02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LEEREENHEID 1

18. Noem die vernaamste geneesmiddeleienskappe wat bepalend sal wees vir die ontwerp en

ontwikkeling van ʼn suksesvolle (effektiewe, stabiele en veilige) orale doseervorm.

8

INLIGTING:- Die ontwerp en ontwikkeling van medisyne (wat insluit die keuse van (i) ʼn geskikte

doseervorm vir bepaalde geneesmiddel en (ii) ʼn beste toedieningsroete vir die geneesmiddel) verg

deeglike beplanning ten einde ʼn terapeuties-effektiewe produk te verseker. Suksesvolle ontwerp

van doseervorms vereis ʼn deeglike kennis van basiese fisies-chemiese beginsels (soos ionisasie van

ioniese verbindings en oplosbaarheid), eienskappe van vaste stowwe, stabiliteit en

afbraakmeganismes van geneesmiddels, biofarmaseutika (en farmakokinetika) en fisiologiese en

anatomiese kenmerke van die verskillende roete beskikbaar vir geneesmiddel

toediening/aflewering.

Voorkennis van belang sluit in:

Kennis oor oplossings en oplosbaarheid (insluitend dissolusie en dissolusietempo van

vastestowwe) [AULT, pp.17-20];

Kristaleienskappe (polimorfisme en solvasie) [AULT, pp.26-27];

Gemeenskaplike ioon-effek [AULT, p.27];

Eienskappe van oplossings (insluitend die ionisasie van elektroliete en die invloed van pKa en pH

op oplosbaarheid) [AULT, pp.35-38];

Stabiliteit van geneesmiddels (en afbraakmeganismes);

Biofarmaseutika, biobeskikbaarheid en farmakodinamika [AULT, pp.226-269 & pp.286-295];

Absorpsie van geneesmiddels vanuit die SVK [AULT, pp.270-285].

Indien u probleme ondervind om enige van die leeraktiwiteite in hierdie leergedeelte te beantwoord

kan u bogenoemde studiemateriaal raadpleeg.

OPMERKING/STELLING: Die biologiese klassifikasiesisteem (BCS) word internasionaal gebruik vir

die klassifikasie van geneesmiddels vir gebruik in orale doseervorme (in terme van hul verwagte

biobeskikbaarheid na orale inname/toediening) op grond van twee basiese fisies-chemiese

eienskappe van geneesmiddels. [AULT, p.322]

19. Noem die twee eienskappe van geneesmiddels wat in die BCS gebruik word vir die klassifikasie van

geneesmiddels met betrekking tot hul orale biobeskikbaarheid.

20. Verskaf die BCS en identifiseer die verskillende groepe waarin geneesmiddel verdeel kan word op

grond van die twee bepalende fisiese eienskappe (genoem in [19]).

21. Noem die eienskappe van geneesmiddels wat, volgens die BCS, die swakste orale biobeskikbaarheid

sal toon.

22. Noem (en verduidelik/motiveer) die tempobepalende stap in die verskyning van oraal-toegediende

geneesmiddels in die bloedstroom in die geval van (i) goed wateroplosbare en (ii) swak

wateroplosbare geneesmiddels.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!