Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 6-B - The Thunderbolt Kids

Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 6-B - The Thunderbolt Kids Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 6-B - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
02.05.2013 Views

BESOEK 'n Video van NASA oor die oppervlakte van Mars. goo.gl/mS9Uq BESOEK NASA-video oor Valles Marineris. goo.gl/LwRG6 Dit is 'n baie onlangse foto wat geneem is van die oppervlakte van mars wat in 2012 deur die maantuig Curiosity geneem is. Kan jy al die rotse sien? Daar is 'n paar baie groot valleie op Mars. Valleie word deur erosie gevorm wanneer water teen 'n heuwel afvloei. Ons kan dus aflei dat daar lank gelede baie water op die planeet was. As daar water was, was daar dalk ook ander lewende dinge op Mars. Ons kan nie seker wees nie. Wetenskaplikes het nog 'n ruimtetuig gestuur om die rots en sand te ondersoek. Die ruimtetuig word Curiosity genoem en sal probeer om enige tekens van lewende dinge in die grond te vind. VRAE Hierdie is 'n nadere beeld van die valleie wat jy op die oppervlak van Mars gesien het. Op die aarde word sulke valleie deur water veroorsaak. Het Mars lank terug water gehad? Mars is kleiner as die aarde en as jy soontoe sou gaan sou jou gewig slegs 1/3 van jou gewig op die aarde wees. 1. As jou massa op die aarde 40 kg is, weeg jy 400 newtons (N). Wat sal jy weeg as jy Mars toe gaan? 114 Die Aarde en die Heelal

2. Sal jy swaarder of ligter voel op Mars? Ons het nou baie ver van die son af gegaan, 5keer verder as wat die aarde van die son af is. Ons kan nou die gasreuse begin sien - die vier buiteplanete. Die gasreuse het nie 'n soliede oppervlak waarop ons kon land nie. Hulle is reuse gasballe en as ons naby sou kom, sou ons deur die wolk koue gasse kon vlieg. Jupiter is die eerste gasreus waarby ons kom en is die grootste van al die planete. Van die aarde aflyk dit helder wit, maar as jy nader kom is dit eintlik 'n pienkbruin kleur. Dit is baie groter as al die ander planete saam. Jupiter is 'n groot bal gasse soos waterstof met ammoniakwolke. Winde waai van oos na wes op die oppervlak en waai teen die spoed van straalvliegtuie. Die oppervlak is baie koud en van die gasse is so koud dat hulle vloeistowwe of vastestowwe word. Diep binne-in mag Jupiter 'n warm rotskern hê. Jupiter het 4 groot mane, en 60 kleiner mane. Jupiter. Ons kan die malende ligpienk en bruin kleure op die oppervlak sien. As ons nou nog verder die ruimte invaar, dubbel die afstand wat ons gereis het om by Jupiter te kom, kry ons die planeet Saturnus. Saturnus is amper net so groot soos Jupiter, maar het 'n ligte geel kleur. Dit is meestal gas en het 'n rotskring wat uitsprei en daarom draai. Saturnus het 62 mane. Die beeld hierbo is 'n kunstenaarsvoorstelling van die Cassini-ruimtetuig wat nader aan die planeet Saturnus en sy magnetiese ringe gaan. Hoofstuk 5. Die sonnestelsel HET JY GEWEET? Voor ons egter kan probeer om by Jupiter uit te kom, moet ons eers veilig deur die asteroïde-gordel reis. Jy kan meer oor die asteroïde-gordel laer af op die bladsy lees. BESOEK ‘n Video van Jupiter. goo.gl/T0rhi HET JY GEWEET? Jy sal meer oor Galileo lees in Hoofstuk 5. Hy was die eerste persoon wat die mane van Jupiter gesien het. 115

2. Sal jy swaarder of ligter voel op Mars?

Ons het nou baie ver van die son af gegaan, 5keer verder as wat

die aarde van die son af is. Ons kan nou die gasreuse begin sien -

die vier buiteplanete. Die gasreuse het nie 'n soliede oppervlak

waarop ons kon land nie. Hulle is reuse gasballe en as ons naby sou

kom, sou ons deur die wolk koue gasse kon vlieg.

Jupiter is die eerste gasreus waarby ons kom en is die grootste van

al die planete. Van die aarde aflyk dit helder wit, maar as jy nader

kom is dit eintlik 'n pienkbruin kleur. Dit is baie groter as al die

ander planete saam.

Jupiter is 'n groot bal gasse

soos waterstof met

ammoniakwolke. Winde waai

van oos na wes op die

oppervlak en waai teen die

spoed van straalvliegtuie. Die

oppervlak is baie koud en van

die gasse is so koud dat hulle

vloeistowwe of vastestowwe

word.

Diep binne-in mag Jupiter 'n

warm rotskern hê. Jupiter het 4

groot mane, en 60 kleiner mane.

Jupiter. Ons kan die

malende ligpienk en bruin

kleure op die oppervlak

sien.

As ons nou nog verder die ruimte invaar, dubbel die afstand wat

ons gereis het om by Jupiter te kom, kry ons die planeet Saturnus.

Saturnus is amper net so groot soos Jupiter, maar het 'n ligte geel

kleur. Dit is meestal gas en het 'n rotskring wat uitsprei en daarom

draai. Saturnus het 62 mane.

Die beeld hierbo is 'n

kunstenaarsvoorstelling van

die Cassini-ruimtetuig wat

nader aan die planeet

Saturnus en sy magnetiese

ringe gaan.

Hoofstuk 5. Die sonnestelsel

HET JY GEWEET?

Voor ons egter kan

probeer om by Jupiter

uit te kom, moet ons

eers veilig deur die

asteroïde-gordel reis.

Jy kan meer oor die

asteroïde-gordel laer

af op die bladsy lees.

BESOEK

‘n Video van Jupiter.

goo.gl/T0rhi

HET JY GEWEET?

Jy sal meer oor

Galileo lees in

Hoofstuk 5. Hy was

die eerste persoon

wat die mane van

Jupiter gesien het.

115

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!