Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 6-B - The Thunderbolt Kids

Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 6-B - The Thunderbolt Kids Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 6-B - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Die son verhit die maan se oppervlakte tot by kookpunt. Jy sal dus 'n spesiale pak moet dra om jou te beskerm en om jou koel te hou. Hierdie pak sal dit moeilik maak om te loop en te werk. Die maan het nie 'n atmosfeer nie. Jy sal dus suurstof in tenks (bottels) moet saamdra. Om al hierdie werk te doen, het jy 'n voertuig nodig waarmee jy op die maan kan rondbeweeg. Ons noem hierdie voertuig, 'n maantuig. Ruimtevaarders Ceman en Schmitt oefen om rotsmonsters op te tel voor die Apollo 17 maan sending. Jou ontwerpopdrag Ruimtevaarder Schmitt versamel monsters op die maan. 'n Ontwerpopdrag vir tegnologie is 'n kort beskrywing van wat jy gaan maak, hoekom jy dit gaan maak en waarvoor jy dit gaan maak. VRAAG Skryf jou ontwerpopdrag in die spasie hieronder en gebruik die volgende frases: • "Ek gaan 'n ... ontwerp en maak" • "wat wetenskaplikes sal help om" • "die maan..." 160 Die Aarde en die Heelal

Noudat jy jou ontwerpopdrag vir jou projek gespesifiseer het, moet ons verder ondersoek instel om 'n paar vrae te kan beantwoord voor ons met die ontwerp begin. Bestudeer die maan se oppervlak. In Hoofstuk 3 het jy van die maan geleer. Die maantuig moet in staat wees om oor die maan se oppervlak te ry. Daarom is dit nodig om die maan se oppervlak te bestudeer. VRAE Skryf een feit oor die maan neer wat jy in gedagte sal moet hou wanneer jy jou maantuig ontwerp. Skryf 'n sin oor hoekom jy dink daardie feit is belangrik. Bestudeer maniere waarop mense en toerusting vervoer kan word. Die maantuig het vier elektriese motors gehad; een in elke wiel. Dit het nie 'n stuurwiel gehad nie omdat die bestuurder die motors in elke wiel kon aan en afskakel. Dit het die tuig gestuur. Dit het twee sitplekke met sitplekgordels gehad. Ruimtevaarders het hierdie tuig op die maan gebruik gedurende die Apollo 17-missie. Hoofstuk 8. Stelsels wat die maan en Mars verken 161

Die son verhit die maan se oppervlakte tot by kookpunt. Jy sal dus

'n spesiale pak moet dra om jou te beskerm en om jou koel te hou.

Hierdie pak sal dit moeilik maak om te loop en te werk.

Die maan het nie 'n atmosfeer nie. Jy sal dus suurstof in tenks

(bottels) moet saamdra. Om al hierdie werk te doen, het jy 'n

voertuig nodig waarmee jy op die maan kan rondbeweeg. Ons

noem hierdie voertuig, 'n maantuig.

Ruimtevaarders Ceman en Schmitt

oefen om rotsmonsters op te tel

voor die Apollo 17 maan sending.

Jou ontwerpopdrag

Ruimtevaarder Schmitt versamel

monsters op die maan.

'n Ontwerpopdrag vir tegnologie is 'n kort beskrywing van wat jy

gaan maak, hoekom jy dit gaan maak en waarvoor jy dit gaan

maak.

VRAAG

Skryf jou ontwerpopdrag in die spasie hieronder en gebruik die

volgende frases:

• "Ek gaan 'n ... ontwerp en maak"

• "wat wetenskaplikes sal help om"

• "die maan..."

160 Die Aarde en die Heelal

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!