Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

proses en die stappe wat hulle moet volg. Dit is dalk die beste as leerders in groepe werk sodat hulle kan bespreek wat hulle moet doen, veral aangesien dit hul eerste keer is wat hulle iets moet ontwerp. Die opvoedkundige waarde van Tegnologie lê in die navorsing, oorweging en ontwerp wat kinders moet doen. Tegnologie het as doel om leerders bevoeg te maak; bevoegdheid beteken dat leerders se vermoë om te dink te oorweeg omgesit word in iets doen en iets voltooi. Wanneer hulle nuwe wetenskaplike kennis aanleer, het die leer 'n doel: hulle moet die kennis gebruik om goeie ontwerpe te maak. Wanneer hulle 'n goeie produk gemaak het, moet hulle vir jou kan verduidelik waarom hulle die produk op daardie manier ontwerp het (selfs al kon hulle dit nie maak soos hulle beplan het nie). Daar vind dus baie belangrike leer tydens 'n Tegnologie-projek plaas, en jy moet jou leerders deur al die stadiums van leer lei. As jy 'n opgeleide tegnologie-onderwyser is, sal jy die NCS-patroon van tegnologie projekte herken – onthou jy OOMEK? O staan vir Ondersoek – as jy die probleem wat mense het moet ondersoek, bestaande produkte moet ondersoek en ook die konsepte en vaardighede wat jy sal nodig hê om die probleem op te los te ondersoek. Die tweede O is vir Ontwerp – dit beteken dat jy dit wat jy geleer het uit jou ondersoek moet gebruik om aan goeie maniere te dink om die probleem op te los. (Vir hierdie projek sal die Tegnologiese proses stop na die ontwerp en die skets, maar jy kan vir leerders sê wat volgende sou kom sodat hulle later in die jaar wanneer julle wel die stappe gaan toepas, reeds vertroud is daarmee.) M is vir Maak – wanneer jy jou model maak, gebruik jy materiale en gereedskap, jy laat jou model mooi lyk en jy wys vir jou onderwyser wat jy deur jou ondersoek geleer het. E is vir Evaluering – nadat jy jou model gemaak het om die probleem op te los, moet jy 'n paar vrae vra: werk dit? Is dit wat mense wil hê? Kon ek 'n beter een gemaak het? K is vir Kommunikasie – jy moet vir ander mense wys hoe jy besluit het op die oplossing vir jou probleem. Jy moet jou idees neerskryf 106 Lewe en Lewenswyse

en sketse maak. Wanneer leerders nuwe idees kry, wil hulle dit graag neerskryf –dit is 'n groot voordeel van tegnologie in skole. 'n Tegnologie-projek gee kinders 'n rede om te lees en te skryf. En so – en dit is belangrik –kan ons die geletterdheidsprobleem deur wetenskap en tegnologie oplos. Die tegnologiese proses Wanneer ons produkte en strukture ontwerp en maak, is daar 'n spesiale manier om dit te doen. Ons noem dit die Tegnologiese proses. Die Tegnologiese proses help jou om produkte te ontwerp en te maak. Ons gebruik die Tegnologiese proses om 'n spesifieke probleem te ondersoek. Ons gebruik dan hierdie inligting om 'n ontwerp te maak en iets te maak om die probleem te probeer oplos. Terwyl ons aan die ontwerp werk en die produk maak, moet ons dit die heeltyd evalueer om te kyk of dit werk en of dit doen wat ons wil hê dit moet doen. Ons praat ook met ons vriende en ander mense wat saam met ons werk. Ons vertel vir hulle wat ons beplan en verduidelik hoe ons dit wil ontwerp en die produk wil maak. Baie mense gebruik elke dag die tegnologiese proses. As jy iets wil ontwerp of maak om 'n probleem op te los, kan jy dit ook gebruik. Die Tegnologiese Proses het 5stappe: 1. Ondersoek 2. Ontwerp 3. Maak 4. Evalueer 5. Kommunikeer Wanneer ons 'n Tegnologie-projek in Natuurwetenskap en Tegnologie doen, sal ons hierdie stappe volg. Kom ons gebruik die Tegnologiese Proses om 'n paar voëls in jou gebied te help! Onthou, jy moet begin deur eers die probleem te identifiseer en dan kan jy begin ontwerp en 'n oplossing vind. Hoofstuk 5. Strukture vir diereskuilings 107

en sketse maak. Wanneer leerders nuwe idees kry, wil hulle dit

graag neerskryf –dit is 'n groot voordeel van tegnologie in skole. 'n

Tegnologie-projek gee kinders 'n rede om te lees en te skryf. En so

– en dit is belangrik –kan ons die geletterdheidsprobleem deur

wetenskap en tegnologie oplos.

Die tegnologiese proses

Wanneer ons produkte en strukture ontwerp en maak, is daar 'n

spesiale manier om dit te doen. Ons noem dit die Tegnologiese

proses. Die Tegnologiese proses help jou om produkte te ontwerp

en te maak.

Ons gebruik die Tegnologiese proses om 'n spesifieke probleem te

ondersoek. Ons gebruik dan hierdie inligting om 'n ontwerp te

maak en iets te maak om die probleem te probeer oplos. Terwyl

ons aan die ontwerp werk en die produk maak, moet ons dit die

heeltyd evalueer om te kyk of dit werk en of dit doen wat ons wil

hê dit moet doen. Ons praat ook met ons vriende en ander mense

wat saam met ons werk. Ons vertel vir hulle wat ons beplan en

verduidelik hoe ons dit wil ontwerp en die produk wil maak.

Baie mense gebruik elke dag die tegnologiese proses. As jy iets wil

ontwerp of maak om 'n probleem op te los, kan jy dit ook gebruik.

Die Tegnologiese Proses het 5stappe:

1. Ondersoek

2. Ontwerp

3. Maak

4. Evalueer

5. Kommunikeer

Wanneer ons 'n Tegnologie-projek in Natuurwetenskap en

Tegnologie doen, sal ons hierdie stappe volg.

Kom ons gebruik die Tegnologiese Proses om 'n paar voëls in jou

gebied te help! Onthou, jy moet begin deur eers die probleem te

identifiseer en dan kan jy begin ontwerp en 'n oplossing vind.

Hoofstuk 5. Strukture vir diereskuilings

107

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!