02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LEEREENHEID 4

64

INLIGTING:

Die ontwerp en ontwikkeling van medisyne vir orale gebruik verg deeglike beplanning ten einde ʼn

terapeuties-effektiewe produk te verseker. Suksesvolle ontwerp van orale doseervorme vereis ʼn

deeglike kennis van basiese fisies-chemiese beginsels (soos ionisasie van ioniese verbindings en

oplosbaarheid), eienskappe van vaste stowwe, stabiliteit en afbraakmeganismes van

geneesmiddels, biofarmaseutika (en farmakokinetika) en fisiologiese en anatomiese kenmerke

van die verskillende roetes beskikbaar vir geneesmiddel toediening/aflewering.

Voorkennis van belang sluit in:

Kennis oor oplossings en oplosbaarheid (insluitend dissolusie en dissolusietempo van

vastestowwe) [AULT, pp.17-20];

Kristaleienskappe (polimorfisme en solvasie) [AULT, pp.26-27];

Gemeenskaplike ioon-effek [AULT, p.27];

Eienskappe van oplossings (insluitend die ionisasie van elektroliete en die invloed van pKa

en pH op oplosbaarheid) [AULT, pp.35-38];

Stabiliteit van geneesmiddels (en afbraakmeganismes);

Biofarmaseutika, biobeskikbaarheid en farmakodinamika [AULT, pp.226-269 & pp.286-

295];

Absorpsie van geneesmiddels vanuit die SVK [AULT, pp.270-285].

Indien u probleme ondervind om enige van die leeraktiwiteite in hierdie leergedeelte te

beantwoord kan u bogenoemde studiemateriaal raadpleeg.

OPMERKING/STELLING:

Biofarmaseutiese faktore, naamlik geneesmiddelabsorpsie, metabolisme, verspreiding en

eliminasie [ADME] speel „n baie belangrike rol in die uiteindelike sukses van orale terapie.

Geneesmiddelfaktore, veral oplosbaarheid en stabiliteit, is verdere faktore wat die geskiktheid

van die orale roete vir die behandeling van siektetoestande beïnvloed, terwyl

geneesmiddeleienskappe ook „n bepalende rol speel in die keuse van die tipe orale doseervorm.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!