02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ALGEMENE INLIGTING

WAARSKUWING TEEN PLAGIAAT

WERKSTUKKE IS INDIVIDUELE TAKE EN NIE GROEPAKTIWITEITE NIE (TENSY DIT

UITDRUKLIK AANGEDUI WORD AS ‘N GROEPAKTIWITEIT)

Kopiëring van teks van ander studente of uit ander bronne (byvoorbeeld die studiegids,

voorgeskrewe studiemateriaal of direk vanaf die Internet) is ontoelaatbaar – net kort aanhalings is

toelaatbaar en slegs indien dit as sodanig aangedui word.

Jy moet bestaande teks herformuleer en jou eie woorde gebruik om te verduidelik wat jy gelees

het. Dit is nie aanvaarbaar om bestaande teks/stof/inligting bloot oor te tik en die bron in 'n

voetnoot te erken nie – jy behoort in staat te wees om die idee of begrip/konsep weer te gee

sonder om die oorspronklike skrywer woordeliks te herhaal.

Die doel van die opdragte is nie die blote weergee van bestaande materiaal/stof nie, maar om vas

te stel of jy oor die vermoë beskik om bestaande tekste te integreer, om jou eie interpretasie en/of

kritiese beoordeling te formuleer en om 'n kreatiewe oplossing vir bestaande probleme te bied.

Wees gewaarsku: Studente wat gekopieerde teks indien sal 'n nulpunt vir die opdrag

ontvang en dissiplinêre stappe mag deur die Fakulteit en/of die Universiteit teen sodanige

studente geneem word. Dit is ook onaanvaarbaar om iemand anders se werk vir hulle te

doen of iemand anders in staat te stel om jou werk te kopieer – moet dus nie jou werk

uitleen of beskikbaar stel aan ander nie!

BELANGRIK:

Van Farmasiestudente word verwag om ten alle tye die grootste mate van eerlikheid,

integriteit en professionaliteit te toon. Die Skool vir Farmasie beskou enige vorm van

akademiese oneerlikheid in ‘n baie ernstige lig, en enige student wat hom/haar skuldig maak

aan enige sodanige oneerlikheid sal dissiplinêr verhoor word, met ‘n aanbeveling van die

Skool dat sodanige student geskors word uit die betrokke program. Verder sal die Skool

die Suid-Afrikaanse Aptekersraad (waarby studente vanaf hulle tweede studiejaar as

aptekerstudente geregistreer is) versoek om die betrokke student van die

aptekerstudenterol te skrap, met die implikasie dat dié student nie weer Farmasie aan enige

Universiteit in Suid-Afrika sal mag studeer nie!!!!

xxiv

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!