Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 6-B - The Thunderbolt Kids

Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 6-B - The Thunderbolt Kids Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 6-B - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Hoesit! My naam is Jojo. Ek wil sommer dadelik met die jaar begin en sommer wegspring met Natuurwetenskappe en Tegnologie. Ek sukkel partykeer om stil te sit in die klas – ek wil net opstaan en goed doen! My onderwyser sê baie dat ek te veel energie het en dat ek sukkel om stil te sit. Dis miskien hoekom ek Energie en Verandering en Sisteme en Kontrole met jou gaan behandel. Ek sien regtig uit om meer te verstaan oor elektrisiteit en hoekom dit so duur is. Ek het ook al gehoor dat daar ander wyses is om elektrisiteit te maak, anders as om steenkool te brand, wat beter is vir die omgewing. Ons sal later meer hieroor uitvind. Die lekkerste deel van Natuurwetenskappe en Tegnologie is dat ons aktief kan leer! Ons het doelstellings en vrae wat ons moet antwoord en ek is altyd die eerste een wat aan die werk spring! Tom en ek is ‘n goeie span omdat hy baie goed is met dink en beplan en ‘n metode volg. Ek dink ek kan ook partykeer help, want soms wil Tom te veel dink oor iets, en in wetenskap en Tegnologie moet ‘n mens jou in die vak inleef en begin eksperimenteer.

Hallo! My naam is Sophie. Een van my gunsteling plekke om te wees, is in die skool se biblioteek. Ek is mal daaroor om ‘n nuwe boek te lees – daar is net so baie om oor die wêreld te leer en te ontdek! Ek vra altyd vrae. Partykeer is daar nog nie eers antwoorde vir die vrae wat ek vra nie! Dit is fassinerend omdat ons dan ‘n teorie kan vorm oor wat ons dink die antwoord kan wees. Dit is waarom ek baie daarvan hou om van die ruimte te leer; daar is so baie wat ons nog nie weet nie. Deur die geskiedenis heen het mense vrae gevra oor die ruimte en oor ons plek in die heelal. Ek gaan daarom saam met jou deur Die Aarde en die Heelal en Sisteme en Kontrole werk. Het jy geweet dat ons altyd net die een kant van die maan kan sien? Ek is ook opgewonde om meer te leer oor teleskope, veral aangesien Suid-Afrika in die toekoms ‘n groot rol in astronomiese navorsing gaan speel. Ek hou ook daarvan om my opinie te lug en ‘n onderwerp te debatteer. Jy moet ‘n baie goeie argument hê om my van jou opinie te oortuig! Ek is mal daaroor om saam met Farrah te verken, omdat sy my help om meer kreatief te wees en my verbeelding te gebruik. Ek kan ook baie skepties wees en ek glo nie sommer alles wat ek lees nie. Dit is egter baie belangrik in die Wetenskap dat ons nie alles as ‘n feit moet aanvaar nie.

Hallo! My naam is Sophie.

Een van my gunsteling plekke om te wees, is in

die skool se biblioteek. Ek is mal daaroor om ‘n

nuwe boek te lees – daar is net so baie om oor

die wêreld te leer en te ontdek!

Ek vra altyd vrae. Partykeer is daar nog nie eers

antwoorde vir die vrae wat ek vra nie! Dit is

fassinerend omdat ons dan ‘n teorie kan vorm

oor wat ons dink die antwoord kan wees. Dit

is waarom ek baie daarvan hou om van die

ruimte te leer; daar is so baie wat ons nog

nie weet nie. Deur die geskiedenis heen het

mense vrae gevra oor die ruimte en oor ons

plek in die heelal. Ek gaan daarom saam met

jou deur Die Aarde en die Heelal en Sisteme

en Kontrole werk. Het jy geweet dat ons altyd

net die een kant van die maan kan sien? Ek is

ook opgewonde om meer te leer oor teleskope,

veral aangesien Suid-Afrika in die toekoms ‘n

groot rol in astronomiese navorsing gaan speel.

Ek hou ook daarvan om my opinie te lug en

‘n onderwerp te debatteer. Jy moet ‘n baie

goeie argument hê om my van jou opinie te

oortuig! Ek is mal daaroor om saam met Farrah

te verken, omdat sy my help om meer kreatief

te wees en my verbeelding te gebruik. Ek kan

ook baie skepties wees en ek glo nie sommer

alles wat ek lees nie. Dit is egter baie belangrik

in die Wetenskap dat ons nie alles as ‘n feit

moet aanvaar nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!