02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ALGEMENE INLIGTING

Hierdie assesserings sluit nie die assesserings in wat gedurende laboratoriumsessies plaasvind

nie.

Afwesigheid van assesserings

Verskonings vir afwesigheid van enige geskeduleerde, formatiewe assessering moet binne 3 dae

(72 uur) na aflegging van die betrokke evaluering by die vakgroep se sekretaresse ingehandig

word. Geen dokumentasie wat laat ingehandig word, sal aanvaar word nie. Slegs geldige

mediese sertifikate vir siekte of dood in die familie sal as geldige verskonings oorweeg word.

Afwesigheid van „n assessering sonder „n “geldige verskoning” het die gevolg dat „n nulpunt (0) vir

die betrokke assessering toegeken word.

Rakende „n besluit van die Skool vir Farmasie in 2012, word slegs een geldige verskoning per

module aanvaar (ten einde te verhoed dat studente meerdere verskonings in die vorm van

mediese sertifikate aanbied wat dit uiteindelik onmoontlik maak om „n betroubare deelnamepunt vir

studente te bereken). DUS: Geldige punte vir ‘n minimum van 3 (drie) formatiewe

assesserings word vereis ten einde ‘n geldige deelnamebewys te verkry met die oog op

eksamentoelating.

Die dosent het die volgende keuses in die geval waar jy „n “geldige verskoning” aanbied vir „n

assessering:

Om jou vry te stel van die assessering (m.a.w. die betrokke assessering se punt word nie in

xviii

berekening gebring by die bepaling van jou deelnamepunt nie); of

Om vir jou „n hertoets te gee (skriftelik of mondelings); of

Van jou te verwag om „n opdrag in te handig wat handel oor die studiemateriaal van die

betrokke assessering.

SLAAGVEREISTES VIR DIE MODULE

Jy slaag die module indien jy ʼn modulepunt van 50% behaal het met ʼn subminimum van 40% in

die eksamen. Jy slaag die module met onderskeiding indien jou modulepunt 75% is.

EKSAMEN

Gedurende die Junie-eksamensessie (eerste eksamengeleentheid vir FMSG311) skryf jy een 3-uur

vraestel (maks. 100 punte) oor al die werk in hierdie module. Gedurende die tweede

eksamengeleentheid (die laaste week van die winterreses en/of eerste week van die tweede

semester) het jy ‟n tweede geleentheid vir FMSG311 (sien “Afwesigheid van eksamen” hieronder).

Toelating tot die eksamen(s)

Volgens die reëls van die Noordwes-Universiteit word toelating tot die eksamengeleenthede

toegestaan indien jy ‟n deelnamepunt van ten minste 40% deur die semester opgebou het EN

indien jy oor ʼn geldige deelnamebewys beskik.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!