02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AKSIEWERKWOORDE

ALGEMENE INLIGTING

Uitkomste, leeraktiwiteite, opdragte en/of vrae (in assesserings en die eksamen) bevat altyd sekere

sleutel- of aksiewerkwoorde. Aangesien dit belangrik is dat jy presies verstaan wat met elke

bepaalde sleutel- of aksiewerkwoord bedoel word, word ʼn lys van hierdie woorde en die

interpretasie wat aan elk geheg word, verskaf. Die dosent sal, waar nodig, tydens kontaksessies

ook verdere toeligting oor hierdie terme verskaf. Vir jou eie doel is dit egter belangrik om vooraf te

weet wat van jou verwag word as so ʼn aksiewerkwoord in ʼn vraestel/leeraktiwiteit/opdrag voorkom.

ONTHOU (herkenning /identifisering / herroeping / definieer / noem) :

Aksiewerkwoorde: Definieer / stel / toets / noem / beskryf / identifiseer.

Onthou beteken die herwinning / weergee van relevante kennis uit die langtermyngeheue

(LTG). Definieer beteken ʼn duidelike, kernagtige en gesaghebbende beskrywing van ʼn begrip

sodat die betekenis daarvan duidelik blyk. Noem beteken die weergee van kennis sonder

enige verduideliking.

VERSTAAN (interpretasie / klassifikasie / opsomming / afleiding / vergelyking /

verduideliking / illustrasie / beskryf):

Aksiewerkwoorde: Verduidelik / onderskei / vergelyk / klassifiseer / som op / illustreer met

voorbeelde / lei af.

Verstaan impliseer om betekenis uit onderrigaanbiedinge te konstrueer. Interpretasie is om ʼn

saak / verskynsel / idee van een wyse van voorstelling (bv. numeries) op ʼn ander wyse (bv.

geskrewe of verbaal) aan te dui. Illustrasie beteken om spesifieke voorbeelde te gee.

Klassifikasie beteken dat items / komponente / aspekte in groepe/kategorieë te plaas.

Afleiding dui op die maak van gevolgtrekkings uit bepaalde inligting te maak. Vergelyking

beteken om ooreenkomste en verskille tussen twee of meer begrippe / sake te identifiseer /

aan te dui. Beskryf beteken die weergegee van eienskappe, feite of resultate op ʼn logiese,

goed gestruktureerde wyse. Geen kommentaar of beredenering is nodig nie.

PAS TOE (uitvoering / implementering / verduidelik):

Aksiewerkwoorde: Verduidelik / demonstreer / pas toe op / implementeer / voorspel / bereken

/ selekteer / los die volgende probleem op.

Pas toe: voer ʼn prosedure uit of pas dit toe op ʼn gegewe situasie; toepassing van ʼn prosedure

op ʼn bekende of onbekende taak. Feitelike kennis en die verstaan van die kennis is ʼn

voorvereiste vir toepassing. Toepassing vereis dat die student dit wat hy/sy geleer het gebruik

om ʼn bekende of onbekende probleem op te los.;

ANALISEER (differensieer / organiseer / bepaal):

Aksiewerkwoorde: Analiseer / ontleed / formuleer / bepaal / organiseer / onderskei.

xxi

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!