Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Wanneer 'n wetenskaplike meer te wete wil kom omtrent iets, stel hy vrae op en probeer dan om die vrae te antwoord deur eksperimente te doen. ONDERWYSERSNOTA Voorbereiding nodig voordat die les aangebied word: Kry al die materiale wat nodig is vir die praktiese aktiwiteit bymekaar voordat die aktiwiteit gedoen word. U kan die leerders vra om van die materiale skool toe te bring, maar wees reg om die materiale te verskaf aangesien leerders nie altyd die nodige hulpbronne het nie, of vergeet om hulle skool toe te bring. Maak seker dat u seep, water, 'n wasbak en afdroogpapier (papierhandoek/rol) bekikbaar het vir die leerders om hulle hande te was na afloop van die praktiese aktiwiteit. Hoe om die les te gee: Gooi omtrent 2 eetlepels van die aanbevole vloeistofin die houer. Verdeel die klas in 5 groepe. Gee aan elke groep 'n verskillende vloeistof, 'n piering en nog 'n houer. Gaan saam met die leerders deur die aktiwiteit en verduidelik aan hulle wat hulle moet doen. Bespreek die veiligheidsreëls en waarsku die leerders om NOOIT aan 'n onbekende vloeistof te proe nie –brandspiritus en paraen is giftig. Stap na elke groep toe, en help die groepe wat nie seker is wat om te doen nie. Laat die leerders hulle hande was nadat hulle die praktiese aktiwiteit voltooi het. Werk deur die konsepdiagramme van die groepe gedurende 'n klasbespreking om seker te maak dat elkeen weet hoe om 'n konsepdiagram te teken. Laat die leerders die vrae in hulle werkboeke op hulle eie doen. Gaan deur die antwoorde in die klas. AKTIWITEIT: Ondersoek die eienskappe van vloeistowwe. MATERIALE (wat benodig word) • water • paraen • baba-olie • vrugtesap 120 Materie en Stowwe

• brandspiritus • 5 klein stukkies lap • 5 houers vir elk van die 5vloeistowwe • 5 ander skoon en leë houers, soos 'n glas, koeldrankbottel, of blikkie • 5 pierings INSTRUKSIES (wat jy moet doen) 1. Werk in groepe. Elke groep MOET 'n verskillende soort vloeistof toets. 2. Kies iemand in jou groep om die vloeistofin 'n houer van die onderwyser af te kry. Elke groep moet ook 'n leë houer en 'n piering van die onderwyser af kry. 3. Antwoord hierdie vrae terwyl jy jou vloeistof bestudeer. Skryf jou antwoorde in die tabel hieronder. MOET NIE AAN DIE VLOEISTOF PROE NIE! • Hoe ruik dit? • Kan jy jou vinger deur dit druk? • Is jou hand droog of nat as jy aan die vloeistof vat? • Kan jy die vloeistof met 'n lap opdroog? 4. Plaas 'n klein hoeveelheid van die vloeistofin die piering en laat dit vir 'n ruk in 'n warm plek. • Was dit maklik om die vloeistof van een houer in 'n ander te gooi? • Kan die vloeistof vloei of uitsprei op 'n piering? • Hoe sal jy die vorm van die vloeistof beskryf? Is dit vas, of neem dit die vorm van die houer aan? • Het die hoeveelheid van die verskillende vloeistowwe dieselfde gebly nadat hulle vir 'n tyd in 'n warm plek gelaat is? 5. WAS JOU HANDE NADAT JY DIE VLOEISTOF HANTEER HET. Waarneming Antwoord Hoe het jou vloeistof geruik? Hoofstuk 1. Materiale rondom ons 121

Wanneer 'n wetenskaplike meer te wete wil kom omtrent iets, stel

hy vrae op en probeer dan om die vrae te antwoord deur

eksperimente te doen.

ONDERWYSERSNOTA

Voorbereiding nodig voordat die les aangebied word:

Kry al die materiale wat nodig is vir die praktiese aktiwiteit

bymekaar voordat die aktiwiteit gedoen word. U kan die leerders

vra om van die materiale skool toe te bring, maar wees reg om die

materiale te verskaf aangesien leerders nie altyd die nodige

hulpbronne het nie, of vergeet om hulle skool toe te bring. Maak

seker dat u seep, water, 'n wasbak en afdroogpapier

(papierhandoek/rol) bekikbaar het vir die leerders om hulle hande

te was na afloop van die praktiese aktiwiteit.

Hoe om die les te gee:

Gooi omtrent 2 eetlepels van die aanbevole vloeistofin die houer.

Verdeel die klas in 5 groepe. Gee aan elke groep 'n verskillende

vloeistof, 'n piering en nog 'n houer. Gaan saam met die leerders

deur die aktiwiteit en verduidelik aan hulle wat hulle moet doen.

Bespreek die veiligheidsreëls en waarsku die leerders om NOOIT

aan 'n onbekende vloeistof te proe nie –brandspiritus en paraen

is giftig. Stap na elke groep toe, en help die groepe wat nie seker is

wat om te doen nie. Laat die leerders hulle hande was nadat hulle

die praktiese aktiwiteit voltooi het. Werk deur die

konsepdiagramme van die groepe gedurende 'n klasbespreking

om seker te maak dat elkeen weet hoe om 'n konsepdiagram te

teken. Laat die leerders die vrae in hulle werkboeke op hulle eie

doen. Gaan deur die antwoorde in die klas.

AKTIWITEIT: Ondersoek die eienskappe van

vloeistowwe.

MATERIALE (wat benodig word)

• water

• paraen

• baba-olie

• vrugtesap

120 Materie en Stowwe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!