02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ALGEMENE INLIGTING

8. Tydens die beantwoording van ʼn vraag is die “waarom?” (motivering) altyd belangriker as die

“wat”.

9. Jy moet my oortuig dat jy die vraag korrek en volledig kan beantwoord. Halwe waarhede en

onduidelike / vae antwoorde gaan nie help nie. Ek wil nie wonder of jy die studiemateriaal

bemeester en die uitkomste bereik het nie, jy moet dit vir my bewys deur goed gedefinieerde,

wetenskaplik korrekte antwoorde en logiese beredenerings.

BYWONING VAN KONTAKSESSIES

Aangesien kontaksessies in hierdie module gespreksgeleenthede is, word daar dus van jou verwag

om hierdie sessies gereeld by te woon en aan die aktiwiteite tydens die sessies deel te neem.

Afwesigheid van enige formele, geskeduleerde kontaksessie (insluitend enige laboratoriumsessie)

kan lei tot weiering tot eksamentoelating, ongeag jou deelnamepunt (sien afdeling “Toelating tot

eksamen(s)” op p.xviii).

SAMESTELLING EN BEREKENING VAN DEELNAME- EN

MODULEPUNT

Jou modulepunt (finale punt) word saamgestel uit ‟n deelnamepunt en ‟n eksamenpunt:

Modulepunt = Deelnamepunt (50%) + Eksamenpunt (50%)

Let asseblief op die belang van jou deelnamepunt, aangesien dit 50% van jou modulepunt uitmaak.

Dit is daarom noodsaaklik dat jy deurlopend moet werk en om ‟n goeie deelnamepunt op te bou ten

einde druk van jou af te haal gedurende die eksamen.

Jou deelnamepunt vir hierdie module word saamgestel uit die volgende afsonderlike

puntedraende (formatiewe) assesserings:

Formatiewe assesserings (maks. 4) 70%

Klasbywoning / Klasopdragte 10%

Laboratoriumwerk 20%

Let daarop dat die leerinhoud geïntegreerd aangebied en geassesseer word, ongeag of die leerstof

in ‟n “teorieklas” of laboratorium aangebied/behandel is. Die uitkomste van die leerstof bepaal

egter dikwels die wyse van aanbieding (hetsy teoreties of prakties).

ASSESSERINGS

Assesserings het ʼn tweevoudige aard, naamlik deurlopend (formatief) en summatief (finaal). Deur

die loop van die semester sal ‟n maksimum van 4 formatiewe assesserings geskryf word (sien

werkprogram op p.x), asook een summatiewe assessering, naamlik die semestereksamen. Die

punte van AL die formatiewe assesserings sal bydra tot die berekening van jou

deelnamepunt (sien afdeling “Samestelling en berekening van deelname- en modulepunt” hierbo).

xvii

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!