit is veral belangrik om die wetenskaplike terme vir die sewe lewensprosesse korrek te gebruik en elke proses en die woord se betekenis akkuraat te verduidelik. Alhoewel die meer tegniese terme moontlik toevallig aan leerders bekend gestel kan word, vereis CAPS dat die sewe lewensprosesse as volg genoem word: beweging, voortplanting, sensoriese waarneming, voeding, asemhaling, uitskeiding en groei. Leerders moet hierdie prosesse verstaan en kan onderskei tussen lewende en nie-lewende dinge. Die voorstel is dat onderwysers die woorde

uitstal: knip gekleurde A4-bladsye in die lengte in die helfte, skryf of druk die prosesse op die stroke en plak dit teen die muur in die vorm van 'n breinkaart. Skryf: Die Sewe Lewensprosesse in die middel van die breinkaart. Laat leerders tekeninge van elke proses, ofinteressante feite, byvoeg soos julle elke proses bespreek en voltooi sodoende die breinkaart deur die loop van die afdeling. 1.1 Lewende dinge Daar is verskillende soorte lewende dinge. Dit is maklik om te besluit of sekere dinge lewend of nie-lewend is; sommige ander goed is moeiliker om te klassifiseer as lewend of nie-lewend. AKTIWITEIT: Wat is lewend en wat is nie-lewend? INSTRUKSIES 1. Kyk na hierdie foto's en besluit watter van hierdie dinge jy dink lewend en watter nie-lewend is. 2. Maak 'n langs die lewende dinge en 'n langs die nie-lewende dinge. 3. Bespreek jou keuse met jou klas sodra jy klaar is. Blomme en plante Water en golwe 1 Hoofstuk 1. Lewende en nie-lewende dinge 5

uitstal: knip gekleurde A4-bladsye in die lengte in die helfte, skryf

of druk die prosesse op die stroke en plak dit teen die muur in die

vorm van 'n breinkaart. Skryf: Die Sewe Lewensprosesse in die

middel van die breinkaart. Laat leerders tekeninge van elke proses,

ofinteressante feite, byvoeg soos julle elke proses bespreek en

voltooi sodoende die breinkaart deur die loop van die afdeling.

1.1 Lewende dinge

Daar is verskillende soorte lewende dinge. Dit is maklik om te

besluit of sekere dinge lewend of nie-lewend is; sommige ander

goed is moeiliker om te klassifiseer as lewend of nie-lewend.

AKTIWITEIT: Wat is lewend en wat is nie-lewend?

INSTRUKSIES

1. Kyk na hierdie foto's en besluit watter van hierdie dinge jy

dink lewend en watter nie-lewend is.

2. Maak 'n langs die lewende dinge en 'n langs die

nie-lewende dinge.

3. Bespreek jou keuse met jou klas sodra jy klaar is.

Blomme en plante Water en golwe 1

Hoofstuk 1. Lewende en nie-lewende dinge

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!