02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LEEREENHEID 1

23. Skryf vergelykings neer vir die berekening van die totale of versadigingsoplosbaarheid van (i) swak

suur geneesmiddels en (ii) swak basiese geneesmiddels in waterige oplossings as funksie van die pKa

(van die geneesmiddel) en die pH (van die oplossing).

24. Verduidelik/omskryf die term “intrinsieke oplosbaarheid [C0+” van geneesmiddels en dui aan by

watter pH van waterige oplossings sal (i) swak sure en (ii) swak basisse hierdie oplosbaarheid

bereik/vertoon.

OPMERKING/STELLING:- Die wateroplosbaarheid van geneesmiddels is belangrik vanuit beide ʼn

formulerings- en terapeutiese oogmerk Sommige geneesmiddels toon inherente swak

oplosbaarheidseienskappe wat uiteindelik kan lei tot biobeskikbaarheidsprobleme. Soutvorming

bied die moontlikheid vir die verbetering van die wateroplosbaarheid van sommige water

onoplosbare of swak wateroplosbare geneesmiddels sonder dat die terapeutiese effek van die

moederverbinding (geneesmiddel) nadelig beïnvloed word.

25. Verskaf die waarde van die oplosbaarheidslimiet (mg/ml) van geneesmiddels wat soutvorming vereis.

[AULT, p.339]

26. Gee ‘n eenvoudige verduideliking hoe geneesmiddelsoute berei word. [AULT, p.340]

27. Noem die teoreties-moontlike kombinasies vir die bereiding van soute. Dui aan watter kombinasies

nie moontlik sou wees vir die bereiding van geneesmiddelsoute nie.

28. Noem die vereiste ten opsigte van die pKa-waardes van die geneesmiddel en die suur of basis

waarmee dit gekombineer word ten einde soutvorming moontlik te maak?

29. Wat kan in sommige gevalle nadelig wees as sterk sure of sterk basisse gebruik word om soute van

swak elektroliet geneesmiddels te berei?

30. Noem voorbeelde van ione (sg. “counter ions”) wat gebruik word om alkaliese soute van swak suur

geneesmiddels te berei en gee voorbeelde van die verbindings waaruit hierdie ione afkomstig is.

31. Noem voorbeelde van ione (sg. “counter ions”) wat gebruik word om suursoute van swak alkaliese

geneesmiddels te berei en gee voorbeelde van die verbindings waaruit hierdie ione afkomstig is.

32. Identifiseer die moedergeneesmiddel in die volgende soute en dui aan of die geneesmiddelsout ʼn

suur of alkaliese sout is.

Natriumfenitoïen; Chloordiasepoksiedhidrochloried; Kaffeïensitraat; Kaliumpenisillien;

Doksisiklienasetaat en Natriumsulfatiasool.

33. Dui aan (en verduidelik) wat die effek op die pH van waterige oplossings sal wees as (i) suur

geneesmiddelsoute en (ii) alkaliese geneesmiddelsoute oplos en skryf telkens vergelykings neer vir

die bepaling van die pH van waterige oplossings van suur en alkaliese soute van geneesmiddels.

34. Verduidelik waarom die soute van geneesmiddels beter wateroplosbaarheid toon as die

moedergeneesmiddel.

35. Gebruik die algemene dissolusievergelyking (sien vergelyking hieronder) en verduidelik waarom die

sout van geneesmiddels ʼn vinniger dissolusietempo sal lewer as die moedergeneesmiddel.

19

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!