inhoudsopgawe

inhoudsopgawe inhoudsopgawe

v.sgsync.lnx1.nwu.ac.za
from v.sgsync.lnx1.nwu.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

LEEREENHEID 2 32 BEWARINGSTOESTANDE Dit behoort jou ongeveer 2 ure te neem om hierdie leereenheid te voltooi en die uitkomste te bereik. Na voltooiing van hierdie leereenheid moet jy instaat wees om: 1. die rol van bewaringstoestande in die versekering en behoud van die integriteit (gehalte, effektiwiteit en veiligheid) van medisyne kan verduidelik. 2. Die aanbevole/voorgestelde bewaringskondisies vir medisyne volgens die etiket en die BP/USP korrek te kan interpreteer en in die praktyk te kan toepas. 3. inligting aangaande die praktiese implikasies van die aanbevole/vereiste bewaringstoestande vir medisyne (en verwante produkte) effektief en duidelik aan pasiënte te kan kommunikeer/verduidelik (en die gevare kan beklemtoon indien medisyne nie korrek bewaar word nie). 4. die konsep van die koue-ketting bewaring en hantering van medisyne kan begryp/verduidelik/implimenteer. 5. die koue-ketting konsep in die praktyk te kan toepas/monitor, met verwysing na voorbeelde van medisinale produkte wat volgens hierdie konsep hanteer word. 6. die regulasies met betrekking tot die hantering van vaksiennes volgens die koue-ketting konsep kan verduidelik/toepas.

LEEREENHEID 2 Bewaringsvereistes sluit in beide die kondisies (toestande) waaronder die medisyne bewaar moet word, asook die tipe houer waarin dit gestoor moet word. Biologiese produkte (sluit in: vaksines vir immunisering, antibiotika, hormone, ens.) is uiters sensitief vir ekstreme temperature en blootstelling aan hitte of vriesing kan lei tot deaktivering van hierdie produkte. Die produkte moet regdeur hul rakleeftyd by lae temperature (dus in ʼn yskas) bewaar word, terwyl daar dikwels ook voorkom moet word dat die produkte gevries word. Die bewaringstoestande (insluitend tydens vervoer na apteke, hospitale en klinieke en berging tot en met gebruik) vereis dus spesiale voorsorgmaatreëls. Sodanige hantering van die tipe produkte staan bekend as die koue-ketting (“cold-chain”). Dit is die apteker se plig om pasiënte in te lig oor die bewaringsvereistes vir bepaalde produkte, en om hul attent te maak op die potensiële gevare van afwyking van die voorgeskrewe bewaringsvereistes en -toestande. Bestudeer die onderstaande studiemateriaal aandagtig en voltooi dan die daaropvolgende leeraktiwiteite: LB, 3:62-72. BP/USP. OPMERKING/STELLING:- Die korrekte bewaring van medisyne speel net so ‘n belangrike rol in die behoud van die stabiliteit, integriteit en veiligheid van medisyne as die noukeurige formulering, vervaardiging en verpakking daarvan. Die rakleeftyd en vervaldatum van medisyne is direk gekoppel aan die bewaring van die medisyne by die korrekte toestande tydens die volle rakleeftyd van die produkte. 1. Verduidelik waarom die korrekte (aanbevole) bewaringskondisies van medisyne belangrik en noodsaaklik is. 2. Verduidelik wat word met die volgende bewaringstoestande bedoel: a. “beskerm teen oormatige hitte”; b. “bewaar in ʼn koel omgewing”; 33

LEEREENHEID 2

32

BEWARINGSTOESTANDE

Dit behoort jou ongeveer 2 ure te neem om hierdie leereenheid te voltooi en die

uitkomste te bereik.

Na voltooiing van hierdie leereenheid moet jy instaat wees om:

1. die rol van bewaringstoestande in die versekering en behoud van die integriteit (gehalte,

effektiwiteit en veiligheid) van medisyne kan verduidelik.

2. Die aanbevole/voorgestelde bewaringskondisies vir medisyne volgens die etiket en die

BP/USP korrek te kan interpreteer en in die praktyk te kan toepas.

3. inligting aangaande die praktiese implikasies van die aanbevole/vereiste bewaringstoestande

vir medisyne (en verwante produkte) effektief en duidelik aan pasiënte te kan

kommunikeer/verduidelik (en die gevare kan beklemtoon indien medisyne nie korrek bewaar

word nie).

4. die konsep van die koue-ketting bewaring en hantering van medisyne kan

begryp/verduidelik/implimenteer.

5. die koue-ketting konsep in die praktyk te kan toepas/monitor, met verwysing na voorbeelde

van medisinale produkte wat volgens hierdie konsep hanteer word.

6. die regulasies met betrekking tot die hantering van vaksiennes volgens die koue-ketting

konsep kan verduidelik/toepas.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!