02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LEEREENHEID 1

maar dit is egter noodsaaklik dat jy die ineenskakeling van verskillende vakterreine tydens

produkontwerp en produkformulering moet kan raaksien. Sommige onderwerpe sal ook later in

hierdie module (volgende leereenhede) aandag kry.

ʼn Oorsigtelike begrip van watter eienskappe van die geneesmiddel bekend moet wees voordat

formulering gedoen kan word, en hoe hierdie inligting kan help om die geskikste doseervorm te

kies, is belangriker as detail kennis. Dit mag ook moontlik wees dat sommige van die inligting in

die hoofstuk gebou is op die veronderstelling dat jy reeds ʼn voorkennis het van sekere ander

grondbeginsels. Indien jy voel dat jy nie oor die basiese agtergrondkennis oor bepaalde

onderwerpe beskik nie, sal dit nodig (en noodsaaklik) wees om hierdie agtergrondinligting weer op

te skerp. Die meeste van die basiese agtergrondkennis waarop gebou word, word in ander

hoofstukke in die handboek behandel (met verwysings daarna in die teks). Indien jy sekere van

hierdie grondbeginsels nie verstaan nie, is dit jou plig om my daaromtrent te vra sodat ons weer

vinnig ʼn “verfrissingslesing” daaroor kan inwerk.

Spesifieke onderwerpe wat jy reeds mee te doen gekry het (en dus ʼn basiese kennis en begrip oor

moet hê) sluit in:

Die konsep van swak elektroliete (swak sure en basisse) en die invloed van pH op hul

oplosbaarheid;

Soutvorming;

Die konsep van dissolusie;

Die basiese beginsels van geneesmiddelabsorpsie (veral uit die SVK) en die invloed van die

fisiese en chemiese eienskappe van die geneesmiddel op dié proses.

Onthou asseblief, hierdie leerafdeling vorm die basis van leerafdeling 2 (Ontwerp, formulering,

vervaardiging en toetsing van orale vaste doseervorme), terwyl jy ook in FMSG321, FMSG411 en

FMSG422 weer met aspekte hiervan te doen gaan kry. Maak dus seker dat jy die nodige kennis

nou reeds vaslê – dit gaan jou beslis later handig te pas kom.

15

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!