Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Dit klink na pret! Ek is klaar opgewonde om te leer hoe om die Tegnologiese Proses te volg om iets te ontwerp en te maak. AKTIWITEIT: Ontwerp en maak 'n skuiling vir wilde voëls. HELP! DIE VOëLS HET JOU NODIG! Baie van die bome in jou dorp is afgekap om plek te maak vir huise en ander geboue. Die voëls wat altyd hul neste in die bome gemaak het, het nou nêrens om hul eiers veilig te lê nie! Daar is baie meer rotte, muise en ander peste in die stad omdat daar minder en minder voëls is om hulle te vang! Dit is omdat baie voëls weggetrek het om veilige plekke te soek waar hulle hul neste kan bou en hul kuikens kan grootmaak. Party voëls het agtergebly en hul nesse op huise se dakke gemaak. Die mense het nie van die gemors wat hulle op hul geboue maak gehou nie, en het die neste vernietig. Ander voëls het op hoë radio- en televisietorings hul neste gemaak, maar dan kon die mense se televisies of radio’s nie ordentlik werk nie, so hulle het die neste vernietig en die voëls weggejaag. Die mense kla oor al die peste in die stad en die voëls wil terugkom, maar het nie 'n veilige plek om neste te bou nie – hulle het jou hulp nodig! In die vorige afdeling het ons van diere se huise geleer. Ons moet hierdie voëls help deur vir hulle 'n huis of 'n plek te maak waar hulle op 'n stok kan gaan sit ,maar ons moet dit ook laat goed lyk vir die mense. ONTWERPSOPDRAG 'n Ontwerpsopdrag is 'n kort beskrywing van wat jy beplan om te 108 Lewe en Lewenswyse

doen. 'n Voorbeeld van so 'n ontwerpsopdrag vir die projek kan wees: "Ontwerp en maak 'n diereskuiling wat deur wilde voëls gebruik kan word." ONDERSOEK Die volgende stap in die ontwerpsproses is om te ondersoek en om navorsing te doen oor die skuiling wat jy wil maak. Ons het dit eintlik reeds in vorige aktiwiteite in die hoofstuk gedoen toe ons na verskillende mensgemaakte skuilings gekyk het. So kom ons begin ontwerp! ONTWERP Ons moet nou 'n diereskuiling ontwerp. Bespreek die volgende vrae wat jou sal help om jou skuiling te beplan en te besluit hoe jou voëlskuiling sal lyk, in jou groep. 1. Wat is die doel van die voëlskuiling? 2. Watter vorm en grootte sal die skuiling wees? 3. Hoe sal die voëls inkom? 4. Wat is die beste materiaal om die skuiling mee te maak? 5. Sal daar 'n plek wees waar die voëls kos en water kan kry? Wanneer ons iets ontwerp is daar sekere goed wat die produk of struktuur wat jy maak moet kan doen of wat dit nie kan doen nie. Hierdie goed word spesifikasies (wat dit moet kan doen) en beperkinge (wat dit nie kan doen nie) genoem. Ons moet eers die spesifikasies van die goed wat jou produk moet kan doen of moet hê vasstel voor ons dit kan ontwerp of begin maak. Jy moet 'n lys maak met al die spesifikasies anders gaan jy dalk 'n fout maak wanneer jy die produk maak. Wanneer ons spesifikasies en beperkinge neerskryf moet ons sekere vrae beantwoord. Jy het reeds van hierdie vrae hierbo beantwoord. Spesifikasies 1. Doel van 'n voëlskuiling. 2. Grootte van 'n voëlskuiling. Hoofstuk 5. Strukture vir diereskuilings 109

doen. 'n Voorbeeld van so 'n ontwerpsopdrag vir die projek kan

wees: "Ontwerp en maak 'n diereskuiling wat deur wilde voëls

gebruik kan word."

ONDERSOEK

Die volgende stap in die ontwerpsproses is om te ondersoek en

om navorsing te doen oor die skuiling wat jy wil maak. Ons het dit

eintlik reeds in vorige aktiwiteite in die hoofstuk gedoen toe ons

na verskillende mensgemaakte skuilings gekyk het.

So kom ons begin ontwerp!

ONTWERP

Ons moet nou 'n diereskuiling ontwerp. Bespreek die volgende

vrae wat jou sal help om jou skuiling te beplan en te besluit hoe jou

voëlskuiling sal lyk, in jou groep.

1. Wat is die doel van die voëlskuiling?

2. Watter vorm en grootte sal die skuiling wees?

3. Hoe sal die voëls inkom?

4. Wat is die beste materiaal om die skuiling mee te maak?

5. Sal daar 'n plek wees waar die voëls kos en water kan kry?

Wanneer ons iets ontwerp is daar sekere goed wat die produk of

struktuur wat jy maak moet kan doen of wat dit nie kan doen nie.

Hierdie goed word spesifikasies (wat dit moet kan doen) en

beperkinge (wat dit nie kan doen nie) genoem.

Ons moet eers die spesifikasies van die goed wat jou produk moet

kan doen of moet hê vasstel voor ons dit kan ontwerp of begin

maak. Jy moet 'n lys maak met al die spesifikasies anders gaan jy

dalk 'n fout maak wanneer jy die produk maak.

Wanneer ons spesifikasies en beperkinge neerskryf moet ons sekere

vrae beantwoord. Jy het reeds van hierdie vrae hierbo beantwoord.

Spesifikasies

1. Doel van 'n voëlskuiling.

2. Grootte van 'n voëlskuiling.

Hoofstuk 5. Strukture vir diereskuilings

109

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!