02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LEEREENHEID 1

20

OPMERKING/STELLING:- Fisiese eienskappe van geneesmiddels (soos hul oplosbaarheid en

kristaleienskappe) speel ‘n belangrike rol in hul gedrag in formulerings en in die liggaam na

toediening.

Swak wateroplosbare geneesmiddels besit altyd die moontlikheid om in die bepaalde areas van die

SVK uit te presipiteer as gevolg van pH-veranderinge, en kondisies in die SVK het ‘n groot invloed op

hierdie aspek. Een van die belangrikste verskynsels wat in gedagte gehou moet word tydens die

formulering van swak wateroplosbare geneesmiddels en hul soute is die gemeenskaplike ion-effek.

Die voorkoms van verskille in die kristalstruktuur van ‘n geneesmiddel (bekend as polimorfisme) is

van besondere belang tydens fdie formulering en vervaardiging van medisyne, veral as gevolg van

die verskille in die fisiese en chemise gedrag van verskillende polimorfe van dieselfde geneesmiddel.

36. Verduidelik die verskynsel van die gemeenskaplike ioon-effek en bespreek die farmaseutiese belang

van die verskynsel. [AULT, p.27; pp.346-347]

37. Verduidelik die verskynsel van “polimorfisme” en bespreek die farmaseutiese belang van hierdie

verskynsel tydens produkontwerp en -ontwikkeling. [AULT, pp.111-113; pp.347-349]

OPMERKING/STELLING:- Die fisiese en chemiese stabiliteit van geneesmiddels (in hul suiwer

vorm en in doseervorms) speel ‘n baie belangrike rol tydens produkontwerp en ontwikkeling, en

veral tens opsigte van die keuse van die geskikste doseervorm vir die betrokke geneesmiddel.

Inligting oor die stabiliteitseienskappe van die geneesmiddel in verskillende doseervorms kan ook

bepalend wees ten opsigte van die rakleeftyd van die finale produk.

38. Bespreek die belang van kennis oor die chemiese en fisiese stabiliteit van geneesmiddels tydens

produkontwerp met verwysing na (i) redes waarom kennis oor hierdie eienskappe van die

geneesmiddel belangrik is; (ii) chemiese afbraakmeganismes, (iii) faktore wat die tempo van

geneesmiddelafbraak beïnvloed en metodes om hierdie tempo te kwanitifiseer en (iv) metodes om

geneesmiddels/doseervorms te stabiliseer (m.a.w. metodes om geneesmiddelafbraak te

voorkom/beperk). [AULT, pp.351-354]

OPMERKING/STELLING:- Die meeste geneesmiddels is vastestowwe (farmaseutiese poeiers) en hul

fisiese eienskappe (soos deeltjievorm, deeltjiegrootte en deeltjiegrootteverspreiding, digtheid, vloei-

en saampersbaarheidseienskappe, ens) speel ook ‘n belangrike rol tydens bepaling van geskikte

doseervorms (veral vaste doseervorms). Bepaling van die ware fisiese poeiereienskappe van

geneesmiddels is noodsaaklike kennis tydens doseervormontwerp en produkontwikkeling.

39. Wat is die toepassing van mikroskopie tydens preformuleringstudies? [AULT, pp.354-355]

40. Watter poeier-eienskappe van geneesmiddels moet tydens preformuleringstudies ondersoek /

bepaal word en waarom? [AULT, pp.355-357]

41. Watter inligting oor poeiergedrag (geneesmiddel in die vastetoestand) kan uit

saampersbaarheidstudies bepaal word en watter invloed het dit op produkontwerp en -

ontwikkeling? [AULT, pp.357-358; pp.466-467]

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!