Universiteit van die Vrystaat - University of the Free State

Universiteit van die Vrystaat - University of the Free State Universiteit van die Vrystaat - University of the Free State

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Pieter Fourie se bydrae as Afrikaanse dramaturg en Kunstebestuurder: 1965-2011. Derhalwe probeer Fourie met sy werk die morele verantwoordelikheid en skuld wat elkeen in hom ronddra, ondersoek. In die programnotas word Carlos Saura aangehaal. Hy het onder meer gesê: Die verhouding tussen man en vrou word gebaseer op dubbelsinnighede, bedrog en valsheid. Ons leef in ’n gemeenskap waar seksualiteit al meer en meer van fundamentele betekenis word. Dié stelling kom al na vore in die aanbieding en ’n mens is deurgaans bewus van die seksuele drang van die mens – hetsy op dierlike of liefdesvlak – wat onderliggend aan elke karakter is (ibid). Groenewald meen egter dat die stuk te lank is en die eksposisie gekenmerk word deur lang alleensprake en poëtiese taalgebruik, wat volgens hom in ’n groot mate uit pas is met die res van die teks se algemene taalgebruik van die karakters. Aan die begin van die bespreking het Fourie en ek juis oor die problematiek van die lang alleensprake gedebatteer. Anders as Vaughan (1989: 2) wat kommer uitspreek oor Louis se katarsis, noem Groenewald (1989: 2) dat namate die onderskeie tonele hulle op die rolprentstel afspeel, Louis as karakter gestroop word en sy spyt uiteindelik na vore kom. Hy bespreek ook die simboliek van die roos en noem dat die blom wat net een keer in die lewe blom, ’n oomblik uitmaak wat nooit werklik deur die mens vasgegryp kan word nie. “Die oomblik as ’n mens Die groot wit roos se geur kan ruik, is dit té laat. Illusies is vir die mens iets werklik” (Groenewald, 1989: 2). In sy oordeel oor die hoofkarakters se spel reken hy dat Louis van Niekerk meelewende spel lewer, ten spyte daarvan dat Louis deurgaans op die verhoog aan ’n rolstoel vasgekluister is. Ook Jana Cilliers kry groot lof: Die sukses van die stuk met betrekking tot die akteurs kan aan Jana Cilliers toegeskryf word – wat ’n uitmuntende vertolking! Sy slaag daarin om die vele onverklaarbare fasette van vrouwees na vore te bring. In elke vrou lê daar versluierde karakters en emosies opgesluit (ibid).

Pieter Fourie se bydrae as Afrikaanse dramaturg en Kunstebestuurder: 1965-2011. Brümilda van Rensburg, as die “aktrise” wat al die vroue in Louis se lewe moet uitbeeld, toon met goeie spel die teenstellings tussen die verskillende soorte vroue aan. Verder is Groenewald is ook tevrede met Gavin van den Berg en Christine Basson se vertolkings. Dat die spel Groenewald meer beïndruk het as die teks self, kom na vore in sy finale oordeel van die opvoering: “Al is Die groot wit roos nie ’n toneelstuk wat ’n mens sal bybly nie, is dit tog aan te beveel net om die spel van die akteurs te beleef” (ibid). Vir Aart De Villiers (1989: 7) is die verskyning van enige nuwe Afrikaanse drama ’n belangrike gebeurtenis en Die groot wit roos van Pieter Fourie as TRUK se Resident- dramaturg is vir die resensent geen uitsondering nie. De Villiers twyfel of daar enige veranderinge of aanpassing van die teks vir die opvoering plaasgevind het, maar oordeel dat indien dit wel plaasgevind het, dit seker gering was. Oor die teks, opvoering en Fourie se dramaturgie is De Villiers (1989: 7) positief: Soos hy staan, is Die groot wit roos duidelik ’n drama van ’n man wat die verhoog en sy moontlikhede ken, en wat die wesentlike aard van die medium deeglik benut. Fourie skryf by uitnemendheid praatbare dialoog. Dis ’n ryk teks dié – ryk aan assosiasies: ’n drama van soveel tekstuur, soveel betekenisvlakke, so vol van menswees – tegelykertyd baie ontstellend en baie deerniswekkend. Die drama sentreer vir De Villiers om die kernvraag: Wat is Die groot wit roos? “Die Liefde is Die groot wit roos – die werklikheid van die illusie,” sê Louis. “Die werklikheid van die illusie – dit druk vir my kernagtig die hele wese van die drama uit” (ibid). Volgens De Villiers word Louis in die rystoel getipeer as die aarts-chauvinistiese vark – één sy van die saak. Tydens die maak van ’n film oor sewe van sy liefdeskaskenades word Louis se karakter se motiewe en sy dryfvere vernuftig blootgelê teen ’n geweldige prys vir almal wat te make het met wat maklik as ’n blote ego-trip van ’n selfgesentreerde man gesien kan word. “Maar daar is van veel meer sprake in hierdie slim gestruktureerde drama waarin skyn en syn naas mekaar, teenoor mekaar, intens vermeng, spanningsvol en in suiwer toneelterme verbeeld word” (ibid).

Pieter Fourie se bydrae as Afrikaanse dramaturg en Kunstebestuurder: 1965-2011.

Derhalwe probeer Fourie met sy werk die morele verantwoordelikheid

en skuld wat elkeen in hom ronddra, ondersoek. In die programnotas

word Carlos Saura aangehaal. Hy het onder meer gesê: Die

verhouding tussen man en vrou word gebaseer op dubbelsinnighede,

bedrog en valsheid. Ons leef in ’n gemeenskap waar seksualiteit al

meer en meer van fundamentele betekenis word. Dié stelling kom al

na vore in die aanbieding en ’n mens is deurgaans bewus van die

seksuele drang van die mens – hetsy op dierlike of liefdesvlak – wat

onderliggend aan elke karakter is (ibid).

Groenewald meen egter dat die stuk te lank is en die eksposisie gekenmerk word deur

lang alleensprake en poëtiese taalgebruik, wat volgens hom in ’n groot mate uit pas is

met die res van die teks se algemene taalgebruik van die karakters. Aan die begin van

die bespreking het Fourie en ek juis oor die problematiek van die lang alleensprake

gedebatteer.

Anders as Vaughan (1989: 2) wat kommer uitspreek oor Louis se katarsis, noem

Groenewald (1989: 2) dat namate die onderskeie tonele hulle op die rolprentstel afspeel,

Louis as karakter gestroop word en sy spyt uiteindelik na vore kom.

Hy bespreek ook die simboliek van die roos en noem dat die blom wat net een keer in

die lewe blom, ’n oomblik uitmaak wat nooit werklik deur die mens vasgegryp kan word

nie. “Die oomblik as ’n mens Die groot wit roos se geur kan ruik, is dit té laat. Illusies is

vir die mens iets werklik” (Groenewald, 1989: 2).

In sy oordeel oor die hoofkarakters se spel reken hy dat Louis van Niekerk meelewende

spel lewer, ten spyte daarvan dat Louis deurgaans op die verhoog aan ’n rolstoel

vasgekluister is. Ook Jana Cilliers kry groot lof:

Die sukses van die stuk met betrekking tot die akteurs kan aan Jana

Cilliers toegeskryf word – wat ’n uitmuntende vertolking! Sy slaag

daarin om die vele onverklaarbare fasette van vrouwees na vore te

bring. In elke vrou lê daar versluierde karakters en emosies opgesluit

(ibid).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!