02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ALGEMENE INLIGTING

Jou voorbereiding vir die kontakgeleenthede behels bestudering van die aangeduide

studiemateriaal gevolg deur die deurwerk van die leeraktiwiteite van ‟n betrokke afdeling /

onderwerp binne die betrokke leereenheid. Tydens jou voorbereiding (wat ongeveer 45 - 60

minute vir ‟n kontaksessie behoort te duur) moet jy seker maak dat jy die studiemateriaal

aandagtig deurlees (aan die hand van die uitkomste vir die betrokke leereenheid en/of

leergedeelte. Maak aantekeninge van enige gedeeltes van die leerstof waarmee jy sukkel of

wat jy nie verstaan nie, en bring jou vrae saam na die volgende kontakgeleentheid.

Tydens die kontakgeleenthede sal jou vrae en probleme bespreek en toegelig word.

Kontaksessies sal verder ook gebruik word om te bepaal of jy wel die werk bemeester het en of

jy wel voorberei het (deur voorbereidingstoetse, vrae aan individuele studente,

probleemoplossing, bepaling van jou vermoë om kennis te kan toepas, toetsing van jou insig in

die werk, ens.).

Na afloop van „n kontakgeleentheid (en voor die volgende kontaksessie moet jy deur die

leeraktiwiteite werk, en dit so volledig as moontlik voltooi (dit sal beteken dat jy weer die

stusdiemateriaal moet deurwerk om die vrae in die aktiwiteite te kan beantwoord). Hierdie

leeraktiwiteite is gerig daarop om jou te help om die leereenheiduitkomste (aan die begin van

elke leereenheid en leergedeelte) te bemeester. Enige probleme met leeraktiwiteite en enige

onduidelikhede moet aangeteken word vir bespreking tydens die volgende kontaksessie.

Bywoning van kontaksessies is noodsaaklik en baie belangrik. Jou teenwoordigheid by

kontaksessies sal gereeld gekontroleer word. Vir meer inligting hieroor sien afdeling

“Bywoning van kontaksessies” op p.xvii.

Studiewenke vir hierdie module

Die volgende studiewyse is slegs ‟n voorstel vir studie in hierdie module, maar wat heel

waarskynlik deur die meeste studente suksesvol toegepas kan word. ONTHOU: Jy het teen

hierdie tyd sekerlik reeds bestaande studiemetodes aangeleer/toegepas wat tot dusver goed vir jou

gewerk het. Integreer hierdie metodes met die volgende voorstelle.

1. Bestudeer eers die leeruitkomste aandagtig sodat jy weet wat jy met jou voorbereiding moet

bereik.

2. Lees die studiemateriaal eenmaal aandagtig deur om ‟n geheelbeeld te verkry (hou heeltyd die

uitkomste in gedagte) en maak kernaantekeninge/notas oor die belangrikste aspekte in die

studiemateriaal. Moenie bang wees om in jou handboek te onderstreep en notas te maak nie.

[Jy sal dit dalk ook handig vind om boekmerke (“tags”) in jou handboek aan te bring sodat jy

vinnig inligting oor ‟n bepaalde onderwerp kan vind.]

3. Gebruik die leeraktiwiteite en werk dan weer noukeurig deur die studiemateriaal om die

antwoorde op die vrae te verkry. (Tydens die deurwerk van die leeraktiwiteite, let veral op na

die aksiewerkwoorde [sien afdeling “Aksiewerkwoorde” op pp.xxi-xxiii]).

4. Maak vir jou verstaanbare en korrekte (en volledige) opsommings in jou eie woorde. Dit gaan

jou later baie help as dit kom by voorbereiding vir assesserings en die eksamen.

xv

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!