02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LEEREENHEID 1

14

10. die oorsake en gevolge van chemies onstabiliteite by geneesmiddels en fisiese onstabiliteite

van doseervorms kan noem/bespreek en die belang van kennis oor die chemiese stabiliteit

van geneesmiddels tydens produkontwerp en -vervaardiging kan verduidelik.

11. Die toepassing van mikroskopie tydens preformulering kan verduidelik;

12. die fisiese eienskappe van poeiers te kan noem en die belang van kennis oor die gedrag van

poeiers tydens produkontwerp kan verduidelik.

Preformulering is die eerste fase van produkontwikkeling waartydens alle relevante inligting oor

die geneesmiddel, die doseervorm waarin die geneesmiddel verwerk gaan word en enige ander

aspek relevant tot die suksesvolle vervaardiging van die produk ingewin word. In die geval van ‟n

nuwe chemiese entiteit, wat nog nie as geneesmiddel in enige doseervorm verwerk is nie, moet

alle inligting rakende die fisies-chemiese en farmakologiese eienskappe van die geneesmiddel in

navorsingslaboratoria bepaal word. Vir bekende geneesmiddels kan al hierdie inligting in

verwysingsbronne, vakhandboeke, navorsingartikels, ens. verkry word.

Preformulering, in die engste sin, behels die bepaling / opsporing van die fisiese eienskappe van

die geneesmiddel om sodoende ʼn wetenskaplik gegronde besluit te kan maak oor die geskikste

toedieningsroete en geskikste doseervorm om ʼn optimale terapeutiese effek te verseker.

Ander handelinge wat dikwels deel uitmaak van die preformuleringsfase sluit in die vervaardiging

van sogenaamde “proefformules” van ʼn bepaalde geneesmiddel, saamgestel na aanleiding van

ontleding van die fisies-chemiese eienskappe van die geneesmiddel. Hierdie proefformules kan

verskillende formulerings van dieselfde doseervorm of verskillende doseervorme wees, wat

saamgestel, vervaardig en getoets word. Hierdie toetse behels nie slegs die bepaling van die

fisiese eienskappe van die doseervorm nie, maar kan ook ondersoeke insluit na die geskiksste

verpakkings vir die onderskeie formulerings, stabiliteitstudies en verwagte rakleeftye van die

verskillende formulerings.

Hoofstuk 2 in die Leesbundel (en hoofstuk 24 in Aulton, 2007:336-360) bevat studiemateriaal van

die geneesmiddeleienskappe wat bepaal / gevind moet word, en verduidelik ook hoe die

formuleerder hierdie inligting kan gebruik om te bepaal watter tipe doseervorm die geskikste sal

wees vir die betrokke geneesmiddel, m.a.w. hoe inligting oor die geneesmiddeleienskappe die

keuse van die toedieningsroete (en indirek ook die toedieningsroete) kan beïnvloed. Om egter die

preformuleringsfase sinvol te kan aanpak, is dit baie belangrik (noodsaaklik) dat jy die konsep van

produkontwerp (hoofstuk 1 in Aulton, 2007:1-14) baie goed verstaan.

Sommige van die inligting in die studiemateriaal mag dalk vreemd en nuut wees vir jou, en jy moet

versigtig wees om nie te veel detail te wil versamel nie. Sommige van die onderwerpe wat in die

hoofstuk aangespreek word, val ook buite die “scope” van hierdie module en selfs die vakterrein,

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!