02.05.2013 Views

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

inhoudsopgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LEEREENHEID 5

Benewens die geneesmiddel(s) bevat tablette ook inerte bestanddele (bekend as hulpstowwe) om

bepaalde funksies te verrig of om bepaalde tableteienskappe te verseker. Afhangende van die

geneesmiddel en/of tipe tablet en/of vervaardigingsmetode, kan die samestelling van

tabletformules baie verskil, terwyl die groot verskeidenheid beskikbare stowwe in elke hulpstoftipe

ook groot variasies in die samestelling van tablette veroorsaak. Die korrekte kombinasie van

geneesmiddel, tipe hulpstof en hulpstofkonsentrasie; en keuse van die geskikte

vervaardigingsmetode, is alles faktore wat die uiteindelike sukses van die ontwerp en ontwikkeling

van tabletformules gaan bepaal. Kennis oor die fisiese eienskappe van die geneesmiddel(s) wat in

„n tabletformule voorkom is van die allergrootste belang, aangesien dit gaan bepaal watter

hulsptowwe in die formule nodig is, en wat die konsentrasie van die onderskeie hulpstowwe gaan

wees.

Tablette word hoofsaaklik volgens twee metodes vervaardig, naamlik (i) granulering en (ii) direkte

samepersing. Granulering kan plaasvind volgens (a) droë of (b) natgranulering.

Natgranulering kan beskou word as die tradisionele metode van tabletvervaardiging. Die

vervaardigingsmetode bepaal die samestelling van „n tabletformule, dus kan die komponente in

natgegranuleerde en direk saampersbare formules aansienlik van mekaar verskil in terme van

biede die tipe hulpstowwwe wat daarin voorkom en die konsentrasie van die verskillende

hulpstowwe.

Die studiemateriaal vir hierdie leereenheid kom voor in:

LB, 5:108-110 & 141-189.

AULTON, 31:441-481.

78

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!