02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LEEREENHEID 5

2. Verduidelik watter eenheidsprosesse en/of hulpstowwe gebruik word om te verseker dat

poeiermengsels / granules oor die vereiste eienskappe beskik om suksesvol getabletteer te

kan word.

3. Verduidelik die rasionaal agter die verdeling van die disintegreermiddel intra- en intergranulêr

tydens die natgranuleringsproses.

4. Jy word versoek om die volgende tabletformulering te vervaardig:

Geneesmiddel 250 mg

Vulstof qs tot 320 mg

Bindmiddel 5% m/m

Disintegreermiddel 3% m/m (40% intergranulêr)

Glymiddel 1% m/m

Smeermiddel 0.9% m/m

i. Gee voorbeelde van elke hulpstof wat in die formule gebruik kan word.

ii. Bereken die massa van elke bestanddeel benodig om 500 tablette te lewer.

iii. Noem en bereken die massa van die bestanddele wat aanvanklik afgeweeg en vermeng

moet word.

iv. Bereken die volume van granuleersisteem (sterkte 6% m/v bindmiddel in ETOH) wat by die

poeiermengsel in (iii) gevoeg moet word om te verseker dat die regte hoeveelheid

bindmiddel teenwoordig is.

v. Noem die bestanddele wat na die drogings- en hergranuleringsfases by die granulaat

gevoeg moet word en verduidelik waarom hulle laaste bygevoeg word.

OPMERKING/STELLING:

Granulering is „n proses waartydens individuele primêre deeltjies van verskillende komponente in

„n poeiermengsel saamgevoeg/saamgebind word om „n groter saamgestelde deeltjie te vorm.

Hierdie manipulasie word meestal gedoen om vloeibaarheid en saampersbaarheid van die

mengsel te verbeter.

5. Noem/motiveer die redes vir die granulering van farmaseutiese poeiers/poeiermengsels.

6. Onderskei tussen droë en natgranulering van poeiers tydens tabletvervaardiging

7. Bespreek die granuleringsproses tydens die natgranuleringsmetode.

8. Noem/bespreek die verskillende granularingsmeganismes.

87

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!