02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ALGEMENE INLIGTING

Ek hoop van harte dat jy hierdie module besonder interessant, leersaam en van besondere waarde sal

vind en dat die kennis, insig, vaardighede en ervaring wat jy hierin gaan opdoen eendag van jou ʼn

uiters bekwame en unieke lid van die gesondheidspan sal maak wat ‟n besondere bydrae tot

gesondheidsorg in Suid-Afrika lewer, ongeag in watter area van die aptekersprofessie jy jou ook al

gaan vestig.

SAMESTELLING VAN DIE MODULE

Die module is saamgestel uit (i) bepaalde basiese beginsels van produkontwikkeling wat vir alle

doseervorme geld en (ii) die ontwerp, formulering, vervaardiging en evaluering van orale vaste

doseervorme.

Die term produkontwikkeling impliseer al die prosesse betrokke by die verwerking van geneesmiddels

tot medisyne, en sluit in preformulering, formulering, vervaardiging, evaluering (insluitend

stabiliteitstoetsing), verpakking en die definiëring van die korrekte bewarings- en gebruiksaanwysings.

Die kennis, ervaring, insig en vaardighede wat jy hier opdoen, sal jou help met die ontwerp en

ontwikkeling van al die doseervorme wat in hierdie module en volgende modules (FMSG321,

FMSG411 en FMSG422) bestudeer gaan word.

PLEK VAN HIERDIE MODULE IN DIE PROGRAM

Kennis oor medisyne is een van die vereistes en basiese, onderskeidende kenmerke van die apteker.

Hierdie kennis behels nie net advieslewering oor die korrekte gebruiks- en bewaringsaanwysings van

medisyne nie, maar ook kennis en vaardighede oor die samestelling (formulering), vervaardiging en

kwaliteit van medisyne ten einde die pasiënt te kan verseker van die effektiwiteit en veiligheid van die

medikasie en om die korrekte keuse te kan maak van die beste produk vir die behandeling van ʼn

bepaalde siektetoestand om sodoende die optimale uitkoms van geneesmiddelterapie te help

verseker.

Ten einde jou in staat te stel om as bewaker op te tree oor die gehalte, effektiwiteit, betroubaarheid en

veiligheid van medisyne, asook om as ingeligte en bekwame adviseur op te tree oor die korrekte

keuse, bewaring en gebruik van medisyne, en om jou te help om medeverantwoordelikheid te aanvaar

vir die korrekte en optimale uitkoms van geneesmiddelterapie, neem hierdie module jou eerstens op

die pad deur die totale ontwikkelingsproses van medisyne, vanaf die geneesmiddel tot die uiteindelike

produk.

Vervolgens fokus die uitkomste van hierdie module op die ontwerp, ontwikkeling (formulering,

vervaardiging en toetsing) en korrekte gebruiks- en bewaringsaanwysings van die mees algemene

tipe doseervorm, naamlik orale vaste doseervorme.

Hierdie module bou op voorafgaande modules waarin jy kennis gemaak het met toepaslike

farmaseutiese berekeninge (FCAG121) en die basiese fisies-chemiese beginsels van Farmaseutika in

toebereiding en reseptering van medisyne (FMSG211) en biofarmaseutika en farmakokinetika

(FMSG222) waarin jy geleer het van die absorpsie van geneesmiddels, die bepaling van die snelheid

en mate van geneesmiddelabsorpsie en faktore wat geneesmiddelabsorpsie beïnvloed.

vi

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!