02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LEEREENHEID 2

Bewaringsvereistes sluit in beide die kondisies (toestande) waaronder die medisyne bewaar moet

word, asook die tipe houer waarin dit gestoor moet word. Biologiese produkte (sluit in: vaksines vir

immunisering, antibiotika, hormone, ens.) is uiters sensitief vir ekstreme temperature en

blootstelling aan hitte of vriesing kan lei tot deaktivering van hierdie produkte. Die produkte moet

regdeur hul rakleeftyd by lae temperature (dus in ʼn yskas) bewaar word, terwyl daar dikwels ook

voorkom moet word dat die produkte gevries word. Die bewaringstoestande (insluitend tydens

vervoer na apteke, hospitale en klinieke en berging tot en met gebruik) vereis dus spesiale

voorsorgmaatreëls. Sodanige hantering van die tipe produkte staan bekend as die koue-ketting

(“cold-chain”).

Dit is die apteker se plig om pasiënte in te lig oor die bewaringsvereistes vir bepaalde produkte, en

om hul attent te maak op die potensiële gevare van afwyking van die voorgeskrewe

bewaringsvereistes en -toestande.

Bestudeer die onderstaande studiemateriaal aandagtig en voltooi dan die daaropvolgende

leeraktiwiteite:

LB, 3:62-72.

BP/USP.

OPMERKING/STELLING:- Die korrekte bewaring van medisyne speel net so ‘n belangrike rol in die

behoud van die stabiliteit, integriteit en veiligheid van medisyne as die noukeurige formulering,

vervaardiging en verpakking daarvan. Die rakleeftyd en vervaldatum van medisyne is direk

gekoppel aan die bewaring van die medisyne by die korrekte toestande tydens die volle rakleeftyd

van die produkte.

1. Verduidelik waarom die korrekte (aanbevole) bewaringskondisies van medisyne belangrik en

noodsaaklik is.

2. Verduidelik wat word met die volgende bewaringstoestande bedoel:

a. “beskerm teen oormatige hitte”;

b. “bewaar in ʼn koel omgewing”;

33

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!