02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LEEREENHEID 1

6

OPMERKING/STELLING:- Geneesmiddels word nooit alleen en in hul suiwer chemiese toestand vir

pasiënte gegee nie, maar hul word in ʼn bepaalde fisiese toestand verwerk (dosseervorm) wat dit

geskik maak vir gebruik deur die pasiënt. Doseervorme is dus geneesmiddelafleweringsisteme wat

geneesmiddel toediening / inname vergemaklik. Medisyne is die “versamelnaam” vir die

geneesmiddel + ander stowwe (sg. “hulpstowwe”) + die doseervorm. Vir medisyne om effektief te

wees, moet bepaalde oogmerke bereik word tydens die ontwerp en die ontwikkeling van die

medisyne.

1. Bespreek die primêre oogmerke tydens ontwerp en ontwikkeling van doseervorms. [AULT, p.4]

2. Noem/verduidelik 4 redes waarom doseervorms nodig is vir toediening/aflewering van

geneesmiddels.

OPMERKING/STELLING:- Medisyne word via verskillende roetes ingeneem. Die keuse van die roete

van toediening van medisyne is afhanklik van verskillende faktore, waaronder die tipe effek wat

verlang word, die tempo van aanvang van werking wat verlang word, die pasiënt vir wie die produk

bestem is, ens. ‘n Bepaalde toedieningsroete kan dikwels verskillende doseervorms akkommodeer,

bv. tablette, kapsules, strope en suspensies is almal geskik vir die orale roete, terwyl ‘n bepaalde tipe

doseervorm ook via verskillende roetes toegedien kan word, bv. oplossings is geskik die orale,

parenterale, nasale en okulêre roete.

3. Noem AL die roetes beskikbaar vir die toediening / aflewering van geneesmiddels en noem ten

minste 3 doseervorms wat met elkeen van die roetes geassosieer word. [AULT, pp.5-9]

4. Verduidelik waarom die orale roete so gewild is vir geneesmiddeltoediening/-aflewering.

5. Noem 3 nadele / beperkings van die orale roete vir geneesmiddeltoediening/-aflewering.

6. Noem 2 toedieningsroetes wat hoofsaaklik gebruik word vir (i) ʼn sistemiese geneesmiddeleffek; (ii) ʼn

lokale geneesmiddeleffek, en (iii) beide ʼn sistemiese en lokale geneesmiddeleffek. [AULT, p.5-9]

7. Rangskik die volgende doseervorms in volgorde van tempo van aanvang van werking (stadigste tot

vinnigste): orale oplossings; konvensionele tablette; intraveneuse inspuitings; sublinguale tablette;

bruistablette; dispergeerbare tablette; neussproei en orale suspensies. [AULT, p.5]

OPMERKING/STELLING:- Dieselfde geneesmiddels word dikwels in verskillende doseervorms

aangebied ten einde die gebruiksfrekwensie daarvan te verhoog, bv. parasetamol wat as tablette,

suspensies, poeiers, pediatriese tablette, suspensies en setpille beskikbaar is.

8. Noem 3 voorbeelde van geneesmiddels wat in verskillende doseervorms beskikbaar is (ui ook aan in

watter doseervorms hul aangebied word).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!