02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Jou toelating tot die eksamen in FMSG311 berus dus op twee aspekte, naamlik:

die opbou van ‟n deelnamepunt van ten minste 40% en

die verwerwing van ‟n deelnamebewys.

ALGEMENE INLIGTING

Toelating tot die eksamen geskied deur die verwerwing van ‟n deelnamebewys wat deur die

Skooldirekteur, in oorleg met die betrokke vakgroepvoorsitter en modulekoördineerder, uitgereik

word. Hierdie deelnamebewys word toegeken met inagneming van jou deelnamepunt en

algemene deelname aan kontaksessies (klasbyeenkomste), tutoriale, uitvoer van opdragte en

laboratoriumwerk. Dit impliseer dat, ongeag jou deelnamepunt (al is dit bokant 40%), jy steeds

eksamentoelating vir hierdie module geweier kan word op grond van swak of onbevredigende

deelname aan alle aktiwiteite wat verband hou met die module (insluitend swak / ongereelde

klasbywoning, afwesigheid van praktiese sessies, ens).

By implikasie beteken bogenoemde dus dat jy nie noodwendig eksamentoelating geweier sal word

indien jy nie ʼn minimum deelnamepunt van 40% opgebou het nie, maar dat jy ook nie noodwendig

tot die eksamengeleenthede toegelaat sal word indien jy wel die vereiste deelnamepunt behaal het

nie, maar in gebreke gebly het om jou deelname aan die aktiwiteite in die module tydens die

semester te bewys.

Afwesigheid van eksamen(s)

Geen verskoning vir afwesigheid van ʼn eksamengeleentheid word vereis nie. Volgens die A-reëls

kry jy twee eksamengeleenthede vir elke module. Indien jy nie die eerste eksamengeleentheid

benut nie, kwalifiseer jy vir die tweede geleentheid (mits jy aan die toelatingsvereistes voldoen).

Indien jy nie die tweede eksamengeleentheid benut nie of weer nie aan die slaagvereistes voldoen

nie (d.i. ʼn modulepunt van 50% en ʼn eksamen subminimum van 40%), moet jy die module herhaal

(d.w.s. weer aan alle aktiwiteite deelneem om ʼn deelnamebewys te verwerf). Indien jy wel die

eerste eksamengeleentheid benut het, kan jy steeds van die tweede geleentheid gebruik maak

indien jy nie aanvanklik geslaag het nie, of indien jy voel dat jy jou modulepunt kan verbeter.

Indien jy van die tweede eksamengeleentheid gebruik maak om jou modulepunt te verbeter, geld

die eksamenpunt van die tweede geleentheid, ongeag of dit beter of swakker was as jou punt vir

die eerste eksamengeleentheid.

xix

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!