02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

e. Vergelyking wat lineêre verloop voorstel

f. Verband tussen helling van lineêre lyn en tempokonstante

g. Halfleeftydsvergelyking (lei af uit tempovergelyking)

h. Rakleeftydsvergelyking, d.i. tyd tot C = 90%*C0 (Lei af uit tempovergelyking)

LEEREENHEID 3

3. Defineer/verduidelik die term: “halfleeftyd” soos van toepassing op geneesmiddelafbraakreaksies.

4. Werk noukeurig deur voorbeeld 7.1 (pp.100-101) en maak seker dat u data op hierdie wyse grafies kan

voorstel (hetsy in ln- of log-vorm). Maak ook seker dat u berekeninge uit die grafiek kan doen, soos bv.

bepaling van die tempokonstante van die reaksie, die halfleeftyd van die reaksie, en bepalings van tyd

en konsentrasie uit die grafiek (bv. die hoeveelheid cps na 75 minute of die tyd wat dit sal duur totdat

die cps telling tot 20 gedaal het).

5. Skryf die vergelyking neer wat die data in figuur 7.1 (p.101) voorstel (in die formaat y = mx + c, maar

vervang die veranderlikes en konstantes met waardes uit die grafiek).

6. Identifiseer die eerste-orde reaksies in die onderstaande voorbeelde:

i. Die tempokonstante van die reaksie is konstant.

ii. Die halfleeftyd van die reaksie is onafhanklik van die aanvanklike geneesmiddelkonsentrasie.

iii. Die halfleeftyd van die reaksie is direk eweredig aan die aanvanklike geneesmiddelkonsentrasie.

iv. ʼn Grafiek van geneesmiddelkonsentrasie as funksie van tyd toon ʼn lineêre verloop.

v. ʼn Grafiese voorstelling van die verandering van geneesmiddelkonsentrasie as funksie van tyd toon

in hiperboliese verloop.

vi. Die tempo van die reaksie neem af met tyd.

vii. Die eenheid van die tempokonstante is uur -1 .

viii. Die eenheid van die tempokonstante is mg.ml -1 .uur -1 .

ix. Reaksie: A produkte; Reaksietempo = konstante.

x. Reaksie: A + B produkte; Reaksietempo [A].

xi. Reaksie: X + Y produkte; Reaksietempo = k.[X].[Y].

xii. Reaksie: A produkte; Reaksietempo = k.[A].

7. Verduidelik die verloop van eerste-orde reaksies aan die hand van die botsingsteorie.

8. Die aanvanklike geneesmiddelkonsentrasie in ʼn produk is 125 mg/5 ml. Twee maande later toon

analise van die produk ʼn intakte geneesmiddelkonsentrasie van 86% van die aanvanklike potensie.

Bereken die tempokonstante van die afbraak van die geneesmiddel indien die afbraaktempo van die

geneesmiddel eweredig is aan die geneesmiddelkonsentrasie. [Antw.: 0.0754 maande -1 ]

9. Die afbraaktempokonstante van die geneesmiddel in ʼn waterige oplossing is 0.0065 dae -1 . Bereken (i)

die aanvanklike geneesmiddelkonsentrasie indien daar na 6 weke 118.00 mg.5 ml -1 intakte

geneesmiddel in die produk is; (ii) die halfleeftyd van die afbraakreaksie en (iii) die tyd wat dit sal duur

totdat daar slegs 40% intakte geneesmiddel in die oplossing teenwoordig is. *Antw’e: (i) 155.03 mg.5

ml -1 ; (ii)106.62 dae; (iii) 141 dae]

10. (i) Stel die afbraakdata vir ;’n geneesmiddel data in die onderstaande tabel grafies voor en identifiseer

die orde van die reaksie. (ii) Transformeer die data sodat dit ʼn reglynige lyn lewer en stel dit grafies

voor. (iii) Bereken die tempokonstante uit die grafiek in (ii).

Tyd (weke): 0 2 5 9 12 15

Konsentrasie (mg.5 ml -1 ): 300.00 229.322 153.262 89.554 59.851 40.000

11. Die volgende vergelyking beskryf die reguitlyn wat die eerste-orde afbraakdata van ʼn geneesmiddel in

ʼn waterige oplossing by 20 C voorstel:

y = -0,007564x + 2.39794.

45

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!