inhoudsopgawe
inhoudsopgawe
inhoudsopgawe
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
LEEREENHEID 4

66

a. Die invloed van die ioniese karakter en suur / basissterkte (pKa) van die geneesmiddel

(suur of basis) en die pH van die fisiologiese omgewing op geneesmiddeloplosbaarheid;

b. Die verband tussen graad van ionisasie en absorpsie;

c. Die invloed van die oplosbaarheid (water- en lipiedoplosbaarheid) van die geneesmiddel

op die proses;

d. Die vergelykings van toepassing op die absorpsieproses. [AULT., pp.293-295]

22. Dui aan (en verduidelik) in watter area van die SVK behoort (i) swak suur geneesmiddels en (ii)

swak basiese geneesmiddels die beste geabsorbeer te word (gegrond op teoretiese

beginsels).

23. Verduidelik waarom die swak suur geneesmiddels in praktyk beter uit die dunderm as uit die

maag geabsorbeer word.

24. Verduidelik hoe „n langer verblyfstyd in die maag die absorpsie van swak basiese

geneesmiddels in die SVK kan verbeter.

25. Verduidelik hoe soutvorming die absorpsie van geneesmiddels in die SVK verbeter.

26. Verduidelik waarom die vorming van hidrochloriedsoute van swak basiese geneesmiddels

die absorpsie van die geneesmiddel in die SVK kan verlaag.

27. Verduidelik die volgende oënskynlike teenstrydigheid: “Geneesmiddels moet opgelos wees om

deur passiewe diffusie uit die SVK geabsorbeer te word. Ten einde die oplosbaarheid van ʼn

swak elektroliet te verbeter, moet die graad van ionisasie daarvan verhoog word (bv. deur

soutvorming), maar slegs ongeïoniseerde, opgeloste geneesmiddelmolekules kan deur die

SVK-membraan beweeg (geabsorbeer word) en sodoende in die bloedstroom beland (dus

biologiese beskikbaar wees).”

28. Verduidelik hoe die oplosbaarheid van swak suur en swak alkaliese geneesmiddels verander

soos wat die geneesmiddels deur die SVK beweeg (vanaf die maag na die dunderm tot in die

dikderm). Verduidelik watter fisiologiese veranderinge ondervind die geneesmiddels in die

verskillende areas en watter invloed het hierdie veranderinge op hul oplosbaarheid en

absorpsie.

29. Gebruik die voorbeeld van chloordiasepoksied (ʼn swak wateroplosbare, swak alkaliese

geneesmiddel) en sy soute (hidrochloried-; bensoaat- en asetaatsoute) om die effek van

soutvorming op die oplosbaarheid en absorpsie van dié geneesmiddel in die maag en dunderm

te verduidelik. [AULT., p.341]